Love me or hate me.The choice is yours.

Die volgende wat ek gaan kwytraak sal baie van julle laat galbraak, maar ek voel `n vis, dis my lewe.Hier is mense op die blog wat nie kinders het nie of smag na een, maar ek dink jy is beter af so.Oor die algemeen is ek nie mal oor kinders nie, dit het eers laat in my lewe so verander, nadat my dogter klaar was met skool in 2005.

Kinders word vandag teenmekaar opgesweep en hulle word in jou keelgat afgedwing om te kyk hoe presteer so en so.Sommige familielede sal my bel of sms en se kyk die of die sportkanaal my laaitie neem deel aan so of so `n sportsoort. Met alle respek hou dit vir jouself want ek stel nie belang om te kyk nie, fokkin regtig nie.My dogter presteer ook en het ook op skool gepresteer en ek hou dit vir myself en brek nie die wereld vol daaroor nie. Ek gesels met kinders en speel ook lekker saam met hulle.

Vrydagaand sit ons in Spur, net ek en my vrou.Eers gaan sit ons langs die “Chico“ dis buite waar die kinders is, nee fok dis `n geraas en geremoer.Ons het net sowat `n minuut gesit, nog geen kelner het ons bedien nie.Meteens gryp `n sewe/agt jarige seuntjie `n steakmes op die tafel reg langs ons.Hy hardloop in die rigting van die Chico en reg in `n kelner vas.Sowat drie meter van my af en die steakmes in sy hand steek hom bokant die oog , `n vieslike gat , seker so groot soos `n vyftigsent stuk.Skielik toe hy al die bloed sien skreeu hy soos `n besetene, ek spring op om te help.

Die kelner se denim is toe al vol bloed en dit spuit, oor die vloer en op `n lee tafel langs ons. Ek gryp klomp servette op `n tafel agter my waar ander mense sit en die toneel geskok gade slaan.En druk dit op die wond.Ek kry nog `n klomp en se die een vrou wat toe help moet drukking op die wond sit.Ek gaan gou die eienaar roep om noodhulp te kry. Met hande vol bloed loop ek deur die gange en kry vir Jaques.Hy het `n brandweer vriend daar by hom met al die nodige eerstehulp kennis.Hulle vat die seun na `n vertrek om vas te stel hoe diep die mes in, is met `n steeds gillende kind. Ons verneem toe van die seuntjie se ouma dat sy hom en sy boetie die aand Spur toe gebring het, terwyl sy ma en pa alleen uit is vir die aand.Die rede dat hy die mes gevat het is om `n ander seun wat met hom skoor gesoek het by die Chico wou gaan skrik maak met die mes.Moontlik is `n tragedie voorkom waar hy die ander seun kon steek.Gelukkig is die wond net tot teen die been en was dit die tande van die mes wat so grootgat in sy kop gesny het.Hy het toe gaan steke kry by die hospitaal.

Ek gaan was toe my hande en met `n naar gevoel op my maag, kom ek weer by ons tafel en sien hoedat hulle die bloed op-mop van die vloer af. Ek en my vrou staan toe op en gaan staan weer buitekant en vra dat ons liewer binne wil sit. So paar minute gewag en gaan sit toe binne , vanwaar ons sit kon ons deur die venster almal bekyk wat buite wag om in te kom.Ons hou `n paartjie dop wat daar aankom met vyf kinders, van sowat drie maande oud tot so 13 jaar oud. Fokkit die ouer moet hier keer, dan daar.Toe haak my vrou af en se nee wat sy dink kinders is net `n ontwrigting in mens se lewe.

My een swaer wou he ons moes so twee naweke gelede na hulle twee kinders kyk (ses jaar en die ander een amper twee jaar ), want sy vrou werk die naweek en hy wil gaan paintball speel.My vrou het gese nee ons het iets aan die naweek.Onmiddelik was hy op sy perdjie.Sowat `n maand gelede het die twee kleintjies ook by ons gebly vir die dag.Die kleintjie is nog nie gepotty train nie.Maar hy het haar by ons gelos met net een doek.Later het hy saam met ons kom braai. Hy het net weer twee doeke gebring.My vrou moes naderhand vir die kind `n handdoek opgesit het.Nou groet die dikbek swaer ons nie en is ons alles wat kak is.Maar ou dik swaer jy wou hulle he , so kyk jy na hulle.

Ek stem saam met haar, op my ouderdom van 44 en my vrou 41 is ons so allergies vir kinders.Ek en my vrou geniet mekaar nou kwaai. Kinders is net `n ontwrigting, beslomernis en kos mens net geld.Maar gelukkig wil my dogter nie kinders he voordat sy dertig is nie, sy is nou 21.Miskien sal ek dan reg wees om oupa te wees, maar ek weet verseker ek sal `n moerse nice oupa wees en my kleinkinders sal mal wees oor hulle oupa.Maar ook dan kan jy hulle vir die ouers teruggee en se, de nou is dit weer julle beurt.

38 Responses

  1. Brein ek moet saamstem. Mense wat wil kinders he maar verwag ander moet hulle help grootmaak, pis my af.

  2. Brein – ek stem saam met jou. Ek dink ‘n mens gaan deur sulke stadiums. Toe ek nie kinders gehad nie het almal se kinders my ook geirriteer. Noudat ek kinders het is ek bietjie meer verdraagsaam en verstaan beter. En jy’s reg, wanneer jou dogter kinders het gaan jy die niceste oupa wees, dan’s dit weer ‘n ander stadium van jou lewe.

    Ek weet darem nie of ek kan sê kinders is net ‘n beslomernis en ontwrigting nie. My twee verskaf my ook oneindige plesier tesame met die stoutigheid. Dit hang maar seker af hoe die ouers hulle “brats” hanteer en grootmaak.

    Ek stem saam Griffel.

  3. Ek was altyd gek oor kinders. Maar vandag stem ek saam met jou. My kind is groot, en ek het my beurt gehad. Dis nie dat ek dink kinders is monstertjies nie (alhoewel ek ‘n paar ken wat my so laat dink!) maar ek sien nie meer kans vir die rondhol en wat alles daarmee saamgaan nie. Ek sal nie sommer aanbied om te babysit nie, maar as iemand my vra, sal ek dit oorweeg. Hang maar af van wat my planne is, en as hulle dan wil dikbek wees omdat ek nie bereid is om my lewe vir hulle te ontwrig nie, tough.

    Wat ek net nie kan verstaan nie, is hoe sommige mense net aanteel soos konyne. Ek ken hierdie paartjie, hulle het ‘n dogtertjie van 3, en hulle sukkel finansieel vreeslik baie. En wat sal ons uitvind verlede week? Sy is weer swanger! 😯 Genade, voorbehoeding is gratis beskikbaar by klinieke! Hulle sukkel reeds om hierdie ene se kleuterskool te bekostig, hoe gaan hulle cope met nog ene?

  4. Kyk, as daar nou een ding is wat my afpis is dit onmoontlik stout kinders. Nie daai wat net onnutsig is nie…sommer ongoddelik stout. En dan maak die ouers of hulle dit nie sien nie. Of hulle doen niks as die kinders tantrums gooi in winkels nie. Die tipe ouer wat jy is, maak die tipe kind wat jy het. Ongelukkig is daar baie ouers wat die toets druip!

  5. More almal

    Breintjie ek stem 300 saam jou. Vandag die kinners (jammer ek veralgemeen) het in elk geval geen maniere nie, geen respek nie en geen waardes nie. Vandag kan ek verstaan ek sou dit nooit gemaak het mette kind nie al wou hoe hoe graag gehad het.

    Pagoda: Email vir jou

  6. Hi Phibbs!!!

    demoerin – jy som dit mooi op. Ek stem beslis saam met jou stelling van “die tipe ouer wat jy is maak die tipe kind wat jy het.

  7. Daar is nie so iets soos stout kinders nie, daar is net f*cked*p ouers.

  8. Brein, ek hoor wat almal hierbo sê en dis baie waar. Ek was ook op die stadium so 2 jaar terug waar jy jou nou bevind. Vir die insident by die Spur, daardie kind kort ‘n moewiese pakslae (mmm, maybe die ouers ook)

    DMI, ek stem nogal heeltemal saam met jou ook.

    Breintjie maar……

    Intussentyd het ons Oupa en Ouma geword…. As oupa en ouma het jy skielik baie meer geduld as wat jy met jou eie of ander kinders gehad het. Ek het dit ervaar met my man wat nie eers ‘n skreeuende kleintjie om hom kon verdra nie. Die vreugde wat hy vir ons verskaf is ongelooflik. Hopelik sal hy nie ontaard in ‘n stout seun nie. (Ek glo die plathand sal maar in die orde van die dag wees as hy begin tanturms gooi of lelik is met ander mense)

    Ek sien uit na jou mening oor ‘n paar jaar as jy oupa geword het (hopelik is dit nie eers wanneer jou dogter 30 word nie.) 😉

  9. Goeie dag almal, om Ouma en Oupa te wees is heeltemal n ander gevoel as jou eie kinders, die wat kleinkinders het sal weet.
    Ek glo ook nie ek sal my eie kind nou wil he nie, maar geniet my kleinkinders, die seun is nou 6.

    Hallo Phibbie ek het gewonder waar is jy welkom!!!!

  10. Brein, ek is al ‘n ouma en ek kan nie meer as om 100% saam met jou en die ander st stem nie. Die ouers bepaal wie en wat hulle kinders is.

    Ek haat stout kinders en my kinders weet as die kleinkinders by my bly, foeter ek hulle as dit nodig is en as hulle dit nie wil hê nie, los hulle nie die kinders by my nie.

    Ongelukkig laat die jong ouers van vandag hulle deur hulle kinders regeer.

  11. Stem saam met jou laaste opmerking Griffel.

  12. Ook jy was ‘n stout laaitie wat geraas het en ook grootmense het jou soms verdra…

  13. Nee wat harrylouw, ek stem nie saam nie. Daar is normale kinderstout en dan is daar brats. Ons generasie is in elk geval gemoer en daarom het ons maniere.

    Brein, dis hoekom jy my nie nooit sal sien by ‘n Spur nie. Ek haat die plek

  14. Kuifie weier ook om Spur toe te gaan, dit is maar meerendeels net jonger ouers met kleintjies wat soontoe gaan.🙂

  15. Oe! Maar my Maandag sinsnedes is beroerd. Ek wou sê dis hoekom jy my nooit by ‘n Spur sal sien nie!😆

  16. Maar wat jou swaer aanbetref Brein, is jy reg, hy wou hulle gehad het, hy moet hulle grootmaak……

  17. Brien ,dit klink of jy n slegte stel afgetrap het met jou eie dogter ,jy kan nie alle kinders onder dieselfde kam skeer nie jong.Ek het self vier kinders en is crazy oor elk een.As jy nie van kinders hou nie hoe gaan jy nog n goeie oupa uitmaak.Jy bluf jou self ,as ek n kind was sou ek in elk geval nie n oupa en ouma soos julle wil hê nie.Soos hulle sê wat julle saai sal julle maai.

  18. Ai Lallie

    Ek kan verstaan waar Brein vandaan kom.

    Selfs my ma en pa het by tye nie baie tyd vir my en my suster gehad nie, maar vir my laitie het hulle baaaaie tyd! Dit gaan alles oor ondervinding en tydsberekening.

    En kom ons wees eerlik. Om ‘n ouma of oupa te wees is HEELTEMAL anders as om ‘n ouer te wees. Die feit dat Brein en sy vrou genoeg gehad van kinders in die geheel beteken nie dat hy en sy vrou nie uitstekende grootouers sal wees nie.

  19. Lallie, ek is baie lief vir my kinders en nog meer vir my kleinkinders. Wil net vandag sê dat as jy my ouderdom is, dan het jy baie meer tyd en ondervinding as die jong ma wat soggens moet jaag om haarself klaar te maak, die kinders kos te gee, te was en aan te trek en skool toe te vat, Pa is vroegoggend al uit die huis uit werk toe.

    Die hartseer van die lewe is dat as jou kinders klein is moet jy alles insit om vir hulle te sorg en spandeer jy nie altyd die tyd aan hulle wat hulle toekom nie. Oupa en ouma is ook baie rustiger as pa en ma wat moet spook en spartel om te voorsien.

    Ek wil glad nie meer kinders hê nie maar om ‘n ouma te wees is die lekkerste ding op aarde!! En ek haat “spoiled brats”.

  20. Ek kan nie wag om eendag Ouma te word nie, ek bêre nou-al speelgoed en sulke dinge vir hulle. Eish!

    My kinders rol net hulle oë as ek so aangaan, en sê hulle gaan net honde hê🙂

  21. Hi daar, kyk ek weet nou nie so lekker, ek is seker maar `n k#k ouma maar as jy 10 kleinkinders het is dit erg, en die ouers gee nie `n m**r om nie, die kinders breek jou huis af en as jy iets sê is die ouers kwaad vir maande, vernaam die stiefkind wat 3 kinders het ouderdomme 3 jr 2 jr en amper 6 mnde, hulle word lekkergoed ingestop en as hulle dik gevreet is begin hulle my meubels smeer matte vloere en breek eers so `n paar glas goed. die oudste seun van my se dogter 14 jr het `n houding en die ander seun se kinders besteel mens, nee wat.

  22. Nee wat Bytjie dan sal ek ook soos jy voel. Geen kinders gaan my huis betree en maak en breek soos hulle wil nie, al is dit eendag my eie kleinkinders.

    Sit jou voet neer en laat die kinders maar vir jou kwaad wees, hulle sal wel eendag verstaan. Dis jou huis en hulle moet jou reels volg, klaar!

  23. Dankie vir almal wat vandag gecomment het, ek sal almal, in `n nuwe posting vannaand, verder inlig, naarmaak en nuwe punte staaf.

    Lallie, jy hou jou domastrant en verstaan nie die punt nie.

  24. Sjoe, sjoe, sjoe…

    Dis seker maar `m kwessie van smaak verskil? Ek hou sommer baie van kinders! Mens kan so baie by hulle leer. Om meer natuurlik te wees, spontaan, kreatief, vol lag vir die wereld en ongeskonde. Geen wroegings nie, nie wantroue jeens die mens nie, `n hewige sosiale wese!

    MAAR: Vandag se volwassenes voed die kinders sonder integriteit op ( arm of ryk, swart of wit ….dis hoe dit gaan ) Geloofs beginsels word oorboord gegooi en als wat mooi is word in klaterbegoude pakkies vir die kinders opgedis. Sport is als en die natuur word iets wat in museums hoort, ja? Ek kan dit nou ook maar net nie vat as ek `n kind sien en sommer die mean, rude-geit in sy ogies waarneem nie. Van wie kom dit af? Die lui ouers! Niks anders nie!

    Brein, tipies moeder sal ek 10 @ 1 ook wil spog met my kinders as jy hulle ooit eendag ontmoet, maar die jimmil hoor my, jou bekkie sal oophang oor die maniere en stilgeit wat my kinders in hul het. Soms ook moer stout soos enige normale kind, maar baie, baie liefdevol!

    Nie soos `n kind wat vandag vir MY kind se hy sal haar doodmaak nie! Ek weet nog nie wat ek daaromtrent gaan doen nie, maar my hare staan nou-nog pen orent!!!! En dit van `n gr. 1 kind af, ne?

    Brein, ek verstaan jou skrywe helemal!

  25. Dankie Sigeuner . sekere mense het savvy en kan verstaan, ander het ongelukkig min grysstof en kan nie mooi tussen die lyne lees nie.Maar soos jy se smaak verskil.Maar eks lief vir kinders, regte kinders.En ja mens kan brek oor jou kinders , maar moet dit net nie oordoen of in mense se kele af forseer nie.Almal het kinders en almal dink hulle sin is godjies.

    En so terloops jy is een van my favourite favourites op die bloogosfeer.

  26. Ek en die Koningin is ons kinders se Ouers en ons voel ‘n veer of enige een van hulle hou of nie, ons is aan mekaar “geleen” vir solank as wat ons almal nog die vooreg het om te lewe.

    Ons is ook van die ouers wat met ons kinders Spur toe gaan want dit is van die min restaurante wat kinder vriendelik is, hulle is na alles bekend as ‘n familie restaurant. Dus as enige een nie van die idee hou dat my kinders daar is of hulself uitleef as kinders nie, kry vir jou. As die kinders die deur na die speel area oopmaak en jy kry koud, kry vir jou ‘n trui of ‘n baaidjie, ander sitplek of restaurant. Maar moenie jou lyf kom rondgooi en op my kinders of ander skreeu nie want dan gaan ek jou verseker “reg of weg” help.

    Kinders is kinders en jy en elke een wat al kinders gehad het of nie, dis nou ons en ons kinders se beurt, so aan vaar dit, hulle is daar en ek sal hulle aan niemand opdring nie, maar onthou eending, ons is ‘n familie paket, of jy vat almal of jy los almal, geen selektiewe uitsondering nie.

    Ouers is trots op hulle kinders, sommige loop daarmee te koop ander nie. Dit verskil soos mense se persoonlikhede, aanvaar dit of vermy dit, so maklik soos val uit ‘n boom los net die tak.

    Ek vra ook niemand om my kinders groot te maak of op te pas nie, dit doen ek en die Koningin met graagte self. Maar ons weet ook dat indien dit nodig sou wees, daar kinder vriendelike mense is wat gereeld aanbied en met graagte na die Prinsesse sal kyk sonder enige nonsens.

    Kinders is kinders en of jy aanvaar hulle en hanteer elke een soos hy of sy is of jy bly weg.

    Groete aan Huis, Paleis, Pondok en Varkhok.

  27. Ag fok WhiteKnight het jy `n savvy ineenstorting gehad?Lyk my jy en Lallie is flippen domastrant. As jy nie kan sien wat ek se nie, kry vir jou ma het gebak.

    En vat my woord daarvoor alle kinders is nie kinders nie, soos jy se “dis nou ons en ons kinders se beurt”,
    ek sien so het Morney Harmse en sy ouers ook gese.

    Wat sal jy doen as `n liewe fraaie kind van 13 jaar sy tril uithaal en jou dogter en sy sussie rondjaag en dink dis `n moerse grap.Of met sy hand in sy broek speel voor meisiekinders.En pa Koning en ma koninging doen fokkol aan die aangeleentheid nie.

    Of jy kry `n skoolboelie wat ander seuns afknou en dink hy is die kat se snor en as die slagoffer se ma hom eendag na skool aanvat daaroor en hy raak kokkie met die tannie en noem haar `n PO#S en die kleinwetter is maar veertien.Nou vra ek jou dis julle beurt, keur jy dit goed pastoor, dominee ,Priester?

    As jy dit persoonlik wil opneem, kan jy dit maar met graagte doen.Ek ken jou persoonlik en ja jou twee dotertjies is pragtig en het lieflike maniere.Ons het dit al malle sonder tal vir julle gese.En ook jou oudste het baie mooi maniere. Ek weet jy het nie ouerskap gedop nie.So ook van ons vriende se kinders is baie voorbeeldig. Maar die gevalle hierbo wat ek genoem het , die een is familie en die ander die ander iemand wat ek ken se seun.Maar hulle kan mos maar doen wat hulle wil pa en ma is mos stinkryk.

    Ek stel voor gaan lees weer die posting en ook die nuwe een van Trappe van vergelyking voor jy kom galbraak, oor niks.Maar as jy hierdeur vir my `n boodskap wil oordra , its up to you, die saak is pienk en die laaitie se naam is WitWillem.

    Fuck the people I am the people.

  28. Ag sorry die posting is van my die Brein aan White Knight.Ek het per ongeluk “Die Werf” in plaas van Die Brein ingetik, verskoning!!!!!!

  29. Ek hou di een met belangstelling dop.Whiteknight is dn altyd so bedagsaam met almal.Maar ek stem met brein.

  30. Kan ons darem net probeer om die die dam heeltemal onder die eend se anus uit te ruk nie? Elke ou het sy opinie, en dis vir die res van ons belangrik om die verskil tussen ‘n opinie en “stront soek” te verstaan.

    Ek moet se, as pa van ‘n jong lat, dat ek geneig is om saam met Brein te stem. Nie oor alles nie, maar ek voel as ouers nie beheer oor hulle kinders kan uitoefen nie raak ek bitter gou minder lief vir kinders in die algeheel en fokus eerder op my eie.

  31. Ag nee WK, “prinsesse”!

  32. WhiteKnight ,ek laaik jou,ek beheer my kinders waar ek kom maar kinders is kinders binne n raamwerk .
    Soos BREINLOOS sal sê Fuck the people this is my children.

  33. Ouens…ons is besig om ‘n fyn lyn te loop tussen discussion en mense slegse…ek staan nie vir so iets nie.

    Kom ons hou dit ordentlik

  34. Eish… Het jy die stuk mooi deur gelees Lallie? Ek sien nie iewers dat Brein jou kinders uitsonder nie.

    Ek het self kinders en verstaan 100% wat hy bedoel.

    Het jy nog nooit ‘n gedagte gehad waar jy iemand anders se kinders sien, en dink – Ek’s bly dis nie myne daai nie, blerrie ongeskikte kinders.

  35. Enige ouer moet in elk geval net homself blameer wanneer sy kinders ‘n haarbreedte kort van demonies optree. Erens moes jy groot tjol aangejaag het.

    Ek voel dat elke kind met ‘n “clean slate” gebore word…hy word nie met duiwelhorings in sy poephol gebore nie…

  36. Ek haal weereens Dr Phil se stelling hier aan:“We’re not the only influence in our kids’ lives, so we better be the best influence,”

    Lallie , ag moenie worrie nie die brein is darem nog lief vir jou al ken ek jou nie.Geniet jou kiddies.

    Pagoda ek sal “flamewar” probeer beperk.Maar dis in my bloed om te stir en te garra, maar ek verkies vrede.

  37. Dis hoekom jy hier skryf Brein…en ek (en ek glo ook ander) wil dit nie anders he nie! Jy gee die balans wat nodig is…die Yin vir Die Werf se Yang…

  38. Sjoe hoe bloos ek nou, dankie Pagodda.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: