Percy sê “Vaarwel”…

Ouens, ek voel amper lus en probeer om met my “mag” as blogleier om julle stemme te probeer swaai in die HOF poll.

Die ou het sy alles gegee vir SA rugby en het sy aftrede uit internasionale rugby aangekondig. Een van net agt spelers ter wereld wat al meer as 100 toetse agter die rug het! Kyk ouens, ek weet dat hy vir jare die spot mee gedryf was oor sy kleredrag, sy “bootse”, sy hare en wie weet wat nog donerswil alles, maar hy verdien tans die respek van baie in hierdie landjie van ons.

Hier’s ‘n paar fotos geneem (deur iemand…fok weet wie…thanks vir die mail😉 ) waar sy spanmaats totsiens sê. Ek dink dis blerrie smart…en as enigiemand voel hy verdien dit, stem vir ou Percy in die Hall of Fame vir September 2008 poll…ons kan altyd volgende maand, na die Paralympics, weer vir ou Natalie du Toit stem😉

9 Responses

  1. Ja Pagoda, dis waar.

    Ek sal nooit daai brief vergeet wat hy destyds vir huisgenoot geskryf het. Ek het hom baie jammr gekry. Hy het sy beste gegee, en soos jy sê Pagoda, het almal met hom gespot oor sy pienk bootse en gewonner hoe lank vat dit hom om sy hare geblaas te kry. Hy’s eintlik ‘n great ou….

    Ek het ongelukkig klaar gestem.

  2. Hy is great want niks het hom afgesit nie en hy het net al die pad sy beste gegee. Ja Koekie, my hart het gebloei vir hom na daardie brief, maar ek het maar net weereens besef van watter stoffasie hy gemaak is.

  3. Ja Linda, jy’s heeltemal reg.😉 Dit wys jou van watter stoffasie is hy gemaak. Hy het “gewen” ongeag al die negatiewe opmerkings oor hom.

    Hy is verseker ‘n goeie kanidaat vir HOF.

  4. Ek dink verseker hy moet sommer virre man vannie jaar gevote word. Hys een van die spelers wat gegroei het van krag tot krag. Nice pics. lol.

  5. Ek het gesien Platkuif het gister al die pics op Bosparra geplaas…my mail het maar stadig deurgekom! LOL! EK HET NIE BY BP GESTEEL NIE!

  6. Percy was vir my nog altyd ‘n class act! Nooit gesien dat die man sy “dignity” verloor nie. Was hy al ooit gekies as “man of the match” ?

  7. Ek het ook vir hom gestem.😉

    Ek wonder nogsteeds hoe lank het dit geneem vir die ouens om op te hou giggel tydens daai foto shoot sodat ‘n ordentlike foto geneem kon word?😆 Ek dink dit was ‘n baie mooi gebaar van almal.

  8. Ek het my vote al lankal vir Percy gegee, hy verdien dit deur en deur.🙂

  9. Dis hoekom ek hom genominate het.Hy verdien dit .Jy is reg Pagoda dan gee ons Natalie volgende maand `n kans.Maar die votes moet die laaste se se.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: