Hershey’s Kisses, Tootsie Rolls en Pop Tarts

Ek kan net mooi niks op TV of DVD kyk wat geskiet is in New York nie.  Nog minder iets so eenvoudig soos Las Vegas…net oor daar dalk ‘n lugfoto van die Hoover dam gewys kan word of die Grand Canyon so ‘n vlietende oomblik ‘n sekonde op my skerm kan flits.  My vrou is liries oor “the US of A”.

Sy was ongeveer 4 jaar gelede daar om te au pair.  Sy was ‘n “left-hand-drive” Grand Voyager” gegee om die kinders mee rond te rits, het ‘n kamer so groot soos ons duplex gebly (en ons duplex is 160 vierkante meter), kon kom en gaan soos wil en het mettertyd New York leer ken soos ek heel waarskynlik nie eens Kaapstad ken nie.

Een van haar vriende, ‘n girl wat ook daar ge-au pair het (wat nou in Pretoria woon), het gereeld saam met haar die stad op horings geneem.  Sy vertel gedurig van diners wat uit ou treinkompartemente bestaan het en die porsies kos wat hulle jou bring waarmee jy ‘n familie van 6 Keniane met gemak kon voed.  En die Starbucks koffie, die vegetariese menues by McDonalds (dit, vir my, is soos om ‘n veggie burger by Cattle Baron te bestel – dit pas eenvoudig nie🙄 ), pizzas so groot soos Hummer wiele en die Twin Towers, or lack thereof!!

Ek het nou al AL die fotos gesien en, ek moet sê, ek sal self nie omgee om dalk eendag ‘n Kaapse draai daar te gooi nie.

So vind sy ‘n maad gelede uit een van haar niggies skiet oor VSA toe vir ‘n kuiertjie en plaas toe summier haar bestelling.  Soek ‘n inkopiesak vol Hershey’s Kisses, Tootsie Rolls en Pop Tarts.  Ek het nie geweet wat om te verwag nie.  Die steriotipe stipuleer… in VSA is alles groter en beter, reg?  KAK!!!!

Hier daag vandag op, by ons “humble abode”, ‘n sakkie met die lekkernye.  En dit word met moerse fanfare en tickertape parade aan my bekend gestel!

Eerste aan die beurt – Hershey’s Kisses.

Apparently ‘n VSA favourite sedert 1907.  Toe ek klaar een van die bokdrolvormige sjokolade, errr…drolle in het ( lyk soos ‘n bokdrol wat gestoot was na ‘n lekker maaltyd van aapgras en karringmelk, en dan stadig afgeknyp was), dog ek toe mos nou so stil stil by myself… “Sedert 1907?  Sentiment tel dalk vir te veel deesdae…as ek al meer as 100 jaar iets doen moet ek darem al somewhere in die 1940’s dit ten minste PROBEER vervolmaak het.  Dit proe soos iets tussen kerkbasaar choklits en daai cheap sjokolade wat jy as kind by jou 7/11 kon koop as jy nie genoeg geld gehad het vir ‘n Beacon slab nie”.  Maar anyway…aan na voorbeeld nommer twee.  Kan net beter gaan, dog ekke.  hehehehehe

Tootsie Rolls.  Jy kry presies dieselle goed in ‘n pakkie Quality Street en dit proe strate beter is die VSA stront!  Dis die eerste keer dat ‘n toffierigge sweet my na die tweede ene laat “nee” se vir ‘n derde.

Toe die Pop Tarts.  As ek sê “Kellogg’s”, wat skiet eerste deur jou linker lob?  Rice Crispies of Corn Flakes ne?  Nie in The US of A nie dames en here!  Daar is Kellogg’s sinoniem met pop tarts!!  Twee oversized platgemoerde Marie beskuitjies wat aanmekaar gehou word deur ‘n konserwatiewe smeersel aarbei jam.  Natuurlik so geryp deur die preserveermiddels sodat dit nie vrot word nie, maar hey! Who cares, right?  Jy’s glo veronderstel om die biskit effek in die toaster te moer en te toast soos jy met ‘n sny brood sal maak.  En dis veronderstel om brekfis te wees!  Brekfis wat eindig met “Tart” in die naam?  Gemaak deur Kellogg’s?  Only in America people!

Ek kon nie glo my vrou like die goed nie!  En net voor die disgust oor my toesak vir die hoeveelheid petrol wat sy moes uitry om die samples te gaan optel, gaan daar ‘n liggie in my op!  Dis nie sosseer die sweets en tertjies wat so lekker is wat gemaak het dat sy van dit wou he nie, dis die herinneringe daaraan gekoppel wat gemaak het dat sy daarvan wou hê!  Die kinders, met wie sy kontak verloor het, wat sy soggens elk twee tertjies gevoer het…die choklits wat sy en haar vriendin gedeel het op oggende uit na ‘n fliek toe of as hulle deur die besige strate van New York kerjakker het.  Dieselfde vriendin wat nou skaars ‘n sms stuur as dit my vrou se verjaardag is…

So slaap sy vanaand.  Dood gelukkig met haar pakkie uit Amerika.  En ek sluip stil stil af ondertoe, “steel” ‘n Kiss en ‘n Tootsie Roll en stop dit in my mond…

Dalk, as ek genoeg daarvan eet, sal ek verstaan wat haar jaag…

8 Responses

  1. My dogter was ook daar in 2006 sy is mal oor die USA en wil met alle mag daar gaan bly.
    Maar ek glo ons lekkernye die kant is baie lekkerder.

    Maar ja ekwil ook graag daar gaan draai vir `n maand of drie.

  2. Ek weet nie, ek het nog nooit die lus gehad om USA toe te gaan nie. Eerder Europa. Maar ek stem saam deur te sê mens koppel jou herinneringe aan goed, of staaltjies van gebeure. Iets wat vir jou moer snaaks is, is heel moontlik nie vir die persoon aan wie jy dit hier by die huis vertel nie.

  3. Ek was nog net in Europa en sal graag in die USA wil gaan draai, veral oor Kersfees wanneer dit sneeu

  4. My suster het eenkeer vir my eet-sum-more’s van Skotland gebring en Kuifie het lank terug vir my Engelse toffies gebring. Was nogal lekker.

    Hy het nou vir my ‘n bottel whisky gebring van Skotland.
    Looovellyyyy!!

  5. Ingilsman bring my altyd Badedas van Duitsland. Dis spotgoedkoop daar. En hulle mostert is heerlik – kom in sulke tubes soos tandepasta. En die heerlikste dadel chocolates van Dubai. En en. Ek ook word baie bederf met parfuum

  6. @ koeksister…ek is baie jaloers oor daai whisky…en as jy nou vir my gaan sê dit is Cardhu kots ek op die plek!

  7. Nee dis…… wag ek kan nou nie op die naam kom nie, huh…….Famous Grouse!. maar jy kan dit mos hier ook koop?

  8. Dit is defnitief die herinneringe wat die dis maak.
    Ek eet ‘n chocolate log uit Suid-Afrika en voel sommer weemoedig, en ek het dit omtrent nooit geéet toe ek daar gebly het nie.
    Ek loop in ons supermark hier en kyk na die Ceres en Liqui fruit en Grapetizer vanaf SA, wat ten duurste op ons rakke beland via Japan, en ek verlang huis toe…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: