Boskakker…ek lag my klaar!

Ek wil myself ‘n papie lag.

Nog ‘n blogfenomeen het opgeduik. En net so spoedig weer die hasepad gekies.

Nou kyk, ek’s ook nou al gatvol vir die dubbele identiteit possies en besprekings wat tans op almal se lippe is en ek het my gevoel daaroor orals waar dit saak maak oorgedra. So ek wil nie eers in diepte ingaan oor die feit dat NOG ‘n lamsakkige skim dit nodig geag het om verkleinerend op te tree en goeie mense wat ons bloggemeenskap opmaak sleg te sê nie.

Ek glo nie dat Platkuif , die dag wat hy en sy boet vir Bosparra op die been gebring het, hierdie tipe dedrag van sy lesers / bewoners sou goedpraat nie. Die feit dat onopgevoede, slinkse werfetters die blogvlaktes roam is niks nuut vir ons nie. En die feit dat jy dieselfde wetters op verskeie blogs kry gal braak en kwaad stook is dalk ‘n redelike nuutjie vir my en baie bloggers, maar ek weier om te glo dit is iets totaal en al nuut in diè wereld. Maar die feit bly staan dat een ou dit nodig geag het om op Bosbewoner name te lys van baie van ons kuiermense hier op Die Werf asook diegene wat ons lank laas hier gesien het, maar steeds mis, en dan ons almal oor dieselfde kam te skeer as van “Steve se Slakke”.

Ek sit toe so en wonder, net na ek ‘n goed deurdenkte comment gelaat het, hoe die ou in die werklike lewe moet wees? Weg van sy rekenaar skerm en die anonimiteit van sy nuutgevonde blog identiteit. En ek raak kliphard aan die lag! Die mense moes dink ek het van my stoel af gedoner of so iets.

Ek het dit duidelik gemaak dat hy tot “conclusions” spring met sy uitlatings. Sy reply aan my was “Ek’s jammer as ek tot die conclusion gekom het dat jy ook oop Steve se site gecomment het”.  Nogal met ‘n smily by!! Kyk, Bosbewoner, as jy glo dat om ‘n comment te laat op ‘n blog en om net daardie blog te lees van jou iets anders as ek maak, maak jy ‘n groot fout. In die eerste plek het ek tien teen een meer van ‘n ruggraat as jy, want almal weet wie ek is. Vra my my naam en ek sê jou wie ek is. Ek het een identiteit ook, en ek dra hom trots. As jy wil sien hoe ek lyk en wil weet waar ek bly, sal ek jou daai info gee ook, want ek weet dat as jy die guts sou hê om op my stoep te kom staan sou ek jou vlytig die sement laat soen het. En net oor jy wegkruip agter jou skuilnaam weet ek vir ‘n feit dat ek, en baie ander hier, met trots kan sê dat jy in jou moer kan vlieg! Stick and stones, Bosbewoner…

Hoe sy jy in elk geval geweet het wie almal daar gekuier het as jy nie self daar was nie? Hmmm? Lekker nagelaat om daardie stukkie inligting te deel, nè?

En so wil ek jou opvolg comment gaan lees. After all, die gauntlet was deur my en Brein neergegooi…wys jou muis. Toe word die blog gedelete.

Ja nee wat, lekker is ook maar net vinger lank. Snaaks hoe karakter en ruggraat nie by Checkers gekoop kan word nie, nè?

28 Responses

  1. Ek wou nog die comments gaan lees toe’s alles weg. Mooi gedoen Pagoda.

  2. Wat het die boskakker als van ons te sê gehad? Shame. Party mense se wêreldjies is moer klein. Ons moet dit probeer verstaan

  3. Annie ek kon nie eers onthou nie, maar die meid, het die boodskap gekry.

    Pagoda ek wonder of dit nie die tweegesigblogger is wat iemand ons van gewaarsku het in ons mail nie?

  4. Pagoda

    As daar weer van ons of gedeeltes van ons in gedeeltes van gedeeltes van ander onopgevoede blogs deur onopgevoede ongediertes geskryf word, wil ons ook weet wat daar geskryf was. Copy die stommerik se goed en pass bietjie aan, toe? As iemand nie omgee nie.

    Nie dat ek nou die gemors ook hier wil he nie, maar `n ou kan net verdedig of aanval met `n goeie plan.

    Jis! Ek kyk sommer `n gat deurie screen!!! Idiote moenie aan my pelle kom krap nie!

  5. Ek sien Vokof se blog is gedelete, dit laat mens dink.!!??

  6. Moenie worry nie…stomgeslaan is die perd! En die blog is ook gedelete.

    Brein..nee jong. Ek dinkie so nie. Ek dink dis een van diè wat gereeld bekgevegte stook daar by BP wat die stront aangejaag het.

  7. Dankie dat julle ettertjies my so support, Fok die mense!

  8. Ek begin te dink daar is iets in ons water – met die dat die wurms nou so uitkruip hier in die blogwêreld.

    Gelukkig het ‘n wurm mos ook nie ‘n ruggraat nie😆

  9. Keep it real .. enough said.

  10. Hier is die link waar die Boskakker se masker afgeruk is:

    http://www.boskakkerinterrupted.wordpress.com

    Emil Jung aka Boskakker is totaal en al expose!!
    Die siek donnerse Boskakker!!

  11. Julle ouens moet tog net assblief die link van die blog aanstuur!
    Hy moet in sy moer in expose word!!

    Dankie Botha!!

  12. hello Bosbewoner
    Nee, nee…dankie dat jy my punt bewys en hier saam met ons “slakke” kom seil. Die skim het sy draai kom gooi maar steeds sy ruggraat in die hangkas vergeet!

    Hoe op dees aarde wil jy he moet enige van ons glo dat Emil die boskakker is? Daai man het meer klas in sy pinkie as wat jy in tien leeftye kan he. Word groot boetie.

    Het jy rerig geen lewe nie? Na my comments by jou vandag is hierdie die beste waarmee jy vorendag kan kom? Jy is lagwekkend, maar ongelukkig lag niemand saam met jou nie. Ons lag vir jou!

    Doen iets konstruktief met jou tyd man. Gaan ruil jou doeke om, gaan voltooi jou Steve plakboek of gaan snoei n bonzai! Wat ookal jy doen, verwyl net tyd! Ek sien uit na die dag wat ons jou as volwassene kan leer ken

  13. Al wat ek hoop is dat met die nuwe lente daar ander bloggers daarbuite is wat ook bietjie gaan “vernuwe”. Ek is al so moeg vir al hierdie stories en moddergegooiery.

  14. Die stukkie dat Emil Boskakker is, word by my ook geadverteer. Sorry, maar ek val ook nie vir die ene nie.

  15. haai julle, verjaar Steve hofmeyr nie vandag nie, of is ek nou verkeerd laat weet tog asb.

  16. Bytjie, ek dink hy verjaar 2 dae voor Kuifie? ook nie seker nie. Die 24ste of die 25ste?

  17. Dis Steve se b-day vandag. Ook Michael Jackson s’n…

    Happy b-day, boys!😉

  18. O, thanx Dellie, ja MJ is vandag 50, can you believe it?

  19. Wel baie dankie Dellie, Veelsgeluk Steve, mag dit met jou goed gaan as jy hier lees.

  20. Ek hoop van harte dat Steve hier sal lees.

    Baie geluk met jou verjaarsdag! Mag alles wat jy doen suksesvol wees en dan nog geluk ook besorg.

    Ek is nou al 14 weke besig om Valkuns te lees. Oor en oor en oor… kan nie genoeg kry nie. Dis mooi.

  21. Wat ‘ n moerse joke…grootmense wat ‘n stuiwer in elke armbeurs te gooi het maar eintlik hulle name met planke slaan.
    Gaan loer bietjie daai link…kak snaaks

  22. Mense, ek het nie ‘n idee wat hier aangaan nie. Oorals! Dit is ‘n nare storie. Pagoda, dankie vir die vertroue – ek kan julle almal maar net waarborg ek is niks van daardie dinge waaroor van my gepraat/geskryf word nie. Daarby berus ek, en hoop saam demoerin die lente bring nuwe bloeisels.

  23. Emil…moerse plesier pel.
    Dit kos nie 10 breinselle om te besef dat die vent onnodig stront stook nie.

    Jy’s van die min mense wat ek al raakgeloop het op WordPress wat nie noodwendig een bier short van ‘n sixpack is nie. Dit kos ook nie Einstein se redenasievermoë om te besef dat jy net nog ‘n pion in die siek speletjie is nie.

    Verwag ‘n groter stem van my af…bliksem.

  24. Liewe genade dat Emil nou die Boskakker sal wees! dink die arme siek mens enige een van ons sal so iets glo! Emil is te oordentlik om hom op te hou met sulke gemors. Ek kan ‘n idee vorm van hoe tipe die boskakker regtig is, jaloers op al wat leef en beef, kry nooit regtig aandag nie nou probeer hy op so ‘n manier vir homself “instant fame” maak, ek dink hy sal graag oordentlik soos Emil wil wees maar diep binne is hy van kleintyd al vrot.

  25. Ek het lank op Steve se blog geskryf en dit baie geniet so dan dra ek maar die titel van slak met trots, daar was baie nice mense om mee te chat. Solank as wat Bosparra se baas Steve aanval en sleg maak sal ek opkom vir Steve, ek het in my lewe nog nooit iemand teegekom wat so ‘n maniese obsessie met iemand het soos Platkuif nie. Dit is nou wragtig ‘n eerste vir my om dit te kan lees.

  26. Whatever iemand se obsessie of interest met Steve is het seker niks met enigiemand anders uit te waai nie.

    Persoonlik kan ek nie ‘n duit omgee wat in die lewe van Steve aangaan nie.

  27. Pagoda, ja dit is soos jy sê, elkeen het maar hulle plesiertjies, mens moet dit maar net ignoreer, miskien is dit maar omdat ek self nie so tipe mens is dat dit vir my so verkeerd lyk nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: