Anything you can do, we can do better en ander geld maak foefies.

As daar nou twee dinge is wat ek nie kan hanteer nie is dit , arrogansie en don`t count your chickens before they hatch.Wel soos die woord altyd is daar is en was nog nooit `n swak All Black span nie.Die Ausies het goed op hulle moere gekry Saterdag deur die magtige Kiwis.Hier is `n paar Ausie media opmerkings:

“Wallabies beat below par All Black team”

“very impressive performance by the Ausies”

“ Superior unbeaten Wallabies”

“Wallabies set to rule new world order.”

“Wallabies demolish All Blacks”

Giteau said the players’ confidence now stretched to a belief they could inflict another dose on the All Blacks in Auckland next Saturday.Die Wallabies kon sedert 2001 nog nie `n wedstryd in Nieu Zeeland wen nie.

Ag en net `n week later vermorsel die All Blacks die Wallabies en met `n baie groter punte verskil, verlede week wen die Wallabies met meer as 15 punte en Saterdag vryf die manne van die Silvervaring dit in met `n 29 punte verskil.

Dit wys arrogansie baat jou fokkol.En die All Blacks het net gese, ANYTHING YOU CAN DO, WE CAN DO BETTER.

Nou wag ek vir die tweede rondte van die Curriebekerreeks sodat `n ander arrogante spannetjie (Blou Bulle) ook sy gat kan sien sonder `n spieel.

Ek sien in die Rapport `n ene meneer Wally Katzke het gisteraand geskiedenis gemaak om regstreeks op Tv sy opehartoperasie te laat beeldsend.Dis glo om groter bewussyn te skep oor hartsiektes.Ag COME ON , ALMAL WEET DIT GAAN OOR GELD, ek sal graag wil weet wat het hy gepocket met die foefie.Geld wat krom is, maak reg wat krom is.Al is dit ook jou bankrekening.

21 Responses

  1. Agge nee man…los my bulletjies uit die fight uit!😆 Ek was ook bly vir die AB. Is dit nie waar van hoe hoër jy vlieg, hoe harder die val nie?

  2. Ek stem Demoerin, my span is my span – of ek nou arrogant is of nie! Go BULLE! 😆 We still do it better than the rest…:mrgreen:

  3. Hierdie is nou die skrywe is nou ‘n tipiese voorbeeld van iemand wat oor een onderwerp skryf ten einde sy eie hartseer te verberg.👿

    Jy sien die brein😯 as jy jou eie Leeu spannetjie se swak vertoning wil wegsteek moenie by die All Blacks begin en dan die Bulle insleep nie. Daar is ‘n baie lelike oor eenkoms tussen daai twee spanne. Sodra jy dink jy het die All Blacks en die Bulle onder gaan jy jou alie sien.

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok🙄🙂

  4. Ek gaan bietjie laag lê vandag, sit met ‘n hengse griep by die werk, as ek nou met julle moet chat gaan ek net stront gesels. Eish😦

  5. Demoerin dis juis so hoe hoer jy vlieg hoe harder val jy.So die bulle vlieg nou hoog, maar ek gaan my verlekker met die tweede rondte wanneer hulle soos die Ausies gaan sloeg.

    Ok Ok niks verkeerd met die Bloubul rugby span nie, dis net hulle arogante supporters wat die fout is.

    Hoop jy word gou gesond Koeksister.

  6. Bulle bo!!!! En patateters!

  7. Wys net al die bloubulle loop met oogklappe , hulle sien net die eerste deel van die posting waar die bloubulle getackle word, maar wat se julle van die ou met die Tv operasie, ai ai ai.

  8. Breintjie – jy behoort eintlik ‘n positiewe insetsel vandag te gehad het oor die Leeus se poging hierdie naweek – my hel, uiteindelik het ‘n wonderwerk daar gebeur – en dit nogals teen Mr Dico King homself se span. En nou draai jy jou ou Blou Bul storie om en sê ewe skielik daar is niks fout met die Blou Bulle nie maar eerder die arrogante ondersteuners – komaan Breintjie “make up your mind”.

  9. Ja nee, breintjie, ek moet saamstem, daai hartoperasie was verseker meer oor geld as enige iets anders. Sou nogal interessant wees om te weet hoeveel sterker die pasient se bankrekening vandag is…
    Oor die Bulle aan die ander kant, glo maar wat jy wil, ons sal wel volgende week hier wees om jou te troos….

  10. Breintjie – geen ope hart chirurgie of hart siektes is speletjies nie en ek kan nie dink dat die pasient dit gedoen het as ‘n “foefie” nie – as dit uitgesaai is om die publiek meer bewus te maak hoe slegte lewenstyle ‘n mens kan affekteer is dit uitstekend – en indien hy vergoeding daarvoor ontvang het hoekom nie? Ek neem aan – Miskien het hy nie ‘n mediese fonds nie of voldoende spaargeldjies in die bank nie om vir die operasie te betaal nie – en was dit die manier om die operasie te miskien te finansier.

  11. Hehe, sorry Brein, ek sien toe net blou!😯

    Ek het nie die operasie gesien nie – ek en liefie het weer gaan dans!:mrgreen: En ek was bereid om my naam gat te maak toe die Bloubul song speel – ek lyk soos ‘n ramp wat plek soek om te gebeur as ek los dans, uhm, of PROBEER los dans, maar vir my span doen ek dit met ‘n smile!😆

  12. 😆 Hi Brein, onthou darem ok net dat daar nice blou supporters ok is. Soos ek, Dellie, l-ling en…mmmm…

  13. Ek praat nie saam nie. Die WP sal speel soos my ouma…en selfs die Bulle op swak dag sal die WP ore aansit soos ons nou speel….ai fokkietoggie

  14. Ek’s ook bly vir die AB.

    Bulle bo!! Maak nie saak of hul wen of verloor.

  15. Pagoda – ja shame, fokkie toggie!😆

    Gaan check bietjie daai snaakse soekterme by my – jou fokkie toggie is ook daar!😆

  16. Pagoda32

    My innige simpatie met jou span. Julle hoef nie eers die Bulle te besoek vir ‘n verloor nie, julle doen dit sommer teen die Sirkus se Leeus.👿😆

    die Brein, die meeste Blou Bul supporters is nice mense, want ons het gewoonlik baie meer om oor bly te wees as hartseer😯🙄😉

  17. Ja Brein ons span sien ek het nognie teen een van die groter unies gewen nie want Weepee is mos nie meer een van die groeter unies nie…😆

  18. Fokkit lyk my ek sal bietjie ander unie se bloggers moet gaan werf. Hier is omtrent net klomp BB op die blog, ek sal nie so laag daal om ooit vir die BB te skreeu nie ek skreeu wel op hulle.

  19. Brein miskien verstaan jy my verkeerd “ons” span is ek en jy…Die Magtige Leeus.😆

  20. Ok Griffel Kwaai man, Lank lewe Griffel.Geniet jou aand en ja Die Magtige Leeus gaan van nou af net oorwinning op oorwinning smaak.

  21. Ai Brein…en toe skrik jy wakker LMGA!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: