Totsiens, my laaste posting hier. Die Brein en Deon Maas blog saam.

“Ek het vandag die aanbod van `n leeftyd gekry, uit `n onverwagse oord , Deon Maas die briljante beoordelaar van Afrikaanse Idols en bekroonde skrywer van Afikaanse media en radio/tv persoonlikheid,  het my gekontak. Na `n gesprek van twee ure op my selfoon het hy my gevra om saam met hom in `n venootskap `n blog te stig wat wat sal gatskop en `n teenvoeter sal wees vir blogs soos Bosparra.com asook Die werf.Ons glo dat baie van die mense wat op die blogs comment ons sal aanhang en eerder hul stemme by ons sal dik maak.Nie dat ek julle wil aanvat hier nie, maar money makes the world goes round.Die lewe gaan tog oor geld en ek glo geld is alles.Ek kan ongelukkig nie die aanbod van die hand wys nie

Ons blog se naam gaan wees “Brein en Maas Met Mening“.Dit gaan volgens Maas vreeslik dinamies wees en gaan blogs in die land in `n nuwe dimensie/fase van professionaliteit stuur iets wat die bloggosfeer nog nooit aanskou het nie.Om alles te kroon is ek uitgenooi om saam met Deon Maas ,………….`n beoordeelaar van die volgende Afrikaanse Idols te wees, beide ek en Maas gaan deur Steve Hofmeyr opgelei word , waarna om te kyk en te luister terwyl voornemende idols hul oudisie voor ons doen.Die Maas/Brein (Meesterspan) sal sorg dat die volgende idol sy sout werd is.Ek en Maas het groot vriende geraak met ……….“hey , fok brrrrr shit as my baas my nou kon sien hier sit ek met `n bek waar die coil uitloop, ek het salig onbewus voor my lessenaar aan die slaap geraak en lekker gedagdroom, wat `n nagmerrie ek en Maas Haas ek sal hom eerder uit sy gifappel skoenjies uitwetter.

Sorry maar eks vir eers hier om te bly en gatte te krap, te stir en mense te laat skaterlag en aangesien ek Die Brein is so bietjie savvy ook te gee.

Beloning vir die een wat kan se watter een van die onderstaande fotos is Deon Maas.

35 Responses

  1. Brein jy’s ‘n regte WERFETTER!!! Ek gaan jou beslis nominate vir die volgende een….. hahaha.

    Shit, ek het jou amper geglo. Goed geskryf/gedroom Brein, jy hou ons dae interessant. Ek laaik jou kwaai!

    Hopelik was dit nie ‘n “room-droom” nie…..hiehie😉

    O ja, die fotos is ‘n moeilike een…. Eish, ek sukkel om hom uit te ken. Moet sê die laaste foto lyk bekend……whahaha.

  2. Watte fokken nagmerrie….. Halfpad deur het ek al klaar my comment gereed gehad…😆

  3. Ja julle ek mal, maar nie so mal nie.

  4. Koekie, ek stem. Hy is ‘n regte werfetter maar ek laaik sy postings – sien uit daarna.

  5. Vokit Brein, as kakpraat ‘n kolletjie was, was jy lankal ‘n tarentaal!😆 Ek het jou amper geglo! Hie-hie!

  6. Jyse bliksem. tsk. bwhahahahahhahahahaaha

  7. Jirder, Brein!!🙂

  8. Brein, Ek het net so entjie gelees toe weet ek al klaar nou praat jy die grootste K@k wat jy kan uitdink, ken jou mos nou al ‘n rukkie hier op die blog wêreld, liewe goeie Griet en haar perd wie gaan dit nou van jou glo?? Moet sê die foto van Maas en die laaste een langs hom het ‘n geweldige sterk ooreenkoms dit moet hy wees, daar kan nie nog iemand wees wat so op ‘n druppel na Maas trek nie.

  9. Jou ma … so begin my onverdraagsame stukkie kommentaar voordat ek heeltemal klaar gelees het. Ek vra om verskoning dat ek sou hardop op jou hier sit en skel het!

    Dan dink die mens daardie ander knaap kan baie kak uitdink!

    Helaas, skitterend gedoen.

  10. Kwaai Ida Jvr dis amper `n spieelbeeld van Maas Haas.

  11. Uit “Poena is Koning” net na Poena sy kitaar om Maas se nek gehang het:

    “Haai wat het nou gebeur?”
    “Ek dink ek’t sopas in my broek gepis!”

  12. Pagoda!!!!!! hehehe Jy en Brein is so snaaks

  13. Dis darem die lelikste asshole daai

  14. Ek sou sê die derde foto, maar wil nie die “hol” so beledig nie.

  15. Wel…ons kan maar net hoop Maas is so “tight” soos daai pruimlippies in foto 3. Dalk is dit nog syne ook! Dan’s die ou nog ‘n virgin ook! En dan…

    Wag wag wag…wil nie nou al ‘n ouderdomsbeperking op die site nie…ons hou dit by PG13!

  16. Rustig ek like daardie comment, ek vra nederig om verskoning vir poepol om hom met Maas te vergelyk.

    Emil dankie, het ak al genoem dat jy een van die bloggers is vir wie ek die meeste respek het en natuurlik ook vir Rosalind Franklin.

  17. Pagoda het jy nie my mail gekry vroeer die week nie?Is die PG31 OF 13?

  18. Breintjie – jou kop is verseker vol kreukels en ek sweer jy is besig om deur ‘ n tipe mid-life crises te gaan (jy is in elk geval nou op die regte ouderdom daarvoor hie-hie) – om te sit en dagdroom dat jy hand om die bal is met Maas – Stem saam met Rustig en die stelling – wie wil ‘n hol nou so beledig?

  19. Ek bekyk nou daardie 3de foto weer baie mooi en van baie nader oor Pagoda se kommentaar oor “pruimlippies” en ……………..ek weet nie hoe Pagoda kan sien dat dit ‘n virgin is nie …………….maar ek kan sweer ek sien “haemorrhoids”

  20. Whahaha Rustig, goed gesê.

    lol @ Pagoda.

  21. PG13…beteken dit mens moet ophou vloek?😆

  22. Neeeeee man…jy mag vloek, maar met een of albei jou ouers teenwoordig!😯

  23. Masharona ek glo regtig nie aan mites soos warmgloede, mid-life crisises , impotensie, selibaatskap en PMS en sulke stront nie, dis alles ouvrou stories.

    Watter skeet het jy nou onderlede om jou geliefde brein so te bombardeer.

  24. Brein…jou mail gekry. Was so dag agetr met hom en het die laaste paar dae gebuk gegaan on boskakker IP’s wat deurgemail was…so ook mails wat aangestuur was, signatures wat nagespoor was…en en en…Vrek baie info om te herkou. Maar vrek interessant

  25. Breintjie – (geliefde Brein – jy sal jou wat verbeel) – ek het nie tyd vir skete nie – en dit weet jy. Dit gee my net oneindige plesier om jou so te verpes. So terloops – het jy al die Vonk Toekenning nomonasies gesien?😀

  26. “nominasies”

  27. Nee gee my `n link.

  28. Breintjie – e-duif is oppad.

  29. Hmm geen wonder Brein kry niks gedoen nie! Hy sit en kwyl al die papierwerk papnat!
    EK skiet vir jou snotbolletjie Breinster lat hy op jou voorkop vas splash en jou wakker laat skrik uit jou dagdrome uit! Sies so ‘n gekakpratery moet sout en mayo kry:mrgreen:

  30. Hadida good people

    Brein, daar`s nie salf aan jou te smeer nie. Jy sal my nog grys hare gee, voor my volgende verjaarsdag! Sjame, amper het ou Maas op hol gegaan oor jou gedromery! LOVSEL!! (Le op vloer soos ek lag!!)

  31. hehe! Sigeuner ou gabba jy maak my LOVSEL!:mrgreen:

  32. Sigeuner en OO7Meisie me I like Mayo en sout.

    LOVSEL, Kwaai dit lyk seker soos `n vloermoer.

  33. Daars nie pille vir julle klomp nie, maar ek geniet dit baie! Lyk my hier is net skerp potlode in die werfblikkie. Brein ja ek dink LOVSEL is ‘n lagvloermoer. Nee man jy kan nie van Mayo en sout hou nie gaga, jy moet weet as 007Meisie praat van sout dan bedoel sy sout en bietjie Mayo.

    lekker dag al julle skerp mense.

  34. 007Meisie praat eintlik maar net van sout oor dit juis DIE middel is wat SLAKKE die meeste haat LMGA!

  35. sac x26 fox casino oklahoma atlantic city casino st melbourne hotels near crown casino .caesar palace casino palm casino bonus casino mgm detroit grand casino .paddy power casino games burswood casino perth australia .palace casino cass lake stardust casino las vegas harrah’s casino nc vegas weddings casino .as for me sandia casino buffet .about .too .ought to which microgaming casino no deposit online fun casino games so so As to uk casino club Is the borgata casino atlantic city new jersey cache creek casino tribal gaming license This was hotels near snoqualmie casino Well and this is the best resource on Realy nice atlantic city casino shuttle stanley casino liverpool Well Why bellini casino After atlantic city online casino borgata casino employment about casino royal As so treasure island casino crown casino concerts luxor casino in las vegas nv soaring eagle casino address Best chukchansi casino california ought to
    g2s casino seneca niagara casino in niagara falls ny .This follow yacine jamel comedy club casino de paris inside quotes on casino this online casino license .neither .Usualy .also which contains all of the golden tiger casino flash harrah’s casino california Usualy Here hogansburg ny casino Come to rainbow casino indiana live casino shelbyville in mgm grand casino michigan san manuel casino jobs Following a hotel at casino niagara Links which .

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: