Phibbie sê oor…

More almal.  Kyk as iemand nou wil hê ek moet in my beste panty kak, dan moet daar nou vir my vertel word ‘n vrou is verveeld.  Of sy wag die hele tyd vir haar man om vir haar dinge te doen.  Ek verpes afhanklik.  My man het my mooi groot gemaak.  “Jy weet mos hoe omme hammer en spyker te gebruik”  Bwhahahahahahhahaha ek doen en ek doen dit bleddie goed ook.  Selfs nou met net een hand doen ek steeds daai ding.  En word ek nou skuins bemoerd as hy vir my sê: “Wag ek help jou”  Ek ruk vir my skuinsbedonnerd op en pomp die ou dik wangetjies van my sommer 300 bar.  Ek kan selfs.
Ek is seker gelukkig en is een van daai vrouens wat die hele dag besig is, al issit met bleddie niks. Ek weier om agter pappa se gat aan te bel en hom te vra om iets te doen, tensy ek self probeer het en weet ek kan rerig nie.
Sorry, die topic het nou Saterdagaand aan die lig gekom met kuiermense wat ons gekry het.  Die JONG dame is nou ‘n maand sonder werk en is verveeld by die huis.  My bp skiet ook sommer moer toe, net met daai sinnetjie.  Kyk en daar rek ek mos nou my mond en sê my sê sommer so voor almal.  Ek doen arts en crafts, doen meeste van my dinge self, skuur tafels, verf etc.  Baie vrouens het nie daai belang nie.  Baie hou van tuinmaak, ek haat dit.  Ek “create” eerder iets en sit dan met een helse breë bors en bekyk my skeppings.  Daar is soveel om te doen vir ‘n vrou, daar moet iets wees wat jy van hou, tensy jy dit jou belangstelling beskou om jou man die hele tyd te bel, jou lewe te versuur en te luister na “eks oppad” of “eks nou daar”.
Wel die uit einde van die saak is toe nou en omdat ek toe nou so driftig is oor die onderwerp van verveeldheid, ry die JONG dame hier weg mette nuwe belangstelling in iets wat ek haar kon wys.  Die lewe bestaan nie net uit jou man en jou huis nie.  Ek voel elke vrou het ‘n talent, of dit nou skeef en krom is, reguit en perfek, elke een het iets.  Delf bietjie in jou vrouwees, beoefen en soek waar jou talente is en jou hele lewe sal verander.
Ek is seker ek trap nou seker op ‘n paar tone, maar verveeldheid isse kak woord.
Groete en heerlike lente dag. (Pappie vandag 20 jaar trug my eerste blom vir my gegee – ‘n prestasie in homself om saam my te wees…………….hiehiehiehiehie)

64 Responses

  1. Egg-flippen-zactly – 10 uit 10 en ‘n sterretjie oppie voorkop

    Ek put baie genot uit die sin: “Ek voel elke vrou het ‘n talent, of dit nou skeef en krom is, reguit en perfek, elke een het iets. Delf bietjie in jou vrouwees, beoefen en soek waar jou talente is en jou hele lewe sal verander.”
    Ja nee, ons weet. As sy die talente reg beoefen kan jy sommer so le le geld maak ook daaruit! *koes vir vrot tamaties…*

  2. Ag Phibbs jou post is soos ‘n lekker vars lente briesie!!
    Ek hou ook daarvan om goed te maak, het net nie al die tools nie maar ek try.
    As ek geld moes maak soos Pagoda se voorstel sou ek brand-arm gewees het………..whahaha🙂

  3. Daar’s ‘n mark vir alles …en jy’t klaar die naam om goed te doen in die Orania gebied! LMGA!

  4. Whahaha Pagoda, daar spoeg ek my hele keybord vol coke. Mmmm… jy gee my nou ‘n idee. Waar presies is Orania nou weer?:smile:

  5. lol…erens tussen fokol en nerens

  6. Koekie en Koeksister sal ‘n fortuin daar kan maak… hie-hie-hie!😆

  7. BTW Koekie, ek het amper in my koffie verstik toe ek vanmore jou comment op daai “ander” plek lees! High five suster, goed gedoen!😆

  8. Koeksister het reeds ‘n ereplekkie daar,😉

  9. Thanks Dellie!😉

    Koeksister – kan jy vir my ook reel asb? Ons gaat stinkryk word…..hiehaa!!!

  10. Ek weet darem nie of ek my straatblok met jou gaan deel nie.😉

  11. FOK! Daar is net een straatblok!

  12. Eish Koeksister, wanneer gaan jy met verlof?

    Nee wag.. as daar net een straatblok is, kan jy nie te besig wees nie….whahaha. Ek sal maar verby hou. Damn!!

  13. O nee forkitt, as daar net 1 straatblok is gaan ons twee maar moet saamstaan Koekie, i’ll watch your back and you watch mine.😉

  14. “i’ll watch your back and you watch mine.”

    Dit klink moer kinky! Die ouens sal dubble moet betaal vir daai voorreg! Ek sal “pimp” speel!

  15. Ek sal foto’s neem en dit verkoop, dan word ons almal stinkryk! Hie-hie-hie!😆

  16. Poskaarte! Met daai einste foto’s wat jy neem Dellie! Postcards from Orania…ek sal solank die script begin skryf en kitaarspelers kontrakteer vir die soundtrack! Whakawaa…whakawaa…whakawaa…tjiekietjiekie…whakawaa

  17. Amper soos “show me yours and i’ll show you mine” heh Pagoda?

  18. LOL @ Postcards from Orania…

  19. Imagine die scene op 70’s blues kitaar musiek!

    ‘n Lang lel met olierige hare en ‘n tatoo wat se “disselboom van potch” stap by die huis in.
    “Hier’s jou pizza juffrou”
    “Maar ek wil nie pizza he nie…ek wil ‘n Black Lable he…”

    “Ek het nou nie bier nie, maar hiers lekker body on tap vir jou”
    Whakawaa

  20. haai phibbie ek was so lank weg nie eers geweet jy is terug nie! is daar dan nie meer proks wa jy bly om jou ‘n slag te laat werk nie? (grappieee)
    Ja ek moet saam stem vroue kan gerus hul self besig hou. maar ek het eintlik ‘n broertjie dood aan enige ou/vrou wat sê ek kry nie werk nie en ek soek oral. iets wat jy soek, is weg, stap net uit en gaan werk. Al wat jy die eerste ruk nie sal kry nie, is dalk geld. Dalk moet jy ‘n maand of ses verniet werk, maar jy sal werk kry. en die beloning sal later kom.
    (okay dit geld nou nie vir ouens wat kontrakteer vir duisende nie he he he maar ek is seker hul het ook erens onder begin en dalk verniet in ‘n paar pubs gesing voor hul soveel kon charge!)

  21. Phibbie ek stem , saam maar daar is seker dinge wat ons mans beter kan doen.Soos swaar dinge ronddra of skuif. Maar ja mens moet nie te afhanklik van mekaar wees nie.Probeer is die beste geweer.
    Ja in die brein se huishouding is daar nie verveeldheid nie, maar ons gun onself nou en dan `n af dag.

  22. Ek is ook een van daardie mense wat heeldag besig is, soms wens ek, ek kan verveeld wees, maar eintlik geniet ek dit om besig te wees, ek kan regtig nie lank stil sit nie dan raak ek verveeld, soms dink ek my oë scan vir werk soek altyd iets wat ek wil verander, of mooimaak binne buite oral. My man is ook een van daardie gelukkige ouens, as hy sien dan het ek al klaar gedoen wat ek hom gevra het om te doen, nee wat besig bly is maar hoe ek is sal nooit verander nie. Soos ‘n ander Engelse tannie eendag vir my gesê het ” You will always be bussy, it is part of your make-up.”

  23. ek stem, ek haat daai woord ek is verveeld, ek kan horries vang, ek hou my besig al lees ek net al my e-mail, blogs, en facebook, maar besig bly ek besig, my man gaan vir sy werk vir partykeer `n week of 2 weg en dan wil die mense weet wat doen ek heeldag so alleen, nee wat ek bly besig.

  24. Koeksister – Nee jissie, ons sal beslis moet saam staan. Laat weet wanneer ons kan ontmoet vir ons “strategiese beplanning”, ok? Jy weet wat ek bedoel…… wie kyk eerste na wie se rug en so aan..

    O ja, en daai ander twee, ou Dellie en Pagoda……gmf!! Hulle gaan ook bietjie meer moet “inwerp” as fotos neem en poskaarte maak. Stem jy Koeksister?

    Pagoda, ek hoop nie jy is een van daai blerrie skelm tipe pimps nie.

    Orania hier kom ons!!🙂

  25. Skelm? Ek? Na my petrol, my DSTV, my groceries en my flat se huur betaal is kan ons elke sent 50/50 split! Hoe’s daai vir ‘n deal…skelm my gat man! LMGA!

  26. Amper moer ekke van my stoel af. Prok: my jimmel waar de hel gehasie. Mens kan sien jy kom lees nie anders sou jy geweet het my arm is gebreek en ek kan nie bestuur nie en sal waarskynlik moet gaan vir penne innie gewrig. Ja man ek was bleddie nugter. Hiehiehiehiehiehie. Ek leer myself als oordoen mettie linkerhand. Hiehiehiehiehie. Ek vee gelukkig af mettie regterhand. Pagoda: EK maak ‘n ou buiginkie voor jou. Brein: As die hande nie kan skuif nie, sit ek sommer oppie gat en gebruik die voete. Maar plan maak ekke. Dankie almal vir die comments.

  27. O ja damn vergeet ekke: Pagoda, my oortjies is fine, ek het nog darem nie wingnuts nie. :wink. Pappa se ek sal baie geld kan maak oppie hoeke offie hawe….. gelukkig is die see moer ver. bahahahahahhahahaha

  28. Koekie, ek dink Dellie gaan die rykste tussen ons twee en ons oulike pimp word, kyk wat kry die mense deesdae vir hulle weird kiekies……?
    Ek gaan met my eerste geldjies vir Pagoda die suit, hoed en goue kettings koop.😉

  29. En ‘n wollerige dashboard met twee dice wat van my spieel af hang.

  30. Ek sal maar Pagoda se “werfetter” tattoo op die voor-arm sponser. Hy klink darem nie skelm nie….hehehe.

    Dellie – ons soek ‘n besigheidsplan van jou af. Ek en Koeksister gaan al die harde werk doen so niemand gaan ‘n “free ride” kry nie,ok? Ok, ok…. miskien kan die pimp een van daai kry maar dis dit.

    Phibbs – Ek dink as jy ‘n paar rooi hoë hakke het, is jy in. Sal seker net eers met die baas van die plaas moet praat want soos jy weet is daar net een blerrie straatblok. Dinge sal fyn beplan moet word…😉

  31. ***”gaan ‘n “free ride” kry nie,ok? Ok, ok…. miskien kan die pimp een van daai kry maar dis dit.”***

    My vrou bliksem my morsdood!!

  32. ‘n Pimp met ‘n gewete? Nou’t ek alles gesien.

    “Free ride” bedoelende jy gaan ‘n cut kry sonder om rerig iets te doen, dommie. Kan jy nie tussen die lyne lees nie…..hahahaha🙂

  33. Watwou free ride virrie pimp!😯 Hy sal moet bemarking doen! En hy sal julle steps moet uitwerk. Ons wil nou nie hê julle moet erens bots nie. Medies is noggie op die kaarte nie!😆

    Ek sal eers ‘n kaart van Orania moet opspoor, sodat ons kan sien waar die enigste straathoek is. Is daar ‘n hotel? Of enige single mans?:mrgreen: Ernstige vraagstukke waardeur ek sal moet worstel vir daai sakeplan!

  34. My Pa het altyd gesê as jy rooi skoene dra het jy nie ‘n panty aan nie😉

    Ek het maar my swart boots wat tot bo my knieë kom uitgehaal en afgestof. Toe- toe ek wag

  35. Kan ek ook maar die Orania span join. Klink na pret. Maar sê my nou eers is dit nou voorbereiding vir die 2010 sokker??? Ek dink ons klomp het baie om te leer voor 2010, moontlik sal sommige ‘n closingdown sale moet hê en ‘n two for the price of one ens, wat van ‘n going out of business sale?

  36. Pagoda, en jy moet ‘n lang swart kar ry, so slappe, die pimps in die flieks ry altyd so kar en ‘n lekker vet sigaar!

  37. Moenie die fishnet stockings vergeet nie!!

  38. Cadillac! ‘n Pienke!

  39. Met goue mags…

  40. Ag nee Koeksister nou voel ek heeltemal uit! Ek het geen hak skoene nie, net croks! Ek sal maar fokus op die “boere” gemeenskap…. hehehe.

    Dellie – ja nee, ons sal Orania goed moet deurkyk. Jy vra goeie vrae. Ek kan sien ons het ‘n girl met ‘n brein in ons bestuurspan. “Ons toekoms in goeie hande”….. whahaha.🙂

    Ida – jong, die kompetisie raak nou erg. Jy weet, om ‘n straatblok tussen 3 girls te verdeel gaan baie “dink” werk kos. Ons wag en kyk met wat kom Dellie na vore.

  41. Julle jonges kan die werk doen en ek sal die “madame” wees en sorg dat elkeen sy regverdige deel kry. Hoesit vir ‘n deal?

  42. Linda!!! Jy’s ‘n vrou so na my hart. Dit klink na ‘n blink plan, weet net nie hoe jy by die Pimp gaan verby kom nie.

  43. 🙄

  44. Dellie…en spinners! Gou mags met “Spinners”…It’s spinnin’ Niga’…it’s spinnin’!”

  45. Pagoda jou cadillac moet op en af ook kan spring, hoop nie jy word karsiek nie.

    Ida, ek het die fishnets, boobtjoop, leerskirt, kondome en ky jellie😉 wonder of Brein ons nie ‘n paar “pointers” kan kom gee voordat ons die boere aanvat nie?? 😉

    Linda, ek hou van die madam, hehe …..

    Koekie, die crocs sal doen, jy kan my abba as my voete moeg raak.

  46. Hehe Koeksister – ek’s so kort ek dink jou voete gaan op die vloer sleep.

    Ja, dis nou cool. Pagoda met sy wit suit, hoed, blink ketting ommi nek, tattoo op die voor-arm wat so skuins teen sy hoppende cadilac met goue spinnende mags lê en hy neurie saam met die liedjie wat kliphard gespeel word – “Ek lewe”…bwhahaha LMGA!

  47. OK, hier is die plan:
    Daar is toe twee straathoeke – actually twee buurte. Die ene is downtown Kleingeluk, en die ander is Grootdorp. Die ryk mense bly daar. Ek dink ons sal beter doen daar as in Kleingeluk, tensy die poseerders vir die ouens daar ‘n klein gelukkie wil gee!:mrgreen:

    Daar woon maar ongeveer 1523 mense in Orania. Hoeveel daarvan mans is, weet ek nie. So iemand sal dalk moet dink aan koekstamp en giggel om ons omset te verhoog.

    Blyplek is baie skaars. Ons sal beslis ‘n karavaan agter die pink Cadalac moet haak, anders moet die poseerders op die vlaktes verklee.

    En daar is ‘n paar nut plantasies. Soos in pecan nuts, nie wheel nuts nie.

    Projek Postcards from Orania sal dan so werk:
    Pagoda = pimp, bemarker, vervoerder en composer van kitaarklanke

    Dellie = beplanner, fotograaf en finasiele bestuurder – ek sal ook sorg vir die druk van die poskaarte

    Linda = Madame in beheer van klerasie en kostuums – jy sal moet sorg vir rooi skoentjies en fishnet stockings en vere. Daar MOET vere wees. Want dis wat ons voel.

    Koeksister = Poseerder – moet net staan en mooi lyk

    Koekie = Poseerder – moet ook staan en mooi lyk (jy kan jou crocs aantrek wanneer jy klaar gestaan het)

    Ida = Reserwe poseerder (dis nou vir incase een van die ander dalk ‘n werksbesering opdoen, daar gaan mos ‘n paar stampe en stote wees.)

  48. Dellie…KAK SNAAKS!

  49. Ai hoe lekker lag ek nou!! As dit van my afhang sal die girls net vere dra, maar Orania is in die Noordkaap en dit raak vrekkoud in die winter. Wat stel julle voor vir ‘n wintersuniform?

  50. Cool besigheidsplan Dellie😆

    Oke, Gootdorp sal dit wees, Kleingeluk kan ingespan word indien Grootdorp skielik te klein raak.

  51. Daar is mos baie volstruise??

  52. Phibbie en stem saam met jou post. Sorry ouens, ek onderbreek nou julle fun hier. Ek doen ook soveel moontlik vir myself. My ma het my geleer mens wag nie dat ‘n man als vir jou doen nie. Maaaar, daar is sekere goete wat ‘n man beter kan doen.

    Julle het nou al die jobs op Orania gevat. Ek sal maar die spietkop wees (met ‘n kar met ‘n blou lig en ‘n gun)

  53. Phibbie jy moet passop RickyLouw is ook weer teurg girl

  54. Phibbie sorry man wou se RickyLouw is terug

  55. Bhwhahahahahaha moet ek die toonnaels ook rooi paint. Ek het gesien lovertjie is hier Elsa. Arme ding het seker nou weer kans vir kaksoek omdat baby so bietjie groter is. Ek wag nog maar my kansie af virrie lovertjie. hiehiehiehiehie.

    Dellie gr8 girl gr8

  56. Annie, jy kan maar my gun leen as jy wil?😉

  57. Annie, jy moet net onthou jy sal by die venster moet uithang en “blou-blou” skree, want ons het net geld vir rooi ligte.😆

  58. Kei. Ek sal al die sexy ouens arresteer. Wie wil tronkbewaarder/es wees?

  59. Annie, ek kan ook alles vir myself doen maar ai dit is so lekker om soms blond en hulpeloos te wees as ek ‘n ding nie wil doen nie.

  60. Ken ek nie daai triek nie Linda!!!!😆

  61. Whahaha Dellie. Ek het sommer geweet jy gaan ons nie teleurstel nie. 10 uit 10 vir jou.

    Ek laaik van vere. Linda ek soek sulke pienkes, ok? Dit sal by my pienk crocks pas….hehe.

    Annie – dink jy daar is sexy ouens in Orania?

  62. Hmmmmmm… Dan kan julle net sowel die vere los en curlers insit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: