Jan tuisbly se kar

Jan Tuisbly was ‘n paar jaar gelede iemand wat uit vrye wil tuis gebly het.

Vandag se Jan Tuisbly het geen ander alternatief nie.  Die hoë petrolprys het sy kar op blokke laat parkeer en die groceries, wat sommer so oornag vir jou ‘n ekstra R1000 ‘n maand uit die sak jaag maak dat hy noodgedwonge selfs by die huis nie altyd homself kan wees nie.  So het Jan nou nog anderdag ‘n laitie ryker geword ook en nou trek Jan se gordel so styf dat sy mangels vir hulp skree.

‘n Lekker aand uit om die eerste huweliksherdenking te vier was eers beplan.  Toe word dit duidelik dat jou beweegruimte eintlik beperk is tot jou nabygelee omgewing as gevolg van die jong man se teenwoordigheid en die noodsaaklikheid om nie die babysitter geheel en al aan haar eie lot oor te laat nie.

Toe kom payday, die somme word gemaak, doktersbesoeke van die vorige maand wat nou uitgesorteer moet word, ens…en jy sit met ‘n handvol note wat jy nou moet maak rek tot volgende payday.  En jou beplande aand is moer toe.  Wat nou gemaak?

Wel, Jan dank sy vader elke dag dat hy met ‘n vrou getroud is wat beter verstaan as wat die meeste mans aan gewoond is.  Daar was fluks ingespring en in ‘n japtrap is daar Maandagaand ‘n dinee voorgesit met seekospasta en geroosterde knoffelbrood AAN TAFEL…nie voor die tv nie.  Daar was gesmul…aan die kos en aan mekaar.

Maar die ete wat Jan en sy vrou wou gehad het by ‘n sushi plekkie het bly vassteek in die agterkop.  En Jan maak ‘n plan.  Een van die kiosks by UCT verkoop sushi…en as die goed nie uitverkoop is teen 5pm nie word dit weggesmyt.  R60 later stap Jan weg 16 stukke sushie en 4 salm sushi sandwiches.  Op pad huis toe stop Jan vir noodles.  En loop toe ‘n bargain raak…R60 vir ‘n Oca pyp met twak en kole.

So eindig Jan en die se mevrou toe op vanaand met ‘n paar bekke vol sushie by kerslig, bietjie rooiwyn, ‘n Oca pyp wat eintlik vra om getrek te word dat die cherry geurtjie die sitkamer vul…en die klein doner begin skree van bo af.

Nou sit Jan met ‘n halwe bottel rooiwyn en ‘n gloeiende oca pyp en blog in sy studeerkamer.  Dit kon erger gewees het…

10 Responses

  1. O fok…ek dink Jan Tuisbly gaan ongelukkig menige se voorland word. Dit is flippen sad.

  2. Whahaha Pagoda, gelukkig het jy darem met ‘n gloeiende oca pyp gesit en nie iets anders wat “gloei” nie. Eish.

    Jip, ons almal trek noustrop. As ons eenkeer per maand gebraai het is ons in ons m@er in die res van die maand. Weet nie waar gaan alles eindig nie.

  3. At least het jy die bottel rooiwyn gehad om dinge draagliker te maak……..😉

    Maar dit klink of julle dit darem geniet het, op die volgende 20 jaar! tjorts..

  4. Hier by ons is eetuit deesdae uit blikkies uit.:mrgreen:

  5. Die is nou maar die huidige stand van dinge met baie mense in die land en nie almal het die geleentheid om daar uit te kom nie.

    Welkom Pagoda32 by die ontnugtering van kinder gekreeu wat jou planne befonk. Ten minste het jy iemand wat verstaan en jou bystaan. Sulke lewens maats is kosbaar en mens moet hulle oppas.

    Dis gewoonlik waar die meeste mense se moeilikheid begin as een nie wil verstaan nie en begin verwyt.

    Toe maar more glimlag meneer weer vir Pa en dan is alles vergete. Jou kinders is net vir ‘n kort tydjie klein, maar bly altyd jou kinders.

  6. Hehe Pagoda, dat die kleinman nou so ‘n stok in jou wiel moet steek!!

  7. Jou beurt is jou beurt.Ek like sushi oor `n honderd.Ja JAN TUISBLY is onse voorland.

  8. Nou ja ek is glad nie mal oor uiteet nie. Sal so once in a while gaan as dit n moed is, anders maak ek maar sommer kos.

  9. […] is toe nou nie vertstrooidgeid wat jou met Jan-Tuisbly se Kar laat ry nie. Terwyl jy nou by die huis sit kan jy dalk oefen om ‘n liefde vir was, […]

  10. Ek vrek oor Sushi Pagoda. Het juis gisteraand weer gehad!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: