JY KRY DIT NET IN AFRIKA!

My inspirasie vir die posting was die volgende.Vanoggend luister ek na Oos Rand Stereo, Fredy Nest (Beter sanger as Steve) was die gas op die program.En hulle het sy liedjie gespeel “ Jy kry dit net in Afrika”Jy kan dit nerens anders kry.

Wel ja die volgende kry jy ook net in Afrika:

Negatiefwe Dinge:

1: Vakbond Vastrap (Toi-toi)

2: Dis Apartheid se skuld. Tot in die tiende geslag na apartheid afgeskaf is.

3: Minibus Taxis.

4: Laat kommery-Afrika-tyd.

5: Rompslomp.

6: Swak dienslewering.

7: Staatsgrepe.

8: Stagnasie , agteruitgang, en geen vooruitgang nie.

9: Ak47`s op landsvlae.

10: Hoogste misdaadsyfers.

11: Labolla.

12: En natuurlik BLOUBULLE EN AROGANTE BLOUBUL ONDERSTEUNERS.

Positiewe Dinge.

1: Biltong.

2: Braaivleis en pap.

3: Boere Meisies.

4: Springbok rugby.

5: Boeremusiek.

6: Natuurskoon en wild.

7: Die Stem.

8: Opskop en skuurdanse.

9: Suikerkaskenades.

10: Afrikaans.

11: Natuurlik vir die girls is daar Boere manne, soos Die Brein.

12: En laaste maar nie die minste nie.Leeu ondersteuners, Cheetah ondersteuners, ag shit enige iets solank dit net nie Bloubul ondersteuners is nie.

Jy kry dit net in Afrika, jy kan dit nerens anders kry, jy kry dit net in Afrika.

31 Responses

  1. Oulik Brein – behalwe natuurlik die Blou-bul opmerking…..haha.

    Nog ‘n paar:

    9 amptelike tale
    Boetes/waarskuwings vir pedofiele/verkragters.
    Castle

  2. Pieter De Villiers 😛

  3. Hey! 👿 Ek protesteer! Ek gaan toi-toi! Hierdie ene hoort by die positiewe deel: BLOUBULLE EN ARROGANTE BLOUBUL ONDERSTEUNERS. 😆

  4. Dellie – kry ek jou in Orania? dan toi-toi ons saam..

  5. Protesteer maar soos julle wil feite is feite.

  6. Jaaa Brein – ons gesels weer na Saterdag se game! 😆 Jy ondersteun wie nou weer? :mrgreen:

    Koekie, toi-toi in Orania? 😯 Ons sal die polisievrou moet saamneem vir beskerming! 😆

  7. LEEUS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!51% EN CHEETAHS 49%!!!!!!

  8. Hies ek Dellie! Gaat saam! En almal toesluit wat nie die Bulle ondersteun nie 😈

  9. Hiehaa! Hoe laat vertrek die bus? Ek sal solank die coolbox vol ys maak en sorg vir ietsie vir die kele.

    Linda – Ek wil asb my pienk vere verruil vir bloues. Thanx. 🙂

  10. Julle kan nie gaan toi toi nie want in Suid-Afrika staan dit nou bekend as “Industrial Arobics” en in watter industrie is julle nou eintlik?

  11. In die “diens-verskaffers” industrie 🙂

  12. Brein, ek hou ook nie baie van die bloubulle nie maar ek moet darem ook ‘n onderskeid tref tussen die bloubulle en arrogante bloubul-ondersteuners. Ek dink dat dit juis die arrogansie van die ondersteuners is wat maak dat baie mense nie die bloubulle kan verdra nie.

  13. Koekie, vat baie wyn. As die polisievrou van diens af is gaan sy in Orania se strate dans

  14. Maak so Annie. 😉 Ek kry sommer hierdie cheap doos-wyn, is dit reg? Dis nou op special hier by ons, koop een doos en kry een gratis.

    Dellie – enige voorkeure?

    Ons gaan Orania op horings neem vanaand… 🙂

  15. ♪ ♫ Daai wyn, daai wyn, daai dooswyn ♪ ♫
    ♪ ♫ Ons almal drink daai wyn ♪ ♫

    Ai, hoe verlang ek nou na die dae op SSSB toe ons soplepels vol takiela gedrink het… 😦

    Jy moet maar so bietjie takiela ook saamvat Koekie, dit laat my oppi tafels dans – en dan kan ek baie moooi foto’s neem van daai angle af! :mrgreen:

  16. Wel dit is loslitdag en ek het my eerste “shooter” agter die blad en die girls is besig om die rooiwyn oop te maak. Enige iemand vir ‘n dop?

  17. Dooswyn- “Viva le conti!” 🙂

    Ek like natuurlik al die positiewe dinge, sal maar die negatiewe ignore vir my eie behoud. 🙂

  18. Ek onthou die soplepels Dellie, myne was turquois, het hom nou-nog 😉

    lLinda ek hou my lepel, jy kan maar gooi. 😆

  19. Koeksister, ek het ‘n kristal ene, en hy sit hier op my skerm. Ai, kosbare memories…

    Linda, gooi my ding, en laat hy val waar hy wil, netti oppi grond nie. 😆

  20. Ek het myne ook nog. Ek bewaar dit soos goud!!

    Linda – Gooi asb. My keel is erg droog….

    Takielatjie is in Dellie. Ek sit solank die PO10C ook op ys – dis vir na ons die takiela gesluk het. 🙂

  21. Tjorts ouens en vrouens!!

  22. Ai julle, ek raak nou skoon weemoedig. Dit was darem rerig lekker tye daai né? Toe was alles so eenvoudig, ons het dit net geniet om met mekaar te chat. Nie soseer omdat dat oor Steve gegaan het nie – ons het aanklank by mekaar gevind op sy blog. Dis so ‘n bitter-soet gevoel wat ek kry. Ek is net bly ons kon ons “vriendskap” op ‘n ander plek voortsit.

    Thanx, julle is ‘n ligpuntjie in my lewe elke dag. 😉

  23. Myne sit ook op my skerm, jy’s reg Dellie, julle almal is my medisyne elke dag 😆

  24. Wat se gesuip is dit hier op my posting?Dooswyn of papsak.Dit raak rof hier ek gaan nou my onnerbroek vat en waai.

    Ek missie SSSB nie!!!!Maar as dit weer oopmaak sal ek ook daar stir.

  25. Ons het so lekker gekuier hier op jou post dat ons sommer aan te suie geraak het.. 😉

  26. Ek hoop julle het almal uitgepass van al die drank en dat die bus nog nie vertrek het nie, ek wil saam gaan Orania toe om te gaan toi-toi of wat ookal ons daar gaan doen. gryp net gou my skoene en Julle sê nog so boks dooswyn sal reg wees vir daardie babbelasgatte. Ok. ek is reg hou oop daardie deur hier kom ek. As ek dit nie maak nie sal ek maar moet vasbyt aan die spaarwiel.

    Brein nou hoe lê jou onderbroek dan nog hierrond het jy hom toe nie gevat nie, of het jy maar saam begin suip!!! Hahaha!

  27. Haai Almal
    Eks n BOERSEUN van die Vrystaat maar werk in Europa en wil graag my rugby op my Computer kyk waarookal ek is
    Is daar so n plek en HELP Asseblief

  28. Ek is ook stoud oor die braai reels Gaan dit ook print en plak

  29. Hallo Boerseun!! Ongelukkig kan ekke nie help met darie probleem nie, maar jel! Dis goed om `n Boerseun hier raak te lees. Waarmee boer jy in Europa? Of in die Vrystaat, as jy hier is?

    Ja, Dellie…good old times darie met `n blog wat `n sjebeen Queen gehad het!

    Die tyd van kristalle stuur was nogals lekker. Daar was darie tyd 21 bloggers wat stene gekry het. So paar wat op sssb gevra het, maar nooit hul adres vir my gestuur het nie, OF `n e-pos adres gepass!! Kan julle dit glo? Ek was nou nie juis in `n mood om klippe deur my screen te gooi nie!

    Groot Brein poepol…moenie met my skoor nie!! Ek is `n baie arrogante BLOU BUL ondersteuner!!! En nr. 12 is my gelukkige nr. So, soos Pagoda se: water van `n eend se rug….

  30. Ai Dellie…my hele mindset is vasgevang in die laaste comment van jou hier

  31. Brein, ek trek net jou been! Wou eintlik net se: Jy`s altyd reg. Ons Blou Bul ondersteuners is maar so gemaak en gelaat staan! Maar ons weet van wen!!!

Leave a reply to Linda Cancel reply