Interskole (slot)

Saterdagmiddag ry ek saam in die somber stoet oppad terug huistoe na die Interskole. Gimnasium wen 35-8. Nuwe rekord vir hulle, 5 in ‘n ry. Oral om ons is juigende Gimmies wat hulle vlae waai, whooopeee skree en toeters druk.

Selfs in die winkel loop kinders met vlae en kyk net vlugtig na ons wat in blou geklee is. Weet van beter, want as een van die wetters vir my iets moes gesê het sou ek die kind se kop van haar/sy se romp afgeklap het.😆

Terug by die huis haal ons maar gedwee die linte van die pilare en akkerboom af, baie gouer as normaalweg, maar ons het weer daardie klein vlammetjie van hoop, definitief volgende jaar, dan gaan ons hulle wen!!!

Booishaai het meer ballonne hierdie jaar gehad as die Gimmies, so whê……………

6 Responses

  1. Ja dis bad my skool Hoer Seunskool Hugenote in Springs was seker een van die skole in die jare voor 1994 een van die Top skole in die land.Ons het in alles gepresteer en ons rugby, krieket en atletiek was wyd gevrees gewees.Menige maal het ons die administrateurs beker gewen en voor die voet ander skole op hul neuse laat kyk.

    Ons hoof Skip Henderson was aan die stuur van sake en het nie van verloor geken of gehou nie.

    Maar later jare het die skool geamalgeer met die meisieskool en vandaar het hulle stelselmatig agter uit gegaan en nuwe onnies en hoofde het oorgevat.Vanjaar het my ou trotse skool teen Dr E G Jansen verloor met ek dink 79 teen oor 6.Dis hartseer, baie hartseer.Maar miskien eendag sal ons weer seevier.

  2. Hey Brein…bliksem net toe ons begin saamstem oor die Leeus moet jy nou uitvind ek was in EG Jansen.(jarrre trug) en toemaar chom die telling was eintlik 79-8 gewees😆 Ek ken daai hoof Skip Henderson van julle ek het eenkeer in ‘n span gespeel wat hy afgerig het, hy was regtig goed gewees.

    Koeksister….jy moenie so sleg voel nie, PTA Boys High het Saterdag teen Grey Bloem met 82-10 verloor.

  3. Griffel jou bliksem, ja maar sowat tien van julle spelers is van Hugenote EG Jansen het hulle gekoop. So eintlik het Hugenote teen Hugenote verloor.

    Ja Skip Henderson was ook Springbok in ek dink 1972 as ek reg het.

  4. Brein, Bull net die skrummie is van Hugenote en sy boetie was oorspronklik in Jansen gewees en sy Pa…

    Ek moet se hierdie jaar se span is een van daai 1 in 10 jaar fratse…hulle speel fantastiese rugby..hierdie Saterdag is dit Waterkloof..

  5. Ja-nee Griffel, 82-10 sal nie so lekker afgegaan het nie. Maar wat my hoog die bl@ksem in maak is dat die ondersteuners van die verloorspan lank voor die einde hulle self uit die voete maak.

    Waar’s die mense se trots? So ek sê dankie aan die oldboys wat gebly het en na die game op die veld gegaan het en die manne omhels het en op hulle skouers gedra het, al het hulle verloor.

  6. Ek was in Hoërskool Bergsig in Rustenburg en ons en Rustenburg Hoër het mekaar met ‘n passie gehaat! Maar dit was lekker dae…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: