Nominasies – Hall of Fame September 2008

Die bladsy is geskep.

Laat seblief julle nominasies daar in die “comments” afdeling.  Na die sperdatum sal die comments uitgevee word, die “poll” opgerig word en die stemme moet dan deurgestuur word.  Die wenner sal dan sy foto, bio, links na sy / haar site (in die gevalle van skrywers of bekendes) en dies meer opgesit word.

Onthou, maak gebruik van die “Hall Of Fame” bladsy vir nominasies.  Comments is hier gesluit vir die goeie rede dat hierdie possie oor ‘n dag of wat in die niet gaan verdwyn.

Gereelde reminders sal gelaat word.  Kom ouens, dit sal great fun wees!

Sluitingsdatum vir September 2008 se nominasies is 30 Augustus 2008.  Tien daggies oor! Maak dit tel!

31 Responses

  1. Vir hierdie maand kan daar net 1 wees: Natalie du Toit. As sy nie inspirasie is vir ons almal wat aldag wil kerm en moan oor onbenullighede nie, sal jy seker nooit inspirasie kry nie. Om bo alles uit te styg, en jou drome te verwesenlik is die beste voorbeeld wat aan enige een gestel kan word. Medalje of nie, ek haal my hoed af vir die vrou! I salute you Natalie!

  2. Stem saam demoerin. Sy’s wragtig ‘n inspirasie.

  3. Pagoda, ek dink jy het so pas jou eerste nominasie gekry – ek stem ook vir Natalie du Toit.

  4. Yes!!! Natalie du Toit!

  5. Ja stem. Miskien ook Taliep Petersen? Ek dink hy was ‘n great mens, en dat hy op so ‘n aaklige manier moes sterf. Dan maak ons sy vrou die Mampara van die Jaar. Ons moet mamparas ook kies Pagoda, of wat dink jy?

  6. Ja ek stem ook vir Natalie du Toit

  7. Annie – jy het ‘n goeie idee daar beet oor die mamparra ding – dalk moet ons dit die “werfetter” van die maand/week noem.

    Taliep was ‘n great mens. Ek was erg hartseer toe ek van sy dood gehoor het.

  8. Daai’s ‘n kwai idee! Werfetter van die maand! Ek laaik!

  9. 😆 Werfetter van die maand.

  10. Wefetter van die maand. Hehe, die werf word net al hoe beter.

  11. Sorry moet wees werfetter van die maand.

  12. ek nomineer myself as werfetter van die maand😉

  13. Ag nee Platkuif, jy’s te nice. Ons soek iemand “bad” vir werfetter……hehehe.

  14. Ek stem vir Platkuif vir werfetter van die maand!!! Howzit Platkuif.

  15. I`m so sorry, maar Natalie du Toit doen dit nettie vir my nie. Ek hoor nooit water spat in my drome nie, sy maak nie musiek in my ore as ek dagdroom nie, sy issie die foto op my yskasdeur nie, Sy kan dalk `n bars swem, ek moet toegee, maar sy kannie `n bars kyk tot my hart smelt nie. Sytie `n sexy stappie nie (pun not intend) , sy issie `n gesinsman duisend nie, die media het nog nooit iets lelik van haar gese nie, maar so ook van my droomman…ewe veel punte daar. Sysie vir my Mistic nie, sy wetie van oppisolo nie ookie van `n duisend maande nie. Wie kan oud en jonk saam na musiek laat luister? Wie anders sal vir my Soul Meid sing as ek alenag voel?

    Valiant Swart
    Gentle-ste kunstenaar ooit!

  16. Ek is wel beindruk deur Natalie, moet my nie verkeerd opneem nie. Jis! Ekke lees elke stukkie van haar innie koerante.

    Jip vir Werfetter vannie maand: My hart was flenters oor Taliep (en Dawid Kramer wat so platgeslat was) Ekke stem daar!

  17. En spesiaal vir Platkuif stem ek vir Steve as sanger van die jaar en ook as die beste liedjieskrywer.

  18. Sigeuner jy het ‘n ding daar definitief ook Taliep Peterson, dit was vir ons almal ‘n groot skok.

  19. Ok ok! Flippit! Julle wen….na 3 sekondes se nabetragting.
    Natalie bo!!!
    Maar die hel bars los as julle nie volgende maand saamstem oor Valiant nie!

  20. Valiant……. Eish, hy doen dit darem nie vir my nie, sorry Sig, my vote sal die maand gaan vir Natalie.Ons sal maar volgende maand sien ….

  21. O, ja vir werfetter van die maand? …. Platkuif, ek sekondeer😉

  22. Platkuif…ek sê jou wat! Jy kan Augustus 2008 se “honorary” Werfetter van die Maand wees!

  23. Daarsy, Platkuif, die baas het gepraat jy is werfetter van die maand nogal ge-eerde werfetter van die maand.

  24. mense…ek dink wat pagoda gedoen het met die werf verdien erkenning.well done ou maat.

    hall of fame…Natalie se performance in Peking/beijing het my stem as julle hero van die maand…traai JY om met een been te dryf…nevermind te swem…respek respek respek…

    Werfetter vd maand…fokkit…iets anders….en honestly…ek dink ek qualify….ek ‘call a spade a spade’ en as dit jou grief, dan gaan ek jou afsuster…maar dit is ok…volgende maand is iemand anders die etter vd maand…😉

    great saait…oulike mense….ek lees julle graag.elke dag😉

    ps. Pagoda 32 ( jou ouderdom? of sommer net…) is ‘n kwaliteit mens…diewerf is in goeie hande….

  25. Plattes
    32 jaar oud…maar staan soggens op en voel so oud soos die donerse berge.

    Thanks virrie komplimente Platkuif…ons probeer ook maar net!

    Jou info sal geplaas word so gou ek kan! Die Werfetter van die Maand wil ek in elk geval so tong innie kies moontlik doen! Sal ook gepaard gaan met ‘n “rating”…sal moet moet wag en sien wat dit behels WHAHA!!

  26. Howzit mense.Ek dink die hooligan van die maand moet ons die “Fok-op” van die maand noem my nominasie is Morne Harmse.En vir Hall of fame, wat van Percy Montgommery?

    Dankie Platkuif vir jou inloer en ja Pagoda is `n meester.

  27. […] nie, het sekerlik niks te doen met plastiek nie. Terwyl julle nou hier is, gaan maak sommer julle nominasies. Ek wonder wat die verwantskap is tussen aging en jou naam met ‘n plank […]

  28. Brein – die “hooligan” van die maand gaan juis onder “werfetter” geplaas word. Dan is hy/sy die werfetter van die maand.

    Eish, dit lyk vir my Platkuif is ons eerste nominasie vir werfetter………whahaha.

  29. 😆 As ek van die ander posts boontoe lees dink ek daar moet ook ‘n Werfgat van dei maand wees!😆

  30. Dit sal seker ek wees demoerin😉

  31. Of Brein! hehe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: