Zooom-zooommm!!!

Ek gaan julle vandag vertel van iets wat baie na-aan my hart lê: motor-resies in enige vorm.  F1, rally, Paris to Dacar, touring cars, 4×4, dragsters. Ag, enigiets waaarby 4 wiele betrokkie is.  Ek wou van kleintyd al  die Roof of Africa gery het met my Pa as die Navigator.  Maar bygesê ek wou ook ‘n go-go danser by Sun City geword het met ‘n bondel vere op my kop, tosseltjies op my borste, visnet kouse en stiletto’s…….

Ek het grootgeword in Roodepoort en as daar ‘n dragster-meeting was op Tarlton was ek daar.  As die Jetcars opgewarm het, het ek amper uitgepass van opgewondenheid, die Slingshots was ook ‘n groot gunsteling.

Vandag gaan ek na 4×4 meetings, glo my, na ‘n Sondag in die veld voel dit soos ‘n langnaweek.  Die adrenalien jaag jou op daardie baan rond, jy voel sommer 10jaar jonger. Partykeer na ‘n besonderse moeilike uitdaging voel ek 10jaar ouer.

As ek so gelukkig is om na ‘n Rally naby my te gaan, kan julle maar mooi kyk, daai idiotiese groepie mense wat amper in die pad staan van die karre:  ek sal een van hulle wees, net om beter te kan sien……..😉

18 Responses

  1. Hehe Koeksister. Jy is omtrent begeesterd, maar ek sê dis reg, nie net mans kan oor enjins se gedreun opgewonde raak nie. Ek het ook saam my boetie karretjies gespeel eerder as pop, en hy het my van kleins af van karre vertel.

    Nou lig Ingilsman my verder in – hy lees die Car soos die Bybel, en enige karboeke en kyk elke program oor resies en karre op TV, en hy was al by die Dakar race en hy het off road racing in sy jong dae gedoen. Ek stry met die manne by die werk oor karre en vertel hulle ‘n paar dinge, want die suits weet nie veel van enjins af nie (anyway minder as ek!) Dis lekker in interessant! Go for it girl!

  2. Ek het ook karretjies gespeel Annie, en ek het nie eens met boeties grootgeword nie. Eish!

    Maar ja, dis ‘n baieopwindende sport, beter as rugby!!!!😉

  3. Ek weet niks van karre af nie, behalwe dat hulle 4 wiele het en veronderstel is om te ry as jy die sleutel draai!😆 Maar ek hou ook van races en sulke goed, daar hang so ‘n opwinding in die lug. Het juis vandag ietsie op oor ons naweek by die racetrack.😉

  4. Ek hou ook van races maar ek is soos Dellie as dit by karre kom…..hehe.

    Koeksister -Dis lekker om so passievol oor iets te voel.

  5. Aha! So dan is dit hier waar julle almal uithang! (Dankie vir die tip, Sigeuner!)

    Jislaaik, ek voel skoon asof ek familie in die vreemde raakgeloop het as ek so oor die bekende name lees.

    Koeksister, jou passie lê ook na aan my hart, maar ek het meestal ‘n ding vir spoed. Jy kan met my om ‘n baan jaag dat jy net rubber ruik en rook snuif, en ek sal dit uitgil van plesier. Hoe meer spoed, hoe meer krul my toontjies van die lekkerkry. Veral as ek die dag self bietjie agter die stuur kan inklim.

    Maar as jy vir my doodsbenoud en sopnatgesweet wil hê, moet jy my in ‘n 4×4 sit . . . Ek het eenmaal die voorreg gehad om op ‘n tipe van ‘n opedag met ‘n vreeslike fancy 4×4 te offroad. Ek het kort duskant die dood omgedraai. Daai angles waarteen die goed ry gee my pipperellekoors, my derms vat twee weke om weer te ontknoop. Dis nie die mediese onkoste werd nie!

  6. Heyta Kalonkie!
    Welkom mater!

  7. Hehe Kalonkie, maar eerlikwaar, was die adrenalienrush nie die moeite werd nie?……..😉

    ‘n Vreeslike fancy 4×4 sal my derms ook knoop, die goed kos ‘n plaas se prys.

    En ek al van hulle gesien omdop soos ‘n kewer…. dan lag jy nie.

    Ons het onsself ook al eenkeer mooi diep begrawe in die modder, 4 uur later toe kom ons eers daar uit. Ons was net so vol van die modder soos die bakkie, die kinders wou ons sommer saam met bakkie met die hosepipe afspuit. Was wonderlik!😆

    Laat my dink aan ‘n grappie: die juffrou sê vir die klas dis ‘n tuinslang nie hosepipe nie, en vra vir Jannie om ‘n sin te maak van tuinslang. Jannie sê: Juffrou, my pa slaan die tuinslang met die hosepipe dood”

  8. Eish koeksister, daai adrenalien het so byna ‘n kleurtjie gehad . . .

    My brein sê mos vir my ‘n mens kan nie teen one helluva (uneven nogal) angle downwards jou voete van die pedale afhaal en die 4×4 die werk laat doen nie. Miskien is dit omdat dit so in direkte teenstelling is met wat mens op hoë spoed doen. Ek weet nie wie was meer vreesbevange nie – ek, met spierwit kneukels om die stuurwiel vasgeklem of die instrukteur toe hy agterkom ek knyp my oë toe nie.

    Dan praat ons nie eers van die opgaanslag nie. My vivid imagination het lankal die kewer omgedop, die mediese helikopter ontbied en my op ‘n stretchertjie vasgestrap.

    Hauk, kry ek nou sulke rillings hier teen my rugraat af net van die onthou!

  9. Daar pak die vrees my so beet dat ek skoon vergeet om dankie te sê vir die verwelkoming!

  10. Ek is seker weird , maar ek hou niks van motorsport nie. As ek by Kaylalami is skreeu die karre vir my njamauuuuu!!! Nee werklik ek hou maar van sport met water en bote , jetskis, rugby, gimnastiek, wollyball.En natuurlik die vroue hokkiespan van Nederland met hul sexy bene.

  11. Brein…gaan check Neverending Story uit. Jy sal daai possie laaik. Ek, Koekie en Koeksister het die grondslag vir jou gelê om te hardloop met daai ene. LMGA!😀

  12. En Brein…forget Dutch legs! Het jy die Italiaanse vroue volleyballspan gesien! Njammies!

  13. Fokkit Pagoda ek sal `n` plan maak , maar soos Murphy se law dit wil het sit ek elke keer die flippen TV aan as die mans wollyball speel.Ahhhhhhh!!

    Ek het vir julle `n parragraaf in gesit.So ALMAL GAAN LEES DIT!!!!

  14. 😆 @ Kalonkie

    Snaaks, ek kyk nie na hulle bene nie, maar na hulle balvernuf of die tekort daaraan…..😉

  15. Brein, ons sien dwarsdeur jou tjomma, al daai sportsoorte wat jy noem is bekend vir hulle eina sportdrag (ek hoop nie dis hoekom jy rugby kyk nie😯 ). G’n wonder die motorsport doen niks vir jou nie, daai vuurvaste pakkies maak alles toe, en dan dra almal nog helmitte ôk.

    Tip vir future reference: loop bietjie in die pits rond of by van die stalletjies – die Pirelli-girls het ‘n reputasie vir spaarsamig met lap werk. Tsk, en jy dog mense gaan vir die karre kyk . . .

    So van klere gepraat – ek gaan nou eers my ground-crew klere aantrek en help vliegtuig was (ek weet hoe om my aandeleprys te laat styg!). Gogga neem aan ‘n vliegtuigwedren in Tzaneen deel – registrasie vandag en resies Vrydag en Saterdag. Hou bietjie duime vas!

  16. Kalonkie, jy moet ons laat weet hoe Gogga gevaar het.🙂

  17. Heyta Kalonkie! Jy ook getroud met ‘n vlieënde voël? Nou voel jy soos ‘n suster!

  18. Kalonkie, moet nou nie dat ek en jy hare kloof nie, dit was nog nooit my dag vir mans nie en sal ook nooit wees nie.Ek lief plattes met mooi boobs.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: