Boskakker en Boskakkerinterrupted

Raait!

Hiermee my versoek!

Elke blogger wat hierdie possie lees, as julle die laaste twee weke ENIGE suspicious comments op julle blogs gekry het, gaan soek onder Comment Maintenance in julle dashboard vir daardie comments en plaas die IP adresse van elk van daardie comments net hier.  Julle het nie nodig om name by te sit as julle nie wil nie, maar dit sal help.  Datums van die comments sal ook help wat daar word tans ‘n gedaileerde oudit aanmekaar gesit van een spesifieke wetter…

Ek weet Platkuif is geensins ten gunste van so iets nie.  Ek het al telkemale gesien hoe hy elke keer kort van so ‘n stap omdraai, en ek kan sy punt insien, dit is ‘n “intrusion” van die persoon se privaatheid.  Maar ons het hier te doen met iemand buite die gewone en ek sal nie stop voor ek sy masker afgehaal het en ons blogger gemeenskap vir eens en vir altyd van so n lafaard gereinig het nie.  Ek weet ek maak myself oop vir kritiek weens die stappie, maar ek sal doen wat nodig is as ander nie kans sien nie.

Genoeg is genoeg.  Gooi vir my die gauntlet neer nogal…aikona.  Hier sien jy jou gat boetie!  Jy’t met die verkeerde ou en sy vriende kom neuk.  Krap waar dit nie jeuk nie?  Lekker!  Strontstorm gaan bars oor jou kop en jy gaan wens jy’t nooit van my gehoor nie.

45 Responses

  1. Briljant Pagoda!!

  2. HKGK!!

  3. 2 verskillende IP adresse – 15 Augustus (Op my Wipneus gaan aan die vlieg inskrywing)

    (IP: 64.191.108.206 , smtp206.hotlifeonline.com

    (IP: 208.43.195.106 , softlayer.com

    (Hierdie IP adresse en e pos adres, is ook by Emil gebruik om hom sleg te sê, soos jy op bogenoemde inskrywing sal sien)

    Terwyl Emil, ek en Zee vir mekaar e posse gestuur het, plak die “persoon” toe die volgende kommentaar op my blog neer: “Net nog ‘n vriendelike woordjie van vermaning hier – ek kan julle persoonlike mail ook hack. Die mail wat julle vir mekaar aanstuur — moet ek dit hier kom paste vir julle??”

    Dan vertel dit ook snedig die volgende:
    “het julle al van free proxies gehoor? Gratis, soos for free — enige een kan dit gebruik!
    Sou IP adresse ooreenstem – julle het nie ‘n idee hoeveel mense maak van dit gebruik nie! Waarom nie — ek mag mos maak soos ek goeddink.”

    Dit bly ook nie net by kommentaar nie, hulle stuur ook vir mens lelike e posse ens Ek en Pikkie loop gereeld deur. 😆 Ek het darem nou geleer om dit af te lag.

    Iemand is lus vir ons 😆 Ons probeer nog uitvind hoekom? he he

  4. Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan… 😉 Go, Pagoda!

  5. Wat ons vriendjie nie besef nie, beide my IT ouens hack ook baie maklik…hy het net nodig om online te wees en hulle spoor hom op…binne 30 minute kan ons tot die posisie pinpoint. Ongeag van watter proxie hy gebruik maak! Elke rekenaar het sy eie “signature” en dit verander nooit!

  6. Pagoda, gee jy nie te veel inligting hier weg nie? Nou gaan die ou dalk vir week “offline” wees. Ek wonder maar net.

  7. Met plesier! As jy hierdie siek bottomfeeder kan ontmasker, sal dit wonderlik wees!

    28-08-08 @ 11:54 pm
    IP 85.195.123.24
    Ek het ‘n e-mail adres vir die ene, maar ek dink dis dieselfde as wat jy gekry het?

    29-08-08 @ 4:16 pm
    IP 72.232.131.31
    Dit was die link na Boskakkerinterrupted

    Ek mail vir jou ook ‘n ander sappige brokkie. 😉

  8. Go Pagoda!! Ons staan agter jou.

  9. Nou vra jy darem vir baie werk 😆

    196.207.32.37 2008/07/27 at 12:33 PM
    74.63.75.131 2008/07/22 at 9:58 AM

    Laat ons maar sien wat kan regtig hiervan kom? Ek is maar so bietjie skepties, pagoda 😕

    Ek ondersteun jou, want dalk net wys dit ek is nie hierdie vent soos ek deur ‘n paar oorde wild beskuldig van word nie.

  10. Nee is kwaai…ons traai enigiets.

  11. Gelukkig kry ek darem nie sulke dinge nie, dalk omdat ek nuut op die blog storie is. Maar ek sit met die probleem met my selfoon nommer. Sommer half twee die oggend. Nou het manlief maar vir my gesê ek moet die foon op silent sit sodra ek gaan slaap. Is daar raad hoe ek so persoon kan opspoor?

  12. dis ‘n bietjie moeiliker, maar nie ontmoontlik…
    Ek het ‘n trace op my eie selnommer gedoen via ‘n “site” en gesien dat alle GPRS seine deur Mauritius hardloop. Een call na ‘n vriend by my service provider en ek het binne enkele minute ‘n volledige report gekry oor wie die laaste mense wat ek gekontak het, die bandwydte wat gebruik was, die area waarin ek myself bevind, ge-pinpoint tot die naaste BLOK waar ek bly! Scary!

  13. probleem is, ek weet presies wie die persoon is.
    dalk as ons net die choppertjie geheel en al IGNORE sal hy (of dalk sy 😉 ) eventueel net verdwyn

    op BP kry hy (of dalk sy) nie meer publicity nie en word alle relevant comment en verwysings na hy (of dalk sy…) se ‘efforts’ eenvoudig delete.Asof hulle nooit bestaan het nie.Maklik.

    Baie sterkte, hoop julle kom reg

    groete
    p

  14. Jinne Pagoda, jy maak my bang, ek stuur sommer vir jou my presiese coordinates sodat jy kan weet waar ek is. 😉

  15. Ek sal sien waarheen die ondersoek my neem, Platkuif. Ek is ongelukkig een van daardie vredeliewende mense wat altyd net die goed ander sien tot ek lelik gecross word…daarna maak ek dit my missie om jy uit te haal.
    Sodra ek sien dat dit nie vrugte gaan werp nie, sal ek self na so beleid oorgaan. Tot dan, game on!

  16. En as jy my kan mail met enige besonderhede oor die persoon, hoe irrelevant ook al, sal ek dit waardeer! Tjorts pellie!

  17. LOL @ Koeksister…ek wil nie weet waar my vriende bly nie…tensy ek oorgenooi word nie! 😉

  18. mmmm…… daai knip-oog van Platkuif laat my dink hierdie persoon is ‘n SY.

    Ons verdink dalk nog die heeltyd die verkeerde persoon.

  19. loods jou ondersoek…en dan ‘ruil ons notes’ oor so 48 uur

    ps.BP het ‘n unfair advantage…generaal Fokk en die FSDO hit squad is al vir ‘n geruime tyd om die apie se spoor 😉

  20. Eish klink ingewikkeld! Ek kort ‘n naam en van of geboortedatum dan kan ek die hele pedigree kry! As enige iemand bereid is om klagte van harassment te lê dan doen ander mense VIR jou die ondersoek hoor…slim commercial branch mense met vergrootglase en baie dockets o hul tafels… Die storie van IP adresse en goete is ietwat buite my speelveld…hoewel daar mos ‘n website is waar jy dit kan trace nè Pagoda! 😉

    Bravo 2 oor en uit!
    007 sukkel gelukkig nie met sulke snotskieter kabouters nie…ehh wel gelukkig nognie!

  21. Knapie … of knypie, Platkuif?

  22. LOL @ Emil.

  23. Sou graag wou help, maar het reeds die siek etters se comments delete- wat ek wel weet is dat van my I.P adresse (soos my 3G) met van hulle s’n en ook ander eerbare bloggers ooreen stem.

  24. Maar Blixer, jy’t nie daai lelike kommentaar van Me oor my uitgevee nie 😯

  25. Kan ons voorspellings maak?

  26. Ek dink dit gaan maar soos weervoorspellings wees … mens gaan nie regtig weet nie.

  27. Hmm ja, maar die trant is nogals dieselfde, anders as party. Noem dit nou maar wysheid met grysheid 😉

  28. Die persoon het met my ook te vêr gegaan. Die ip adres wat ek het is 196.207.32.38 Ek het jou alreeds gemail, as ek kan help met iets laat net weet. Platkuif hoekom stuur jy nie vir my van jou informasie nie?? Jy het mos gesien wat het die etter gedoen op daai blog wat hy oor my oopgemaak het.

  29. Ek dink ons moet voorspellings vir ons self hou. Netnou trap ons dalk op tone wat kon gebly het.

  30. Mmmhhm… dalk moet ek ‘n moontlike sielkundige profiel opstel.

  31. Emil- ek sal dit ook uitvee!

  32. Lyk my die IP adres wat ek gegee het stem amper ooreen met die een van Karoles – dieselfde netwerk, net ‘n ander rekenaar – moontlik ‘n dinamiese IP toekenning. Maar vir die res lyk my verkil die adresse nogals baie.

    Probeer maat uitvind aan wie behoort die subnet 196.207.32

  33. Emil, goeie plan, daardie ene 😆

    Pagoda, ons sal saggies te werk gaan, anders as die blogbullies.

  34. Emil dit is Vodacom 3G!

  35. Eish, Blixer, ek is ook Vodacom 3G, dan is DIT hoekom my comments as spam gesien is by Emil en Wipneus 😯

    Dan gaan ek by my voorspelling hou!

  36. Pfft … wys jou wat ek weet 😳

  37. Ek het ookVodacom 3G en dis sommer kak.Maar PAGODA ja neuk die wetters op en ontmasker hulle.

  38. Die Brein ek was geskok toe ek op Botha se I.P adres kliek in die comments edit ‘mode’ en my comments, jou comments en nog so paar ander s’n val saam in die kategorie.

  39. Ja ons wag in spanning , maar ek dink Platkuif is verkeerd met sy Choppertjie, wat hy verdink.

  40. Al wat ek sal bypiepie…is ek hoop dit fokken werk. Ek is ok nie regtig in die beste frame of mind vir comments nie. Laat daar tog net fokken vrede wees!

  41. Goeiste tog! Ek blog vir ‘n week nie, en alle hel breek los! Ok, ek het nie mooi agter die kap van die byl gekom tot dusver nie, maar dit lyk of daar iemand is wat hom/haar soos ‘n vark gedra.

    Sa vat hom Pagoda!! Ons kuier lekker hier sonder k@k en drama, “share” partykeer te veel, knor so nou en dan vir mekaar, maar ons kom altyd terug vir meer.

    Haal hierdie p*epol uit en maak ‘n gat van hom/haar. Ek kan nie meer so gereeld inloer nie, maar sal defnitief op hoogte bly met hierdie een!

    Phibbie en 007Meisie dis lekker om julle weer raak te lees – Welkom!!

  42. Pagoda kan jy ‘n timeline stel vir wanneer jy hierdie mense gaan trace en expose? Want in my tydjie hier in die blog wereld het ek nou al soveel keer gesien dat mense vertel hoe hulle mense gaan trace ens. Selfs vir my daar op SSSB is gereeld vertel hoe hulle my gaan kry en donner ens.
    Maar een ding wat ek nog nooit gesien het op die blog wereld nie, is dat iemand ooit actually getrace word en expose word.
    Al wat ek sien is lee dreigimente en mense wat hulle naam gat maak.
    Dit laat my dink aan nerds wat agter ‘n pc sit en nou moerse braaf is en aan almal vertel wat se H(z)eroes hulle is. En dan cheer hulle onderdane oor watse ysters hulle is.
    Ek skryf nie hierdie om jou aan te vat nie. Ek gee net my opinie op die onderwerp. Ek kom mos nie eintlik veel hier nie, maar daar waar ek gereeld lees het die selfde storie al vele male opgekom, en steeds sien ek net hoe die ysters hulle name gat maak en niemand expose of getrace word nie.
    Ek sal like as iemand eendag kan grootbek wees en kakmakers expose, Maar uit ondervinding hoop ek dat die ysters se bekke eers groot is nadat hulle iemand expose het, en nie voor die tyd nie, want as daar nks gebeur maak jy net jou naam gat.
    So gee asb vir ons so ou om en by datumkie wanneer jy hierdie manne/vroue gaan uitvang. Dan kan ons weet wanneer moet ons jou kom cheer……………. of natuurlik vir jou kom lag.

  43. Ek het met die IT ouens gesels. Hulle gebruik tans die info wat ek al reeds per email en op die blog ontvang het. Ongelukkig is ek nie so opgeclue in IT soos ander ouens nie, so ek weet self nie wat om te verwag nie.

    Al wat ek weet is dat interessante inligting al vorendag gekom het. Inligting in verband met IP addy’s, wanneer dit verander, wanneer dit staties bly, ens…asook die manier waarop dit deur service providers hanteer word. Die een IT outjie is nogals blerrie skerp en het al in sekere sites ingehack waar baie dit nie kon regkry nie. Hy sê dit vat tyd, maar as hy ‘n way kan kry om die eienaar agter daardie IP’s te kom sal hy vir my die details aanstuur. Ek moet darem ook sê… ek het al emails gesien wat onder sekere van die IP’s gestuur was…sommige wat nice signatures gelos het en ander wat niks gehelp het nie. Ek hoop die ouens kom reg.

  44. En ja…ek weet wat jy bedoel Ricky…IP’s is nie die alfa en die omega as dit kom by wetters trace nie. Dis die signatures wat daardie IP’s los wat dit makliker maak om die ou agter die IP’s op te spoor.

  45. Die beste is maar om die mense maar self te gaan ontmoet by die parra-paarties 😉

Leave a reply to Blixer Cancel reply