High tea, oumense, dolfyne, en viskat

Ek het julle nog nie eers vertel hoe “die tee” afgeloop het voorverlede Saterdag in Jhb nie. Verskoon tog die rooitaal tussenin. Ek het mos my vriendin gaan help wat die storie by haar huis gehost het. Dit was baie smaakvol en die modeparade was stunning. Ek het nogal geleer wat die verskil tussen ‘n “high tea” en ‘n “low tea” is. Anyway, ek hou glad nie van teepartytjies nie, maar hierdie was nogal vir my interessant. Kom ek verveel julle gou.

Die high tea het ontstaan toe een van die Queens of England gevra het vir snacks tussen 5 en 6 uur in die middag omdat aandete te laat bedien was, en ‘n lysie gemaak het van wat sy verkies. Dit was by die “high” of “main” table bedien, i.p.v. by die kleiner lounge tables. Dis gelykstaande aan ‘n ligte ete, bv koue vleise, eiers, vis, dainty sandwiches, smoked salmon, quiches, spinach roulade, finger pancakes, ens met ‘n verskeidenheid van tees. ‘n Low tea (of afternoon tea) word tradisioneel tussen 3 en 5 uur bedien by kleiner tafeltjies en is merendeels cucumber sandwiches, scones, cakes and pastries. In SA word die low tea natuurlik nie net in die middag gehou nie, maar ook in die oggend.

Nataniël was skreeusnaaks. Voordat hy opgetree het, het ek en my vriendin saam hom tee gedrink en bietjie gesels. Hy doen baie liefdadigheidswerk vir kinderhuise en ek vra hom toe of hy nie ook iets vir die arme diertjies wil doen nie. Sy antwoord: “Ag nee fok, oumense en dolfyne is nou nie my ding nie!” Die man se humor is so skerp soos ‘n minorah blade. Die fotograaf van People Magazine was ook daar en het baie kieks geneem. Ek weet net nie wanneer hulle ietsie daaroor gaan skryf nie en of hulle gaan nie. Dit sal seker ‘n rubriek so groot soos ‘n matchbox wees.

Fishpaste (aka Garfield) het weer kattekwaad aangevang en iewers sy magie lelik oopgeskeur. Moes oor ‘n draad of iets gespring het. Lang storie kort – operasie, steke binne en buite, antibiotika (R1700 later) en hy moes ‘n kopskerm dra vir ‘n week om te keer dat hy die steke uitbyt. Ek het hom so jammer gekry en natuurlik lekker getjank. Dit het nou als verlede Vrydag gebeur. Die kopskerm het vreeslik snaaks gelyk (was darem nie die harde plastiek soort nie, maar meer sagte seil) en het soos ‘n tipiese Voortrekker-kappie met ‘n bip gelyk. Moenie dink dit het hom afgesit om voëls in die tuin te bekruip nie. Weet julle hoe snaaks het dit gelyk? Mens sien net die blou kappie in die tuin rondkruip! Die kopskerm het natuurlik net 3 dae gehou en toe skeur kat se kind hom letterlik af – hoe hy dit reggekry het weet ek nie want dit was vasgemaak om sy nek, maar hy het besluit genoeg is genoeg, hierdie kontrepsie moet waai. Ai, die goedjies is nes kinders.

My geliefkoosde quote:

Until one has loved an animal a part of one’s soul remains unawakened.
~Anatole France~

11 Responses

  1. Ek het ook al meer geld op my diere kinders uitgehaal as wat ek geld op myself uitgee!! My diere kinders kom eerste. Die twee katte word soos baba’s in die groot bederf. Klein Jessica is soos ‘n kind in die huis! My twee groot honde buite is my liefies!! WAT IS N HUIS SONDER ‘N DIER? Ek glo mens moet ‘n dier of diere hè! MY MOTE IN DIE LEWE!!

  2. Ja die upstair queen , maar dis snaak dat sy nog nie rol nie.Ek drink nooit tee nie, inteendeel as my vrou tee drink moet sy my nie soen nie, totdat die tee reuk weg is.Ek like koffie en drink cup a soup soos mense koffie en tee drink.

    Ja die diere kan mense se sakke ruk, maar hulle is die dollars werd.

  3. Ek het nou skoon honger geword met daardie “high tea” spyskaart, klink blerrie lekker, ek dink ek kan aan so iets gewoond raak. Ja-nee, ek kan.

    Nataniël is cool, ek’s mal oor hom.
    Ek kan my net verbeel hoe sluip daardie blou kappie in die tuin rond, hehe 😆

    Ek dink elke keer as ek aan Bullet of Mungo raak gaan ek langer lewe as ander mense wat nie diere het nie.

  4. Ek moet dit eers met julle deel. Cruella se ander stiefkind (wat nou al 3 jr in Londen speel) het vandag by die UK Army se parrabats ingekom. Hy moes ‘n paar onderhoude doen en gister en vandag ‘n fiksheids- en Wiskundetoets aflê. Ek was maar skepties want hy rook en kuier lekker en oefen nooit! Hy het dit so wrintiewaar gemaak! Ek kry so lekker – die boertjie wys die Ingilse! Soos ek baiekeer noem, hulle pa en hulle is Engels maar meer boer in wese! Ingilsman verslind boeke oor die Ango-boere-oorlog en laaik die Britte niks! Ai man ek is trots op hom (dis nou Cruella se stoute seun).

  5. Koeksister, jy is reg. Diere verleng mens se lewe – hulle het ‘n kalmerende uitwerking op mens. Maar viskat maak my grys – ek worry altyd oor hom. Hy is genuine ‘n regte Garfield. Maar my honde (Hooch en Rooibos) maak my baie rustig. Ag weet jy, al is ek ‘n katmens, is honde die wonderlikste diere – hulle is altyd bly om jou te sien!

  6. Meermin wou nog sê ek bederf my diere net so. Almal sê altyd as hulle terugkom in ‘n ander lewe sal hulle graag my diere wil wees.

    Ja Brein, ek is ook eerder ‘n koffiedrinker, veral hierdie lekker Nescafé Cappucino wat nou op die mark is. Versuip my daaraan, en Ingilsman drink weer net Earl Grey (ek dink dis hondsleg!)

  7. Hellooooo! Ag niemand wil met my praat nie. Is ok net ek wat sonder anderhelfte sit op ‘n Vrydagaand. Gaan nou maar TV kyk. Cheers! Op my maaikies van die Werf!

  8. Annie, ek verkyk my eers aan 300 manne se lywe op tv, eish!

  9. Annie…ag ek’s hier hoor. Eers vroulief leer poker speel…was ‘n moerse gesukkel maar sy’t nogal goed gedoen in die toernooi waarin sy gespeel het.

    Lekker bly… 😦

  10. Ek’s net so lief vir ons diere en hulle word ook lekker bederf. As die katte iets spesiaal kry, kry die voël en die hond ook ietsie.

    Laaik ook vir Nataniël en ek dink hy is baie snaaks.

    Geluk met jou stoute seun Annie. Jy’t rede om trots te wees op hom.

  11. Daarsy, nou weet ek ook wat is “high tea” en “low tea”, maggies mens word nooit te oud om te leer nie nê! ek het gedink tee is tee.

    Ek stem saam met daardie “quote van jou, iemand wat nie lief is vir diere nie het sekerlik ‘n probleem.

Leave a reply to anniegetyourgun7 Cancel reply