“Maklik was dit nie” – Phibbie

Maklik was dit beslis nie. *…aangestuur deur Phibbie…*

Nou ja soos almal weet is die trekkery noual innie begin van Julie af “my baby” gewees. Net voor ons trek die kraak ek beentjie in my enkel met die kampery. Ons kom soek huis met daai enkel en al. Week voor ons trek moet ek my toonnael verwyder. Storie natuurlik op sy eie.

So 3 weke voor die aanvanklike trek begin ek pak. Ek laat die bediende 3 bokse pak. FFS ek moes dit oorpak. Ek weet toe as ek daai ongeveer R15 000.00 wil spaar sal ek als moet pak. Nodeloos om te sê 132 bokse later is my rug amper af, my geduld in sy moer in en die dag het aangebreek. Pappie is ook by die huis en dinge gaan net nie maklik nie. Ons skree op mekaar soos plotmeide, maar pak doen ons. Die laaste 3 bokse moer ek sommer net als in.

Nou wag ons vir die treklorrie. Naderhand 10 uur. Ek bel hulle sê 1 uur die middag. Eenuur kom en nog niks, maar ek probeer nie my laaste bietjie geduld verloor nie en uiteindelik half 2 kom die trok. Ek gee daai trok net een kyk en die volgende oomblik ruk ek soos ek snik. Pappie kan ek sien issie happy nie en ek staan in die straat en huil soos ‘n donnerse babatjie en hy wil weet hoekom. Skielik is die besef, dis nou finaal en al die harde werk in Richardsbaai is verby.

Pappie gee daai trok een kyk en sê vir my die ding issie groot genoeg nie. Ek bly maar stil want ek weet ek sallit nou helemal loose met iets en iemand. Intussen word daar nou vir die laaste week gebou, geverf en teels gelê. Ek word beproef om elke hoek en draai.

Ek pak al die vleis in cooler bokse en daar bly nou 20 klein pakkies oor. Hulle laai die vrieskas, maar ek kom die kombuis binne en hier le die vleis op die wasbak. Ek dink toe nee man ek het als gepak en toe sien ek maar my goeie ingilse fok, dis die vleis wat innie vrieskas was. Kyk maar julle moet mooi verstaan, my woordeskat in Zulu, Afrikaans en Ingils het so verbeter ek het sommer my eie woorde begin maak ook. Ek skree erger asse plotmeid. Pappie hoor my tot by die garage wat so 250m van die woonstel af. Ek wil die man wat die trappe wil verf bliksem want hy jaag my aan. Als borrel sommer oor toe teen daai tyd.

Vyfuur die aand toe is die trok vol en die helfte van ons goed nie gelaai nie. Pappie bemoerd soos niks. Ons is moeg. Die goed wat agterbly moet nou na die garage toe. EK huil nie eers meer nie, eks te moeg. Ons maak toe gou die woonstel skoon, was die vloere etc etc. Kom eers na 6 die aand daar weg. Intussen stuur die agent wat ons woonstel verhuur sms, wanneer is die woonstel beskikbaar. Ek sê ek wil die vrou bel, pappie sê los ek sallit want ek sien jys gladnie lekker nie.

In elk geval Donderdag vroeg is ons op pad na ons nuwe bestemming, Witrivier toe. Elfuur word ek gebel, die trok is hier, kan hulle aflaai, maar pappie sien toe hy moet dit eerder hanteer. Ons jaag, hy met sy Polo TDI en ek met my Tazz. Fok en hy ry dat die kak spat en hoe meer moet ek jaag en die ou tazzie wil ook nie langer toe hoer ons gaan nie. Maar mettie afdraande jaag ek amper verby Pappie. Hy verloor my in Nelspruit oppe manier. EK beland voor hom in Witrivier. Hoe weet ek nou noggie. Hehehehehehhe. Dit was darem goeie gevoelentheid.

Ons word belowe ons ander meubels sal Maandag en Dinsdag hier weer. Na vele beloftes, kak praat en sommer pleinweg lieg, kom die meubels 2 weke later hier aan 7 uur die aand.

Intussen gaan ons die Sondag oppe uitstappie en ek breek 2 beentjies in my gewrig. Pappie issie happy nie en ek pyn die hele donnerse tyd. Na 2 sessies waarop gips aangesit was, sit ek nou met armstut. Baie beter. Die kom nou die 24ste September af en daarna moet ek gaan vir X-strale om te kyk of penne nodig is. Dit beteken nog verdure 2-3 maande by die huis. Ek weet nie of ek moet kla of bly wees nie. Hehehehehehehe.

Intussen mettie gips/stut etc pak ek nog steeds uit mettie hulp van my groene van Richardsbaai. Ek kom tot ‘n moerse besef, groenes weetie van reguit nie. Eks frustreerd en elke dag verbeter my taal gebruik steeds.

Gelukkig als nou uitgepak en nou vat ons die naweek die groene trug. Fokkit en daar word my hond gebyt deur moerse boerbul. Ek bebliksemd en baie upset. Maar sy nou okay.

Vanmore moet die nuwe groene van hier begin werk, sy daag nie op nie. Ek vloek nou nie eers meer nie. Teen 10 uur is my huis skoon en ek moet net die naweek se skoon klere wegpak. Sal more die donnerse wasgoed tackle.

Nou ja soos ek al voorheen gese het, ek wil daai donnerse Murhpy in sy moer stuur want eks moeg vir hom en sy truuks.

Jammer dis so lank, maar dit langer gevoel in die werklikheid. Ek sal fotos stuur van my skeppings hier in Witrivier wanneer ek al my proggies weer gelaai het.

10 Responses

  1. Dis lekker om weer van jou te hoor Phibbs.

    Ag dis jammer jou trek was so ‘n nagmerrie. Ek sit tog en giggel vir jou as ek hoor hoe jy ons etniese tale bemagtig het….hehe.

    Een ding is verseker ek haat dit ook om te trek!! Van nou af gaan dinge net beter gaan veral omdat jy vir ou Murphy na sy m@er gestuur het.

  2. Hey Phibbs! Dis so great om van jou te hoor en als te lees wat met jou gebeur het. Kan verstaan dat jy bemoerd was😆

  3. Hi Phibbie Ai man bly jy is terug, Nou hoekom het julle Witrivier toe getrek het julle ander werk daar gekry.
    En nogal so met daai moord op Richards Baai strand, dis erg

  4. Ai Phibbie, ek is bly ek is nie in jou skoene nie, want ek sou in Groendakkies beland het. Sterkte is al wat ek vandag vir jou kan sê.

  5. Hehehehe dankie julle. Parkesgeweld is maar orals jong lol. Ek lees mos gladnie koerante nie en vermy daai deel maar.

    Koekie jyt geen cooking clue nie lol.

    Dankie Annie en Linda

  6. Hi Phibbs, nou kan jy lekker relax, die ergste is seker verby? Welkom terug by De Werf🙂

  7. Hi Phibbie, ai ek hoop elke dag sal dit net beter gaan, groete.

  8. Welkom terug Phibbie, wel jy was deur diep water, maar sal heel anderkant uitkom.Ek dink jy moet dit baie rustig vat, vat dit oomblik vir oomblik.

    Mag alles wat goed is oor julle pad kom.Ek sal een dag moontlik Desember kom hallo se as ons Wildtuin toe gaan.

    Sterkte.

    So terloops watter been in djou body het jy noggie gebreekie?(lol)

  9. Bhwhahhahahahahahhaha eish Brein. Ek het noggie bene gebreek nie, noggie iemand sexy genoeg gesienie. Dankie julle vir julle vriendelikheid

  10. 😆 Ek wil nog die persoon ontmoet wat goeie woorde van trek kan sê. Ten minste is dit nou oor!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: