‘n Geduldige oor

Gister kry ek ‘n kliënt wat net ‘n servet kom meet vir haar dogter se troue. Amper ‘n uur later stap sy hier uit, en ek ken die hele familie, van haar kinders, kleinkinders en die kinders se mans en diè se ondankbare ouers. Ek weet waar almal bly en ken al hulle griewe. And I loved it!!!. Ek het mos so ‘n “come spill the beans”- gesiggie.

Ek kon nog nooit rustig op ‘n vliegtuig van hier tot in Jhb vlieg en my boek lees of my gedagtes laat “gaan nie. Eenkeer vlieg ek en Kuifie en soos die noodlot dit wil hê beland hy verder af in die vliegtuig en ek heel voor. En hier beland ‘n jong man langs my wat gaan kyk of die Gautengse hoenders genuine “free range” soos die eiers in die winkels ons belowe.

En ek en hy beginne gesels, en ons lag en beduie, hy het later opgestaan en in die gangetjie gestaan om iets te demonstreer, en so gaan ons aan, op ‘n kol vang ek Kuifie se oog verderaf in die vliegtuig, wat net sy wenkbroue lig.. Kuifie sê mense praat nie met hom op ‘n vliegtuig nie, maar ek sou ook nie, hy lyk of hy ‘n mes in jou ribbes wil druk, skuins bedonnerd!

Op ‘n ander keer beland ek oppad Kaapstad toe langs twee gay outjies, ek probeer laat ek bars om my boek gelees te kry maar hulle wil my nie uitlos nie. Hulle is oppad Kaapstad toe vir hulle eerste vakansie. En hulle gesels en vertel my alles omtrent hulleself. Later word die kamera uitgepluk en daar word kiekies geneem.

Een van my saam met die een ou en toe met die ander een. Ek neem hulle twee af, hulle neem diie lugwaardin af met die dranktrollie wat ek met ope arms verwelkom, die meisie in die oorkantste ry word teësinning afgeneem en die baba in die agterste ry word ook afgeneem, en toe sommer die venstertjie en die dak vir die wis en die onwis. 

Mense nooi my nie juis uit om die paartie aan die gang te kry nie, ek word in ‘n hoek gestop vir geselskap…….

20 Responses

  1. Koeksister, jy is een van daai soutkorreltjies van die aarde waarvan die Bybel praat. Altyd gewillig om na ander se stront te luister! Ek wens ek was so – ek is meer soos jou Kuifie en haat small talk.

    Die snaakste is as ek saam Ingilsman vlieg en hy werk. Eenkeer oppad Italië toe land ‘n hunk langs my – hy was in die parfuumbedryf. Ons raak toe aan die gesels en Ingilsman kom in die gangetjie van die cockpit af. Hy het die ou net so geloer, en toe gaan gee hy die lugwaardinne opdrag om vir my ‘n fliek te vat om my mee besig te hou – dit was nogal snaaks om te sien hoe jaloers hy is. Hy kom kyk altyd eers wie sit langs my en maak seker daai ou weet dat hy my man (daai tyd boyfriend) is, en hy vlieg die airie! Kan net sowel sy been lig en teen die seat piepie!

  2. Koeksister – jy laat my aan my beste vriendin dink. Sy is ook soos jy. Sy kan met enige persoon begin gesels en dan praat of hulle mekaar jare ken. Ek’s mal daaroor. Ek gesels ook maklik maar eers na die tweede of derde savana…..hehehe.

    LOL @ Annie.

  3. Annie is jou man n pilot, en vir wie vlieg hy??

  4. Annie, as ek jy was het ek op die Pilot se skoot gaan sit😉

    Koekie, die probleem is ek kan nie sommer met enigeen gaan gesels nie, hulle sonder my uit en laat waai.😆

    Eintlik gee ek nie om nie, mense hou baie daarvan om oor hulleself te praat.

  5. Koeksister, dit doen ek by die huis – is die wat ek so moeg is as hy hier is:wink:

    Parkes, hy is ‘n flight engineer op Boeiing 747. Het vir SAL gewerk tot hulle die nuwe Airbus aangeskaf het wat computerised is en nie meer flight engineers benodig nie. Die flight engineer hanteer mos al die systems, hydraulics en elektoniese goete in die cockpit. Anyway, SAA het al hulle flight engineers laat gaan en toe moes hy oorsee gaan werk soek want hier is nie nog ‘n airline met 747s nie. Die ander ouens soos Kulula het 737s en kleiner. Lang storie kort – hy vlieg nou vir Air Atlanta Icelandic

  6. 😆 @ Annie

  7. Annie stupid vraag is dit jy wat by Reserwe Bank werk?

  8. Koeksister, dit kan net lekker wees, ek hou ook van gesels en geniet dit as iemand sommer so spontaan met jou aan die gesels kan raak, dan kry jy weer die ou knor potte wat skaars jou sal groet. Jy moet dit elke slag geniet hoor!

  9. Koeksister, jong ek en jy het dieselfde “probleem” maar ek geniet dit om met vreemdes te gesels en so tel ‘n mens baie lewensondervinding op – glo dit of nie!!

  10. Dankie Ida, ja-nee die knorpotte moet maar verbyhou, heng, die lewe is gans en al te kort.🙂

    Jy’s ‘n baie wyse vrou Linda, ek kan net saamstem oor alles wat jy sê.🙂

  11. Koeksister, jy moet ‘n baie vriendelike gesiggie hê as mense so spontaan met jou gesels! Ek wou gou gaan loer onder die wie’s ons? tab, maar dié het misteriously verdwyn . . .

    Gogga het toe 17de uit 90 geëindig in die air race. Hy was eers nie vreeslik beïndruk nie,want hy het laasjaar heelwat beter gedoen. Maar hy het homself ten minste gate uit geniet, en dis al wat tel.

    Annie, van waar is Air Atlanta Icelandic? Beteken dit nie jou wederhelf woon in ‘n ander land nie?

  12. Hi Kalonkie

    Jy kan nou maar gaan kyk hoor!
    Met die toevoeging van C Swart se eie blad het Wie’s Ons teen die kant van die blad afgeslet…moes hom onder by Strontpraat Geblok gaan optel.

  13. Aaah, dankie man! Hoop jy het hom eers afgespoel as hy onder by die strontpraat gelê het . . .

    Nes ek gedink het, koeksister, ek sou ook met jou beginne gesels het!

  14. Parkes, ja ek is al een van die Reserwebank se meubels – werk al daar van na skool – booooooring. Bly net daar want my pensioen staan sterk.

    Kalonkie, Air Atlanta Icelandic vlieg oor die hele wêreld, maar is ‘n Icelandic lugredery. My wederhelf het nogal vinnig opgang gemaak daar (en nou moet ek bysê die hele wêreld se vliegindustrie het ontsag vir SAA se opleiding – hoe dit was bygesê). Hy is nou instrukteur en toets die ouens in die lug en gee lesings in die klas. Ag mens moet seker so nou en dan spog met jou maatjie.

    Linda, ek het jou opgesom nes Koeksister – die goeie soort wat luister. Wens so ek kon soos julle wees. Ek luister, maar nie genoeg nie!

  15. Hi Koeksister, ek het vandag Hugo Nieuwoudt se cd gekoop, oulik verby, julle ander kan gerus sy cd aanskaf, dan is hy nog mooi ook, ja ek is altyd die een wat aan die gesels raak, ek dink dit is van senuwees, as ek by mense is of hulle by my dan kan ek stilte nie hanteer nie, daarna wonder ek of die mense dink ek is nie so lekker nie,

  16. My man terg altyd vir my oor al my “nuwe beste maatjies”, as ek so land en sand met ‘n vreemde persoon kan gesels, dit word al ‘n familie joke die “nuwe beste maatjies” so lyk my koeksister kry ook gereeld sulke “nuwe beste maatjies” Hahaha.

  17. Ag, dankie Kalonkie, ons gesels dan reeds so lekker!

    Hi Bytjie, het jy toe al kontak gemaak met hom, of wil jy liewer nie? Ek vind as ‘n geselskap stil is, veral as dit vreemde mense is, vra net iemand ‘n vraag oor homself of haarself, dan laat waai hulle.

    Ek weet nou nie hoe jy lyk nie Ida, maar “lees” jou nou al vir ‘n paar maande, jy’s nog jonk? as ek reg gelees het?

  18. Koeksister, Nee jong ek is nie so jonk nie, ek is nie meer ‘n kinners nie jong. Praat dalkies maar net so bietjie twak dan kan dit so klink nê?

  19. Tussen 30 en 40?

  20. Hi Koeksister, ek het vir Hugo mail gelos op sy Face book maar hy het nie geantwoord nie, sal maar vir hom e-mail stuur of wag tot 3 Okt, het klaar my kaartjie gekoop

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: