Viva die Leeus en Fok Mabilongwe.

Eerste dinge eerste.

EN HOOR JY DIE MAGTIGE DREUNING OOR LOFTUS KOM DIT WYD AANGESWEEF, DIE LIED VAN DIE LEEUS SE ONTWAKING WAT BULLE LAAT SIDDER EN BEEF.Ek voel so goed want die Leeus speel so goed.

Wel my naweek het so verloop, Vrydagaand by die huisgekom deel my dogter my mee dat my DSTV dekodeerder sy gat gesien het.Ek bel Multichoice in Randburg hulle deel my mee dat my vermoede reg is.Maar dat ek gelukkig versekering op die toestel het en dat ek dit by my naaste Multichoice winkel kan gaan omruil vir `n nuwe een.

Saterdagoggend vroeg ry ek Springs toe by Multichoice gekom, Ahhhh!!! Fokken winkel is toe op Saterdae.Ry Benoni toe Eish sorry sir outa stock.Fok wat nou?Bel Boksburg, yes you can bring it in but we don’t have stock but it will only take three to four days then you can collect your new set.Nee ek kan dit nie glo nie, ek kry familie my suster en haar vriend kom kuier en ons wil die Bokke se game kyk.

Bel Randburg Multichoice , no problem sir you can visit our branch we are open until six and you can get it at once.Wat anders gedoen ek en vroulief doen low-flying 65 kilos in `n record tyd.Op die hoek van Republic en Oak.Een ding moet ek se die diens daar is te goed om waar te wees. Dis fenomenaal iets wat ek nie in die Nuwe Suid Afrika te wagte was nie.Maar binne veertien minute en met hordes mense wat kom omruil en uiters professioneel.Fokkit julle is great!!

Wel hiers die catch.Ry terug met Mapstudio se street guide, die boek wys HANS STRYDOM RYLAAN is sowat een kilometer verder en vandaar sal ek op die N1 Noord klim huis toe.Wel drie kilos verder geen HANS STRYDOM nie.Fok vra daar iemand langs die pad hy beduie drie robots terug, ok weer kom ek by Multichoice uit.Nou is ek lekker moerig.Vra weer iemand hy wys dis terug die vierde robot. Ok ek maak toe weer `n U-turn fok terug tot by die vierde robot, wel daar draai ek regs in MALIBONGWE DRIVE , toe slaan dit my soos `n klip tussen die twee oge van my.Erens op die nuus het ek gelees dat die wetters die naam mos verander het.Ek Draai toe regs in MALIBONGWE/HANS STRYDOM in.Toe weet ek ek is reg. Maar langs my stop `n BMW met `n pa en seuntjie in en `n straat smous wou iets aan my verkoop toe ek sommer hard se ag FOK MALIBONGWE, lank lewe HANS STRYDOM.Die ou het net lekker gelag.

Wel ja ons het `n hond uit `n bos uit gekuier saam met my suster en haar vriend.Dit was moerse nice.

9 Responses

  1. OOOO dit was tog so mooi….😆

  2. Kwaai Griffel ek kry sommer `n orgasme so lekker voel dit.

  3. Geluk aan die Leeus.

    Ek bly ‘n BUL!!

  4. Soos ek atyd se tippies Bloubul ondersteuners moerse slegte verloorders.

    Dankie Koekie.

  5. ♫ Prooooooovince, prooooovince, die curriecup kom weeeeer♫ Ag hel……

  6. Griffel en diebrein

    Baie geluk met jul span se oorwinning.
    Nou weet julle hoe voel BLOU BUL ondersteuners 90% van hulle lewe.

    Groete

  7. As jy so se , maar steeds moes jy aangepor word om dit te doen.

  8. As jy so se , maar steeds moes jy aangepor word om dit te doen. .

  9. hehehehe White Knight

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: