Die speserykriek mantra

Kyk. Ek het nog nie alles in my lewe gesien nie. Maar vandag is ek een stappie nader aan daardie doelwit. En nou wil ek die prentjie so kleurvol moontlik probeer skets.

Ek sit vandag, so rondom 1pm, af bank toe met die naweek se takings. Dis nie my gunsteling tydverdryf nie want ek is vas oortuig dat ek, teen my huidige salaris, seker die land se bes betaalde bode is. Veral wanneer die staf by die werk so besig raak dat ek noodgedwonge met onbenullighede opgesaal word.

Ek daag op in FNB en staan vir so minuut voor ek geroep word na die toonbank toe. Net voor ek my eerste tree gee let ek skielik hierdie fenomeen op.

Die ou staan by dieselfde counter as waantoe ek op pad is. Hy’s geklee in ‘n leerbaadjie, ‘n serp so dik soos ‘n handdoek, hare so half verwoes as gevolg van vier maande se dra sonder borsel of sjampoe, ‘n bokbaard wat my herinner aan afrikaanse akteurs uit die 70’s, ringe in elke oor – genoeg om my ma se gordyne aan te kan hang, ‘n broek met genoeg sakke om die reserwebank mee te kan leeg dra en tekkies wat skynbaar vier groottes te groot is – sulke bote van pote. Maar hyself is so maer, sjoe! Ek het altyd gewonder wat my pa met “speserykriek” bedoel het as hy na maergatte verwys het, maar vandag het ek vir die eerste keer verstaan! As hy sy arms moes optel het hy deur sy eie poephol geval. En hy kon nie ouer as 23 wees nie!!

Nou hier staan die koddige wetter nou en sy oge is toe. So of hy staan staan ‘n uiltjie knip. Skielik kom daar so snaakse klank uit sy keel, met sy mond toe, en ek dog toe: “Wag, wag, wag , wag…lat ek eerder so tree of drie verder weg staan want hy kots my nou vol en dan begin sy kop in die rondte draai!”

Nes ek dink die ou begin beheer van homself kry begin die hande in sulke stadige sirkelbewegings deur die lug swiep. En hy’s stadig af op sy hurke en dan weer op op een been….dan weer af en die roggel / moan geluide kom weer uit die keel.

Toe begin ek rondkyk vir die kameras. Ek verwag Leon Schuster gaan nou enige oomblik hier om die skerm gesuiker kom en my kom koggel! Maar helaas, geen Leon, en ook geen einde aan die ou se epileptiese aanvalle nie!

Skielik kom hy tot bedaring en neem twee tree na die counter toe. Vat sy pen en skryf so twee sinne in sy boekie, neem twee tree terug, sak af op sy hurke en daar gaat die donerse voete! So ‘n “riverdance” move wat skrik vir net mooi boggerol…maar in slow motion!

Nou kyk, by die tyd sluk ek my lag dat ek eintlik sooibrand kry. Ek sien die girl agter die counter byt al haar lip des moers net om nie ‘n sweempie van ‘n glimlag te wys nie.

Ek kon myself nie help nie. Toe ek my strokies vat, so 30 minute na ek daar gaan staan het, is die ou steeds besig met sy yoga / mantra / epileptiese aanvalle / stuiptrekkings en sy vier noot klankontsnappings uit die keel. Ek moes hom ‘n vraag vra!

“Sorry, Boet, is jy OK?”

Die oge gaan so stadig oop… “D-u-u-u-u-de! Don’t interfere with my chakra, m-a-a-a-a-a-n!”

Ek kry so glaserige uitdrukking in my oë en wonder so in die uitstap hoeveel keer hy al gemoer was in sy lewe. Ek weet mos, wees net so bietjie anders en rook iets anders as Chesterfield of diè se boeties en ander moer jou mos gou gou. En ek wonder toe sommer ook hoe vinnig ek die nommer van Shady Pines in die hande kan kry…hy’t dit broodnodig!

20 Responses

  1. bhwhahahhahahahahahaha nee fokkit Pagoda ek sou mettie eerste geluide kliphard lag. Hy sou my verewig geseën het. Hiehiehiehiehiehie

  2. Hehehe… ag nee. Ek wonder hoe het hulle hom uit die bank uit gekry?

  3. Ek sou my verkyk het aan die karakter, wat is ‘n chakra? Seker ‘n mengsel tussen die haka en die mantra……..?

  4. Baie geluk Pagoda met julle huweliksherdenking, geniet die aandjie verder!

  5. Fanks Koeksister! Sjoe! Jy’t gesien?

  6. Eish Koeksister maar jy’s oplettend. 10 uit 10 vir jou. Geluk Pagoda.

    Ek het ook gewonder wat is “chakra” maar ek dink Koeksister se verduideliking doen dit vir my….hehe.

  7. Hie-hie, nee o jinne, ek sou ook nie my lag kon hou nie!😆

    Gelukkige herdenking, Pagoda. Enjoy!😆

  8. Ja ek sal ook wat wil gee om te weet hoe het die zombie uit die bank gekom.Mens kry weird mense op aarde een dag vertel ek julle van sulke alliens met wie ek ook al te doen gekry het en dalk n foto of twee.

    Maar Pagodatjie se vir mevrou Pagodagodin baie geluk en sterkte dat sy so lank met die uwe uitgehou het.Baie geluk en mag julle ewig gelukkig saam wees.

  9. Pagoda, baie geluk! Mag julle nog die volgende 50 jaar met mekaar uithou!!

    Chakra (uitgespreek SHOCKRUHS) is mens se energieveld wat in horisontale sirkels om jou lyf “spin”. As jou energie min voel, moet jy weet een of meer chakras spin te stadig of is uit lyn. Daar is 7 hoof chakras: 1 – base 2 – sacral 3 – solar plexus 4 heart 5 – throat 6 – third eye en 7de is crown shakra.

    Pagoda, plaas lat jy hom dan gevra het WATTER ene? Gese het jy`s `n Reiki MASTER en kan hom help. Hy sal seer sekerlik gehol het lat hy klein raak!

    Elke chakra het ook `n ander kleur en dis waar die wonderlike kleure van die Aura vandaan kom.

    1- rooi
    2- oranje
    3- geel
    4- groen
    5- lig blou
    6- donker blou
    7- konings pers

  10. Pagoda, ek sou seker my hol geskeur het as ek dit kon aanskou, maar dit is mos wat die ou lewe so interessant maak, al die verskillende mense, never a dull moment! Daar moet seker maar sulkes ook wees net solank dit nie familie van ons is nie nê?

  11. Thanx Sig, nou weet ek ook wat chakra is.

  12. Pagoda: baie geluk aan jou en Mev Pagoda ne.

  13. 😆 Dit sou moer snaaks gewees het om te sien. Eerste indrukke: Hard en aanhoudend deur ‘n windmeul gebliksem!

  14. Me plezure Koekie

    En as jou chakra nie wil flippin spin nie of uit lyn is, kom na Sigeuner meddie crystal ball….ekke tune jou meridiane se blokasies reg en vertel sommer jou fortune innie proses ok. O, jel! Ekke is net in `n bui vir stront praat.

    Luister mense, gaan venaand bietjie buitetoe as dit reeds lekker donker is en kyk jimmilwaarts. Daar sal julle hierrie een vreeslike helder ster tussen die ander sien. Dissie die pad na Jerusalem nie, so moenie dink elke Jan, Frik of Sipho van julle is skielik wyse manne nie! Dis Mars en hy is nou die naaste aand die aarde in weet nie hoeveel honderde jare nie. Ons sal hom nie weer in ons leeftyd met die blote oog kan waarneem nie, tensy jy 400 something wil word. Ek hou hom al die hele maand dop. Dis beautifull!

  15. Me plezure Koekie

    En as jou chakra nie wil flippin spin nie of uit lyn is, kom na Sigeuner meddie crystal ball….ekke tune jou meridiane se blokasies reg en vertel sommer jou fortune innie proses ok. O, jel! Ekke is net in `n bui vir stront praat.

    Luister mense, gaan venaand bietjie buitetoe as dit reeds lekker donker is en kyk jimmilwaarts. Daar sal julle hierrie een vreeslike helder ster tussen die ander sien. Dissie die pad na Jerusalem nie, so moenie dink elke Jan, Frik of Sipho van julle is skielik wyse manne nie! Dis Mars en hy is nou die naaste aan die aarde in weet nie hoeveel honderde jare nie. Ons sal hom nie weer in ons leeftyd met die blote oog kan waarneem nie, tensy jy 400 something wil word. Ek hou hom al die hele maand dop. Dis beautifull!

  16. Ek sal bietjie kyk Sig, hoop die wolke het bietjie gewyk teen vanaand.

  17. Pagoda, geluk vir jou en mev, koeksister dankie dat jy ons ge remain het, sal moet elke dag gaan kyk by die verjaardae ens.

  18. Baaaaaie geluk Pagoda vir jou en mev Gertjie! Hoop julle het ‘n stoute aand…

  19. …gehad…hehehehe. Jacques was soet, sy ore toegedruk terwyl daar geoefen was vir sussie.

  20. Dis vir my so mooi

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: