Essop Pahad, ja ek is een van daardie blankes!!!!

Na aanleiding van die minister in die Staatspresident se kantoor Essop Pahad dat blankes die 2010 sokker wereldbeker wil sien misluk. Wel ja Essop ek is een van daardie blankes, ek is nie ’n rasis nie maar ek hoop met my hele wese dat op 99,9% word dit weggevat van Suid-Afrika af, of dat dit op ’n chaotiese fiasko sal eindig indien dit hier aangebied sal word.

Wat het jy “agbare“ minister of die patetiese ANC regering ooit vir die land beteken behalwe bevryding en om apartheid af te breek asook om rassisme te beveg. My antwoord is eintlik “fokkol“.

Hierdie land is sedert julle bewind oorgeneem het in totale anargie gedompel. Alle misdaadvorme het ongelooflik ge-“skyrocket“. Suid-Afrika word as ’n rampokkerland gesien en ’n plek wat skuiling bied aan berugte misdadigers. Ons landsgrense is ook vir die hele Afrika en enige ongewenste elemente oopgestel om te kom en gaan soos hulle wil.

Julle het ‘n kultuur van vrees gestig, ‘n subkultuur om rond te kyk oor jou skouer en om enige oomblik ‘n barbaarse aanval te verwag.

‘n Tipiese dag in die gemiddelde Suid-Afrikaner lyk so :

06H00 Staan op, drink koffie van water wat jy moet suiwer met jou eie toestel, want die water wat jou regering verskaf is besoedel en vol stront.

07H00: Maak jou motorhuis se deur oop, dankie Here my kar is nog hier. Ry uit jou motorhek wat jy eers die drie slotte van moet verwyder. Wanneer jy, uit is moet jy eers behoorlik observasie doen om te kyk wie is in jou onmiddellike omgewing en wie is ‘n moontlike aanvaller. Jy sluit weer jou hek met al drie slotte. Aktiveer jou huis se alarm en hoop dat ADT ‘n ogie sal hou oor jou plek. Al is dit omhein met palisade, lemmetjiedraad bo-oor en ook met elektriese omheining.

07H15: Jy ry soos ‘n dronkman op pad werk toe soos jy “duck en dive” vir die moerse “potholes” in die teerpaaie. By die tweede verkeerslig, staan ‘n rits motors voor jou, die motors dam vanuit alle rigtings op. Verkeersligte buitewerking as gevolg van die gebied se “loadshedding”. Terwyl jy wag vir jou beurt om te ry het vier mense al teen jou venster geklop vir aalmoese of om ‘n artikel aan jou af te smeer. Jou senuwees is op hol jou een hand op jou pistool tussen jou bene, want jy het nou net op 94,7 gehoor dat hulle ‘n motor gekaap het by die vorige verkeerslig waar jy oomblikke tevore was en dat die slagoffer uit sy motor gepluk was en terwyl hy op die teer le, het hulle sommer gou drie skote deur hom gejaag, ten aanskoue van ander motoriste en kinders.

07H30: Shit se jy vir jouself ek gaan laat wees vir werk. Terwyl jy agter ‘n skoro-skoro taxi ry wat se agterwiele wankel van een of ander meganiese fout, so deur die rook van die taxi se uitlaatgas kan jy sIen daar is ten minste dertig mense in en dis eintlik vervaardig vir sestien passasiers. Net toe jy wil verby gaan versnel die taxi na seker maklik 120 in ‘n sestig zone bebied.

08h00: Uiteindelik by die werk, ja nog ‚n dag by die plek, sug jy. Voorheen was jy lief vir jou werk, dit was ‚n uitdaging en jy het dit geniet. Maar as gevolg van affirmative action is die plek gedompel in rompslomp.Kak onbeholpe bestuurders. Oorlading en oneweredige verdeling van werk.

Tog gaan jy moedig voort en skakel jou rekenaar aan.Vandag is iets alweer verkeerd. Die rekenaar tel nie die stelsel op nie. Wat nou weer?`n Kollega kom ingestap en se dat die telefone en datakabels gedurende die nag gesteel was. Fok dis nou al die derde keer die maand.

Telkom word geskakel en laat weet hulle gaan nie meer die kabels vervang nie want dit word te veel gesteel. Nog infrastruktuur in sy moer.

16H00:Ry terug huis toe 500 meter van die huis af al weer sulke tyd – obserweer kyk in jou truspieel en kant spieeltjies – vir enige agtervolgende voertuie, en ongewenste elemente naby jou oprit.

16H30 Uit en tuis. Wonder wat gaan jy aanmekaar slaan vir aandete. Sit solank die stoof aan en ontvries solank vleis in die mikrogolfoond.Zap krag is af, nie loadshedding nie, ontploffing by substasie as gevolg van verouderde en oorlaaide stelsels, Eskom/plaaslike regering het weer gesit en slaap en nie tred gehou met ontwikkeling en nuwe toerusting nie.Nou moet ons weer daaronder ly en natuurlik weer opdok.Gaslampe aan, kerse, flitsligte.Gaan koop kos by Kentucky. Almal moet bad terwyl daar nog warm water is.

Saterdag : Braai saam met vriende vleis, lamstjoppies R69,99 per kg, boerewors R42,99 per kg, broodrolle R10,00, drinkgoed plus minus R150,00 slaai R50,00, petrol om alles te gaan koop R50,00. Bybenodighede soos botter, speserye, charcoal en blitz +/- R50,00 en dis net vir my gesin R423,00 vir ‘n braai, die ander vriende (huisgesin) moet hul eie goed bring (bring en braai). Die braai tussen ons twee gesinne (agt mense) kos jou R846,00 vir een ete.(Redicilous)

Gee ’n glimps op TV daar is nie rugby vandag nie.Jou oog vang die telling 3 vir ’n afgewaterde span van Zimbabwe en 0 vir Bafana, dis hoekom hulle so verloor, die span is dan 100% swart, geen blankes nie.Waar is kwotas nou, meneer Essop?Gelukkig het die bokke verlede Saterdag beter gevaar en die kiwis eers laat in die tweede helfte afgerantsel het nadat Pieter de Villiers eers al die kwota spelers met whities vervang het.Dis hoekom ek nie sokker in ons land ondersteun nie, daar is niks van my colour in nie.Ek wil ook `n Van der Merwe daar sien of `n ander boere van.

Sondagoggend hoor ek dat my buurman op die hoek van die straat gisteraand deur drie gewapende lafaards aangeval is terwyl hy en sy familie gebraai het in die veiligheid van sy eie huis.

Meneer Pahad ons vroue en dogters word verkrag, ons mense vermoor, beroof en bestel, ons paaie is moer toe, Eskom is ’n grap, telefoonkommunikasie word ontwrig deur kabeldiewe.Groot getalle rowers sak toe op die lughawens, banke, Carnival City en Gold Reef City Casino, skiet links en regs, dood mense, grond, huise en motors is onbekostigbaar. Polisie is korrup en hulle reageer nie of as hulle doen is dit letterlik ure na die tyd.Net ‘n brood en ‘n melk kos ongeveer R30,00 vir beide.Meneer Pahad wat julle geskep het is ‚n nagmerrie en die land is besig om vinnig ageruit te beweeg. Kyk hoe swak het jul span by die Olimpiese Spele gevaar.Ek hoop uit my hart ons verloor die 2010 sokker bid of as ons dit aanbied dat die ander lande se oe sal oopgaan oor jou en jou swak regering. Ek kan kla, want ek was aan baie beter gewoond in die ou Suid-Afrika.Swart, wit, bruin en Asiers was beter daaraan toe in die ou Suid-Afrika as nou.

35 Responses

  1. Slaat jy nou die spyker oppie kop. Suid-Afrika moes nooit ‘n bod ingesit het nie. Ons het nie die geld om so iets te host nie. Dit is sad as jy dink watter verskil daai biljoene aan die land en sy mense kon doen. Stadions word gebou wat na 2010 soos wit olifante daar gaan staan, wie het in elk geval deesdae nog die ekstra geldjie om elke naweek in ‘n stadion te gaan sit?

  2. Jis Brein, jy sit alles so mooi uiteen. Het nou op vorige post gecomment dat as ons eenkeer ‘n maand braai, is ons gef@k vir die res van die maand. Jou bedrag vir ‘n braai is heeltemal realisties – ons koop nog ‘n “snack” ook vir voor die braai. So dan is dit nog duurder. Dit is heeltemal belaglik.

    Ek stem saam met julle. Hier word baie geld gemors en oor ‘n paar jaar is daai stadions of afgebrand of afgebreek.

  3. Ek stem saam, sondag het my man se broer en vrou by ons kom braai en dit het my so R 400.00 gekos dan het ek net pap en sous en 2 slaaie met ribbietjie wat wel goedkoper as steak is. En die kookolie wat so duur is , is belaglik.

  4. Ja Elsa, ek het my amper dood geskrik toe ek sien wat olie se prys is deesdae. Ek kon dit nie glo nie. En alles is omtrent op met R2 of meer. Ek hou maar advertensies dop en gaan koop maar as daar iets op “special” is.

  5. Touchè Brein, ek haal my hoed vir jou af, jy het die guts om ‘n ding reguit aan te spreek, ek hoop hierdie brief van jou beland op Pahad se tafel………….

  6. Ja-nee Koekie ons almal het nou oornag ontpop in “bargain hunters” Moeilike tye.

  7. Brein, 10 uit 10 vir jou!!

  8. Hy es alles waar wat jy daar sê Brein, stem 100% saam, dit is ‘n nagmerrie!

  9. Dankie julle ouens.Maar ek het net genoem wat op my hart is en ek glo met my hele wese dis die waarheid.

    Ja fok Koekie ek het die snacks en dip en goeters vergeet.

  10. Brein jou naam is gepas.Ek kan nie anders as om heelhartig met jou saam te stem nie.

  11. Brein, dit was nou so nice om te lees. Dis presies hoe dit is!!!!! Ek dink ons moet jou skrywe vertaal en e-mail na die Essop poepol!

  12. Annie nou ja toe ek het ook so gedink.Pagoda ek dink jy is beter met vertaling as ek. Doen so en mail dit na my.My Ingels is nie van die beste nie.

  13. […] Terwyl ons nou op die sport is. Ek dink Suid-Afrika was van hulle koppe af om ‘n 2010 bod in te sit. Ons het net nie die geld en infrastruktuur vir so iets nie. Ek hoop werklik dit gaan suksesvol wees, maar glo nog steeds daai biljoene kan vir BAIE beter aangewend word Mnr. Pahad. […]

  14. Dankie Demoerin.

  15. Brein

    Dank die jimmil iemand is bereid om dit presies so te se soos wat die meeste wit mense voel!

    Die regering kan maar nou net doen wat hulle wil…ek sal skepties en negatief voel oor 2010 en hul plan daarmee tot die son nie meer wil skyn. Niks sal my sienswyse verander nie.

    Ons gee meer uit op beveiliging as op die duur kos waarvan jy praat. Die land is so ver in sy moer, al wat dit sal regmaak is `n Gods-ingryping en saamstaan deur die Boer wat met sy rug teen die muur staan.

    Wat hier besig is om te gebeur is belaglik!

    Gees julle ouens! Al`s sal nog regkom.

  16. Jy’s so reg Sigeuner, dis al wat gaan help. Julle sal nie glo nie! Die bliksems het so waar as wragtig ons huisnommer afgesteel. Dis daai kopernommers. Ek kon nie my oë glo toe en dit sien nie. Nou sê Ingilsman hy gaan die hek se koperhandvatsel ook afhaal tot net voor ons eendag wil verkoop wat die gaan ook waai!

  17. Annie, my kopernommer op my hek is ook afgesteel en tot die dreindeksels vind hulle weg na die skrootwerwe.

  18. Geez is fliipin jel!!

    Ek glo als, Annie! Niks verbaas my meer nie. Van nou af sal ek nettie meer smile nie, met die dat ek bietjie goud innie tande het, sien?😦

  19. Djy beter daai mondjie zip Sigeuner!

  20. Brein ,luister na jouself jy kla met n wit brood onder die arm. Om R69.99 te kan bekostig vir skaapvleis en R400 vir elke braai,en jy sê dit gaan sleg!.Ons land het die beste klimaat in die wêreld ons petrol is nog steeds van die laagste ons huispryse is baie laag.In watter ander land gaan jy bediendes kry wat in jou huis en tuin werk teen so n lae vergoeding.Om te hoop dat SA die 2010 Sokker bid sal verloor is niks anders as kortsigtig en Rassisties nie.Dink hoeveel werksgeleendhede kan geskep word.Meer werk minder misdaad ,maak dit sin?Maar kla is blykbaar jou sterk punt en nie gesonde oordeel nie.Hoekom gly jy nie ook maar Australie of erens anders toe nie .

  21. Lallie,Wie se vir jou eks nie oppad land uit nie, kyk na die meerderheid 99% van die mense het my ondersteun.Gelukkig kry ek `n vet salaris en maak ek ook gereeld met oregonhout en houtmeublement genoeg om nie soos jy te krepeer nie.

    Jy koop seker dieringewande teen R9.99/kg want na aanleiding van jou comment weet jy nie wat kos skaapvleis nie.Moontlik kan jy dit nie bekostig nie.

    Nooit het ek gese dit gaan sleg met my nie, maar ek dink darem ook aan julle ouens wat net van pap en marog lewe, om ook so nou en dan te proe wat is vleis.

  22. As jy so n vet salaris verdien, hoekom dit aanvul met houtwerk ?Shame!.Ek kry die idee dat jy dalk vir die staat (weermag of polisie)werk dis hoekom jy al die tyd het om die stront uit te dink .Jy het seker nie eers jou eie huis nie en ry seker n 1980 Volksie.

  23. Hey Lallie, jy trap darem nou op ‘n paar mense se tone hier.
    Deur te sê weermag of polisie lede het tyd om stront uit te dink is bietjie laag.

  24. Pas die skoen

  25. Is dit ‘n vraag of ‘n stelling?

  26. Jammer koekie ek wil nie met jou baklei nie ,maar brein laat my koud.

  27. Lallie…ek raai jou ten sterkste aan om die nuutste post te loop lees

  28. Ek hou ook nie van baklei nie. Toemaar, ons almal raak maar somtyds so bietjie warm onder die kraag, dis wat die blogs ineressant hou.😉

  29. Stem!
    Vertaal die brief brein, en laat ons sommer nog so ‘n paar dinge aanlas wat ons wil laat hoor en dan stuur ons dit aan die hele parlementere korps :mrgreen:

  30. Dankie Sammi , ek sal so doen.Jy moet net die blog dophou ek sal vra vir insetsels en dan dit aanstuur na een of ander parlementere istelling.

    Ag Lallie, as ek jou koud laat, waarom sulke warm comments?Lekker aand vir jou.

  31. Eks nie jou tipe nie.

  32. I dont care what you think this is my life, Love me or hate me the choice is yours.Im the good type.

  33. Lallie
    Moenie vir brein glo nie, hy’s BAD, REAL BAD 😉

  34. Ek laaik hom so kol kol M.A.W FOKOL.

  35. Lallie, dis nie wat jy gese het gisteraand na ons stomende sessie nie.Maar ek like jou ek gaan jou nog inbreek en mak maak.😆

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: