Spykerkaskenades of Olimpiade en ander belaglike dinge.

Ek sien die olimpiese organiseerders deel sowat 100 000 kondome uit aan die sowat 10500 atlete.Dit gee aan elkeen sowat 9,5 keer se gepomp.Die ,5 is seker `n handjob.

Maar fok word daar gespyker of deelgeneem?Ek wil ook `n “atleet” wees.

Ek sien Sunette Bridges is nou oppad na man nommer sewe.Sy moet haar kop laat lees, maar ek het `n oplossing sy het nog `n stunning lyf en is mooi, so as jy lus raak Sunette please call M.E., me!!Ek sal jou maar uithelp jong. Maar mevrou brein se sy Sunette sal op al wat `n nuusblad is se voorblad wees, “ Drie angelhoek chirurgies verwyder uit koek”

Percy Montgomery 100 toetse, meeste toetse ooit George Gregan `n verbysterende 139 toetse.Amper daar Percy.

Dis net in ons fokken land waar dit so kan gaan.Ek sien die regering wil Afrika dokters werf om in ons staatshospitale diens te doen.Fokkit die mense gaan vrek soos vliee.Dankie Vader ek het `n goeie mediesefonds ek kry die mense regtig jammer wat geen ander keuse het nie.Dink net aan dokter Mugabe van Zimbabwe of dokter Amin van Uganda.

Die geploeter van ons olimpiesespan,die swakste in die geskiedenis van die land, het dit net verder ingevryf dat ons so ver derde werelds is as wat ons nog ooit was.Die Schoemans en Neetlings het so “Gods gift to woman“ geword en kan maar weer verder gaan model speel .Hulle het absoluut grootkop gekry.Soos hulle se hoogmoed kom voor die val.Van die os op die jas , ek dink China het beindruk soos hulle deesdae met alles doen, dit was sekerlik die mees modernste en flambojantste olimpiese aanbieding ooit.

Ek gaan verlede week Absabank toe om my internetbankdienste te stop.Ek doen nou alles met selfoonbankdienste.Word verwys na `n peperkorrelkop konsultant. Die dom moroon, stop toe sommer ook my selfoon bankdienste, notifyme asook my absa-internet, sonder dat ek dit so wou he.Dit kos my vandag weer ingaan, weer na `n nog dommer peperkorrelkop en die dom donner kon toe nie weer my selfoonbankdienste geaktiveer kry nie. Na `n moerse gesukkel , moes sy se “hangaas baas” ek weet nie my kroon.Toe moes die miesies kom help. En nodeloos om te se enkele sekondes toe was ek geaktiveer.Ek dink die Here moet ons help, want so waar as wat Mugabe `n siffilis brein het ons is besig om oop oe ons gatte te sien sonder `n spieel.

12 Responses

  1. Ek is sooooo gatvol vir die dom donners. Maar hulle wil almal moerse salarisse verdien en swart X5s ry!

  2. Man nr: 7.😯

    Sy weet hoe om met hulle te trou maar nie hoe om met hulle saam te lewe nie. Nee wat, ek gee op na man nr: 1 en koop vir my ‘n speelding.

    Gelukkig is die dienste op die platteland nog heel gangbaar.

  3. Nogal snaaks het ek gewonder vanoggend of daar meer geld in sport in sal gaan as die administrateurs ook bietjie nasietrots kry? Geen comment oor Sunette nie, sy is erg besig om haar naam gat te maak!

  4. As 1 of 2 mans jou nie gelukkig kan maak nie, moet jy dit dan nie maar liewer los en in die bondel vry nie?

  5. Aijaijaijaijai. Wat moet ek nou sê? Ek’s op nr 3. Maar nr 1 stoot daisies en nr 2 het my gamoer. Sheeeeshh. Maar die is 3rd time lucky, en even al is dit nie, ek sallie weer trou nie. Iewers moet mens die streep trek.

    Ek het nog altyd gedink Sunette B is commin, nie noodwendig oor al die mans nie, sy is net plein commin. Maar wat kan jy nou ook verwag van die dogter van ‘n pa wat ‘n song soos “Ruiter van die windjie” sing. Siesa! Dis aaklig. Sorry as ek op tone trap

  6. Brein, Ek is al bang as ek bank toe gaan dat een van daardie intellegatvol perperkorrelkoppe my moet help, jy weet byvoorbaat daar gaan fout kom.

    Die spykerkaskenades is maar net om nuwe atlete te bou vir die toekomstige Olimpiese spele!!! dink net watse top atletjies daar gaan uitkom!

  7. O, en ou Sunette…. ek kry die arme hoephol jammer, maar dit is sy keuse om vir ‘n “ride” gevat te word, die dametjie se koppie raas hewig, dink hy nou regtig hy gaan ‘n uitsondering op die reël wees.

  8. Annie, Nr. 3 is gewoonlik die regte een.

  9. Wel my suster is al by houman nomer ses.Entlik vyf want sy het tweemaal met die selde een getrou.Ja ek stem saam dan moet sy eerder in die bondel vry of steek en vergeet.

  10. Annie, jy trap definitef nie op my tone nie. Net soos Jurie Els het ek bogenoemde kunstenaar gefastword. Nou gaan èk seker op ‘n paar tone trap.

    Kyk hoe gooi ek nou ‘n klip in die bos…………!

  11. Ek bedoel “gefastforward” mens sou sweer ek’s gesuie….😯

  12. Aag Breinkie, skattebol

    Kry samblief net ene beter woorde vir darie gevloek van die woord houvrou…jy se dit asof jy dit sleg bedoel.

    Sunet IS commin en dit wys, sjame.

    Brein, moenie worry oorie land nie, dinge is stadig besig om te verander…jy sal nog sien.

    Groentee!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: