Tappit gewoontes! Thanx Koekie!

Met komplimente van Koekie, ons gas bydraer!


ALGEMEEN:
Moet nooit bier saam vat na ‘n job interview nie.

Probeer eers uitvind wie die mense in jou jaard is voor jy begin skiet.

Die dominee smaak dit nie as jy ‘n cooler box saam vat kerk toe nie.

As jy die bed moet stofsuig is dit tyd om ander lakens op te sit.

Selfs al is jy seker jy is ingesluit in die testament, moenie jou Venter saam sleep na ‘n begrafnis toe nie.

UITEET:
As jy wyn skink, tilt die paper cup sodat jy nie die “vrug” van die wyn bederf nie. As jy uit die bottel uit drink, hou hom so vas sodat jou vingers die label toehou.

ONTHAAL IN JOU HUIS:
Moenie jou geliefde opgestopte hamster/kat/hond/aap op die koffietafel sit nie. Moenie dat jou hond van die tafel af eet nie (al is sy maniere beter as jou gaste s’n).

PERSOONLIKE GESONDHEID:
Terwyl ore gereeld moet skoongemaak word, is dit ‘n job wat verkieslik met jou eie bakkiesleutels gedoen moet word. As jy toiletware reg gebruik kan jy ‘n paar dae gaan sonder ‘n wassie. Grond en olie onder jou vinger naels is ‘n social nee, want dit gee daai finger snacks ‘n snaakse smaak en cherries laaik dit nie so kwaai nie.

VERHOUDINGS (buite die familie):
Bied altyd aan om die aas aan jou goose se hoek te sit, veral met die eerste date. Wees aggressief. Laat weet haar jy wag al twee jaar om met haar uit te gaan nadat jy daai goed gelees het teen die toilet muur daar by die jol plek. Maak seker jy vind uit by haar ma-hulle wanneer sy by die
huis moet wees. Party sal sê 10-uur, ander “Maandag”. As die antwoord Maandag is, is dit jou job om te sorg dat sy betyds by die skool is.

FLIEK:
Huilende babas moet verkieslik na die voorportaal gevat word en onmiddelik na die show gehaal word. Moenie met die mense op die screen probeer praat nie. Jarelange wetenskaplike navorsing het bewys dat hulle jou nie kan hoor nie.

TROUES:
Kleinvee is nie so ‘n hot trougeskenk nie. As jy die bruid langer as 5 sekondes soen, kan jy miskien geskiet word. Vir die bruidegom: Huur ‘n tux; ‘n corduroy broek en T-shirt met ‘n cummerbund werk nie so lekker nie. Stovepipes is ook uit. Al is dit moelik, sê maar ja vir sokkies en skoene (al is dit dan net vir die kerk).


BESTUUR:
Dim jou ligte as ‘n kar van voor af kom, al is jou gun gelaai. As jy by ‘n 4-way stop kom, ry die ou met die grootste wiele eerste , daarna die ou wie se exhaust die hardste raas. Moet nooit ‘n ander blaar se kar tou met pantyhose en duct tape nie. As jy jou vrou/goose met ‘n kannetjie stuur om te gaan petrol haal, is dit swak maniere om haar te vra om bier ook terug te bring. Moenie spin as jy in ‘n begrafnisstoet ry nie.

11 Responses

  1. 😆 Classic…veral die verhoudings of troues!

  2. 😆 moenie jou wiele spin in ‘n begrafisstoet nie….. ek crack myself elke keer vir daardie een.

  3. Whahaha! “Kleinvee is nie so ‘n hot trougeskenk nie”😆

  4. Dankie Koekie, het nou baie lekker gelag.

  5. Hallo julle,

    Ek wou myself natpp vir die laaste sin onder “Algemeen”.

  6. Dit bly ‘n goeie een! Dis een ding van ons Afrikaners – ons kan lekker vir onsself lag!

  7. Is dit Tappit gewoontes of Brakpan gewoontes?Ek is juis by die kerk geskors oor my coolerbox en castle.

  8. Hie-hie Brein, jy moes hulle omgekoop het met biltong!😆

  9. dagsê julle, ek het gister `n lekker kopkool gekry, soek asb `n resep iets van die maalvleis in die koolblare toe vou, ek het een keer dit geeet was baie lekker maar nou soek ek asb die resep, iets van ou meid onder die kombers of is ek verkeerd, ek soek al die hele oggend op die web maar kry niks, baie dankie

  10. Bytjie, gaan loer by “Skoor kook oor” – http://skoorkos.wordpress.com/ . As jy dit nie daar kry nie, vra haar, sy is ‘n whiz met enige kos!

  11. 😆 Ek lees nou eers daai bestuur stukkie mooi.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: