Grotman, Persians en paintings

Ek moet julle eers vertel van die grotman.  Ons het toe Vrydagaand die show gaan kyk, dis nou “Groet die Grotman”.  Dit is donners snaaks.  Die wat dit nog nie gesien het nie moet gerus plan maak.  Dis ‘n humoristiese blik op karaktereienskappe van die manlike en vroulike geslag, en hulle interaksie.  Ek het trane afgevee van die lag.  En Ingilsman het die hele naweek soos ‘n wafferse grotman rondgeloop en jaggeluide gemaak, veral as ek in sy visier kom.

 

Saterdagaand het pelle van Jhb kom oorslaap en die rooinek het vir ons die heerlikste oxtail ooit gemaak!  Ek moet hierdie resep vir julle plaas.  Ons het dit in die Fair Lady gekry.  Dit kry root vegetables soos beet, rape, wortels ens in.  En dit klink glad nie goed nie, maar is smullekker!  Die beet kleur dit pienk as jy dit kook, maar later gaan dit weg en net die smake bly.

 

So gaan eet ons toe Sondagoggend ontbyt by ‘n buitelug-restaurantjie en skuinsoorkant is daar ‘n veiling van persiese matte en skilderye.  Ons wou net gaan loer, maar is toe ‘n hele paar rand later daar uit met twee egte sy persiese matte en drie lieflike skilderye.  Ingilsman sê dis die duurste ontbyt wat hy nog gehad het!  Ek kon nog nie weer die smile van my bakkies afkry nie!  Wou nog altyd ‘n egte persiese mat hê en nou het ek twee!  Ons sal maar die res van die jaar van pap en tik moet lewe, maar ek gee nie om nie.  Wie wil nou eet as jy kan whoopee op ‘n persiese mat!  Dis net die carpet burns wat gaan pla …

12 Responses

  1. Ja-nee, ek sal self ook net van kale water oorleef as ek ‘n persiese mat of twee het. 😉

  2. Kwaai geniet die kafoefel op die mat. Maar skliderye id ie land het nie waarde nie.Ek het `n Paul Munro en Bosch, maar dit het geen waarde meer as waarvoor ek dit jare gelede gekoop het nie.Die een van Paul Muro het ek reeds in 1991 gekoop, maar dit is minder werd as daardie tyd.

  3. Geniet jou matte. Jy kan sommer die ware Jacob uitken, en hulle is so lekker sag onner die lyf. Geen carpet burn probleme nie!😆

  4. Daar is sommiges wat wel waarde het Brein. Vat bv vir Klaarhout. Daar was twee kleintjies op die veiling met ‘n reserwe van R35 000. Paul Munro se werk is baie nice. Jy moet vashou – dit sal hopelik nog styg in waarde.

    Anyway, ek koop ‘n skildery omdat dit vir my mooi is. Het nie regtig kennis oor wat is waardevol en wat nie. Die een wat ons gekoop het is ‘n hartbeeshuisie op ‘n duin by die see. Ek staar ure daarna, want dis waar ek wil wees.

  5. Annie – Sjoe jy’s darem ‘n gelukkige vrou. Het die Ingelsman nie ‘n boetie nie? …hahaha. Grap net, sal tog nooit my ou wederhelfte inruil nie.

    Nou’s daai carpet burns die moeitewerd. Go Annie go!!

  6. Annie, jy is baie gelukkig en ek stem saam met jou – ek koop ook ‘n skildery omdat dit vir my mooi is.

  7. LOL Koekie! Hy het twee boeties, maar albei getroud en bly in Londen. Toemaar, ek weet jy grap net

  8. Sal my voortande gee vir ‘n Claerhout, al is dit nie eens mooi nie, maar vir my is enige kunswerk uniek, van Salvadore Dali tot Pierneef. 🙂

  9. Oeps, my spelling van Claerhout laat veel te wense! Thanx Koeksister. So educate ons mekaar.

  10. 😉

  11. hi ek het u klaarhout wat ek u.klompie jare terug by u skool gekoop het.as u belang stek kontak my dringend.

  12. Hi ek het ook twee klaarhout wat ek graag wil verkoop.
    Enige offers is welkom

    vir meer inligting kan ek gekontak word by

    0823778689

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: