How not to age gracefully

“Why don’t you age gracefully?” Eeeeeeeeeeeeeeeeuw!!!!! As nog een persoon dit vir my sê gaan ek ‘n tantrum gooi wat ‘n 4-jarige jaloers sal maak. Oud word is glad nie vir my nie… Ek gee nie ‘n hel om wat wie sê nie. Al wat lekker is is dat ek baie wyser is en nie ‘n flenter omgee wat mense van my sê of dink nie. Maar verder… alles begin grond toe trek en jy tel gewig op deur net aan witbrood te dink, en jou vel raak so onelasties soos ‘n ou krokkodil s’n. Hoekom het hulle nog nie ‘n pil uitgevind wat alles styftrek nie?! En nee, Viagra is nie ‘n opsie nie. Ja ek weet, ek is ydel… Aangename kennis. Dis een van my swak punte.

Ek kon nog my lewe lank eet net wat ek wil en het nooit gewig opgetel nie, en lekker sorgvry deur die lewe getrippel in my eina shorts. Ander vroue het my met haat aangekyk as ek pakke chips verorber en hulle moet knaag aan ‘n slaaiblaar. Toe slaat ek die fourties en die wiel draai en moeder natuur sê, “Vat so suster! Kom ons kyk hoe laaik jy dit om twee keer te dink voor jy iets in jou mond prop!” Eish. Dis nie lekker om die heeltyd jouself te haat oor jy lus is vir brood met dikgeplakte botter en peanut botter, pakke slap tjips wat na asyn ruik, pizzas, deep fried food, hamburgers, ens ens. En heeltyd verskonings te soek hoekom jy nie by die gym kan uitkom nie. En elke aand maar weer voor die spieëlkas te gaan sit en die duur Estée Lauder rome in te vryf en hoop ‘n wonderwerk sal oornag gebeur. Soveel tydmors, en geldmors, en niks help rêrig nie. Plooie en selluliet raak jou grootste vyand, en colour shampoo jou beste maatjie. En dan besluit jy jy gaan daai fronsplooi laat botox, en almal raai jou af en vertel jou hoe sleg dit is vir jou. Hellooooo! Lyk ek vir hulle soos ‘n health freak wat hou van joga, rooibos- en groentee? Ek hou van wyn! Spuit hom dokter, spuit hom. En as iemand my weer vra, “Why don’t you age gracefully?” Dan gaan ek antwoord, “What is so graceful about looking like a dried up prune?” En hoop daai wonderpille wat als styftrek word uitgevind voor ek vyftig slaat!

22 Responses

  1. Haai annie, ja oud word is nie vir sissies nie, alles wat jy sê is waar maar wag tot jy ouer word en al die pyne begin toe slaan, ek het nou al vrede gemaak met vet wees plooie ens. maar ek kan nie vrede maak met al die pyne nie, voete wat so swel dat ek nie kan skoene aan kry nie, dokter sê dis my longe wat dit veroorsaak, gee hy my pille daar voor is ek allergies vir die pille.

  2. Annie, gelukkig is ouderdom regverdig en slaan hy niemand oor nie – hy behandel party net beter as ander. Ek het gelukkig nie tyd om my oor plooie te bekommer nie, noem dit maar karakterlyne. Dit klink meer positief as plooie. Ek is oor die 50 en gelukkig het ek nog nie veel skete opgedoen sover nie.

  3. As ek die geld gehad het Annie, het ook “gelift”, en styfgetrek, en weggesny en sommer alles man.
    Sorry, maar hier is ek en jy beste maatjies, wil ook die gracefully ouer word nie.

    Ek het eenkeer gehoor as jy elke oggend in die stort, kouer water oor jou borste spuit sal dit oor ‘n paar jaar so goed soos ‘n booblift wees.

    Brrrrrrr. …. kon dit nog nie regkry nie en die jare stap aan😉

  4. Het al die jare maar min gehad. My broer het altyd gesê dat ek die goete saam met my pjamas uitgetrek het. Nou is ek oud en met alle hormoonpille en goed het die goete nou verdubbel en die lekkerte daarvan is dat daar in daardie afdeling niks hang nie en dat die manne my nie meer in die oë kyk nie maar……..

  5. 😆 Linda, geseënd is jy onder die vroue!

  6. Linda ek hou van jou uitkyk op die ouderdom.

    Ek nog nie 40 nie, nog so ‘n paar jaar maar van selluliet en al die ander nare goed kan jul my niks van vertel nie. Ek het ook maar vrede gemaak daarmee.

    Eish Koeksister, whahaha…. ek wonder of ek daai een van die koue stort moet glo. Dink jy dit kan so maklik wees? Ek weet darem ook nie of ek daai koue sal kan handle nie…..hiehie.

  7. Annie ek like jou kwaai, jou brein, werk amper soos Die Brein sin.(lol)

    Mens moet as jy kan na elke liewe grashalm gryp.Ek se as `n pil dit kan regmaak sluk dit.

    Ek se ook ” I dont care what you say about it ,this is my life”.Annie age verry slow with the help of Dr90210.

  8. Bytjie, jy laat my sleg voel. Maar ek het ook maar my skete. Was te veel van ‘n tomboy toe en jonk was. Perdry, motorbikes, ski, ens ens. Ek het 2 platgevalde disks in my laer rug, en hulle wou al ‘n fusie doen, maar ek staan sterk. Sal nie laat hulle sommer aan my rug sny nie. Het dit opgedoen toe ek ‘n quad bike gerol het. Dan het ek nog so ‘n plat disk in my nek van op ‘n tjoep ry agter boot aan, maar hy moet ok maar sterk wees, want aan my nek laat ek ok nie sny nie, en een in my bo rug van val van ‘n perd af wat my gesleep het. Ek is eintlik baie geseend dat ek basies nog sonder operasies kon wegkom. Moet net as ek buk alles onderlangs klaarmaak voor ek weer regop kom. Hehe. Dis darem nie so erg nie. Net party dae as ek te vinnig uit die kar uitklim of so iets.

    Koeksister, bly ek het ‘n suster aan my kant, maar ek weet nie so mooi van daai koue water op die buustelyn nie! Koekie, almal kry selluliet, maer, vet, jonk, oud. Linda, iemand met so ‘n great persoonlikheid kan net mooi wees! En Brein, ons wag vir daai wonderpil! Hy sal nog kom, en dan kan ons almal met ons stywe lywe (nie onderlywe!) op die stoep sit en wyn drink.😆

  9. Njammie ja lekker Rooi Muskadel of `n shiraz..

    Maar jy kilnk soos `n wrak ek joke net.Hoop nie jy het erens ook `n skroef los nie.(lol)

  10. Ek dink ek het ‘n paar skroewe los Brein, maar moet vir niemand sê nie! Ek kan jou egter belowe as dit by belangrike sake kom soos “a roll in the hay” makeer my rug niks! Ai, die mens is ‘n wonderlike ding!

  11. Wellus is `n wonderlike ding.

  12. Linda, daai ding het ook met my gebeur! Die goete groei net by die dag. Miskien sak ons grysstof in ons boobs in

  13. So …mans dink met hulle totters en vrouens, met tyd, met hulle boobs? …ek vat my hoed en vlokov…

  14. Miskien miskien

  15. Weet jy wat is depressing? Die wete dat VANDAG die beste is wat ek gaan lyk vir die res van my lewe…:mrgreen:

  16. Bwhahaha…. Ag nee Dellie, besef ek nou hoe waar praat jy.

  17. Jaaaaa! Jy is reg Dellie. Nee shit man. Dis polse-afkou nuus wat jy ons nou gee!

  18. Hi Annie, skies man ek wou jou nie laat sleg voel nie, en weet jy die longe van my het ek aan my self gedoen, ek het asma maar ek rook al van ek 15 jr oud is, so dis al 42jr, het al probeur op hou maar kry dit nie reg nie, ai as ek maar soos my Ma kon wees sy was 81jr oud en al waaroor sy gekla het was lae rugpyn en haar kniee wat nie meer wou beweeg nie, verder oor niks, nie eens `n hoofpyn nie.

  19. Nee Dellie, dit moet nie depressing wees nie maar ‘n aansporing om elke dag op jou beste te lyk. Die mooiste kompliment in my hele lewe het ek van my dogter afgekry toe sy gesê het dat sy altyd op haar beste moet lyk want haar ma het altyd vir haar die voorbeeld gestel.

    GIRLS JULLE IS NET SO OUD SOOS JULLE VOEL!!!!

  20. Linda

    Heeltemal waar. Om oud te word is vir almal se voorland. Maar om met waardigheid oud te word is grootliks nie hoeveel plooi jy kry of nie maar hoe jy jouself uitdra na buite.

    Dis soos arm wees, kan almal tref, maar jy kan oordentlik en met “grasie” arm wees of jou soos ‘n paloeka gedra en dis waar die verskil le.

    Ouer vrouens kan nog steeds pragtig en versorg wees en self “sexy” maar jy is defnitief nie jou tiener dogter se klasmaat nie en moet ook nie so aantrek nie.

    ‘n Ouer Dame met plooie wat haarself waardig gedra is tien keer meer aanvaarbaar as ‘n deurskynende “tupper plastic” styf getrekte gesiggie wat verspot is om jonk voor te kom.

    Waardig beteken nie verstok en uit die oude doos nie. allermins.😉

  21. Haai Linda, ek het eintlik maar net ‘n grappie gemaak.😉

    18 till I die!😆

  22. Niemand het beweer waardig beteken uit die oude doos nie WK. Dit is tong in die kies geskryf

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: