Boyz will be boyz, and girls love it!

Vrydag was ek dag af en toe gaan ek en Ingilsman bietjie Gold Reef City verken. Ek was nog nooit voorheen daar nie en soos ‘n kind in ‘n sweetswinkel. Ek sleep die arme man saam met my op al wat ‘n ride is in die theme park! Hy is darem ‘n hele paar jaar ouer as ek (fifty-one om presies te wees), maar hy klim maar gedwee op die gedoentes saam met my, al pas hy skaars in die karretjies met sy lang bene en breë skouers. Ek is natuurlik altyd grootbek en wil als doen tot dit op die push kom. Toe ons in die eerste ride se karretjie sit (hulle noem hom die golden loop), trek ek mos kleinkoppie en wil uitklim. Aikona, sê Ingilsman, jy wil mos die goed ry, nou gaat jy hulle ry. So gesê, hier trek die ding weg met ‘n spoed wat my laat voel ek het my hele maag agtergelaat en vandag sterf ek ‘n wrede, metaal-dood. Ek het natuurlik niks gesien nie en my gesig in sy hemp ingedruk (al my make-up op die hemp gelos). So gaan ons toe deur ‘n paar nagmerrie-ritte tot ek voel nou het ek my fair share van opwinding vir een dag gehad. Hy stel toe voor dat ons in so ‘n stadige treintjie ry wat deur die theme park gaan om net te sien wat ons nog gemis het. Ek het my natuurlik amper weer natgemaak, maar nie van vrees vir die oumens-treintjie nie, van lag vir die simpel man. As daar een ding is wat hy goed kan doen, is dit om my te laat lag soos ‘n hoer in ‘n komkommerland. Toe die treintjie wegtrek teen ‘n slakkepas, seg Ingilsman: “Sien Sweety, dis nou meer ons ouderdom se ding dié”, en hy wikkel sy kop heen en weer soos daai hondjies wat mens toentertyd agter in karre se vensters gesien het. Dit was skreeusnaaks… Daarna het ons bietjie gaan dobbel en ‘n paar rand gewen! Dit was ‘n heerlike dag wat absoluut die kind in my uitgebring het, en die testosteroon in my maat.

Nou kom ek tot die punt. Hoekom laat mans se egos dit nie toe om te wys hulle is bang nie? Hy was absoluut niks lus vir die rides nie (sê nou nie hy was bang nie), maar sou eerder sterf as om dit vir my te wys. So ook met sport. Hy is, seker soos die meeste mans, sport-mal! Veral rugby en Grand Prix! Ek vra hom toe die naweek, “wat is dit met mans en sport?” Hy sê toe dis die kompetisie. En in my geestesoog sien ek toe hoe mans soos honde hulle bene lug en teen die formula 1 karre se wiele en die rugbypale pie. Vat nou byvoorbeeld ‘n braai. Die mans staan om die vuur, biertjie in die hand, en weeg mekaar op met hulle sport en kar(k)praatjies, gereed om been te lig en die vuur dood te pie sodat die ander ouens net weet wie is die alpha male daar! En ek verstaan helemal … Boys will be boys! En niks of niemand sal dit ooit verander nie, en ons girls love dit eintlik!

Stem julle saam girls? En boys?

13 Responses

  1. Annie, dit is ‘n puik stukkie… en so waar. Ja ons girls like die ouens wat so hardegat voorkom en om die braai vuur staan en knor sonder om ‘n ernstige bytery af te gee. Dis ook hoekom ons so terg en teezz om te sien watter mannetjie is die rammetjie uitnek tussen hulle – en gewoonlik beland ons in die poo met die geterg!

    Soos ek al gesê het, ek het die grootste softie vir ‘n man. Hy staan amper 2m in sy sokkies en weeg oor ‘n 100kg (hy’s gladnie vet nie) hy maak van breakfast tot tap badwater in, maar laat die boys nou net bymekaar kom om ‘n bier en vuur!! So hardegat ek sweer hy het eelte op sy fienjol – ek vreet hom sommer lewendig op en spoeg net die o-ring uit!!

  2. 😆 Daai gesprekke om die vuur is baie dieper as wat ons voorgee.

  3. Ja julle vrouens sal nie verstaan nie, die indiepte gesprek bly nie net by kar en sportpraatjies nie, maar as julle ore dit nie kan hoor nie, kan bespreek ons sommer die buurvrou met haar mooi kurwes en die mooi sekretaresse by die werk ook deeglik. Ek dink mans kan lekker uit die slaapkamer gesels wat vroue seker nie doen nie.

    Maar ja as daar `n alfa male om die braai staan en ons korter ouens (1.77m) bietjie minderwaardig wil laat voel , dan het ek , my broer en jare lange getroue vriend ons manier om hom gou te laat verstaan dat die grootste gif kom in die kleinste botteltjies.

  4. Brein, ek mag heel verkeerd wees, maar die dames waarmee ek meng praat maar ook uit die slaapkamer uit. Ons “sugarcoat” dit natuurlik deur te sê “….’n vriendin van my het so en so probleem…” maar dan praat ons eintlik maar van onsself. En een ding waarvan ek 100% seker is, is dat ons vrouens ook maar perv oor die buurman, die baas, so-en-so se man ens.

    Daar is eintlik baie min verskille tussen mans en vrouens. Die belangrikste ding vir mans is om altyd groot en sterk voor te kom al bewe hulle broeke – maak die girls mal!! By die girls moet hulle daaraan werk om ‘n lady in die straat en ‘n b*tch in die bed te wees – maak die mans weer MAL!!

  5. Jy’s reg Annie, Boys will be boys. Ek wonder ook hoekom sal hulle nie wys dat hulle bang is nie? Seker bang ander ouens lag hom uit.

    Brein, Kuifie is 1.68m en hy het gewoonlik die grootste bek langs die braaivleisvuur, jy’s reg ,groot gif kom in klein botteltjies. Maar as jy groter is as ‘n ander ou is dit nie ook maar natuurlik om intimiderend te wees nie?

  6. @ Koeksister….hang af wat is groter. Partykeer is dit meer respek as bang…😆

  7. Als van Ingilsman is groot ! Lank, breë skouers, groot bek, groot hande, groot voete ….. en en en ….

  8. Hehe Demoerin, so dis waaroor die indiepte gesprekke gaan…………..?

    Eish Annie, brêg jy dan nou??😆

  9. Bons. Eelte op sy fienjol! Dis funny. Ja nee, ek sê weer. Kyk net bietjie by ‘n braai hoe die manne mekaar uitcheck – al wat hulle nog moet doen is been lig en die bome natmaak. Maar hulle is dierbaar.

    Ja en ons vrouens bespreek ok die buurman Brein!

  10. So bietjie Koeksister

  11. Hehe Annie, goeie stukkie. Ek stem heeltemal saam met jou- “Boyz will be boyz…’

    Ek stem saam met Bons ons girls kan net so lekker uit die slaapkamer praat en so af en toe nog ‘n grappie onder die “belt” vertel ook.

    Annie – ons was twee weke terug by Gold Reef. Ek het al die rides gery behalwe die “Tower of Terror” – daai’s ‘n lelike ding. Dis ‘n loodreg “drop”. Weet nie of jy die “Annacaonda” gery het nie, ek het ook net my oë toe gehou en toe ek weer sien is dit verby. Volgende keer hou ek my oë oop….hehehe. Dit was flippen lekker en ek het ook weer soos ‘n kind gevoel.

  12. Nee Koekie, hierie antie is te oud vir die Tower of Terror! Ons het net gesit en kyk. As ek jonger was weet ek sou ek dit doen. Die Anaconda was buite werking.

    Ek dink soms praat ons girls meer onder die belt as die manne! Hulle weet dit net nie!

  13. Daai Tower of Terror is cool. Ek is bietjie van ‘n adrenalien junkie. Ek sal ontsteld wees as ek daar moet kom en die rides is buite werking!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: