Fish ‘n chips, drive-ins en bell-bottoms

Om aan te sluit by ‘n bespreking nou die dag oor uiteet, gaan ek vandag terug na my kinderdae. Toe ek ‘n kind was, was daar nie iets soos uiteet nie. Wel daar was, maar op baie klein skaal en dit was ‘n luuksheid wat net die heel rykstes kon bekostig. Die naaste wat ons aan uiteet gekom het, was hotdogs by die roadhouse of drive-in. Dan het ons Vrydagaande (as ons nie drive-in toe gegaan het nie) vis en chips gaan koop by Andrew’s se kafee. Dit was hemels! Toegedraai in was- en bruinpapier en jy kon die asynwalms ‘n blok ver ruik – die vis in daai lekker crisp deeg en vir ‘n special treat ‘n paar rooi viennas. En 1 lt Coke vir al 5 ons kinders – hulle het daai tyd in glasbottels gekom wat jy dan weer kon gaan ingee as jy weer koeldrank koop, of toffies, of brood.

Die aande wat ons drive-in toe gegaan het (op Rustenburg was daar 2 drive-ins – die Kloof en die Maanlig), het my ma ‘n piekniekmandjie gepak en ons kinders het op komberse voor die kar uitgekamp. Ek onthou nog hoe ons agstig gewag het vir die ou wat chocolates verkoop het. Mens kon sy torch van ver af sien rondbeweeg tussen die karre. Ek onthou ook die reuk van chappies in die Rustra-fliek (enigste teater op Rustenburg). Ek en my boetie het Saterdag-oggende gaan fliek en 25c vir die fliek betaal. Ons kon rondry op ons fietse met geen bekommernis van misdaad nie. Ons het naweke die matrasse uitgedra en op die grasperk geslaap. Daar is soveel melancholiese herinneringe dat mens amper ‘n boek kan skryf – goed wat vandag se generasie jongmense stom sal slaan.

Die eerste keer wat ek in ‘n restaurant gekom het was toe my ouer sussie verloof geraak het en haar verloofde ons snotneusies en my pa en ma gestick het. Daar was net een restaurant op Rustenburg daardie jare, genaamd Steakhouse. Baie oorspronklike né. Ons kinders het dit nog “stiekhouse” uitgespreek. Die vlg dag by die skool het ek gespog oor die uiteet en dat die rekening ‘n hele R34 was! Kan julle dit glo????!! Ek onthou dit tot vandag toe, want daardie tyd was R34 vreeslik baie – amper my sussie se verloofde se hele army pay!

Dit was goue, sondeurdrenkte dae gewees. Ek is so bly ek het in daardie tyd grootgeword. Vandag se generasie eet uit vandat hulle van die bottel gespeen is. Dis vir die jongmense so natuurlik soos om asem te haal! En as jy nie geld het vir uiteet of om te koffie-en-koek soos hulle dit noem nie, word jy uitgeskuif. Ek voel jammer vir hulle dat hulle nie daardie herinneringe het wat ons babyboomers het nie. Dis onvervangbaar. TV, selfone, computers, brand name-klere, ens kan dit net nie vervang nie! Die enigste brand name jean wat daardie tyd op die mark was was Lee! En toe op ‘n stadium Gap, wat met ‘n denim-string vasgemaak het en sulke breë bell-bottom-pype gehad het (van bo af – nie net van die knieg af nie) dat jy jou ma se vloere kon polish. Om ons hare steil te kry het ons ‘n leë toiletrolletjie op ons kroontjies vasgesteek en dan die nat hare plat om die kop gedraai en met knippies vasgesteek – dan wag jy maar laat dit droog word. Hehe!

Vertel bietjie wat julle kan onthou van julle kinderjare.

25 Responses

  1. Annie, jy laat my nou eintlik trane in die oë kry van verlange. Ek het dieselfde goed as jy ervaar want ek en jy het omtrent in dieselfde tyd grootgeword.

    Ons het nie restaurante in Springbok gehad nie maar daar was darem twee hotelle en ons het gereeld in die hotel gaan eet, want my pa het geglo dat ons eerstehandse ondervinding moet opdoen met al die messe, vurke en lepels en ek en my broer het by die sop begin en die spyskaart regdeur geëet tot by die poeding. Vandag se kinders ken net die mes en vurk wat saam met die bord kos kom.

    Jy het fliek toe gegaan met 50c. Dit het jou fliekkaartjie, coke, pakkie chips en crunchie gedek.

    Lekker ou dae ne? My kinders het gelukkig ook op die platteland groot geword en kon ek hulle ook op sommige van my ou herinneringspaaie neem.

    Sterkte aan julle wat vandag kinders moet grootmaak. Ons ouers het gesukkel om ons in die huis te kry, julle moet sukkel om julle kinders uit die huis te kry.

  2. Yep Linda, jy’s so reg. Hulle plak tot hulle 30 is

  3. Annie ek praat eintlik van hoe ons buite gespeel het en vandag se kinders sit vasgenael voor die tv, rekenaar en play station. Groot euwels!!

  4. Dit ok ja

  5. Ek mis die volgende:

    Om gras te sny en betaal te word met 5 lee koeldrankbottles!

    Om ‘n handvol lekkers te koop, 20c daarvoor te betaal en steeds te bitch en te moan oor die taksman jou sopas ‘n lekker of twee gekos het met die wetterse verkoopsbelasting.

    Tok Tokkie speel

    Wegkruipertjie tot laat saans

    Om ‘n kar vol petrol te maak met R10.00

    R5.00 vir ‘n bord chips by Wimpie waarvan vier kon eet!

    Ai tog…

  6. Ai Pagoda, en die padkos as ons met vakansie gegaan het – hoenderboudjies, gekookte eiers, toebroodjies, frikkadelle en ‘n fles koffie.

    En radiostories!!!!!! Ongewensde vreemdeling, Dans van die Flamink, Tant Ralie se Losieshuis, Liedjie van Verlange

  7. Toe ek geswot het, het ek met R3.50 se petrol vanaf Wellington tot in Springbok gery.

    Regte egte wilson toffies – twee vir ‘n sent.

    Suikerklontjies, suurklontjies in ‘n bruin kardoesie of ‘n papier cone gedraai met laasweek se Burger se voorblad.

    Viskaiings….. nee wat nou verlang ek te veel.

  8. Ja die lekker ou dae, ek het vir die eerste keer uit geeet toe ek al getroud was, ek was toe so 17 jr oud, ons het in `n hotel geslaap die aand, my eks is gou na ete toilet toe, ons het sommer in die kamer geeet, die waiter kom vra toe “do you want sweets” ek sê toe nee, dog so by myself, ma het ons geleer jy eet nie lekkers voor en direk na ete nie, toe eks terug kom en ek hom sê die stupid waiter vra of ons sweets wil hê, was hy baie vies vir my, dit was poeding sê hy, die volgende oggend wou ek net die bed opmaak, my eks sê los dit, toe ons oppad kar toe is kom een na ons aangehardloop, ja sê ek nou gaan hulle vra hoekom het ek nie die bed opgemaak nie, hy moes net lag.

  9. Hier is nog iets toe ek 14 jr oud geword het het my ma vir my 20c gegee ek het `n kardoes pienk toffies gekoop `n paar maatjies genooi en ons het op die gras gesit en smul, lekker ou dae, maar ook swaar kry dae.

  10. Oe, daai lekker drive-in trippies! Daai tyd het jy nog per kar betaal, en wanneer daar geparkeer is, het kinders oral uitgepeul. Ons rekord was 15 plus die bestuurder. Tien voor in, en 5 inni boot!

    Toe ek begin skelm rook het, het ‘n pakkie 30 iets soos 97c gekos. Ek moes nooit begin het nie…:mrgreen:

  11. Jislaaik lyk my ons het almal in die selfde era groot geword. Ongelukkig vir my en die res van die boeties het ons in ‘n hotel grootgeword (soos in binne in )en was blootgestel aan baie meer as ons maaitjies maar die lekkerste was nog om by hulle te kuier in die dorp of op die plaas.Hulle wou weer by ons kuier maar my ma-hulle het dit nie sommer toegelaat nie die maats kon net per geleentheid kom as ons miskien iewers heengaan vir die naweek of vakansie. Dit was die dae toe die reisigers nog gereeld van die hotelle gebruik gemaak het,daar was nog nie gastehuise ens nie.
    Ons moes altyd netjies aangetrek wees en goeie tafelmaniere gehad het en ook nie onnodig aan tafel gepraat het nie. Dit was nie lekker nie maar my ouers het probeer vergoed deur ons elke vakansie see toe te vat of plaas toe te stuur – vir die vryheid.

  12. Ja Annie met vier sent kon ek skool toe en terug ry met die bus.Toe ek en my suster in graad een was in 1971, tel ons tweerand op , twee bruin eenrandnote.Ons vat toe die pad na George die griek op die hoek. Koop twee checkers sakke vol sweets en `n brood en melk.Die brood en melk was sodat my ma en pa nie ons moes uittrap as hulle vannaand van die werk afkom nie.

    Maar ja hulle het ons uitgetrap omdat ons so baie sweets gekoop het.

    In 1983 het ek en een van my weermag vriende op pas gegaan , ons het die Saterdag net veertigrand gehad tussen ons.Maar daarmee het ons ,ons girlfriends gestick by Bapsfontein se country show, petrol ingegooi, vleis en dop gekoop en daar nog spookasem gekoop.

    As jong tienerseuns laai jou pa jou en jou tjommies by Vaaldam af om te hengel vir die naweek., geen tent , sommer net `n seil vir skuiling en niks gehad om te vrees nie.Honderd en twintig kilometer van die huis af.

  13. Daar is niks lekkerder as ‘n drive-in hotdog nie, ons het in Roodepoort by Sterlig en ek kan nie meer die ander onthou nie gefliek.

    Ek het daar saam met my Ma the Gods must be crazy gekyk, jy kon my Ma myle ver hoor lag, haar lag het die hele drive-in deurgehardloop.

    Nou-nog as ek die woord drive-in hoor wil ek my pajamas en pantoffels aantrek en op die agtersitplek met my kombers gaan sit, reg vir die 2 movies en moenie die cartoons voor die movies vergeet nie hoor!!

    Ek en Kuifie het eenaand so hard gevry in die wit volla dat ek die fusebox in flarde geskop het, hehe🙂

  14. Hie-hie Koeksister, ek ken van daai vry inni drive-in… Pretoria, somewhere op ‘n koppie… ek en liefie moes Dirty Dancing twee keer gaan kyk het, want die eerste keer was die vensters toegewasem…😳

    Dis nogsteeds ons favourite movie…😉

  15. Ken van daai vensters toewasem. Ek en man nr 1 het dit goed gedoen. Een aand is daar 2 ouens en ‘n girl langs ons. Die ou gaan toilet toe en toe hy terugkom toe skud die kar lekker. Toe staan hy maar buite en fliek kyk😆

  16. Bytjie, ek laaik daai bed opmaak en sweets! Toemaar, ek was net so stupid

  17. Toemaar Dellie, ek ok nie. Nou sukkel ek steeds om op te hou. Dalk het ons nog by dieselle drive-in gevry. Onthou jy die Fonteine?
    Daai Wilson toffies was darem net die ding hê Linda. En die Vicks bubblegums – hulle was huge.
    Slons, julle was eintlik bevoorreg. Het meer geweet as ons arme dorps- en plaaskenners.
    Ja Breintjie, Babsfontein was ‘n lekker skoffelplek. My ma-hulle het ook daar gedans voor ons!
    Koeksister, ek dink jy is net so jolig soos jou ma. Jy lyk net naaaaaaais

    Onthou julle Sondae-middae was slaaptyd vir ons ouers en dan het ons al die stront aangejaag wat ons kon! My ma het my eenkeer 10c gegee toe die roomys-karretjie verbykom (dit was die booi op die fiets met die boks) en gesê ek moet net een roomys koop (5c), maar toe koop ek twee! Sy het my ‘n goeie pak slae gegee!

  18. Annie, ek sal nie verbaas wees as ons op dieselle plekke gevry het nie!😆 Oi, Fonteine… daar gaan draai laat-aand vir ‘n milkshake… en dan praat ek nie eers van die tuine van die Unie-gebou nie! 😳 En dit was veilig! Ag, waar is die dae…

  19. Ja ek en mevrou brein het ook lekker amper se ek seks gehad op die agterseat, in die drive inn.Toe raak ons aan die slaap.Nadat al die karre weg is in die drive in klop iemand teen die opgewasemde ruit en se meneeer, meneer ons wil sluit.Toe ons uitkyk is ons die enigste kar in die hele plek oor. Fliipit toe moes ons alles optrek en aantrek en oor hop op die voorste sitplekke.

  20. My eerste date met Pa – sal ek dit ooit vergeet ?- was Drive-In toe – in ‘n’ Ford Cortina – moet my nie vra vir verdere spesifikasies nie dis nie my forte nie – as ek reg onthou het ons Kelly’s Heroes gaan kyk – ons “vertoef ” ook toe nou bietjie langer daar in die drive-in na die fliek klaar is! – en toe daar nou amper ook nie meer ‘n motor of siel in die omtrek is nie en ons net so paar meter ry besef Pa daars fout met die motor – papwiel! en soos murphy dit beplan – is spaarwiel ook pap ……… swaer en sus moes toe kom help in die nood – die aanmerkings en geterg het ons lank daarna gehoor van wat die “oorsaak” van die papwiel was.

  21. lol @ Masharona.

    Ek onthou ook altyd die inry, saam met my ma-hulle. Het ook altyd komberse/kussings gevat en ‘n lekker bed gemaak voor die kar. Ek was mal oor die inry.

    Het ook by die “Veldskoen” in Randburg gaan “inry” maar toe was ek darem al groter en het gewerk al. Dit was great fun. Het ook daar met my eerste kêrel die ruite laat opwasem…….hehe. Wonder waar is hy in die lewe?

    Dellie – die verste terug wat ek kan onthou was toe ek amper R2-00 vir ‘n pakkie sig betaal het. Toe wou ek al in my broek skyt.

  22. Lyk my ons almal het al ‘n paar vrye gehad in die Drive-in, dit was maar altyd snaaks om ‘n kar met toegewasemde vensters rustig te sien wieg en so nou en dan, kom die briekligte per ongeluk aan soos daar vasgetrap word daar binne. hehe

  23. daardie laat aande se buite speel, so sorgvry en geen vrees om tot watter tyd nog buite rond te loop en by jou vriende tekuier, toktokkie te speel, vrugte te steel (nou is daar skaars ‘n erf wat vrugtebome het). Weet julle ek is so bly dat ek nie in TV era groot geword het nie, ons het ons self vermaak en gespeel binne en buite die huis. Drive-inn, ja die komberse en kussings selfde, hel dit was darem lekker dae nê, het julle ook so baie gelag, hemel weet ons klomp kon lag en joke oor alles ek dink ek het my jeug omgelag. Selfs skool was vet pret, so baie vriende gehad,… ook op ‘n klein plekkie skoolgegaan, Vierfontein in die Vrystaat, almal het almal geken.

    Soms wonder ek hoe het my ma uitgehou met al die maats wat by ons kom oorslaap het, ons huis was altyd vol kinders al was ons net drie, ek en my twee broers, sy het die geduld van job gehad en my pa was self die rustigheid vanself, hel ons was besige kinders.

  24. Ja Ida, ons het net so baie gelag. Ons was 4 maats (4 musketeers) en het vreeslik kattekwaad aangevang. Toktokkie speel was ons gunsteling en as ons weghol dan pie ons almal so ver ons hol. In die middae na skool het ons dorp toe gegaan en stront aangejaag in die winkel. My een pel het haar eendag natgepie in ‘n winkel, so het ons gelag. Dit was soooooo lekker

  25. Daar was ‘n groot woonstel blok naby ons huis. Ons was ook so 3 of vier kinders, dan het ons die voordeur matjies gevat (op die 1e vloer) en voor ander mense(op die 3e vloer) se deure gaan sit. Dan wou ons, ons doodlag. Ons het dan ‘n briefie gelos waarop gestaan het “Die swart kat was hier”… Ag dit was te lekker.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: