The good ole days

Scenario

1988

2008

Piet en Jan raak betrokke in ‘n fight by die skool

‘n Groot groep seuns vorm rondom die twee, hulle slaan die k#% uit mekaar uit, skud hande en die volgende dag is hulle dik pels.

Polisie word ontbied en arresteer vir Jan en Piet. Alle selfone met videos van die fight word gekonfiskeer as bewysstukke. Albei word aangekla vir aanranding. Altwee word geskors al het Piet alles begin. Die ouers word ingeroep vir konsultasie en die ander kinders wat die fight gesien het kry trauma berading. Die video van die fight is beskikbaar op YouTube.

Piet ontstig die klas want hy wil nie stilsit en stilbly nie

Piet se gat word vuurwarm geslaan. Hy sit nog steeds nie stil nie want sy gat brand te veel, maar hy hou darem sy bek en maak matriek klaar en word ‘n suksesvolle besigheidsman.

Piet word op Ritalin gesit want hy het een of ander hiperaktiewe neiging. Word ‘n zombie. Word getoets vir ADD (Attention Deficit Disorder). Die juffrou sukkel haar gat af. Piet kan nie bybly nie en verlaat skool na Standerd 6.

Jan gooi ‘n klip en breek ‘n ruit van die buurman se huis.

Jan se gat brand. Hy moet vir ‘n week lank in die buurman se tuin werk.

Jan se gat brand. Sy pa word gearresteer vir kindermishandeling. Jan word in pleegsorg geplaas.

Piet druip Engels op Ho?rskool.

Piet se gat brand. Hy moet Engels ekstra klasse loop. Hy slaag Engels goed in matriek en gaan Universiteit toe

Die Onderwyser kry die skuld. Piet is getraumatiseer. Sy saak word opgevat deur ‘n plaaslike menseregte groep wat bepaal dat dit rassisties is om Engels ‘n vereiste vak te maak. Dit raak ‘n politieke storie en ‘n saak word aanhangig gemaak teen die skool en die Onderwysdepartement. Engels word van die curriculum afgehaal. Piet slaag matriek goed, maar sny gras vir ‘n lewe want hy kan nie Engels praat.

Jan vat ‘n klomp klappers, maak ‘n bom daarmee en blaas ‘n miershoop op.

Jan se gat brand. Die miershoop is in sy moer. Duisende miere dood.

Die Veiligheidspolisie en Dierebeskermingsgroepe word ingeroep en Jan word aangekla van stedelike terrorisme en dieremishandeling. Sy ouers word dopgehou. Jonger broers en susters word van die huis af weggevat. Hulle rekenaars word gekonfiskeer en Jan se pa word op ‘n lys van terroriste geplaas en hy kan nie verder werk kry nie. Die familie krepeer.

Piet val sy knie in nerwe gedurende pouse. Sy juffrou vee sy trane af, maak die knie skoon en gee hom ‘n drukkie.

Piet voel gou beter en tweede pouse hol hy al weer rond.

Piet se Juffrou word beskuldig dat sy ‘n pedofiel is en verloor haar werk. Sy kry ‘n opgeskorte vonnis. Piet ondergaan terapie vir die volgende vyf jaar. Raak ‘n moffie.

22 Responses

  1. Ja vokit Annie, hierdie is so waar.

    Die een van die Rittalin en die klappers is flippen snaaks.🙂

  2. Hehe, blaas ‘n miershoop op🙂

  3. Vandat ek ‘n kind was tot nou toe, het die hele wêreld van sy as afgeklim.

  4. Ja dis hoe dit is, die hele werld raak mal,maar ek sou nie omgee as `n mooi juffrou met my gelol het op skool nie, Soos ek al gese het ek sal my kop heen en weer skud en se Nee, Juffrou Nee!! moenie ophou nie.

  5. Pagoda,

    Jy het alles nou so mooi uiteengesit , presies soos wat dit is, ek sal darem nie omgee as ‘n paar skoolhoofde dit kan lees nie.

    Brein ek weet nou waaruit bestaan daardie brein van jou, die grootste gedeelte seks en die res om stront uit te dink!! hahahahah!!

  6. Dis actually Anniegetyourgun se posting…maar ja, dis kak snaaks!

  7. IdaJvr – hierdie is Annie se post…..hehehe😉

  8. Nee jong ek is seker deur die k@k vanoggend, skuus Annie, dit is jou posting, ek neem sommer aan dit is Pagoda, nee wag dat ek eers myself so bietjie wakker klap.

  9. dankie Koekie ek het dit toe ook so agtergekom!!!

  10. Is jy nou wakker Ida? Toemaar dit het al met my ook gebeur.🙂

  11. Ja nee eks nou helder wakker! moet nou eers bietjie aan die werk spring, sal weer so bietjie later kom loer wat gaan aan op die werf, eers bietjie hierdie werf van my regruk.

  12. Hie-hie, arme Jan en die miere!😆 Ja, ‘n pak slae op sy tyd het darem maar wondere verrig.

    PS. Ganit met jou vrou Brein?

  13. Toemaar Ida, dit het net gisteraand met my gebeur. Verwar toe mos Koek en Koes se sister😆

    Brein, ek dink dis menige laaitie se droom, en ek is seker ‘n paar van hulle tlek dlaad oor ‘n juffrou

  14. 😆 demoerin se gat het ook baie gebrand….
    Regstellintjie – Die Juffrou word aangekla dat sy ‘n Pedofoes is…hehehehe

  15. Ja…die manlik daarvan is fedopiel…ag ek meen pedofiel

  16. Dellie ja my vrou is darem beter, maar nog nie reg nie.

    IdaJvr ek se mos as jy my brein oopsny sal jy 10 000 klein p@#sies binne in kry.:lol:
    Annie ja daar is mos mooi juffrouens en die latte kwyl oor hulle.

    Ek se dit en ek se dit weer, wat is mooier as `n mooi vrou?`n Mooi vrou wat lelik sit.

  17. Haai julle, ek het vandag so hartseer gewees wou net huil, my een kleinkind het weggeloop, hulle het hom darem gekry, maar ai drank en satanisme word nou genoem waarmee hy [14jr ] en `n maat 16 jr oud besig mee is, iemand sê toe vir my seun hy het die kind sien hike my seun sê dis onmoontlik die kind is ver daarvan daan in `n bewaarskool, wel toe my seun die plek bel sê hulle hy is al twee dae weg, maar laat weet hom niks. weet nie wat gaan verder gebeur nie, die kind is al uit hoeveel skole geskors.

  18. Sterkte ((bytjie)). Dink aan jou. xx

  19. Ai Bytjie…😦

  20. (((Bytjie)))

  21. Ag sterkte Bytjie. Ons kan maar net bid.

  22. Dankie Koekie, Pagoda, Linda en Annie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: