My kop is leeg

Ek voel afgestomp.  My kop voel leeg.  My emosies is by die agterdeur uit.

Dis hoe ek die laaste paar dae gevoel het.  Dit was een sielsdodende jaar hierdie.

Eers was my seun gebore…die hoogtepunt natuurlik.  Maar terselfdertyd word my vrou ‘n paar maande in ‘n rolstoel vasgevang weens ‘n siekte wat sy opgedoen het tydens die swangerskap.  Toe word my suster WEER in die hospitaal opgeneem, weens ‘n komplikasie van haar siekte, Crohns.  En nou my pa wat in ICU lê.  Ai tog.

Toe word vanoggend wakker, doen my dinge en asof vanuit die niet kry ek skielik weer lus om myself weer te gaan soek.  Dalk net ‘n klip of drie omdop en kyk of ek my siel tussen die wortels van die vergeelde gras sal kry.

En daar is dit toe ook so.  En in die wete dat “wat moet gebeur, moet gebeur” kry ek toe myself.

En ek is terug.  Effe afgerem, maar definitief hier.

10 Responses

  1. Ag, Pagoda, dis darem ook ‘n moeilike tyd van die jaar. Almal is moeg. En as jy nog soveel drama gehad het, kan jy verwag om redelik suf te wees. Hopelik kry jy binnekort ‘n wegbreekkans? 😉

  2. Oi, klink of dit rof gaan daar by jou. Snaaks dat dinge soms so gelyktydig gebeur, ne? Goeters wat so ‘n emosionele aanslag maak op ‘n mens se lewe, is vreeslik uitputtend – mens kan nie daarvan wegkom nie, want dis heeltyd in jou kop en in jou hart en dit gee so ‘n effense blou skakering aan alles. Die magteloosheid en om jou geliefdes se lyding te sien is goor – dit kan ‘n mens bietjie uitmergel. Wat dit erger maak, is dat mens nie rerig iets daaraan kan doen nie, jy moet hom vat soos hy kom en soms tref dit jou op dae wat jy minder voorbereid is.

    Sterkte ou Pagoda. Dis nie lekker nie. Vat hom maar tromp op en leer wat te leer is uit die situasie – soms maak dit jou sterker en ander kere maak dit jou weer ‘n bietjie sagter. Ons dink aan jou.

  3. Ai Pagoda, ek het gedink dit gaan maar rof oor jy so stil is. Jou wortels gaan diep, en jy sal nie ver hoef te soek nie, geel gras of te not. Hierdie dinge vorm ‘n mens en maak jou sterker. Al die dinge in my lewe wat met my gebeur het, het my net sterker gemaak. Maaaaar, mens bly steeds ‘n brose wese. Sterkte onse maatjie

  4. Pa goet da!
    Dit voel goed om jou terug te he.

    Vertel net bietjie meer van darie Crohns, toe? As dit is wat ek vermoed, het ek dalk effens raad om die opvlamming te help keer.

  5. Ek het net so kak jaar in 2008 met net niks wat wil flot nie, van besigheid tot dood van geliefdes. Maar mens moet seker daar deur.Sterkte en lekker aand vir jou.

  6. Ek vind altyd as ek net-net wil gaan lê en wil opgee dan hoor ek van iemand anders met wie die slegter gaan as met my.

    Jy het ‘n baie sterk persoonlikheid, jy sal hierdeur kom.

  7. Pagoda, jy is meer as ‘n oorwinnaar!! Jy en jou familie is baie in my gebede. Sterkte ou maat!!

  8. Pagoda – almal het reeds sulke ware en mooi woorde vir jou hierbo dat ek nie juis iets kan byvoeg nie. Sterkte, en weet hiers baie “vreemde” mense wat aan jou dink.

    Breintjie – Ek hoor jy’s moedeloos. Staan sterk en ek glo nogsteeds dat alles met ‘n doel gebeur. xx

  9. Hi Pagoda, ek sê altyd mens moet elke dag leef met die gedagte dat daar kan altyd iets verkeerd gaan dan is jy soort van voorberei op sulke onafwendbare gebeurlikhede, want iewers gaan die ou lewe vir ons ‘n harde hou gee, die lewe gebeur mos maar so met ons. Nie een van ons is so uitverkore dat daar nooit iets verkeerd sal gaan nie nê?

  10. Ai!
    Mens kan soms teen die grond geslaan voel, nè?
    Ek hoop jou vrou herstel goed, ek hoop jul baba floreer en dat jy jou batterye kan herlaai.
    Dis goed om te ontlaai, en te weet mense gee om vir jou.
    En spanning maak mens moeg. Ruskans vir jou, jong.
    ((((Pag)))

Leave a reply to Sigeuner Cancel reply