Salig in die arms van Bacchus

Saterdagaand bel Kuifie my vanaf vriende waar hy die rugby gekyk het, en vra ek moet saam kom kuier. Baie teësinnig trek ek toe maar ‘n paar boots aan, trek ‘n kam deur my hare en skedaddle maar af na hulle toe. Ek het die 4×4 gevat, tot my bittery spyt.

Hulle bly in ‘n woonstelblok en toe ek daar aangesit kom is die hele parkering tjok en blok, die dame des huise beduie ek moet sommer so skuins voor hulle parkeer in die pad, niemand gaan tog nou erens heen nie.

‘n Uur en 1 whisky later stap ek en ‘n vriendin om die hoek om gou hondekos en katkos te koop, nie eens 10 minute nie. Toe ons terugkom drom daar ‘n paar mense om die bakkie. Sommer so met die aanstapslag sê ek sorry staan ek in iemand se pad? Nee, beduie hulle, iemand wat in nr.5 bly het die ruit uitgeslaan.😯

Pandemonium…… Verder het alles in fastforward gebeur. Kuifie het ‘n hou of twee uitgedeel, en daar is ‘n paar sy kant toe geslaan, gelukkig het hy ‘n hele skare agter hom gehad, maar toe hulle die toestand sien van die ruitbreker het hulle maar liewer nie verder gegaan nie.

Jong mannetjies, en goed gekletter. Ek weet nie of hulle so gesuie geraak het voor die rugby nie, of miskien na die rugby van absolute skok, om te verloor met 0 punte nie, Eish.

1Uur, 30 minute en 4 whiskys later, kom die polisie daar aan. Maar luister nou na die twak wat hy kwytraak. My bakkie staan al van 3 uur die middag af daar (duh, nogals nie), hy het aan 10 woonstelle gaan klop om te hoor wie se bakkie dit is, (plaas hy maar net aan die woonstel langs hom geklop het, waar ons was), hy het die ruit uitgeslaan want hy het gehoop die alarm gaan af sodat ons kan uitkom. Het hy nie ‘n hooter in sy kar nie, sou hom mos gehoor het? My alarm het nie eens afgegaan nie.

Ag nou ja, dit was my naweek….. hoe was julle s’n😉

22 Responses

  1. Ag sorry om te hoor Koeksister. Darem het jul seker versekering? Ja, sulke goed maak mens bedonnerd en dan soos jy sê is die outjie nog goed onder die prop ook. Ai tog.

  2. Ons het versekering Koekie, maar hoekom moet ons opdok vir die bybetaling? Hulle betaal nou vir die ruit. 🙂

  3. Koeksister, reg so , maak die bliksem betaal en ek hoop iemand het hom goed gebliksem ook….Sulke mense vra mos om gemoer te word.

  4. Ek is nou-nog spyt iemand het hom nie goed afgestof nie Griffel😉

  5. Nee ek voel julle moes sy twee oge toegemoer het eerstens omdat hy nie matigheid voor oe gehad het nie en tweedens omdat hy vandalisties was.

  6. Ai tog Koeksister. Ek het ook eenkeer laaank gelede my destydse Uno by ‘n kompleks op ‘n verkeerde plek geparkeer (voor die mense by wie ek gekuier het se ingang). Die ou aan die oorkant het eenvoudig in my kar ingereverse en padgegee. Mens kry gemene mense, en mens kry varke….

  7. Ek was koel en kalm tot nou toe. Hierdie hele affêre is nou besig om my moermeter in die rooi te ruk. Nou is die man skielik traag om te betaal.
    Saterdagaand het hy met die geld in sy hande gestaan, maar ons was mos nou te forkin ordentlik om dit te vat, wag totdat ons dit uitsort met PG Glass. En kyk nou :angry:

  8. sorry, daar kry ek die smiley nie reg nie.😈

  9. Waar kry julle die smileys? Ek weet ek is blond, sug…

  10. Jy moes ook ‘n hou of twee ingekry het, dan het jy vandag beter gevoel. Wees bly dat die versekering darem betaal. ‘n Ander ou het my kar moer toe gery, hy het nie versekering gehad nie, my versekering het my kar reggemaak maar ek moes die bybetaling betaal of sonder ‘n kar bly. Na ‘n jaar het ek nog niks van hom gekry nie en hy betaal af aan die versekering.

  11. O Linda, jy wil nie weet hoe graag ek lus was om ‘n hou of twee in te lê nie…….!!
    Hy bring blykbaar die geld vir my vanaand, dan kan ek gou more die bakkie invat.

    Nou is ek weer koel en kalm🙂

  12. 😆 Sjoe, drank bly maar ‘n euwel! Hoop daai ou was goed gebliksem!

  13. @ Annie, hou jou cursor op die smiley en dan sien jy wat om in te tik.

  14. Annie, as jy : en ) langs mekaar tik dan het jy ‘n smiley gesiggie. : en ( is ‘n hartseer gesiggie. Dis net ‘n paar, oefen solank, my kennis is ook maar beperk. hehe

  15. Demoerin, jou idee is slimmer, trek ek ‘n blonde moment op myself.

  16. hi daar, lyk my dit was `n lelike naweek gewees, my suster kom vanoggend hier aan hoog die m**r in, `n seun wat by hul bly,[ sy pa worry nie oor hom en sy ma nog minder ] hy is op skool nog, goeie rugby speler, hardloop soos `n blits, wel hy speel toe rugby Vrydag teen Tek daar steel hul sy sak met al sy goed in, die skool sê, hy sal maar net `n ander rugby trui gaan koop, wat hy waar die geld gaan kry, dan nog sy toks en sy skool klere was ook in die sak, hy het nie geld nie, wat maak die arme kind nou.

  17. my vriendin bel my, sy het by haar dogter gekuier laas week, breek ta in en steel haar handsak van die eetkamer tafel as ook die kleindogter se selfoon, hulle het een van daardie groot voels die begin toe gesels, ta skrik toe groot en hardloop weg, hul bel die polisie terwyl die polisie daar is bel ta haar en sê: o ek sien jy het polisie gekry ek skiet julle almal met gun, die volgende dag bel hy haar en sê sy moet hom by Kfc kry dan sal hul ondehandel wat die goed vir haar werd sal wees, dit klink so onwerklik nê.

  18. Ai tog Bytjie. Die arme kind, en die goed kos so duur. Maar dit wat jy sê van die ouers wat nie omgee nie… dis verstommend.
    Ek sien dit elke dag hier, my hart wil breek.😦

  19. Thanx vir die smiley tips julle!

  20. Hadida!

    Julle kla verniet, ten minste gebeur daso iets in jul lewens… :grin

    Ek ennie kids heddie naweek kalbasse geskrop en nou verf ons elke middag so 1 of 2. Lekker boring! Verder het ons hierdie dose vol sywurm eiers en dis besig om uit te broei. Hier is alreeds orie 300 wurms en raai wie moeddie meeste vannie tyd blare gaan pluk?

    Koeksister, hooppie rammaghap betaal nou die geld virrie ruit. Sou so outjie darem graag disnis wou slat!

    Groentee Sigeuner

  21. De Moerin: “Sjoe, drank bly maar ‘n euwel! ”

    Se tog asseblief vir Emile Jung OOK.

  22. Ek sou eerder kalbasse skrop saam met die kiddies Sig, klink meer na fun.

    Die ruit is in, Pappie het betaal, Eish!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: