In sickness and in health

Gisteraand vra Kuifie my om ons weddingvows te hernu met ons 20ste huweliksherdenking volgende jaar. Ek is completely buite myself en opgewonde soos tien. Julle mense verstaan nie, ons eerste huwelikseremonie is nie iets wat jy oor wil vertel nie. Ek kan net sê my suster het soos ‘n os voor in die kerk neergeslaan want die dominee het eers ‘n uur lank gepreek en toe eers begin met die huweliksformulier.

Hierdie keer moet die dominee net vra: wil jy, sal jy en gaan jy? Finish en klaar. Maar dis nie die belangrikste nie, dis alles wat daarmee gepaardgaan, die ROK, die dj, die kos, die venue, die hele paartie, en ek kan die wag nie.

So bear with me, ek gaan onmoontlik wees om mee huis te hou in die volgende paar maande.

Maar terwyl ons nou op die topic is, vertel my bietjie van jou blapse op die groot dag?🙂

14 Responses

  1. Koeksister, baie geluk “weereens” . Ek self doen nie die troue ding tweekeer nie. Die eerste keer was troumaties genoeg gewees.😆

  2. Koeksister, met my eerste huwelik het my ou boet hy was my strooijonker voor die onthaal begin gou huistoe gegaan en sy ducktail klere gaan aantrek, wel toe hy by die onthaal kom wou my skoonpa hom nie laat inkom: jou skorriemorrie laat jy gaan, my broer probeur verduidelik hy was my strooijonker maar skoonpa wou niks weet nie, gelukkig sien my ma dit en gaan sê vir skoonpa dit is haar seun, ek gaan eenslag toilet toe daar kry `n tannie van my eks my sy is toe al goed gekletter en vertel my vir amper `n uur die feite van die lewe, en ons het op ons huweliks nag, saam met 2 skoonsusters geslaap in selfde kamer, was te arm om op `n ander plek te gaan slaap.

  3. Ai Koeksister, baie geluk. Dis baie nice van Kuifie.

    Bytjie – praat jy? Arm? Ek is in die hof getroud maar die dag verder was darem baie lekker. Sal nog eendag dit ordentlik doen.

    lol @ Bosbewoner.

  4. Eish, ek sien my prentjie hang daarbo in die lug, Brein, ek het dit amper reggekry🙄

    Dankie Bosbewoner, dis darem meer draaglik met dieselfde man,😆 ek dink nie ek sou nou ‘n ander man se lyf wil leer ken nie, hehe, nee dankie.

  5. Koeksister, dis nou ‘n mooi kompliment van jou man af vir jou – hy wil wraggies vir die tweede keer met jou trou. Welgedaan!!

    Toe die strooijonker my man se ring gee kon ek nie my hand toegemaak gekry het nie en het die ring ‘n hele entjie oor die grond gerol voordat die strooijonker dit opgetel het. Toe ek so opkyk na die dominee staan hy daar met twee opgeblaasde wange om nie uit te bars van die lag nie.

  6. Dankie Koekie, ons is lekker opgewonde🙂

    Bytjie, jy sê jou 1ste huwelik? was die ander darem beter? Kon jy at least die ander kere darem ‘n lekkerder huweliksnag gehad het?

    Ek het uitgepass op my huweliksnag, my Pa het my net wyn gevoer😆

  7. Hehe Linda, jy het ook seker begin lag….

  8. koeksister, my 2 de huwelik was in die hof maar ek en liefie het eers so 15 jr saam gebly wou dood seker maak ons maak nie weer `n fout nie, hy moes toe gaan vir `n groot operasie die 17 de Julie was bang hy gaan dood toe trou ons maar gou, wel vandag is ek nie spyt nie. ek en hy het in ons kamer geslaap met 2 meisiekinders in die ander kamer, hie hie.

  9. Ek was miskien gelukkig, geen insidente of snaakse dinge was op ons huwelikdag teenwoordig nie.Maar ek hoop net nie die dominee het soos op een van Leon Schuster se rolprente oor Dawid en Goliat ge preek nie.

  10. Julle is skreeusnaaks!!! Koeksister, ek dink dis baie nice van jou man! Gaan voluit en geniet die reëlings. My huwelike, ja wel. Die eerste een was in die Iscor-saal in Pta, en ons het gedink dis cooooool. Met ‘n gevangenisdiens band. En my bruidegom was nie helemal nugter voor die kansel nie. Die tweede een met bodyguard was darem meer romanties – dis was in Mauritius en ons het stunning foto’s… net jammer ek wil nie meer daarna kyk nie. Die derde een met Ingilsman (die foto op die web) was November verlede jaar by een van my graad 1 pelle se huis – vreeslik nice en intiem – net 35 gaste. En die dominee het (preek en huweliksformulier) ons 10 minute besig gehou en toe party ons tot die son opkom die vlg dag.

    Brein, wat op dees aarde kan ‘n dominee besiel om oor Dawid en Goliat te preek op ‘n troue???? hehe.

  11. Ja-nee Bytjie, na 15jaar moet jy seker baie seker van jou saak wees.😉

    Annie, ons beplan hierdie een langs die Weskus, ek gaan kaalvoete staan met my tone in die sand🙂

    Lieflik

  12. Dis lekker Koeksister. Ek wou ook so trou maar dit was net te moeilik om almal daar te kry, maar dis ‘n great idee. Maak die dress code kaalvoete en die dames moet toonringe aanhê

  13. Koeksister, is ek ook genooi en ja Annie ek dra al jare ‘n toonring so ek is klaar gedress.

  14. Dis amper op jou voorstoep Linda, maar ja, ek dink aan ‘n klein bloggichino?
    Wonder wat sal die ander daarvan sê. Ons gaan ‘n paar chalets ook huur om van die mense in te prop. Maar is besig met die reëlings.🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: