Heeeeey, Big Spender!

Ek wonder nogals of daar ander lande is wat kan kers vashou by “geld mors” soos ons kan?  Kyk, ek’s vas oortuig as ‘n internasionale sport begin moet word wat net wereldregerings aan kan deelneem, vat ons regering en sport administrateurs goud, silwer en brons…”hands down” – ala Usian Bolt.

Die doners gaan spandeer R11 miljoen rand om Suid afrikaanse atlete te “bemark” by die Beijing Spele.  Hoekom?  Wat kan bemarking ENIGSINS doen om jou ‘n medalje te verseker?  Sou die R11mil nie beter gespandeer gewees het VOOR die spele deur vir al die atlete wat sou deelneem van die nodige hulpbronne te voorsein sodat hulle kon presteer nie?

Ons Suid Afrikaanse sport mentaliteit SUCK!  Jy kom laaste in jou uitdun en “ek’s so dankbaar ek kon hierheen kom.  Dank die Here vir my gawes.  Dit was ‘n wonderlike ondervinding!”  Jou gat man!  Jy’t belastingbetalers se geld gemors en jou land in die skande gesteek toe jy ‘n minuut na die wenner oor die strepie getjommel gekom het!  Sal die Here my nou nie ontsien nie…

So maak die wereld die allergrootste bohaai toe die rakker wat so lekker ver spring ‘n silwer kry.  Wel gedaan boet, maar waaraan is jy gewoond as jy soos ‘n ou wat die wereldrekord gebreek het die vlag oor jou skpuers drapeer en met jou silwer om jou nek ‘n “lap of honour” doen?  Elana Meyer, baie jare gelede, kon nog daarmee weggekom het.  Sy’t haarself flenters gehardloop vir ‘n silwer in die 10 000m en dit was, tot op daai stadium, ons eerste ordentlike prestasie in die moderne spele era.  Maar sederdien het vele al gegaan en medaljes verower…Tsepeng, Meyer, Ryk, Schoeman, Penny Heyns, so noem ons hulle…

Slaap die sportbase en goewerment lekker in die wete dat ‘n silwer medalje hulle R11mil uit die sak gejaag het?  Ek bliksemswil hoops so, want ek kan nie!  Ek kry die gevoel dat die wetters “at the top” vas glo dat hoe meer geld jy spandeer hoe beter lyk jou beeld in die buiteland…

4 Responses

  1. Soos jy se nou wil hulle Zuma aankla van korrupsie, maar wat is die anders as korrupsie, diefstal en onregmatige wanbesteding van belasting betalers se gelde.Daar is net te veel geld en die bliksem weet nie wat om daarmee aan te vang nie.

  2. En dan wil hulle die Scorpions disband omdat hulle hulle onder die tafel skelmgatgeid wil uitsnuffel

  3. Is korruptheid oorerflik? Dit lyk my so……

  4. Dis moes nie hulle geld wat hulle mors nie maar jou en my swaarverdiende randjies.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: