Vergifnis bestaan nie in my woordeskat nie.

Gepraat van vergifnis.Wat is dit? Kan mens dit eet?Ek weet die Bybel se mens moet 7 maal 70 keer vergewe, dus gee dit jou 490 keer.Maar wat gedoen as iemand al 491 keer en meer teen jou gesondig het.Wel julle kan my maar met Soweto konfetti bestook.Maar ek vergewe niemand (behalwe my vrou en dogter) ooit weer nie.Te lank en te veel kon van my familie en skoonfamilie op ons trap en se wat hulle wil, veral die wat dink omdat hulle geld het kan hulle se en doen wat hulle wil.

 

Hoekom moet kieppie altyd stert tussen die bene gaan se “ag eks jammer“ al was dit nie my skuld nie.Sommige mense dink hulle kan se en doen wat hulle wil en trap op wie hulle wil en dan moet jy gaan se jy`s jammer.Nooit ooit weer nie.Ek het soos Farao geraak my hart is verhard.En ek het die houding in geneem Fuck the people I am the people.

 

Baie mense speel met `n mens se gevoel, alhoewel mens woorde gebruik bedoel mens meeste van die tyd nie met die hart dat jy spyt is oor sekere dinge nie.Op die oomblik voel dit vir my sinneloos om enige een wat ons te na gekom het te vergewe.Waarom net sodat die moegoe weer `n volgende keer  kan kak soek?

 

Deesdae voel ek `n beter mens as ek jou nie hoef te vergewe nie.Ek voel op die oomblik fokkol vir vergifnis nie, of jy my vergewe of ek vir jou dit traak my nie.Voordat jy my veroordeel haal eers die balk uit jou eie oog.Ek moet eendag rekenskap gaan gee oor my sienswyses en redenasies, nie jy nie.  

 

 

25 Responses

  1. As iemand werklik jammer is, sal ek dalk nog vergewe. As dieselfde ding weer moet gebeur gaan ek ook net my gat aan jou afsmeer. Vergeet is natuurlik weer ‘n HEEL ander saak.

  2. Ja Demoerin ek is soos jy, en vergeet en vergewe is twee heel verskillende beginsels.

  3. Ek weet dis moeilik om te vergeef, en ek weet presies verstaan presies waar jy vandaan kom Brein, maar dit vergiftig mens se lewe as jy nie kan vergewe nie. Ek sukkel maar self daarmee, maar ek glo steeds dit maak van mens ‘n beter mens om te kan vergewe.

    En ek is nou nie die ou sopperige martie martelgat nie. Maaaaaaaar, daar is drie mense in my lewe (glad nie verwant nie) wat ek sukkel om te vergewe, en ek weet ek het nog nie. So ek is self skuldig. Dalk sal ek dit eendag regkry

  4. Dankie Annie dis lekker om nie veroordeel te word nie.

  5. Ja te veel seer gekry en hard geleer, maak mens so.

  6. Ek het maar ‘n ou klein hartjie, vergewe vreeslik maklik maar vergeet ook net so maklik.

    Brein, whatever rocks you boat, soos jy sê jy sal self eendag rekenskap gee.

    Die lewe is vir my te kort.

  7. Ek vergewe nog, maar soos jy sê, vergeet is ‘n ander storie. Nou wonder ek net, as jy vergewe, maar nie vergeet nie, het jy rerig vergewe?

    NS. Kom loer bietjie daar by my na ‘n baie oorspronklike “ekskuus”😉

  8. Goeie punt Dellie! Ek dink nie mens het vergewe as jy nie kan vergeet nie.

  9. Dankie Dellie vir die inligting rakende die Pastel kursus my dogter en vrou het dit nou albei deurloop.

  10. Plesier Brein! Pastel is deesdae ook my gewildste kursus. Is besig om die hele mark oor te vat. Hulle sal nie spyt wees dat hulle dit gedoen het nie. Het hulle darem goed geslaag?:mrgreen:

  11. Brein, ek sal jou nooit veroordeel nie. Dit is jou lewe en soos jy sê moet net jy eendag rekenskap gee. Dit vergiftig egter jou lewe en plaas ‘n las op jou want elke keer as jy met daardie persoon te doen kry kom daardie hatige gevoel in jou op.

    Dit is menslik om moeilik te vergewe en te vergeet en dit bly elke mens se keuse hoe hy die goed hanteer. Ek sukkel ook baie maar probeer maar altyd om die gif uit my gestel kry.

    Dellie, ek stem saam met jou.

    Brein, ek bly lief vir jou!!

  12. Ek dink die vergeet gedeelte sal hand aan hand gaan met die erns van die oortreding. Ek sal vergeet as jy my chocolate gesteel het, maar vermoor dalk iemand naby aan my en dan kan ek julle verseker, vergeet is ‘n impossibility.

  13. Ja Demoerin, ek stem daar saam met jou. Maar ek dink nie ek is “groot” genoeg om iemand te vergewe wat my geliefde vermoor nie. Geez, ek hoop nie ek word ooit in so ‘n posisie geplaas nie.😯

  14. Dankie Linda ten minste is ek baieeeee lief vir mense maar haat sommige sook met `n passie, soos Mugabe.Die Brein is ook lief vir julle, maar miskien kom ek tog reg en word my hart week en vergewe ek almal onvoorwaardelik.

    Dellie ek sal jou laat weet.

    Demoerin dis so waar wat jy se.

  15. Ai Brein, dit is regtig n teer sakie hierdie. Toe ek die lees wou ek ook my eier lê om te sê… vergewe maar vergeet nie. Ek dink DMI en Dellie het dit mooi opgesom.

    Ek weet jy gaan vergewe, maar die vergeet deel nie want daar diep onder is darem maar net ‘n te klein hartjie😉

  16. Ek voel net so, as jy iemand na aan my vermoor? “I will hunt you down and kill you” En dan gaan ek van jou vergeet.

    Al gehoor van die vrou wat by die hof haar gun uitgepluk het en die man wat haar kind vermoor het morsdood geskiet, kom wat wil. Dit sal ek wees. Al moet ek wag tot jy eendag uit die tronk kom, ek sal jou kry, shame, dan sal ek jou vergewe en vergeet.

    Haat vreet aan ‘n mens, die probleem is net, die ander persoon weet heel moontlik nie eens van jou bestaan nie, hoekom al jou energie vermors op ‘n skarminkel?

  17. Ja Zee jys seker maar reg en jy ook Koeksister.Ek sal seker maar weer.

  18. Gelukkig met die ouderdom kom die vergeet later vanself.😉

    Snaaks genoeg julle praat nou so van om te vergewe wanneer iemand vermoor is. Ek het een maal ‘n video gesien van ‘n vrou wat wreed verkrag is en haar man vermoor is. Die moordenaar is gevang en in die hof veroordeel. Maar dit was eers nadat sy hulle vergewe het dat sy self rus vir haar siel gekry het.

  19. Nee kyk…dan’s so ‘n persoon strate beter as ek. Ek sal vergeet van myself en my familie en so ‘n ou jag tot ek hom van kant gemaak het.

    Sal dan wil sien of so ‘n ou se familie my sal kan vergewe…

  20. Shame ou brein ,jy klink ook maar na n hardegat
    miskien is jy die een wat vergewe moet word.

  21. Lallie ek gaan nie met jou stry nie.Maar hardegat is ek nie, ek neem maar net `n nuwe standpunt in.

  22. Jong ek weet mense vergewe mekaar dinge, en dit gaan goed tot die volgende fight of woordewisseling of iets wat skeef loop dan word al die ou koeie weer heeltemal opgegrawe, m.a.w. die vergifnes was nooit opreg nie. of is ek verkeerd?

  23. Ida Jvr jys reg dis hoekom ek se mense oorskry die 7 maal 70 keer.

  24. Ek dink dat vergifnis gaan gepaard met berou en bekering. As die ander party wat teen een gesondig het, nie berou toon en bekeer nie, gaan hul nie om vergifnis pleit nie, dus sal vergifnis nie oorweeg word nie. Vergifnis is van toepassing, waar die partye betrokke, versoen. Sou ek my nie met Christus versoen, kan ek nie deel word van Sy vergifnis nie. Vergifnis beteken nie dat ‘n mens ‘n onaangename gebeurtenis kan vergeet nie. Dit beteken dat ‘n mens die onaangename gebeurtenis, nie teen ‘n ander moet hou nie. My opsomming in die verband is dus as volg; berou + bekeer+ versoen = vergifnis.
    Om te versoen/aanvaar wat met my gebeur, in hierdie lewe, is vir my eie ontwil, sodat ek met my eie lewe kan aangaan. Ek stem dus nie heeltemaal saam met die “forgiveness” vers hierbo nie. Ons kan nie afhanklik wees van die boosdoenner, om eers berou te toon ens. voordat ‘n slagoffer kan aangaan, met sy lewe. Meeste boosdoenners, sal nie berou hê en om vergifnis pleit en daarom kan ons nie sonder hoop wees nie.

  25. Dankie Hans ek weet wat jy se , berou en bekering loop hand aan hand, maar ek het baie werk om aan my saligheid te doen.Lekker aand.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: