Om jou naam gat te maak

Op hierdie gebied is ek nogal goed. As dit ‘n universiteitsvak was, sou ek ‘n onderskeiding gekry het. Dit gebeur met almal een of ander tyd, maar vir my voel dit asof dit daagliks met my gebeur. En dit help nie ek gebruik die blond verskoning nie – ek is net plein stupid…

Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde wat ek kan onthou.

Ek het al met een swart skoen en een navy blou skoen gaan werk. ‘n Ander dag het ek dieselfde kleur skoene aangehad, maar met verskillende hakhoogtes. Ek het dit eers agtergekom toe ek uit die kar klim by die werk, en moes maar die hele dag soos ‘n kruppel voortsukkel (nou laat ek daaraan dink – dit kan nogal werk vir die disabled parking). ‘n Ander keer het ek ‘n haastige draai by die toilet gemaak voordat ek haarsalon toe moes gaan. Die salon was daardie tyd so 4 blokke van my werk af en ek kon dus sommer soontoe stap. In die stap kom ek toe agter dat die mans vir my fluit en sommige agter my aanloop. Ek, heel in my noppies dat ek dan oornag so oulik geraak het, trippel verder en geniet die aandag. By die salon aangekom, sê my haarkapper vir my om om te draai en in die spieël te kyk. Met afgryse sien ek toe dat my romp se soom bo in my sykouse vasgevang is en my hele agterstewe dus ontbloot is, en ek het ‘n G-string aangehad! Ek het al my sonbril gesoek net om hom later op my kop te kry. Ek het al my leesbril probeer opsit net om te besef ek het reeds een op. Ek het al met my sonbril in die aand bestuur net om later te besef dis nie my kar se ligte wat so swak is nie. ‘n Blind date het eenkeer baie ongemaklik vir my gesê dat my jean se gulp oop is. Dan het ek al baie plase gekoop en neergeslet voor mans (nugter, en soms nie so nugter). ‘n Ander keer was ons by ‘n braai by mense en die lapa se skuifdeur was toegestoot toe ek in volle vaart in hom vashardloop. Ek het al stoele misgesit.

Ag, daar is so baie gevalle, veral simpel goed wat ek kwytraak. Soos toe Ingilsman ‘n Diners Club card kry vra ek voor ons vriende: “Kan mens die kaart net vir kos gebruik?” Sedertdien verwys ons na die koskaart. Ek het al voor ‘n spul vreemde mense na die 47-11 ramp verwys pleks van die 9-11 (jare gelede het mens mos four seven eleven parfuum gekry). En die sonhorlosies in die Kaap wat eintlik asblikke was het ek julle al van vertel. Ek het al vir my man (eks) gestaan en wag om my na werk op te laai, net om heelwat later te besef dat ek met my eie kar werk toe gery het. Ek het al by ‘n stopstraat gestaan en wag dat die robot groen slaan.

Ek het al aan my eie kantoordeur geklop. Ek het al op my baas se bank ‘n nap gaan vang toe sy oorsee was en nie die deur gesluit nie, en toe kom een van die base daar in om vir besoekers die Pierneefs in haar kantoor te wys. Ek het verskrik opgespring en die spoeg probeer afvee! Jis dit was vreeslik embarrassing! Maar die ergste nog was toe my maag nie lekker was die dag nie en ek een van daai deadly silent ones laat glip het met die hoop dat niemand in my kantoor sal inkom nie. Julle kan seker raai wat gebeur het! ‘n Senior vroulike kollega het by my kantoor ingestap en met my begin praat oor werk. Ek was versteen. Jy kon sien sy sukkel om asem te kry terwyl sy so vinnig moontlik probeer klaarpraat het. Gelukkig werk sy nie meer by ons nie, maar sy dink seker vandag nog ek het dermkanker of iets dergeliks.

Daar is nog duisende der duisende gevalle. Ek sal ‘n boek kan skryf daaroor! Maar een ding is seker, ek lag altyd vir myself. En ek dink as mens nie vir jouself kan lag nie, mis jy uit in die lewe. Vertel bietjie van julle blapse.

23 Responses

  1. Annie – Jy’s clasic!!! Ek laaik jou kwaai.

    Ek’s mal oor hierdie post en het nou so lekker gelag vir jou. Ek sien myself ook in ‘n paar van daai blapse wat jy noem. Daai een van die “silent” poepie was die beste, ek giggel nou nog oor dit.

    Ek wou ook eenkeer ‘n windjie los maar ongelukkig was dit ‘n wind en dit het ge- “rebound” teen ons nagemaakte leerbanke. Dit het geklink of die sitkamer ontplof. My man het met ‘n verbaasde gesig uit die kombuis gehardloop om te hoor wat gaan aan. Ek kon self nie glo die klank kom uit my lyf nie……..hahaha. Eish!!

  2. Annie, dit was kostelik,
    Koekie, ek sit so en lag het my self amper nat gepieps, ek hoor al daardie klank.
    ja ek het ook al baie blapse gemaak, vernaam as daar `n paar mense is en ek dink `n persoon vra my iets, dan is dit vir iemand anders ai,
    ek het eenkeer met my kroks by die haarsalon aangekom toe ek uit die motor klim sien ek dit eers raak en ek is amper laat vir my afspraak en die ergste is sal my haarkapster vir my sê, jy het `n oulike paar skoene aan dit was sulke geles, giggel geel,

  3. 😆 Jy klink soos die ongeluk wat net wag vir ‘n plek om te gebeur! Ek het nou so lekker gelag. Enigiets waaraan ek nou kan dink gaan heel flou klink!

  4. Annie, O, tjorts ek wil nie weet hoe gaan dit gaan as jy eers oud is en die “seniel slaan nie” HAhahaha! het dit nou geniet hoor! maar ek dink daar is nog hoop vir jou hoor, gelukkig kan jy nog onthou wat jy al alles aangevang het.

  5. Haai, en wat van daardie ou sagte poepie terwyl jy besig is om groceries te koop en die bleddie ding stink so dat jy vinnig moet hol om in ‘n ander ry rakke te kom sodat mense nie moet weet dit was jy nie!!!!!

  6. Jip baie het al met my ook gebeur maar die een is waaraan ek byna daagliks aandink.Het baie belangrike mense ontvang op kantoorMan met sy vrou).My ma het my baie geleer van etiket oa mens vra nie ‘n vrou watse perfume sy aan het nie maar die dag kon ek myself nie keer en met verkoning vra ek die vrou wat se perfume sy aan het.Die vrou sê quess- en ek begin, noem vele op en weer sê sy ‘no quess’ Ek raai te weer ‘n rondte maar is halfvererg vir die vrou wat speletjies speel.Na ek naderhand nie meer weet wat om te raai nie sê die vrou Quess is the name of the perfume,oe ek het gevoel die aarde moet my insluk.( lw ons is van die platteland)

  7. Ai man dit klink amper nou asof jy van my skinner. Classic man, ai ek het nou so lekker gelag.

  8. Ek wil net gou vertel van my ondervinding vanoggend, manlief is oppad werk toe, so net na half sewe, ek spring toe ook uit die bed en begin om blinds oop te maak in die ander kamers en ook die sitkamer want dis mos nou lig. Ek sien my man kom van die garage se kant met so dun aluminiumpyp, die volgende oomblik sien ek hy ruk een mawoewiese slang daar uit ‘n gat in die grasperk, (ek is natuurlik nog net in my panty en T-shirt waarin ek geslaap het) besef toe hy gaan nie daardie slang met daardie ou dun pypie dood kry nie en hol vir die agterdeur om gou ‘n graaf te kry, graaf in die hand snol ek om die kant van die huis na vore met die graaf gewapen, eers toe ek die graaf vir hom gee besef ek ek is net in my panty en T-shirt ( die slang is ongeveer 1.5meter lank en so 4cm. in omtrek) ek weet nie watse slang dit was nie, het ook nie gevra of hy giftig is of nie voor my man sy kop afgekap het nie, dit is maar nie my maatjie nie ek en slang se kind, met ‘n spoed weer in die huis in om ‘n denim aan te trek. Gelukkig (hoop ek ) het niemand my gesien nie.

  9. Ek het my nou gecrack vir jou Annie! 😆
    Hou ons op hoogte van enige vedere blapse. hehe

    Ek het my naam al liederlik gat gemaak. Ek was so om en by 18jaar oud. Ek het my boetie grootgemaak en daardie dag was daar 2 ou dierbare mense wat vir my ma kom kuier het.

    Ek het besluit om saam uit te stap na die motor toe en het my broer op my heup geswing en so uitgestap en bietjie gesels, gegroet en met die omdraaislag sien ek my rok (los rokkie met bande agter oor die rug) het met die wat ek my broer op my heup sit helemal oor my lyf gedraai. Ek was bra-loos en daar sit die agterkant van die rok nou voor. Eish!!

  10. Whahaha! Julle is skreeu-snaaks! 😆

    Ek het so ‘n rukkie terug een oggend Hair Straightening Lotion aan my arms gesmeer in plaas van my normale room… en ek het vandag in my slippers gewerk! 😯 😆

  11. LOL @ Dellie – ek neem aan jou arm hare is seker nou pen reguit……hiehie.

    Ek het nou lekker gelag vir julle almal.

  12. Kwaai AK47LADY ek kan net lag , maar ek het ook al so `n paar moerse blapse begaan, ek dink ek moet dit as `n post doen. Nie om jou te na-aap nie, maar omdat dit dalk ook te lank kan wees vir `n comment.

  13. Vertel ons Brein. Bly ek kon julle laat lag! Eish. Hoop vandag verloop vlot! Maag voel darem OK

  14. […] hier is, gaan maak sommer julle nominasies. Ek wonder wat die verwantskap is tussen aging en jou naam met ‘n plank […]

  15. O, ek het dit geniet – lekker gelag so op ‘n Vrydag voor die naweek. Ek ken myself ook in vele van die blapse wat jy oorgekom het – self ook ‘n gebore krater. Grootste verleentheid vir my was na my 2de dogter se geboorte is ek na die ginekiloog vir ‘n ondersoek. Oppad soontoe koop ek gou nuwe skoene en trek dit sommer dadelik aan. By die ginekiloog – trek uit, trek japon aan, gaan lê op bed en wag dat hy inkom. Ingekom sê hy ek moet afskuif en voete in die stibeuls sit. Met die dat ek dit doen sien ek, ek het nog my skoene aan met die pryse onder opgeplak en ek kom orent om die skoene uit te trek, toe lig die hele bed van agteraf op en ek val kaalgat vooroor op die ginekiloog se skoot – ek was bereid om daardie dag te sterf, glo my.

  16. Whahaha Kadoes, ag nee!!

  17. Kadoes, jy het my nou so laat lag dat al die girls wat vir my werk kom kyk het hoekom ek so lag. Ai man!!

  18. Eish Kadoes – dis ‘n bad ene. Ek is altyd bang my voete stink by die ginekoloog

  19. Koeksister, jou agterstevoor rok is skreeusnaaks. En Ida, daai supermark ene het seker al almal oorgekom! 😆

  20. My dogter sê skoonma kuier by hulle my dogter wil toe vinnig kafee toe gaan, haar skoonma vra toe sy moet vir haar lotto speel, my dogter het nog nooit lotto gespeel nie, skoonma sê kry sommer kwikpick, my dogter sê vir die dame by kafee kwikpick asb die dame sê van, my dogter sê Barendse, die dame sê nee, van R5, R10, haar skoonsuster was saam maar die staan toe al buite en skree soos sy lag.

  21. Hie-hie Kadoes en Bytjie! 😆 😆 Nou is ek reg vir die naweek. 😆

  22. Whahaaaa, Annie ♥, my man wil die horriepieps kry oor my geskaterlag die tyd van die oggend. Hoeka nog ‘n botteljie 4711 in die kas van my oorlede Ma,.
    @Koekie, girl was daar dalk ‘n gat in die bank na daai een?
    Slons, ag nee hoe meer ek lees hoe harder lag ek en kan net dink wat die die Dame. Dit was nou regtig snaaks.

  23. Hi monna – nee jong gelukkig was daar nie ‘n gat nie maar ek dink as dit egte leer was, was daar vir seker een…..hiehie.

Leave a reply to Anniegetyourgun Cancel reply