Die dood is so finaal.

Die Dood is so finaal. Ek ag myself nog baie gelukkig op ouderdom 44.Of eintlik dink ek die Here is goed vir my, ja vir ander ook.Mense is te geneig om die Here vir hulle self toe te eien.Ek het nog niemand wat baie na is aan my aan die dood afgestaan nie.Wel my twee oumas is albei in die negentiger jare oorlede.Ek was vrala na aan die een maar ons het 400 kilometer uitmekaar gewoon.My oupas is albei oorlede nog voor ek vier jaar oud was.

Maar albei my ouers leef nog, al my broers en my suster leef nog, al my goeie vriende en swaars lewe nog.Maar in Maart is my gewese swaer 55 jaar oud oorlede aan `n hartaanval in Pretoria.Ja ons was goeie vriende en het lekker saam gekuier.Ons kon kuier en man kon die ou braai.Hy het net `n slag met enige vleis gehad en almal het daarvan gepraat.

Maar gister en vandag verlang ek vreeslik na hom, ek dink aan die dae wat ons pap en kaiings geeet het met lekker varktjoppies en sous by `n restaurantjie in Derdepark naby Zambesi afrit in Pretoria.Gister en vandag wou ek hom bel en se hi Christo wanneer gaan ons weer daar eet.Maar dan slaan dit my soos `n voorhammer ,Christo is dood , hy lewe nie meer nie.

Eendag het ons saam met hom om `n braai gekuier, hy het hoenderrugstringetjies en skaaptjoppies gebraai, hy het `n potpap op die rooster gehad , `n pond botter sout en wit peper langs die vuur. En almal het uit die pot met jou hand pap geskep, met `n stuk botter gesmeer en met sout en peper geshaia. Geen borde, messe en vurke, sous of slaai nie en almal het van die rooster af hulle vleis geeet.

Hy het altyd enige konfrontasie nugter benader en het altyd probeer om `n wen-wen situasie te beredder vir almal.Hy het net nooit gestress nie.Of dalk dit nie gewys nie.

Ja die posting is met eer aan Christo Lundal.

18 Responses

  1. Klink of hy ‘n baie nice ou was, jy hou hom lewendig as jy oor hom praat Brein. Ek verstaan hoe hartseer / wanhopig jy soms kan voel.😦

    Ek het my swaer ook op ‘n bad wyse verloor, maar dis ‘n posting vir ‘n ander dag.

  2. Ai Brein, dis nie lekker om iemand aan die dood af te staan nie. Ek verstaan hoe jy voel. Ek het husband nr 1 op 34 jarige ouderdom verloor, en verlede jaar (13 Augustus) is my dierbare pappie oorlede – 2 weke voor sy 80ste verjaardag.

    My pa se dood was die seerste seer wat ek ooit nog ervaar het, en dis steeds baie rou. Dit raak ook nie rerig beter nie – die verlange raak erger. As ek bid vra ek die liewe Heer om hom asb ‘n drukkie van my af te gee, en te sê ek is soooo lief vir hom en mis hom so verskriklik. Dit was so ‘n groot skok vir ons, want hy is skielik oorlede – het brongitis gehad en is daai nag aan ‘n hartaanval oorlede. Ek het nog met hom oor die foon gepraat die aand en was so bekommerd oor hom want hy wou nie hospitaal toe gaan nie. Toe huil ek vreeslik, en sy laaste woorde aan my was: “Moenie oor my bekommer nie. Ek is in liewe Jesus se hande.” Laat ek eerder ophou, want die trane loop alweer.

    Ek kan net sê mens se hele lewe verander…. en sal nooit weer dieselfde wees nie. ‘n Wêreld sonder hom maak net nie sin nie….

  3. Ai Brein, dit klink of hy ‘n moerse nice ou was. Onthou hy is net ‘n memory vêr. Jou woorde is so waar “Die dood is so finaal”.

    Altwee my ouers oorlede. My pa toe ek 10 was en my ma net voor ek 21 geword het. Dit was baie erg en ek mis haar. Vir al noudat daar kleinkinders is. Sy sou hulle so geniet het. Baie dinge wat ek nou nog oor wonder wat ek haar wil vra.

    (((Annie))) Sterkte jong, ek weet dis nie maklik nie.

  4. Ouens, dit is hoekom ons elke dag moet moet leef of dit ons laaste is en hoekom ek nooit kwaad vir iemand bly nie. Die lewe is net te kort. Daardie persoon gaan net skielik dood en dan loop ek vir die res van my lewe met die verwyt dat ek nie dinge met hom/haar uitgeklaar het nie.

    ((Annie)) my pa is dood toe ek 13 jaar oud was en hy was ‘n 1000 km van die huis af by ‘n begrafnis. In die kerk het hy net inmekaargesak en was hy morsdood.
    Hy was maar net 48. My hele wêreld het uitmekaar geval en vandag is ek ouer as wat hy was en het ek ‘n seun en ‘n dogter met 4 kleinseuns wat ek baie graag aan hom sou wou voorstel. Ek sou hom veral graag met die 4 kleintjies wou sien.

    My ma is ongeveer 13 jaar gelede dood aan breinkanker en dit was amper erger as my pa se skielike dood want jy ly elke dag saam met daardie persoon.

    (( )) vir julle almal wat al iemand na aan julle aan die dood afgestaan het en julle wat nog ouers het, mense waardeer hulle elke dag. Die verlies van my ouers het regtig ‘n groot leemte in my lewe gelaat.

    Lekker dag verder vir julle.

  5. ja die dood is so finaal, my mammie is Januarie oorlede, 81 jr oud, maar ek het nie so erg getreur oor haar nie, het haar dit gegun, as mens nie meer jou self kan help nie en jy sit net heeldag en staar dis glo ek nle lekker nie, ek was 14jr oud toe my pa op 54 oorlede is, ek sou ook graag wou gehad het hy moes sy kleinkinders sien en agterkleinkinders, maar die ergste was my 2 broers 1 was maar 23 jr oud motorfiets ongeluk op Welkom in Vrystaat die ander een die oudste was 58jr oud bloedklont deur die long, hy was so `n gesonde mens.

  6. Ai Brein…wat maak jy nou?

    Dis vreeslik mooi geskryf. Dit is lekker as daar darem nog goeie herrineringe oorbly om te koester.

    Annie, girl…lat jy nou moes huil. Wens ek kon jou daso `n drukkie gee.

    Bytjie, dis jammer om van jou 2 boeties te hoor. Dis nog so jonk!

    Linda, jip! Waar wat jy daar se. Maak reg met mense, moenie kwaad bly nie en wees dankbaar as jy nog ouers het. Sjoe! Dink ek het huiswerk meddie familie…

    Almal wat nou hartseer raak hier…(((( ))))

    Dis een ding wat ek weet, almal gaan soontoe. Jonk, oud, kind, babatjies. Die dood is niks, dis die agterbly en onthou wat erg is.

    Brein, net oorlat jy nou so mooi skywe hieso…Se my voor die tyd as jy weer naby draai, dan hou ekke die pap en kaiings gereed. Skoonma braai baie gereeld uit.

    Gees mense!

  7. Ja Koeksister hy was.Koekie, Annie, Bytjie julle was al by baie oop grafte, dis vir my hartverskeurend. Ek vermy begrafnisse sover as moontlik, want ek hou nie van huil nie.Baie mense neem my kwalik maar ek gaan nie na kollegas se begrafnisse nie.

    Ek onthou toe een van my kollegas aan diens doodgeskiet was en hoedat sy dogtertjie hartverskeurend langs daardie graf geskreeu het oor haar pa en hoedat haar stem deur die lug weergalm het.Ek het onbeers begin huil en weggeloop en besluit nooit weer nie , net intieme vriende en familie.

  8. Sigeuner beslis maar sal jy regtig vir my lekker pap en kaiings maak? Ek skuld julle nog `n kuier.

  9. Thanx vir al die drukkies julle. Die gepraat het my kraantjie oopgedraai en ek het gisteraand my ogies uitgehuil. Ingilsman wou net weet wat hy nou weer gesondig het, maar toe sê ek hom ek mis my pappie net vreeslik. Maar vandag voel ek weer beter – seker van al die drukkies

  10. Bytjie, sjoe! Jy het omtrent baie geliefdes aan die dood afgestaan!
    (( )) vir julle almal hierbo

  11. Hi julle, dankie julle is dierbaar ek voel vandag of ek kan dooi gaan, my longe is nie te lekker nie, gister het die dokter vir my `n klomp pille voorgeskryf, sjoe maar dit maak my siek, ek bewe soos `n riet dit voel aaklig. groete

  12. Hoop jy voel gou beter Bytjie 🙂

  13. Is seker kortisoon. Dit laat mens so bewe. Kry vir jou Viral Choice by die apteek – dit boost jou immuniteit. Hoop jy voel gou beter Bytjie

  14. Hallo Almal, My Oom is so maand gelede oorlede en my Tannie huil nogsteeds elke dag. Ons was vreeslik geheg aan altwee van hulle en so erg om haar so hartseer te sien. Ek vrees vir die dag wanneer dit met my moet gebeur as my man dalk weggevat moet word ai dis swaar!!!

    Bytjie ek was ook so rukkie terug so siek Longvliesontsteking en het net so gebewe, dis blykbaar die ontsteking wat dit doen

  15. Brein

    Genuine pap en kaiings met vars gebakte brood en jam. Karringmelk om als mee af te sluk.

  16. Sigeuner , flippit eks mal oor alles wat jy noem en karringmelk met kaaskrulle of cheese Niknaks is njammies.

  17. Bytjie hoop jy word gou gesond.Howzit Parkes.

  18. Ja Brein, die dood raak maar ons almal een of ander tyd, en om ‘n geliefde te verloor is so seer. Ek sê altyd die angel van die dood, maak die seerste by die wat agterbly met al die herinneringe en onthou. Soms sal ek in ‘n winkelsentrum rond stap en skielik verlang na my ma, of my skoonsus Ria wat vir my soos ‘n suster was (het nooit ‘n eie suster gehad nie net twee broers) dan dink ek aan al haar sê goed, sy is so jonk dood. Nou wil ek sommer alweer deur my ogies piepie.

    Dan is daar Kobus, my skoonseun vir wie ons almal baie lief was, hy is bitterjonk in ‘n motor ongeluk dood dit was baie erg vir ons almal, die skok het my dogter se lewe so drasties verander die pyn in haar oë het nooit weer weggegaan nie, ek wil daardie dag met sy ongeluk nooit weer belewe nie, om net daaroor te praat maak alles weer so rou van voor af.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: