Jacques lag! Youtube movie…

Ek weet die dames sal dit baie geniet, maar selfs ek het dit skreeusnaaks gevind (ek gee toe ek’s dalk nie die mees objektiewe persoon nie – siende dat ek sy pappa is!)

Hier’s die video…

12 Responses

  1. Ag sweet moeder ma!😆 Daai bekkie kort ‘n vet soen!😉

  2. Dis te blerrie oulik!

  3. Ek het die video hier by die werk gekyk en my computer is gehook aan die speakers waaardeur ek musiek maak vir die kliënte.

    En skielik kom hierdie skatterlaggie kliphard uit, almal wou weet waar is die babatjie wat nou so lekker lag. Hehe🙂

  4. Die agtergrond…die honde word nie toegelaat om in die huis te kom nie. Nou vat hulle so af en toe kanse. “Move” is al wat hulle maak uithardloop buite toe, en dis toe net mooi die “trigger” wat klein Jacques so maak skaterlag!!

  5. Te dierbaar vir woorde, ai hoe verlang ek nou toe my kinders nog klein was,

  6. Nou hoekom dink jy net vroue sal dit oulik vind.Ek dink dis flippen oulik.Maar hy geniet dit baie, geniet elke oomblik van hom.

  7. Wat is freakin fout met my komper? Ek sien geen video nie – daar is net ‘n blank space!

  8. Al refresh probeer?

  9. Ja. Hy willie jou moefie wys nie. Is seker weer die werk se firewall. Sal by die huis moet kyk

  10. Maak so Annie. Jy gaan kliphard saamlag!

  11. Tog te oulik. Geniet hom. Hulle raak so vinnig groot. Gelukkig gaan ouma darem hierdie naweek by haar twee kleinseuns in Beaufort-Wes kuier terwyl oupa gaan probeer om springbokke te skiet.

  12. Hy is sommer net opvreetbaar oulik, sy laggie is aansteeklik, ek dink dit kan baie mense se dag maak om so vrolike helder laggie te hoor.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: