Trappe van vergelyking:Kinders, brats, demone.

Ruben Lennox sing `n liedjie “Kinders was nog kinders toe ons nog kinders was”.

HarryLouw jy is korrek , ek was donners stout op skool, maar ek het geweet waar om die streep te trek, want ek was reg gebliksem deur my pa.En soos jy se grootmense het my soms verdra, omdat ek geweet het waar is my plek en ek het respek gehad vir volwassenes.

Die verskil is dat sommige van vandag se brats het nie eers vir hul eie ouers respek nie.Maar soos die meerderheid van ons dit eens het, dis die slapgat ouers se skuld.En ouers wat verkeerde opvoedingsmetodes toepas, wat maak dat kinders ontaard en wanaangepas is.(Sien maar net die afgelope maand se media berigte )Ek veralgemeen dalk maar ja daar is voorbeeldige kinders en kinders wat `n plesier is.

En vir jou Lallie wil ek eintlik vra: “Watter vinger soek jy?“ Hierdie pa en ma het `n flippen stunning, mooi dogter grootgemaak.Ek is mal oor my dogter daar was nooit enige slegte stel afgetrap nie, in haar tiener jare, veral in graad elf was sy moeilik, maar dit was lekker.Ek was net nie baie gelukkig met een of twee boyfriends.

Ons is eintlik tjommies met my dogter as wat ons ouer is.Daar is baie mense se kinders waarvan ek hou, maar hulle is in die minderheid en hulle ouers is mense met wie jy jou kan vereenselwig.Lallie jy voelseker skuldig die dat jy so galbraak.

Mens kry kinders, brats en dan demone.Ek hoop die stelling se iets.

Dr Phil het eenkeer gese: “We’re not the only influence in our kids’ lives, so we better be the best influence,”

Wyse woorde dokter!!!!!!!En ja eks lief vir sommige kinders.

7 Responses

  1. Jy is reg Brein, jy moet in die eerste plek jou kind se beste vriend wees en dan ‘n ma of pa. Kinders vertel hulle beste vriende altyd alles en daarvolgens kan jy dan jou ouerlike besluite neem. My dogter is 30 en my seun 26 en ek kan net die Here dank want ek het die resep gevolg en vandag nog is ek my kinders se beste vriend en het ek dit nog nooit nodig gehad om my vir my kinders te skaam nie. Wat ek van dwelms weet het ek by my kinders geleer – nie omdat hulle dit gebruik het nie, maar omdat hulle gesien het wat dit aan hulle vriende gedoen het en dit die dinges uit hulle laat skrik het.

    Wees streng met jou kind – dit gee hom sekuriteit – maar wees ook sy beste vriend.

  2. Pragtig opgesom Brien.

  3. Viva Brein!!!!! Ek laaik die demone ene!

  4. Ek sekondeer brein en anniegetyourgun7.

  5. Ek driekondeer dit…of trisekondeer dit…of…whatever…ditto!

  6. Aggenee!!!

    Eers sekkel ek my jis af om hier in te kom. Toe kon ek als lees, maar nie comment nie! Nou nadat ek als weer half-half reg het, is my arms so in spasmas in ek kan skaars tik.

    Die afgelope 2 dae was baie, baie rof. Met mense wat die wonderlikste goedjies vir my se, en dan beland ek innie hoespitaal mette noot-operasie!

    Brein!!!! Jy moet NOOIT weer sulke mooi dinge kwyt raak nie, OK?

    Darie doktor het gesikkil meddie 3-punt hoek….sjoe! en ek was heel onskuldag!!!

    Mense!?

  7. Hey!

    Onthou om vir Mars `n ogie te gooi. Hy is more aand die heel naaste aan Aarde, voor hy weer begin terugskuif.

    Venaand vroeg was dit nogals nie eers te koud buite nie. Ek ennie kids het seker 20 minute lank na al die sterre gekyk. 2 Satteliete ook gesien en 4 vliegtuie. Kan nie wag vir die Somer lat ons sommer lank in die donker op die gras kan le en sterre kyk nie. Mens sien strange goed.

    Gees!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: