Die moontlikheid van dood – die wag is die ergste

Niemand wat gereeld hier gekuier het oor die laaste paar maande sal in donker wees oor my stelling nie.  Ek en my pa het nie die wereld se beste verhouding gehad nie.  Ek was as kind “te sag” vir hom.  “Hoekom jy nie meer soos Ian oorkant die pad wees nie?” moes ek al aanhoor.  En hy het nie benul gehad hoe dit my geraak het nie…en so was daar vele meer voorbeelde van dieselfde.

Later jare het hy begin besef dat sy gedrag teenoor my out of line was.  Daar was aande wat hy na ‘n paar biere vir my gebel het, duidelik onder die invloed drank, en onophoudelik om verskoning gevra het oor die manier waarop hy my behandel het.  Sy gewete het hom gepla.

Ek het tot ‘n sekere mate die man vergewe… “hy is darem my pa” het ek besef.  Die kere wat ons daarna gekuier moes nou maar net opmaak vir al die ander stront wat hy aangevang het.  En dis asof hy my latere jare begin verstaan het…begryp het wat my maak tick, en ek dieselfde.

Die naweek het ‘n ongure gebeurtenis in my ouers se huis plaasgevind wat my onmiddellik teruggeneem het na my kinderjare.  My pa se kop het uitgehak en my ma moes haarself verdedig.  Na jare se ordentlikheid en opmaak het hy skielik net gesnap!  Moenie jammer voel vir ma nie, sy kan rerig na haarself kyk.   En sy’t hom aangevat het hy het seergekry.

Die volgende dag kla hy van pyn in die omgewing van sy linker ribbes.  So stort hy ineen in die winkel op Touwsrivier.  Die ambulans kom haal hom, vra my ma om later klere deur te bring.  Daar was vermoed hy’t ‘n hartaanval gehad, maar die EKG het gese hy is in die clear.  Maar hy’t wel ‘n rib gebreek.

So hou die hospitaal hom vir monitering.  En die oproep vanmore wat sê dat hy haastig in teater toe is oor hy ‘n slagaar gebars het.  Hy’t ‘n 50/50 kans op oorlewing.  Ek skiet oor 20 minute deur Worcester toe en die wag vreet my op.

Het ek alles gedoen wat ek kon om dinge met my pa reg te maak?  Sou hy anders gewees het met ons as hy vroeg genoeg besef het hoe sy dade die res om hom sou beinvloed en dat hy nie maklik dit kan regmaak as die nood druk nie…soos nou?

Ek hoop dat hy OK sal wees.  Ek wil ten minste daai kans he om met hom te praat, hom te oorreed om harder te probeer, hom die versekering gee dat ek hom liefhet, maak nie saak wat hy aan my of ons gedoen het nie.

24 Responses

  1. Pagoda so 3 jaar terug was ek in dieselfde posisie as jy. Ek en my pa praat al vir die afgelope 9 jaar glad nie. Ek weet wat in sy lewe aangaan, via die broers en susters. Drie jaar terug het sy lewe aan ‘n draadtjie gehang, in die hospitaal beland en ‘n triple-bypass gehad. My familie het my probeer oorreed om met hom te gaan praat voor die operasie want die dokter het gesê die kans dat hy die operasie sal oorleef is baie skraal. Wel ek het nie die “guts” gehad om te gaan nie, lang storie maar ek het gevoel vir 6 jaar het ek probeer om dinge reg te maak van my kant af en hy wou nie byt nie, hoekom nou? Hy het nie gevra na my nie, ek wens vandag ek het dit gedoen maar ek het nog steeds nie die “guts” nie. Hy het die operasie oorleef en is nou gesond en nog steeds het hy nie probeer om dinge reg te maak nie, die boodskappe kom altyd van die familie af dat hy dinge wil regmaak, maar nog nooit het hy probeer om my te bel of ‘n ou briefie te stuur nie. Vandag sit ek in New Zealand en die kans dat ek hom weer sal sien is baie baie skraal. Ek dink nog elke dag aan hom, is nogsteeds lief vir hom, hy is en sal altyd my pa bly, het hom lankal vergewe vir alles, maar kon dit nog nie oor my hart kry om met hom te praat nie. My raad aan jou, as jy kan maak dinge reg. Jy is ‘n beter mens as ek as jy dit kan doen. Sterkte vir jou pa en ook vir jou. Groete Beertjie

  2. Die laaste keer wat ek my Pa gesien het, was ons ook as kwaaivriende uitmekaar, ons het wel daarna oor die foon gesels. Net voor sy triple bypass het hy ‘n massiewe hartaanval gekry en is dood.

    Dit vreet nou-nog aan my dat ek die laaste keer toe ek hom gesien het nie ‘n drukkie gegee en gesê ek is lief vir hom nie.

    Voorspoed Pagoda!

  3. Pagoda, baie sterkte en ek hoop dinge werk uit vir julle familie.

    Mensies, gaan SOEK die vrede met jou mense as daar onenigheid is en maak reg terwyl jy nog kan. More kan dalk net te laat wees en jy bly agter en verwyt jou die res van jou lewe.

    Wees die minste, reik uit en raak ontslae van die onenigheidslas wat op jou skouers rus. Ek weet – is ook daardeur.

    Sterkte aan julle wat dinge moet gaan regmaak!!

  4. Pagoda, ek hoop jou pa gaan ok wees. Sterkte vir jou en doen wat reg is vir jou.

    ((Beertjie & Koeksister))

  5. Pagoda, gaan na hom toe. Sê vir hom jy is lief vir hom. Ek was baie bevoorreg om my pa ‘n drukkie te kon gee die dag voor sy dood, eintlik twee drukkies. Ek het sonder enige rede hom gegroet en uitgeloop, en teruggedraai en hom weer gaan druk. Ek het elke dag vir hom oor die foon gesê dat ek lief is vir hom. En ek is so bly daaroor. My suster kon dit nooit sê nie, en sy sit ook met selfverwyt vandag. Toe die kis sak by die begraafplaas, toe sê sy dit vir hom en huil onbedaarlik. Sê dit mense!!!!!!!!!

    Koeksister, jy kan altyd liewe Jesus vra om dit vir hom te sê. Ek is seker Hy sal.

  6. (((Annie)))

  7. Hey julle, wil net gou vir julle sê dat Phibbie my ge-sms het. Sy het geval en twee beentjies in haar linkergewrig gebreek en sit met ‘n arm in gips. Sy gaan dalk ‘n pen in die arm moet kry. Ek het vir haar gesê met haar ongeluksrekord moet sy eerder in die kooi klim met ‘n kateter! Sy stuur groete aan almal

  8. Ek is jammer om te hoor wat met jou pa gebeur het. Ek hoop dat hy ok sal wees. En ek hoop julle kan dinge uitpraat. Het ook ‘n baie skewe verhouding met my pa nog al die jare. Ons het vroeer die jaar so geraak-raak aan dinge uitpraat en mekaar beter verstaan. Ons probeer albei harder, en ek sal jok as ek se die verhouding is great, maar dis darem ‘n begin. ‘n Pa het so ‘n groot invloed op die res van jou lewe. Sterkte.

  9. Sjoe mense, nee mens moet die dinge uitsorteer. Spyt kom altyd te laat. Elke sekonde is ‘n nuwe geleendheid om dinge reg te maak.

  10. Sterkte Phibbie!! Gips – niemand se speelmaat nie.

  11. Sterkte Pagoda, dit klink soos my lewensverhaal. Gee jou pa ‘n druk en sommer vir jou ma ook, sy het dit ook nou nodig.

  12. Annie – thanks dat jy ons laat weet het van Phibbs. Sê vir haar groete en sterkte. Eish… eers haar enkel nou haar arm. Een van die dae kan ons haar “Robot-woman” noem….hehehe.

  13. Hello julle Werflinge😉

    Om te wil vrede maak met iemand net oor daar ‘n swaard van die dood oor julle vriendskap / verhouding hang is potensieel meer gevaarlik as om nooit vrede te maak nie.

    Belangrikste is om eers vrede met jouself te maak en by ‘n punt uit te kom waar jy kan besluit ongeag wat die ander een doen, jy sal vergewe en vrede maak.

    In baie gevalle herstel die een met wie jy vrede maak en dan stel hulle jou weer teleur en dan is die skade onherroeplik as jy nie met jouself vrede gehad het en besluit het om ongeag wat gebeur die verlede en die hede agter jou te sit en vorentoe te kyk.

    Onthou geen mens kan jou laat sleg voel oor jouself sonder dat jy toestemming gee / dit aanvaar nie. Maak nie saak wat ‘n ander doen of se nie, die besluit rus by jou of jy gaan toelaat dat dit jou negatief affekteer al dan nie. Daai persoon se reaksie / optrede maak jou wel seer onmiddelik as dit gebeur, maar op die langtermyn is dit net jy wat besluit hoe dit jou lewe raak.

    Wat jy maak van ‘n ander se optrede is wat tel, nie wat hulle se of doen nie.

    Maar ja, die dood is finaal en geen omdraai kans vir enige een nie. Dus bly die beste om vrede te maak, maar nie toe telaat ander jou emosioneel manupileer nie.

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.🙄🙂

  14. Anniegetyourgun

    Dankie dat jy laat weet het van Phibbie, stuur groete en beterskap wense.

    Groete

  15. Hey man Pagoda, sterkte hoop alles kom reg.

  16. Annie, stuur groete aan Phibbs.

  17. Pagaoda
    Net as dit jou gemoedsrus gee, gaan praat dinge uit en maak vrede en vergeet. Daar is niks erger as `n familietwis nie.
    Lyk my almal het 1 of ander tyd `n beitjie kwaadgeit vir die ouers. Ekself het 5 jaar nie met my pa gepraat nie. Hy beland ook in die hospitaal met kanker, maar ek se toe, aikonna…ek sal vrede maak as ekself so voel. Hy is later gesond en 2 jaar daarna op een nice sonskyndag loop ek hom net tromp op en se kom ons los die kak en kyk vorentoe…en ons het! Met baie trane, gelag en drukkies. Dit is nou al 12 jaar later en als werk klopdisselboom. Ek is LIEF vir my Dad!

  18. Thanx ouens, sal vir Phibs sê.

    Pagoda, laat weet tog hoe dit met jou pa gaan. Sterkte

  19. hy le nog in ICU. Nog nie by nie. Gaan later inval by die hospitaal om te kyk wat aangaan.

  20. Hou ons op hoogte seblief

  21. Sterkte vir jou!

  22. Sterkte Pagoda!

  23. Sterkte Pagoda, julle is in my gebede.

  24. Hi Pagoda, sterkte daar by julle, gee jou ma ook `n drukkie, sy gaan dit nodig hê,
    ek voel nog steeds nie lekker nie, die dr sê ek was allergies vir die long pille, wonder net hoe lank die pille gaan vat om uit my gestel te kom.
    Annie se ook sterkte vir Phibbie asb.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: