Koekie sê ons wat haar gat krap!

Hier’s hy Koekie…die stage is joune!

Hamburger sonder “garnish” asb / Klere vir kort mense??

Ek hou nie van uie, blaarslaai of gherkins nie. En menige male is dit ‘n moerse verduideliking aan die kassier dat ek geen “garnish” op my burger soek nie en as ek by die huis kom moet ek vir ure sit en blaarslaai afkrap (en daar gaan my sous ook), omdat “madam” nie verstaan het wat “NO GARNISH” beteken nie. “Hau, die vrou hy soek nie die garnish nie maar ek dink sy het die fout gemaak, ek denk sy hou van die blare”……fok, fok …NEE. Ek soek net die patty, sous en die bun – verstaan julle nie???

Kan daar nie ‘n “universal” woord uitgedink word, sodat die “kokke” presies weet wat bedoel word nie? Soos bv: “One Zinger, “full of shit” burger – Dan weet die ou in die kombuis dat ek geen ander “shit” op my burger soek, behalwe die patty en die sous nie??

Dit moet ‘n woord wees wat elke take-away sal verstaan. McDonnalds, Kentucky, Nandos ens. As ek vra vir ‘n burger “full of shit” moet hulle onmiddelik weet wat ek bedoel. Ek is gatvol verduidelik en dan verstaan hulle in elkgeval nie.

Nog iets wat my alie krap. Maak asb klere vir kortmense. Korter broeke en in normale sizes asb. Normale sizes soos in 36, 38 ens. Edgars, Foshini…. hallo??? Hiers ‘n mark vir julle. Ek is kort en sukkel my gat af om klere te kry wat pas. Ek kan nie net by ‘n klerewinkel instap en koop nie. Ek moet eers die broek vat en nog ekstra R30 betaal om die some korter te maak.(naaiwerk is nou nie einlik my sterkpunt nie). Dan word die “mooi” van die broek ook nog afgesny en dit lyk of ek sulke reguit “boomstomp” bene het want die kuit gedeelte sit nou by my enkels!

Hoe bly was ek nie nou die dag toe ek in Edgars instap en sien daar’s nou verskillende snitte, beskikbaar nie. “Long-leg”, “Medium-leg” en “short-leg”. Ek was so opgewonde, gryp onmiddelik ‘n broek en sit af aanpaskamer toe. *&%^&!! Ek wonder watse kort mense het sulke fokken lang bene?? Luister almal, moenie dat die “short-leg” julle bluff nie. Daai “short-leg” is maar 3cm korter as die “long-leg”.

Ek begin nou ‘n kompleks ontwikkel…. Dalk is ek die een wat abnormaal gebou is. Dit kan nie wees nie, as ek vir myself in die spieël kyk, lyk dit darem of alles in proporsie is…. Ai tog, ek gee op!

Koekie.

28 Responses

  1. 😆 Ek hou gelukkig van al die garnish…geen fiemies nie. Die broeklengtes en so kan ‘n winkel seker maar nog change…bv. Extra Short Leg…. die naaiwerk probleem is obviously iets wat jy en jou man aan moet werk..😆

  2. Hehehe demoerin – ons oefen man, ons oefen!
    Sukkel nog met ‘n paar steke…….. My skoonma sê ek moenie oorhaastig wees nie, dit kom met tyd…hiehie.

  3. Ek hou ook van die hele shibam op my burger, maar ek maak my eie, bestel glad nie take aways nie, bietjie paranoid, net-nou sit hulle iets op wat nie in die voedsel-katagorie pas nie.😉

    En ek sukkel weer by party winkels om langer broeke te kry, eish!

  4. Simpatie my ding, ek weet presies waarvan jy praat! Ek was seker ook in die kosry toe lang bene uitgedeel is!:mrgreen: Ek soek nou maar driekwart broeke, maar dit werk ook nie altyd nie.

  5. @ Dellie… “in die kosry” whahaha..

    Ja, ek doen ook daai driekwart broek ding maar soos jy sê dit werk ook nie altyd nie.

    Miskien moet ek ‘n petisie opstel, en al die kortgatte moet teken, en dit vir klerewinkels stuur.
    Soos demoerin sê, daar moet dalk “ekstra short leg” snitte gemaak word.

    Koeksister – Ai tog girl, lyk my die “langes” sukkel ook.

  6. She`s a shortlegged woman dressed in black, dressed in black, dressed in black ,dressed in black, black black.Everytime I make a move ,she tells me NO!

    Ek is seker jy is tussen Jeppe en Joburg stasie gemaak.

    Lekker shop kortgat.

  7. Eish Brein, ek dink jy praat waar!

  8. Ja hier kan ek saam praat, kry die mooiste broeke maar te lank, ek is ook al gatvol om kort te wees het al gedink om 4 sterk manne te kry om my te rek wonder of dit sal werk, skoene is my ander probleem nr 5 is te klein en nr 6 is te groot, 5 en `n half help ook nie want dit is net vir die breedte.

  9. Ek hoor jou Bytjie. Ja ons arme kortgatte. Nee jong die 4 sterk manne gaan nie help nie, net soos die kunsmis in die skoene ook nie gehelp het nie……hahahaha.

    Ek sukkel nie so erg met skoene nie. Dra ‘n 3 tot 4.

  10. My kinders is ook so klein soos jy Koekie, julle is regte tintinkies, foeitog.😉

  11. Eish Koekie! Ek het presies ook dieselfde probleem. Moet al my broeke en jeans ens laat korter maak, en ‘n genaaide jean lyk nou maar eenmaal nie mooi nie. As jy jeans by die duurder winkels soos Guess koop, maak hulle dit vir jou korter. Maar ja, dis vir my nogal hartseer om R1000 vir ‘n jean te betaal. My skoensize is ook 4. Lyk my ons kon sussies gewees het!

  12. Ek is koeëlrond en gesond en dra ook ‘n nr 4 skoen en ja my broeke is ook altyd te lank en ek kan nie eens ‘n gare in ‘n naald steek nie. Altyd ‘n gesukkel.

  13. Ek het ook by ander rye gestaan toe naaldwerk uitgedeel was, gelukkig staan ek 1.7m in my sokkies en dra ‘n gesonde nr: 6 skoen. Somtyds moet ek weer die soom uitlaat, want ek verpes dit as my broeke om my enkels hang, jig.

  14. Annie – Wie weet, ons is dalk geskei by geboorte…haha. Ja jy’s reg om ‘n broek korter te maak is nie nice nie. Al die mooi word weg gesny.

    Linda – ek ook rond. Ek’s fat en happy…….hiehie. Dishoekom ek sê hulle moet normale sizes maak maar net korter. Eish!!

    Koeksister – Naaldwerk vir my is ook ‘n nagmerrie. Kan glad nie ‘n goeie “steek” maak nie…..hehe.

  15. […] – Ons 1ste SlakKakker Toekenning Koekie skryf op diewerf oor dinge wat haar irriteer — haar gat krap, soos wat sy dit […]

  16. Hadida Linda! Koeelrond se gat! As daar een vrou is wat nou regtig baie, baie mooi gebou is, weet hoe om mooi te make-up, die niceste smile het en sommer net oral-oor mooi lyk is dit jy! En jy`s myle langer as ek!

    Ja, gelukkig is gebore om `n naaiwerk te doen. Maak die broeke sommer tjop-tjop korter en ek weet hoe sonder laat die “garnish” oppi some waai! Ok, hang ook af wat als op was?

  17. Oh, oh…

    Bosbekak (lees ook prostituut) , jy krap nou waar dit nie juk nie. As jy werklik omgee vir die arme honger hordes, hou op om geld te mors deur `n pc aan te hou. Verkoop die ding en voer die armlastiges koek.

    Jy kla so oor ons wat vleis eet, maar jy hou aan om jou pond in ons kele af te druk. Jy se ook dat jy nie drink nie, maar jy verkeer deffinitief onder een of ander onwettige dwelm se invloed.

    Jy wil ook altyd se feite is feite. `n Mens kak…dis `n feit, maar wat de jel maak dit saak. Jou feite is ook nie gebaseer op enige navorsing of wetenskaplike bewyse nie. En meestal net ego gebasseer, if u know what I mean. So, wie gee om?

    Gaan speel in Afrika. Dit mag jou verlos van al jou frustrasies.

    Koekie het minder kos gevra en daar word net nie geluister nie. Kan jy hoegenaamd lees? Wie is dit wat dan mors met kosbare kos? Die honger kinnertjies se mammie wat waiter probeer speel?

    Sjame, eenmaal `n stommerik….jy

  18. Sigeuner – Thanks baie, jy’s ‘n pel duisend!

    Ek is so opgewonde oor my toekenning ek kan skaars tik. Ek aanvaar my toekenning met graagte, het ook op sy/haar blog gaan comment om te sê hoe bly ek is.

    Ek wonder of ek ‘n “beeldjie” saam met die toekenning ook sal ontvang as ek vir hom/haar sê ek het vanaand ‘n halwe tamatie, een stukkie afgesnyde vet van ‘n T-bone en twee brood korsies weggegooi.

  19. Koekie

    Me plesure, Koekie.

    Dit is `n vreeslike ongelukkige,meisie, hierrie bosbekakker prostituut. Maar wonderwerke gebeur tog. Bere darie stukkie vet en skyf tamatie! Sy reken mos eenkeer se garnish is genoeg om 6 honger huishoudings te voed! Ek praat nie eers van hoeveel sal versadig wees van darie broodkorsies nie! Liewe Jesus se Moses!!

    Hoop jy`t lekker geeet!

  20. Dis ‘n sad state of affairs…iemand wat stront saai oor boggerol!! Ek wil myself klaar lag! Wat ‘n blerrie pateet!

  21. Hehe Sig.

    Ek het my pap gelag toe ek by daai link ingegaan het. (jy moet by die 1e link ingaan). Ek moet dankbaar wees omdat ek slaai op my burger gekry het…huh?? Ek verstaan nie hoe werk sy/haar kop nie. Anyway, ek is darem die eerste SlakKakker.

    Pagoda – Stem saam.

  22. Wat ek nie verstaan nie…

    Beteken dit jy kak slakke…Of IS jy slak wat kak? Eishhhh…I donnoh…..

  23. Hehehe Pagoda, dis ‘n baie goeie vraag. Ek sal ook graag wil weet.

  24. Of is jy slak kak? Mmmm…questions questions

  25. As ek so na die woord kyk maak “slak kak” die meeste sin Pagoda!! Jy’s weer skerp vanaand.

  26. Nee doner. Skerp geensins…net steeds onde die invloed van ongelooflike feeviering na gister se rugby…my kop sing nou nog Hansie Slim op Dancing Mathilda se wysie…

  27. Sjoe, Sigeuner gelukkig kyk mense met ander oë na ons as wat ons na onsself kyk maar baie dankie vir die kompliment.

  28. begin ‘n nuwe mode: rol jou soom op

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: