Soos water van ‘n eend se rug!

Ek het by Da Mario ‘n interessante post gelees omtrent sy blog en hoe hy voel mens moet wees op die blogosfeer as jy enigsins voel jy WIL ‘n suksesvolle blog “bou”.

Da Mario

Hier is sy 5 stappe:

Om te blog, vereis in my beskeie opinie so paar dinge:
– Jy moet dikvellig wees.
– Jy beter ‘n goeie humorsin hê.
– Jy moet dikvellig wees.
– Jy moet integriteit hê.
– Jy moet dikvellig wees.”

Na aanleiding van daardie punte, ongetwyfeld iets wat gespruit het uit onlangse “voorvalle” op sy eie blog en die daaropvolgende blog-sabatical wat hy geneem het, moes ek noodgedwonge my eie sienswyses verander, en daarmee sam wil ek ook vra dat al Die Werf se maatjies asseblief moet saamspeel.

Ek het Da Mario se post geneem en dit relevant gemaak vir myself. Met die onlangse gemors met Boskakker, Boskakkerinterupted, Earl Botha, et al…het ek probeer om die bliksem vas te trek, en dinge het stadig maar mooi gevorder in my projekkie. Toe ek tot die gevolgtrekking kom dat ek sopas die sluier gelig het (gisteraand) oor wie die persoon is wat ek so gejag het, het ek skielik uitgebars van die lag en tussen die trane wat ek moes vee van my gesig het ek die dankie emails aan die IT ouens gestuur en gegiggel soos ‘n skooldogter. Die ou / vrou wat gejag was is ‘n ou kuiergas hier ook! En ek het besluit om nie die naam bekend te maak nie want dis eintlik so pateties ek wil “cringe” as ek daaraan dink.

Skryfstyle was vergelyk met spasies, punte, uitroeptekens, herhaalde woorde, denkwyses wat vibreer het tussen AL DIE PERSOONLIKE van die karakter op WordPress, ens…en ek kon net lag. Earl Botha, en ten minste twee ander prominente karakters op WP, is een en dieselfde persoon…en die IP’s, skryfstyle, signatures gelaat in emails en op sites beaam dit 100%. So van vandag af verwys ek net na Earl Botha, en trust my, ‘n comment van die ander persoonlikheid hier op Die Werf sal my dryf tot ‘n lagbui “of note” in die toekoms!

Maar…

Moet my nie vra wie die persoon is nie. Ek sal nie sê nie. Hoekom? Thank Da Mario daarvoor! Ek voel ek is nou dikvellig genoeg om dit te laat gaan! Daar is NIKS wat die persoon kan sê of doen wat my enigsins kan benadeel nie, en nog minder enigiemand anders hier! So een versoekie aan al ons maters hier…:

Moenie die wetter skietgoed gee nie. Dis ‘n sad, sad mens wat, ek glo, redelik alleen deur die lewe gaan wat hom / haarself besig het met gemors soos dit. Onthou, “soos water van ‘n eend se rug!”

61 Responses

  1. Ag nee f@k!!! $#@%$#!!!!

    Jy kan nie dit aan ons doen nie Pagoda 😦

    Nou’s ek eers nuuskierig. Flippet.

  2. goeie besluit.verstaan jy nou hoekom ek net terug gesit en smile het 😉

  3. Dan trek ook maar my krokkodil-vel aan. 😉

  4. Mooi so Pagoda maar dis verseker `n vrou.Ek was nog altyd dikvellig en fyngevoelig daarby.Maar Da Mario is 100% reg soos Afrika nie vir sissies is nie, so is die bloggosfeer nie vir sussies nie.

  5. […] se^ dis ter aansluiting by wat DM se^ in sy ope brief asook Emil in sy Definition stukkie asook Pagoda en Wipneus so ruk terug… ens ens […]

  6. Hel julle maak ons so nuuskierig, Pagoda ken jy dan nie ons vroulike spesie nie, ons kan dooi van sulke nuuskierigheid, netnou lê ons almal in die hospitaal met erge stress omdat ons oor nuuskierig geraak het en toe begin stress want ons weet nie wie toe nou die groot sondaar was nie . Jy kan dit mos nie aan ons dames doen nie??? hahahaha!

  7. Jy het nou vir ons ‘n persentjie gegee maar ons mag dit nie oopmaak nie! eina!

  8. Sorry dames, maar ek’t besef dit gaan geen doel dien om sy / haar blognaam bekend te maak nie. Sekere goed is beter alleen gelaat as openbaar gemaak.
    Ek kan wel ‘n klein teaser gee…Met al die info op hande weet ek :
    1 Wie die persoon is
    2 Watter rugbyspan hy / sy ondersteun
    3 Ek weet tot iets van die persoon se kinderdae af…dis die scary bit! Die internet en die regte mense in jou sak is fantasties!

  9. Ja Ida sê hom! Dis baie erg…

    Ek dink ons moet vir Dellie vra om ‘n “onbetaamlike” foto van Pagoda te neem, dan pers ons hom af….hiehie.

  10. Vlok my! Ek sal self daardie onbetaamlike foto neem en aanstuur! Een met my vinger in my neus? 😉

  11. Ag nee Pagoda, daai 3 punte help niks nie.

    Sê net vir ons of dit ‘n man of ‘n vrou is.
    Asb ou Pagodatjie… het ek al vir jou gesê ons almal laaik jou en jy’s so nice en, en……. uhm… jy’s blerrie skerp en jy skryf baie goeie posts, en jy’s funny….en…. Ok, ok dis nou genoeg………hehehe.

  12. *Pagoda skud net sy koppie* 😉

  13. 😆

  14. Dis mos nie nodig gewees om sulke intense moeite aan te gaan om agter die kap van die byl te kom nie. Van ons wat onder hom/haar deurgeloop het, weet mos lankal dis “… ‘n sad, sad mens wat, ek glo, redelik alleen deur die lewe gaan wat hom / haarself besig het met gemors soos dit.”

    Duidelik ‘n persoonlikheidsversteuring!

  15. Dit is jammer dat mense agter maskers dapper is, want dit is eintlik so lafhartig om statements te maak en niemand weet wie jy is nie. So ‘n persoon moet maar eintlik ontmasker word. Maar ek respekteer jou besluit.

  16. Pagoda32

    Dis per slot van sake jou blog en jy besluit wat gebeur en wat nie. Jy weet wie dit is en wat die persoon alles gedoen het, ek het nie die feite nie, maar hier en op ander blogs gelees van iemand wat krap waar dit nie jeuk nie.

    Maar met verwysing na jou en Ricky Louw se debat ‘n paar dae terug, plaas hierdie jou nie maar nou in dieselfde kategorie as platkuif en die ander parras wat altyd raas en blaas en hope info het maar as dit op die push kom nooit niks het om julle stellings te boekstaaf nie?

    Ek persoonlik weet mense en rekenaars kan getrace word, maar op die oog af kan iets soos hierdie jou geloofwaardigheid ‘n knou gee.

    Maar is dit juis deur die persoon nie bekend te maak nie, nie maar dieselfde as die regering wat niks doen aan misdaad nie? Die persoon gaan nie stop nie en het reeds soos ek sien verkeie mense baie skade berokken met sy / haar optrede. Handelinge wat opsig self krimineel is en gesien kan word in dieselfde lig as opsetlike saak beskadiging.

    Vra maar net. 😕

  17. Ag ek kan nie glo julle klomp val hiervoor nie. Pagoda ek het mos op jou ander post vir jou gese jy gaan net jou naam gat maak soos die ander mense op ander blogs wat heeldag dreig ens. Fok man hoekom lieg jy? Maak bekend die naam. Of het jy nou gesien jy gaan niks regkry nie en nou dink jy ander verskonings uit.
    Die ou storietjie van skryfstyle ens. is sommer ‘n pot stront. Mense wat bubbels hap en links en regs mense wil beskuldig dink daai kak uit. As jy nie iets kon regkry nie se dit, maar moet nou nie die mense hier verder bullshit nie man.
    Fok soos ek die anderdag vir jou op daai boskakkers post van jou, waar jy so braaf was gese het. Wees windgat en braaf as jy klaar die ou/vrou uitgevang het, nie voor die tyd nie, want jy maak net jou naam gat.

    Ek kan net nie glo dat al hierdie mense wat hier comment nie sien jy praat kak met hulle nie. Jy was dan so braaf wat het nou gebeur? Hoekom wil jy nie se nie? Kak verskoning, paar van die slakkies sal dalk vir dit val, maar ek verseker nie.

  18. Nou hoekom so aanvallig, Ricky 😉

  19. Ek vrek nou van nuuskierigheid ! 😯

  20. Hoekom nie. Fok ek is al so gatvol vir hierdie klomp internet nerds wat altyd vertel hulle gaan almal trace en donner ens. En dan waarsku ek hulle ook nog voor die tyd om nie so braaf te wees nie.
    Maar nee, elke keer is daar een of ander wonderbaarlike verskoning hoekom hulle die ou/vrou nou nie wil expose nie.
    En dit kan ek nog vat ook, maar wragtag dat ander mense hierdie kak verskonings glo..

    Gaan lees maar wat ek die anderdag vir Pagoda geskryf het. Vandat ek so januarie die jaar die eerste keer op blogs afgekom het, het ek nou al vele male hierdie kak gesien. Van hoe hulle mense gaan trace en expose ens ens ens. Ek het dit al op vele blogs gesien, elke kort kort. En die manne en vroue is braaf en hulle onderdane cheer vir die ysters.

    MAAR EEN DING WAT EK NOG NOOIT OP DIE BLOGOSFEER GESIEN HET, IS DAT EEN GROOT BEK AL OOIT EEN VAN DAAI BELOFTES NAGEKOM HET NIE. aLTYD NET WEER EEN OF ANDER VERSKONING.

  21. Wat sou jy wil sien? Dat mens jou expose 😉

    Of dink jy hulle vind uit wie dit is en dis ‘n maatjie van hulle?

  22. Skuus, Ricky, wou nog bysê – “hits”, dis seker waaroor dit gaan. Soos Whiteknight hierbo noem, niks beter as die huidige regering nie – ek sien jou punt. Op ‘n tyd skreeu almal blou moord, en dan … poof – niks, behalwe ‘n verskoning nie.

    Miskien is dit alles een enorme komplot – vir “hits” … wat ek nou een bygegee het 😳

  23. Nee wat my hoef hulle mos nie te expose nie, ek se mos vir wie ek wil, wat ek wil onder my eie naam. Jy weet mos, en die slakke en heelwat van die parras het ook mos al met my vasgesit. Ek was ook nie bang om na daai paartie toe te gaan nie en my gesig te wys nie. Anders as ander mense wat net hier wegkruip agter nicknames en baie braaf is.
    Fok Emil ek probeer mos nooit mense trace nie want ek weet dit is byna ontmoontlik. Maar ek het mos al so paar blogs gehad en weet jy het so paar ander nicks. Ek hoop nie dit is vir jou wat hulle hier jammer kry nie.

  24. Nee o hel, Ricky, nou mis jy die bus heeltemal 😯

    Ek is en was nog altyd net Emil.

    Soos jy, skuil ek agter niks – weet jy mos teen die tyd.

    Nou wonder ek na watter nicks jy so verwys, want net nou die dag is ek sommer ook beskuldig dat ek boskakker is. Ek sukkel om by alles uit te kom onder my eie naam … hoekom nog sukkel met pseudonymns. Jy weet mos, dis harde werk om so tussen karakter rond te spring.

  25. Ja ou Ricky ek weet ook waarvan jy praat, jy het ‘n punt daar, maar ek sal nou nie sommer vir Pagoda aanvat daaroor nie, dit bly seker maar sy keuse of hy wil sê of nie. Al is ek so nuuskierig soos tien!! ek sal graag wou weet, maar nou ja, dit sal tog eendag uitkom niks bly vir eweid ‘n geheim nie.

  26. moerawiese spel fout in daardie sin,.. moet wees; niks bly vir ewig ‘n geheim nie.

  27. Nee komaan Pagoda, hier moet ek saam met Ricky stem – jy het belowe dat jy hierdie ou/vrou gaan expose – so doen dit. Dan kan ons almal aangaan en hom/haar net as ‘n karakter sien.

  28. Boskakker is ek seker jy is nie. Ek het goeie idee wie dit is maar geen bewyse so los dit daar, ek maak nie vals beskuldigings nie. Daar is so ander outjie Lostong wat vreeslik seksueel gefrustreerd is, wat ek wonder of hy nie ander meer beskaafte aliasse het nie.

  29. Ahaha, Ricky. Jy braai duidelik saam met die regte mense 😉

    Thanks vir die tip oor vertroue 😉 Dis die groot uitdaging van verdraagsaamheid – mens neem alles on face-value. Julius Ceasar het dieselfde gedink voordat Brutus hom die doodsteek gegee het.

    I have it on good authority: lostong is mos bekeerd van haar verkeerde weë, en woon nou in ‘n klooster in Kaapstad. Het my die versekering gegee sy pla ons nie meer nie.

  30. Sjoe is Lostong nou ‘n sy? Dan het daai koppie lekker geraas. Want ek kan gou uit bosparra se argiewe gaan paste waar hy vertel dat hy mannetjie is.

  31. Sy’s nou ‘n non 😉

  32. Ek hoor nonne kan wondere verrig met ‘n lee pint botteltjie van tafel lager 😀

  33. Sy drink Amstel … of het 😛

  34. Pagoda

    👿 😦

    Stem hier saam met WK en die ander – dit voel vir my asof jy beloftes maak wat jy nie wil nakom nie ❓
    Waaroor dan die lawaai van ons “gaan hom/haar vastrek”? Dit was immers mislike aanvalle op meestal Emil, Blixer , Sonia en Wipneus. TE persoonlik.
    Nou lag jy?
    Ek het genuine gedink hierdie keer kan ons saamspan en iets uitrig.

    Miskien het Ricky ‘n punt beet 😦

  35. Ek dink Ricky HET beslis ‘n punt beet, sammi ten spyte van die speel hier tussen ons. Dit gaan tereg deurgans in die blogsfeer so, en elke keer by fyndraai, word kop uit getrek (pun most definately intended). My laaste posting het nie net betrekking op my onbekende virtuele irritasie nie, maar sou seker ook kon geld vir Pagoda 😦

    Sorry maat, maar soos ek nou mooi hieroor gedink het, moes jy eintlik versigtiger gewees het met jou bravade by die vorige post, en ook by boskakker self.

    Ok, ek dink ek het vested interest hier, net omdat ek voorheen daarvan beskuldig is dat ek dalk Botha of boskakker is, maar as jy nou kwansuis weet, sal dit my tog kwytskeld 😕

    Ai, verdomp … in verdraagsaamheid respekteer ek jou besluit … maar ek hoef nie saam te stem, of gelukkig daaroor te wees nie 😡

  36. Kom ek stel die rekords reg.

    Hierdie het ‘n kwessie van beginsels geword. Ek verstaan dat almal nou wil weet wie die ou / vrou is, maar ongelukkig gaan ek julle nie nou se nie…en dis as gevolg van die volgende:

    1 Ek het besef na Da Mario se post vanmore dta ek meer integriteit het as dit. Selfs toe ‘n mede blogger onlangs uitgelig was vir dieselfde streke het ek nooit name in my verduidelikings genoem nie.

    2 Met die ondersoek het dit duidelik geword dat vrek baie IP’s gebruik was. So IP addy’s alleen kon nie die truuk doen nie. Ek sou lieg as ek sê dat ek 100% seker is wie die vent is, maar aan die einde van die dag maak die 0.01% onsekerheid dat jy bespiegel. Ek het te veel integriteit om ‘n naam te noem as al waarop ek kon gaan gesonde verstand is. Selfs die polisie maak nie name bekend van verdagtes tensy hulle genoeg bewyse het nie. En in die geval is motief te duister en die REGTE naam van die persoon onbekend.

    Ek het baie tyd en effort in die storie gesit en die maklike uitweg sou gewees het om almal wat ek kon te beskuldig. Ek het vanmore nog gebrand om n post te plaas waar ek moontlikhede noem, maar ek het besef ek’s ‘n beter mens as dit.

    Ek gee rerig nie om wat enigiemand hier dink omtrent my nie. Ek is ek. ‘n Goeie vriend in nood, ‘n pel om mee te gesels, iemand wat posts clear vir plasing en iemand wat die boot aan die roei hou. Ek is nie God nie en na vanmore weier ek om een te speel. Die IT ouens het dit geniet om speurder te speel en wou met alle mag voortgaan deur nog “gemors” te trek Ek het dit stop gesit.

    Ja, my eer was gekrenk toe die wetter met sy stront begin het want ek het regtig nie besef dat ek, wat nog net mooi beggerol aan enigiemand gedoen het nie, die teiken van so ‘n absurde mens kon word nie. Ek het iintussen besef dit was woorde…moedswillig saamgestel om reaksie te lok.

    As enigiemand anders die ou / vrou wil ontmasker, be my guest.

    Vir diegene wat vas glo ek het beloftes gemaak oor hits…word groot. Solank ek en die maters hier met mekaar kan stront praat en mekaar kan maak lag en huil in een dag, is dit vir genoeg. Die hit counters op die blad was geinstalleer die dag toe die blog die lig gesien het…sederdien is “hits” vir my ou nuus.

    Kom ek vra nou die volgende vraag? As ek en Platkuif in ons mou kan lag or wie die persoon is, wat gee julle die idee dat dit enigsins die moeite werd is om die persoon uit te lig?

    Ignoreer die bliksem. Hy / sy sal weggaan as niemand aandag aan hom nie. En die enigste rede hoekom enige van die comments van Ricky, so grof soos dit is, nog op hierdie post bestaan is omdat ek voel dat hy ‘n punt beet het. Veroordeel my as dit moet, Ricky, maar ‘n siek speletjie speel ek nie meer nie.

    Dikvellig het ek geword, en dikvellig gaan ek bly.

    Take it or leave it.

  37. En net vir die rekord Sammi…ek lag nie. Ek lag saam met die mense hier, ek lag VIR niemand.

  38. Ok, I’ll take it. Dankie vir die verduideliking.

    Miskien, in die toekoms, in die gees van verdraagsaamheid, los dit eerder as wat jy mense se verwagtinge die hoogte in laat skiet, met versoeke om IP’s en dies meer aan jou te stuur … wat het jy gedink gaan ons doen? Almal sit gespanne en wag … en dan “ja ek weet maar ek maggie sê nie” 😡

    En dan – ek kan nie 100% seker sê nie … in my beskeie opinie, sê liewers niks, of “oops, ek weet nie”.

    Laat dit daar. Ek berus by dit: as jy en Platkuif in die mou kan lag, sal ek en ons seker ook kan. Bygones.

    No hard feelings!

  39. Ja jammer as ek gevloek het, maar ek raak so dedonner in as mense twak praat en ander mense glo dit. Dit laat my dink aan die boois wat al die k@k glo wat die regering vir hulle vertel. Dit dieselfde rede hoekom ek party keer so kwaad geraak het op SSSB. Daai perd vertel die mense enige ding en hulle glo alles wat hy se as feite.
    My punt bly, al julle yster sal nooit iemand 100% kan trace nie(of dit is nou uit ondervinding wat ek al hier in die blog wereld gesien het). So om nou met skryfstyle ens. te kom is maar net raai skote. Ek en enige ander blogger kan dit ook doen.

  40. Fluit, fluit die storie is uit.

  41. Jip, sal graag ook wil se fluit fuit die storie is uit. Maar weereens uit ondervinding, sal ek wed oor ‘n maand of wat gaan een of ander yster weer sy brawade iewers ten toon stel. En seker weereens faal.

    Ag en ja my storie is ook seker uit. My vrou en laaitie was vir so 10 dae by haar ma’ le. So ek het weer baie tyd ini aande gehad om die nonsens(ok nie alles nie) wat mense op afrikaanse blogs skryf te lees. Gaan hulle Sondag haal so dan kan Pagoda weer rus he en sy volgelinge weer onder sy arm kry. 😀

    Net so ter afsluiting:

    Steve Hofmeyr se mo#r:Quick Buck-Brigade versus Uitbuiters.

    Pagoda32, on September 1st, 2008 at 5:03 pm Said:
    Ricky…welkom dan hier by onse slakhuisie…maar moet nie al jou geld verwed op ‘n argument wen nie hoor! LOL!

    😀

  42. Ricky…glo my. Jy’t hom nie gewen nie. Dit is my keuse gewees om stil te bly oor my vermoedens. Die uiteinde van iemand uitwys op gronde van uiters sterk vermoedens en obserwasies kon erger geboemerang het. Dis my keuse…nie joune of enigiemand anders s’n nie.

    So grof soos jy voorkom, ek laaik jou. Gebruik net asseblief ‘n bietjie objektiwiteit volgende keer 😉

  43. Objektiwiteit? Hmmmm gaan lees maar weer daai boskakkers post en al die comments en kyk wie is die enigste objektiewe een daar. Gaan lees ook maar of daar enige iets van skryf style ens gepraat word.

    Ok en gaan lees dan wat jy hierbo gecomment het om 8:00pm nadat ‘n paar van ons jou begin aanvat het. En dan as jy klaar daai comment van 8:00pm gelees het, gaan lees dan weer jou inskrywing hierbo.

    Weereens groot praat stories hierbo by die post en toe jy aangevat word. Kom die verskonings en ander stories om 8:00pm

    Maar ek laaik jou ook. Grof? nee wat. Kommin maar nie onosel nie.

  44. Ricky…in elke woord wat geskryf word deur enige persoon ter wereld kan jy lees net wat jy wil.

    Ek weet wat ek bedoel het, en wat ek gese het. Tomatoe…tomato…selle donerse ding

  45. Ek sien Ricky en Pagoda is twee ouens wat maar altyd sal “agree to disagree” ?? maar ek geniet dit as julle makaar so aanvat, so bek geveggie kan mens nogal laat “smile” dit maak mos die lewe interessant al die verskillende menings en sienings.

  46. Nou sal ons hopelik mekaar nie almal wantrou nie. Ek bedoel, ons almal hou van rugby 😦

    Ricky, ek het nogals gedink dis jy wat so rondneuk 😯 Jammer Hoor! 1 down, 2 to go.

    Pagoda
    Jy het darem vir ons ‘n leidraad gegee, jy gaan LAG wanneer daardie persoon weer comment. Ons wag daarvoor, net jammer jy is nie 100% seker nie, so ek neem aan dit mag van ‘n glimlag tot ‘n skaterlag wissel. ❓

  47. Pagoda
    Tenminste het jy probeer!
    Lekker naweek, also no hard feelings.

  48. Ag mense, kom ons laat almal net toe om te blog oor die dinge wat hulle op die hart lê, en laat hulle toe om kommentaar te modereer as dit nasty raak, soos dit hulle geval.
    Ek hou van blogging meeste van die tyd, en meeste bloggers is maar net mense. Maar wanneer mense oorlog begin voer op blogs is ek uit, oor en uit.
    Die lewe is complicated, genoeg, niemand wil regtig op blogs ook nog komplikasies optel nie.

    Dis seker maar waarom ek van kosmaak hou: dis ‘n goeie resep vir ‘n gelukkige einde.

    Bak teen 180 grade tot goudbruin.
    Sela.

  49. Pagoda ek respekteer jou besluit, maar ek gaan nou almal se skryfstyle begin ontleed 😆
    Ek sal maar eers gaan leer hoe om dikvellig te wees 😉

    Ek stem saam Sonia, as mense wil oorlog voer moet ons maar in die toekoms net die kommentaar modereer!

  50. Dit is seker so Wipneus. My enigste probleem wat ek met moderasie het is dat jy stemme stil maak. Ek wil steeds hoor wat almal te se het, al maak dit my die josie in.
    Dis dalk beter om elke comment te los soos dit in sy oorspronklike vorm op jou blog opgedaag het, maar om net eenvoudig geen aandag daaraan te gee nie. So ‘n persoon sal wel die boodskap kry… 😉

  51. Maar, bygesê…as ek enigsins comments kry wat medebloggers slegse sal ek dit delete.

    Vat my aan as dit moet, maar los my vriende uit. 🙂

  52. Ek het tot die slotsom gekom, na vele besinning, veral na ek die donkerbril afgehaal het, dat Frank se van Botha is 😆

  53. Hehe Emil – nou werk my brein weer in oortreffende trap…. eish! 🙂

  54. Goeie hel, hier is meer comments as by die ou Spoegblok! 😆

  55. Dan’t jy noggie Dorings en soms Rose gelees nie! LOL!

  56. 😆 @ Emil!

  57. Pagoda, moenie dat enigiemand jou probeer patronise om iets kwyt te raak wat jy nie wil nie.

  58. Ag nee wat…moenie komkommer nie Anniegetyourgun. Dis mos waaroor die post gegaan het. Ek’s redelik min gespin! LOL!

Leave a reply to koeksister Cancel reply