Usain Bolt! Bliksem (straal)!

Die wetter word sommer vandag opgeneem in Die Werf se “Hall of Fame”.

Dis ‘n idee waarmee ek nou al vir baie weke lank speel en na die stukkie nuus van die Spele het ek besluit dat hy die eerste “Famer” sal wees.

Hy’t vandag die wereldrekord in die 200m ook gebreek – 19.30 sek, daarmee die rekord can Michael Johnson met 0.02 sek verbeter.  Dit NA hy oor die naweek die 100m rekord gevat het en op ‘n drafstap vermorsel het!

Die man is nie vinnig nie, hy’s $%^&vinnig (gebruik julle verbeelding).

Ek hoop nou net nie daar duik allerhande snaakse stories op omtrent hom nie…soos destyds met Carl Lewis.

6 Responses

  1. Ja dit lyk asof ek nou weer surfwoema het.Soos jy se `n vetgesmeerde blits.Dis net ongelooflik, dit voel asof mens dit oor en oor kan kyk.Hys duidelik nie van hier nie.

  2. Jamaica maaaaan!
    Die land van aaptwak…

    Lyk my dis waar wat hulle sê…why drink and drive when you can smoke and fly (fokof)

  3. Sê jy wat tanne het.

    Ek kyk nie die Olympics te getrou nie. Net in die oggend voor Morning Live, en dan geniet ek dit so, ek lê in die bad tot ek soos ‘n pruim lyk “lol”

  4. Traai weer😆

  5. Ja wragtag daardie man is blitsig. Hy hardloop sommer so onder die ander uit. Welgedaan Mr Bolt!!

  6. Ek is mal daaroor om vir Bolt te kyk. Hy gee my hoendervleis.
    Met die 100m kon hy verseker die werel rekord nog verder verbeter het as hy net voluit tot die einde gehardloop het.
    Ek kry toe so lekker toe hy die 200m wr breek, net omdat Johnson blykbaar gesê het Bolt sal dit nie breek nie.
    Hy gaan nog baie rekords breek.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: