Leen is `n Meid se naam.

Wie voel al soos ek?Wie ken mense wat gou is om te leen, maar te traag is om terug te bring?Hoekom is party mense soos glibberige visse wat dinge by jou leen, sommige sal sweet talk en dan iets by jou leen.Maar wat my gat se deksel is , is as mense by jou iets leen dan sien jy dit fokken nooit weer nie. Hulle neem letterlik aan dis hulle eiendom die oomblik as hulle dit het en dan moet jy dit gaan terug leen om dit net weer te kan kry.Sommige mense moet jy herhaaldelik oor en oor vra , wanneer kry ek dit of dat van my terug.

My vrou was al lekker kwaad vir my as sy hoor ek leen my gereedskap of enige iets uit. My gewese buurman het onophoudelik van my geleen, van verfkwaste, gereedskap en dan het sy vrou ook haar deel gedoen en van kondensmelk , caramel, aartappels, uie en dan het my vrou maar gegee.Dankie Vader hy het getrek.Leen is tog om iets aan iemand beskikbaar te stel om dit TYDELIK te gebruik, waarna die persoon dit weer na `n billike tyd sal terug besorg.En selfs stinkryk mense leen goed en veral hulle dink hulle hoef dit nie terug te gee nie.

Fokkit `n kollega wou al my laptop by my leen en ook my 3G kaart.Ek het al gehoor jy kan alles uitleen, maar nie jou vrou of jou kar nie.Maar ek het finaal tot die besluit gekom om niks aan niemand meer te leen nie.En as jy iets by my huis of kantoor vat as ek nie daar is nie en jy se later jy het dit geleen, dan praat jy stront , jy het dit gesteel.Leen is tog om iemand vooraf permissie te vra vir die tydelike gebruik van sy goedere.

Ek leen eerder geld uit as artikels wat ek self ook gaan gebruik.Maar jammer eks nie meer Kersvader nie.Spreuke 22:7 Se hy wat leen is `n slaaf van die man wat uitleen.

As die skoen jou pas trek hom aan.Waar pas jy in?

18 Responses

  1. diebrein

    Wees gerus, ek salnooit jou span wil leen vir die Currie beker reeks nie.👿😉

    Ek stem saam, mense wat leen en dan nie weet om terug te gee nie. In een spesifieke geval het iemand ‘n boek by my geleen, beperkte druk, nodeloos om te se dat na ek persoonlik vier keer by hom was om die boek te gaan terug haal het hy elke keer gesoek en kon die boek kwansuis nie kry nie.

    Die vyfde keer wat ek daar uitkom moet ek hoor die balju het op al “sy” goed beslag gele en die boek is nou weg saam die res van hulle goed.

    Die einde blyk te wees dat sy hele huis vol goed was wat “geleen” is.

  2. My peroonlike leuse sover dit leen aangaan, is nooit vir enigeen nie. Want ek ken myself, en is te moer ordenklik om dit terug te vra.

  3. Ek weier om my boeke vir iemand te leen, kry dit gewoonlik nooit weer terug nie.

    Hier het voorheen ‘n vrou gewerk wat eendag my boots wou leen vir ‘n aandjie uit, of all the nerve!!. En sy het aangehou neul totdat ek my m@er vir haar gestrip het. Koppies kap ‘n bietjie aan.

    Dankie vir die wellwishes gister Brein, voel bietjie beter vandag maar rowwe nag gehad, Pagoda ek het gisteraand van jou gedroom…….

  4. Hier het eenkeer ‘n girl gewerk wat eendag my stewels gesoek het vir ‘n aandjie uit, of all the nerve!!!. Sy het toe maar eers ‘n maand hier gewerk. Die koppie kap partykeer bietjie aan.

    Thanx vir die wellwishes gister Brein, rowwe nag gehad, voel klein bietjie beter vandag, Pagoda ek het van jou gedroom………

  5. Koeksister – bly dit gaan beter. Was dit ‘n room droom?? Whahaha…

    My man is ook erg as dit by sy goed kom. Vir al sy tuingereedskap. Ek kan nie verstaan nie, hoekom koop mense nie hul eie gereedskap nie? Dit word tog elke week gebruik, so koop jou eie blerrie goed.

  6. Nee die mense dink mos mens is die “Salvation Army” Ek leen nie by ander mense nie. punt. As ek dit nie het nie gaan koop ek dit of bly sonder dit, maak ‘n ander plan.

    Almal wil altyd leen en ek kry dit nie terug nie. Ek kry ook te skaam om my goed terug te vra!!! Cd’s en Dvd’s is die algemene ding wat hier by my geleen word! Ek het dit mos nou juis gekoop omdat ekself daarvan hou!

    Koekie ek stem 100% saam met jou: Die mense moet hulle eie goed koop.

    Bid jou aan iemand het nou die dag kom spykers “leen”!! huh??

    Ek dink nie mense verstaan die betekenis van leen baie goed nie, hulle dink dit beteken “gee” !! 😆

  7. Eish Koekie😳

    Wipneus, ek vra altyd my goed terug, charity begins at home. veral my boeke, ek wil nie meer boeke uitleen nie, maggies dis nou iets wat jy sukkel om terug te kry!!

  8. Ek leen niks by niemand en as iemand iets by my wil leen sal ek besluit of ek dit nog wil of kan gebruik.Indien ek nie doel daarvoor het sal ek dit uitleen om nie weer terug te verwag nie.So maw gee dit maar ,anders is dit net ,nee! ek leen nie my goed uit nie.’n Kennis is seker nou al 10jr kwaad vir my omrede ek nie ons kombi vir haar en vriendinne wou leen om Johannesburg toe te gaan vir ‘n naweek nie. (ek word nie genooi)

  9. Ja-nee Slons, in daardie geval kan sy en haar vriendinne maar jhb toe stap..

  10. Hi daar almal,

    Jong ek het ook op ‘n stadium so buurvrou gehad wat alles kom leen het, as sy wou pannekoek bak dan leen sy letterlik al die bestandele, selfs as sy besluit sy wil nou mince gaarmaak en sy het nie, dan vra sy vir my die mince + die aartappels, wortels en behoorlik alles wat sy dan wil gebruik, ek het op ‘n stadium vir haar gesê moet ek dit maar nie gaarmaak en vir jou oorstuur, of die pannekoek bak en oorstuur nie, o en sy sou dit net die volgendedag teruggee as sy winkels toe gaan, wel dit het nooit gebeur nie.

    Ek myself sal nooit vir iemand kan vra om iets te leen nie, dit is vir my seker een van die moeilikste dinge om te doen, het nie so groot geword nie, sal eerder maar ‘n ander plan maak as ek iets nie het nie. maar nouja sulke mense sal daar altyd wees wat leen om nooit weer terug te gee nie. En soms as jy jou goed terug kry is dit nog stukkend ook! Trek dit deur hulle se holle want dit is mos nie hulle s’n nie.

    Lekker dag almal,

  11. Haat dit ook! En veral as die kinnertjies ons goed uitleen! Jy weet cds, dvds, ens! Ons het al so baie verloor. En hulle vra nie eers nie

  12. Ai mense ek is moeg! Hierie laat nagte met my mannetjie by die huis en 5 uur opstaan vir werk is te veel vir hierie antie. Ek sokkel. Ek soek slaaaaaap! Het netnou net so in die sit aan die slaap geraak en toe slaat my kop amper die lessenaar. Kan ek iemand se batteries leen?

  13. Ai Annie, ek soek self batterye, ek is so vrot van die griep, sukkel om behoorlik asem te haal as ek moet slaap, hoekom hou mannetjie jou uit die slaap uit?😉

  14. Ja ek het vergeet my vrou het `n klein groenboekie waarin sy skryf wie leen wat by ons en wanneer.Veral Dvd`s en Cd`s.

    My houtwerktools is my heiligdom, maar ek kan net nie nee se nie, maar gaan van nou af hard daaraan werk.

    White Knight jy is eintlik `n undercover Leeu.Diep in jou hart weet jy dit.

    Annie mens kan nie verlore slaap inhaal nie, maar om te probeer werk tog. Lyk my die Ingelsman beat jou.

  15. Eish. Jy weet dan Brein. Hy sit my ore aan! Hoop jy voel gou beter Koeksister – drink Viral Choice

  16. Thanx Annie, voel al beter. O, so by the way Brein, het jy ‘n R10’tje wat jy my kan leen😉

  17. Ja koeksister hier is solank drie drierandnote en `n eenrandnoot.Hoop dit sal help.

  18. 😆

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: