Sensuur

Ons (ek en Phibbs en kort daarna Brein) het die blog begin om mense ‘n kuierplek te gee…en so ver moontlik ‘n lekker ene.

Dit is nou nie meer lekker nie.

Dis tyd dat baie van ons ons egos by die deur los en as daar oor sake gepraat word ons dit soos grootmense doen.  As ek enige comment bespeur wat uit lyn is, sal ek dit delete…klaar.  Ek dink dis uiters onnodig om persoonlik te raak op ‘n blog so pittig, persoonlik en tong-innie-kies soos die ene.

Ek het genoeg stront in my lewe om nog terug te keer hierheen vir moddergooiery.

Kom ons speel mooi.  Sê jou sê…niemand sal ‘n muzzle oor jou mond druk en met ‘n nazi mentaliteit vir jou wysmaak wat jy moet dink en sê nie.  MAAR!  Raak perssonlik met enige blogger en jy is gedelete.  End of story.  Maak jou punt…doen dit in ‘n “heated” manier as jy moet.  Maar bly weg van iemand steriotipeer, iemand slegse, of persoonlik raak oor sy voorkeure, sy familie of sy standpunt.

Kapish?

27 Responses

  1. Jy is reg Pagoda,maar gaan lees brein se comments weer mooi en jy sal agterkom dat hy mense om hom sleg sê deur die lyne want hy is te slapgat om dinge reguit te sê.Jammer as ek iemand te na gekom het.

  2. Dis reg so Lallie.

    Hierdie post gaan nie net oor jou comments nie. Dit gaan oor almal s’n. Brein s’n ingesluit.
    Hy is deel van die furniture hierso en het selfs die oregontafel in die hoek gemaak…kyk regs en jy sal die tafel sien waarop die dop staan.

    Elke persoon wat uit lyn is sal sy comment gedelete kry op sy terugkeer. En dis nie iets persoonlik nie. Dis maar net soos dit is…

  3. Ek verstaan ,dit klink na die broederbond,hy kyk na jou en jy na hom ,jy delete nie sy beledigings nie.

  4. Nee Lallie

    Jy verstaan verkeerd. Die besluit was ‘n paar minute terug gemaak.
    Op daardie stadium waar jou belediging eerste gemaak was. Soos ek sê, dis niks persoonlik nie…eerder selfbehoud in ‘n laaste oase vir baie om te kom kuier. Dieslfde sal met toekomstige comments van ALMAL gebeur

  5. Ja Lallie ek dink ook dit is onregverdig dat jou comments delete word en nie syne nie. Lyk my hulle werk soos die ANC hierso. Mag se wat hulle wil maar as Lallie se Steve is ‘n poepol en vroueverneuker, dan delete hulle haar comments.

  6. Wag nou wag nou…dis juis nie wat gebeur het nie. En ek sou verkies dat as jy hier wil comments los wat heeltemal bunne jou reg is, om eers die feite na te gaan voor jy iets sê.

    En as die bostaande, soos gewoonlik, te tong-inni-kies bedoel was – soveel so dat gewone mense nie noodwendig vir jou gaan verstaan nie, wel…tough.

    Sensuur word toegepas sodat die moddergooiery end kan kry. As enigiemand ‘n sienswyse het is hy meer as welkom om hier sy sê te sê, maar hierdie is nie ‘n koerant of enige ander publieke publikasie nie. As ek voel dat dinge te ver gaan is dit tickets vir daai comment…en Lallie het ‘n opmerking oor Brein se dogter gemaak…en ek staan nie daarvoor nie.

  7. ” En ek sou verkies dat as jy hier wil comments los wat heeltemal bunne jou reg is, om eers die feite na te gaan voor jy iets sê.”

    Nou hie de donner kan ek die feite nagaan, as jy die feite delete het?

    Hehe sorry ek is verveeld, sal julle nou los en maar weer iewers ander gaan praat.

  8. lol…ja Ricky…soos ons jou ken…
    In die kol…feite gedelete…soos dit my reg was! LMGA!

  9. genade ek was ruk weg en wat het hier als gebeur wat ek gemis het??? sorry was besig met swot en kon nie blog doen. skryf nog eksam en sal net af en toe kan kuier.
    soms is sensuur nodig, maar ek wil nie bek rek voor ek weet wat gebeur het datum wa ek kan gan kyk iemand???

  10. Geen nodigheid ni Prok…dis gedelete voor enigiemand iets wyser kon wees. En ek glo dis beter so….

    Welkom terug…desnieteenstaande en nievergesedsynde

  11. Desnieteenstaande beteken dit is toe geverf, jy kan nie daarteen staan nie “wet paint”

  12. En nievergesedsynde, beteken jy sal anny way nie so ver kan sien nie.

    Ek is verkriklik slim met al die groot woorde Pagoda! Hahaha!

  13. Ek sal my probeer gedra, maar belowe niks, maar jy moet mooi kyk wat is haatspraak, inkriminasie,beswadering,ernstige flamewar en persoonlike afkraking veral waar mense se kinders en eggenote beterk word.

    Ek sal graag wou weet wat sy kwytgeraak het oor my dogter.

    Ah well , moet dit darem nou nie te eng toepas nie

  14. Nee wat Brein…my kriteria is eenvoudig…

    Sodra enige comment van so aard is waar ek myself in die party waarteen dit gemik was se skoene kan plaas en vra: “Wat sou my reaksie wees?” en ek vind ek sou smoorkwaad / de fokte in wees, dan delete ek.

    Jy’s reg, groot verskil tussen gesonde heated debat en persoonlik raak. Ek voel baie sterk daaroor dat mens enige persoon se sienswyse moet respekteer.

    As ek wou kon ek Ricky se comments ook delete het, maar ek het genoeg gesonde verstand om te besef die ou is ‘n natuurlike stirrer en mens moet elke ding wat hy kwytraak met n bekvol sout neem. So as jy Ricky se comments nog hier sien het jy niks om oor te worry nie.

  15. Ek weet nou nie eintlik waaroor dit als gaan nie en ek moet erken eks nie lus vir kak en hare nie. Hmmmm soek iemand ‘n gips armtjie teenie oor???? hiehiehiehie. Maar wag eers ek moet eers iemand kry om teen te oefen en asb nettie langgatte nie want ek sal die trapleer moet gebruik en weetie lekker van balans nie. Enige Volunteers?????? belowe ek sallie hard slaan nie. Bwhahahahahhaha

  16. Sjoe, lyk my ek het baie gemis gisteraand! Phibbs, ek’s kort, maar het alreeds te veel klappe wes 😆

  17. Pagoda jy praat stront ek het nie brein se dogter beledig nie ,Ek het gesê sy voorbeeldige dogter gee hom seker drama dis hoekom hy in n slegte bui is.

  18. Lallie

    Dit was nie die trant van jou comment gister nie. Jou comment gister was beledigend en heeltemal onvanpas.
    Kry nou end asseblief.

  19. Reg Baas

  20. Pagoda, maar jy is ‘n streng pappie, die kindertjies begin te luisterhier op die blog. Hulle bang jou.

  21. Ai tog en daar word ‘n heerlike, interessante geselsblog ook weer ‘n modderbad. Komaan ouens, Pagoda en sy span het lekker blog geskep. Kom ons respekteer mekaar en val mekaar nie persoonlik aan nie. Verskil van en m**r mekaar maar moenie in mekaar se karakters inklim nie. Partykeer word jy vuiler as die ou in wie se karakter jy inklim.

  22. Lallie – vergeet nou van die vorige goed en kom chat en “speel” lekker saam met ons. Jy gaan sien hoe lekker kuier ‘n mens hier. 😉

  23. Jys reg koekie ek sal my gedra,was net verkeerd opgevryf deur iemand.maar sal probeer om n konstruktiewe bydrae te lewer.Koningrosekrans moet moet net konsekwent wees.

  24. lol @ koningrosekrans 🙂

  25. Ja Koekie, my bynaam is hoeka “Liewe Heksie”. Dink net hoe ‘n goeie span sal ons net nie maak nie.

  26. Weet julle ouens ek is ook maar vinnig van humeur soos Brein, maar het nou al geleer om nie te comment as ek opgevryf is nie. Nie dat ek dit altyd regkry nie!

Leave a reply to Pagoda32 Cancel reply