Firewalking

Ek het nog altyd ‘n fassinasie gehad oor “firewalking”, hoekom weet ek nie. Ek is glad nie mal oor vuur nie, ek is meer die ice-tipe. Maar ek wou nog altyd ‘n hengse firewalking paartie hou en almal nooi wat ek ken en kyk wie onder ons is die braafste.

Maar nadat ek bietjie my huiswerk gedoen het, het ek agtergekom dis nie sommer vir ‘n paar kole uitskep , en daar gaat jy nie. Wel, jy kan, maar drink eers ‘n bottle wyn of 2 en laat waai.

Vroeër jare was firewalking gebruik by godsdienstige rituele, inisiasies ens. Vandag word dit hoofsaaklik gebruik by seminare en spanboupogings . Blykbaar is die as wat oor die kole vorm nie ‘n goeie hittte-geleier nie, een van die redes hoekom dit jou nie brand nie.

Daar is baie ander faktore hoekom dit jou nie so erg sal brand nie, maar ek gaan nie nou daaroor praat nie, anders klink hierdie soos ‘n lesing.

Maar jy kan wel brand, as jy halfpad begin twyfel en stadiger loop. Somtyds as jou voete nat is van die gras kan die kooltjies aan jou voete vassit en jou dan brand.

Ek wil tog nie al my vriende met gebrande voetsole huis toe stuur nie, ek mag dalk daarna nooit weer enige vriende sien nie…….

8 Responses

  1. Jy sal my daardie aand nie by jou kry nie, ek gebruik vuurkole vir braaivleis.Ek dink regtig firewalking is klomp tjol.Ek dink daar is gewis beter maniere om jou vrinne te trakteer.

  2. hehehe Koeksister…. dit klink erg interessant maar ek weet darem ook nie of ek dit sal doen nie. Ek’s ‘n pissie as dit by sulke goed kom.

    Ek sal maar saam met Brein braai en vir die ander mal mense kyk wat op kole loop. Ek sal maar regstaan met die noodhulp tassie….hehehe.

  3. 😆 Los die reëlings maar eerder vir professionals.

  4. Koeksiter, ek is baie lief vir vuurmaak, maar daai guts het ek nie. Hou nie van brand nie, dit darem net te eina.

  5. Sorry ek kan nie eens spel vandag nie.

  6. Ek blog saam met ‘n klomp sissies! 😉 hehe

    Jy’s reg Demoerin, los dit maar vir die proffesionals, maar as ek eendag op so ‘n paartie beland…., ek sal stap!.

  7. Ek sal eerder drink

  8. Ek sal drink en stap😆

    Kan altwee gelyk ook doen😉

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: