Enige volunteers?

Vanoggend sien ek die opskrif op SABCnews.com: “More SA women arming themselves against crime”.

Volgens die statistieke het verkragting gedaal met 8%, maar daar word nog steeds meer as 1300 vroue verkrag per dag. 1300 per dag!!!.

Die wagperiode vir ‘n vuurwapenlisensie is 4jaar, Annie jy sal seker weet waarvan ek praat. Maar waaroor ek wonder is, wat as daardie 1300 vroue wel gewapen was tot die tande toe? Met watter statistieke het ons dan gesit? Oke, ek weet dis onmoontlik maar nogsteeds heh?

Ekself het ‘n 6-shooter. Maar hy bly in sy kluis en ek het nie eens die sleutel daarvoor nie, net Kuifie het. Wat ek wel het is ‘n knuppel en ‘n zapper, wel dis wat ek dit noem. Ek weet nie hoeveel volt hy uitsit nie, maar as ek hom zap dan duik almal wat om my staan vir cover. (heng, ek mix my taal darem lekker😯 )

Ek soek nog ‘n volunteer net om te kyk wat gaan gebeur as ek hom die dag moet gebruik….

Hy moet net gou voor my buk, dis al, net ‘n paar sekondes van jou tyd. Enigiemand?

Brein? Pagoda? Wk? Demoerin? (in geen spesifieke volgorde nie)

Waar’s al die manne……..?😉

Twisted Sister😈

6 Responses

  1. Whahaha Koeksister… Ek dink beslis dat een van die manne sal volunteer, want jy laat dit so lekker klink!!

    Lekker naweek vir almal.

  2. hehe koekie, lekker naweek vir jou ook

  3. Eks Game se net wanneer en waar en eks jou proefkonyn.Jy kan `n videoclip maak en dit hier plaas.

  4. Ek kan jou se om die zapper op ‘n kat te toets, nes die ou in die emails gemaak het, maar ek’s te bang ek word weer oor die kop gebliksem oor kopiereg!

  5. Eish Koeksister

    Wat van ons volunteer vir Sipo Zuma. Dan kan jy Zuma met jou zapper zoom.🙄😉

    Ek haat dit as mense hulle tails so mix.😆

  6. Pagoda, miskien kan jy die kamera vashou as ek vir brein zap, so behou jy kopiereg, dan is jy sommer die director ook. Wk,goeie een, hehe. Brein, eks baie beindruk met jou😉

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: