Leon go with the flow op Bosparra, Gods water oor Gods akker?

Ek haal `n gedeelte uit ene Leon se comment op Bosparra en gaan maar net sy comment klaar maak wat hy nie behoorlik afgesluit het nie. Dit is nie `n aanval op ons goeie bure (Bosparra) nie. Maar net my mening.

Leon se:”kom ons wees realisties. 2010 gaan plaasvind ongeag wat. Go with the flow en hoop vir die beste. Alle negatiewe beelde en ondervindinge sal binne ‘n jaar vergete wees…voel jy vandag regtig nog so geskok oor 9/11 of is dit maar net nou al ‘n historiese gebeurtenis..onthou julle die 3 maande se Prinses Di dood…nee, dis ou nuus.”

Die Brein se:

Leon, O Leon jy is baie wys en jy praat ware woorde, maar weet jy hoekom is dit dinge van vergange dae en weet jy hoekom “go with the flow”.Vir iemand wat nie `n geliefde afgestaan het aan 9/11 nie sal jy vere voel na `n ruk , maar indien jy `n geliefde afgestaan het in daardie situasie/gebeurtenis sal jy dit onthou totdat jy eendag jou kop neer le.

Vir baie is prinses Diana se dood ou nuus maar vir haar twee seuns is dit rou wonde wat nooit behoorlik sal genees nie.  So ook ja sal 2010 heel moontlik plaasvind.  Maar omdat mense soos jy gou vergeet en dinge soos water van `n eend se rug af laat rol is dit sekerlik omdat jy nie weet hoe dit voel as jy in jou huis oorval word, jou vrou en dogter langs jou verkrag word en jy half dood gewetter word nie…jou seun voor jou oe doodgeskiet word nie.  Net om in die hospitaal wakker te word en te hoor jou vrou is ook later in die hospitaal oorlede aan haar wonde.  Nee! Fok more, oormore het jy dit vergeet en jy “go with the flow”.  Weet jy waardeur vroue gaan wat verkrag word?  Weet jy hoe voel `n ouer met die lewelose liggaam van sy dogtertjie in sy arms wat pas deur rowers doodgeskiet is in `n “vredeliewende” park waar hulle piekniek gehou het?

Jy se jy hoop vir die beste , hoekom hoop?  Wat se dade doen jy positief as om net te hoop, want hoop alleen sonder aksie gaan jou niks in die sak bring nie.

Leon se:”Selfs al word daar 300 doodgeskiet en 3000 vrouens verkrag sal hulle na ses maande vergeet daarvan en begin dink aan London se olimpiese spele.”

Dis waar, mense sal voortgaan, maar dink hoe lekker sou dit wees om dit saam met jou oorlede geliefde te kon kyk of wat as hy of sy dalk goed was in sport en daar kon deelneem?  As een van jou geliefdes deel raak van daardie geweldsmisdaadstatistiek of jyself teen daardie tyd dalk deurgeloop het, wat ek hoop nooit gebeur nie, hoop ek maar jy beplan maar sonder kommer en verwyt aan jou volgende “die lewe gaan maar voort projek.“

Aldus, Die Brein.

24 Responses

  1. Is Leon nou ‘n celebrity?

  2. Pluim, ja gewone mense is ook eintlik celebs in eie reg. Leon ook.Ek weerspieel en weerle maar net sy siening wat baie mense huldig met myne.Dis juis ons gewone plein mense wat die lewe interessant maak.

    Groot CELEBS maak geen verandering aan my sak nie.

  3. Sorry Pluim jy is ook `n celeb in miskien jou vrou/man en jou kinders se oe, maar ja jy ook.

  4. HI Brein, Ek sien hier word Celeb statusse uitgedeel, ek het nog nie met ‘n celeb geslaap nie maar mag ek ook die titel kry? Ek blog darem ook so saam met julle “celebs” hoor. Haha!!

  5. Weerlê sy siening😕

    Wat is kwansuis so verkeerd aan “go with the flow”?

    Rek jy nie nou sy kommentaar so effens uit verband uit nie?

    Ek lees sy kommentaar in die lig van voorafgaande kommentaar oor die pleit dat die internasionale gemeenskap tog hulle oë moet opmaak vir wat in hierdie land aangaan. Is sy punt nie juis dat hierdie internasionale gemeenskap soos ‘n sweet bloody boggerol voel vir wat hier aangaan nie? Soos ons wat tereg nie direk geraak is deur 9/11 deur die afstaan van geliefdes nie, nou ook nie meer met soveel emosie en afguns na daardie gebeurtenis kyk nie! Wie onthou nog vir Tibet, en die polemiek rondom die Olimpiese kersie?

    En vertel my gou hierdie een, want ek sukkel ook al reeds van toendertyd, sedert my tweede repliek by bosparra, met die stelling wat mense sommer so wild en wakker in iemand se rigting gou wat half durf positief wil praat van hierdie land: daai een van die geliefdes, en jou familie of kind wat verkrag, vermoor of beroof word … vertel my wat se punt daardie argument nou eintlik bewys, wat die nut daarvan is in ‘n relaas oor positiewe of negatiewe denke van ‘n mens se land? Ek sukkel om kop of stert daarvan te maak. Helaas, mag die hemele behoed, of watter godheid mens ookal mag aanhang, dat sulke dinge ons almal gespaar bly … maar dit kan seker nie, want die lewe (soos Afrika sogenaamd) is nie vir sissie nie – en euwels, waar daar mense is, sal gebeur. Kan jy verduidelik hoe daardie stelling enigsins tot enigiets bydra? Hoekom klink dit my soos die geval van die Bobbejaan agter die berg, of so iets naby? Frok man, elke keer as iemand so bietjie hoop … elke keer as iemand so bietjie positief kyk … elke frokkin keer …

    Of is my Brein nou net te hol en leeg om ordentlik te kop wat jou punt is?

  6. Persoonlik dink ek dat Brein so met ‘n ompad die volgende stelling probeer maak het (Brein, help my reg as ek verkeerd is):

    Geld was in oorvloed in die projekte gestort, geld word gemors, ogies word toegeknyp vir al die ander gemors wat aangaan in die land en dan moet ordentlike Afrikaner mans en vrouens nog ekskuus sê oor hulle velkleur ook en almal oor dieslefde kam geskeer word.

    Brein mag dalk uit die staanspoor gehoop het dat die wereldbeker hier ‘n totale f-op moet uitdraai, maar ek het nie. My sienswyse omtrent dit verander soos omstandighede dikteer. En tans dikteer ‘n handvol politici dat ek my sal skaar by die “wit rassiste” wat wil hê dat die hele gedoente in die grootste denkbare nagmerrie ontaard.

  7. Was dit nou die rugby wêreldbeker …

  8. 😆 nie…die ene met die ronde bal Emil!

  9. Ek stem saam met Emil. Ek verstaan nie hoe jy die twee bymekaar uit bring nie. Net omdat die beplaning van die World Cup maar redelik verstr0nt is nou moet jy moord en verkragting ook daarby voorspel. Mense in SA moet onthou dat Suid Afrika maar ‘n baie klein dot in die werld gebeure is. 9/11 sal altyd “onthou” word want dit het in die USA gebeur. DIe media daar hou dit lewendig. Hoe baie word daar vandag van die 2004 Tsunami gepraat. Daar is meer as 225000 dood daar in en meeste mense het dit al vergeet. Nou as jy ‘n World Cup vlop in SA vergeleik met ‘n Tsunami waar 225000 mense dood is dan dink ek ek moet saam met Leon stem – 3 maande tops en alles is vergete.

  10. Hemel Brein, waarom nou vir Leon aanval? Is dit jy wat die kak- en kerm briefie geksryf het. As jy wil kerm oor die misdaad in die land, doen dit dan by all means, want ons almal is beslis gatvol vir die geweld in die land. Ek vra weer, soos ek op bosparra gedoen het, aangesien jy lekker ploeg met die comments van bosparra, hoe gaan dit jou posisie verbeter as die sokkerwêreldbeker misluk? Hoe gaan dit jou en jou gesin se lewens baat? Waarom sou jy daaroor lekkerkry?
    Aangesien jy my nie daar geantwoord het nie, kan ek maar net probeer om my afleidings te maak. Wil jy hê die oorsese lande moet sleg dink van ons regering? Dis mos ou nuus my mens. Almal wat nog gedink het Mbeki is iets werd so oë het oopgegaan oor sy slapgathouding met Mugabe. Verder is hier wel joernaliste van ander lande wat hier woon. Hulle kan enige tyd berig oor die misdaad – hulle het nie nodig om te wag vir ‘n sokkerbeker nie? Maar ek glo regtig nie die wêreld stel nog daarin belang nie. En as Emil vra: Was dit nou ‘n rugby wêreldbeker, dan is jou antwoord maar flouerig. So sal ek maar die koor join en vra, en was dit nou ‘n krieketwêreldbeker? Ek is seker jy kan dit ook antwoord met ‘n niksseggende spitsvondigheid.

  11. Ja Gatvol ek het nie Leon aangeval nie. gaan lees weer wat ek gese het, dis net my mening, en as julle nog nie die kap agter die byl gesien het nie, met my postings die laaste twee weke nie, is julle blind.Ek is `n oppertunis en gryp deesdae elke geleentheid aan.

    Ek ploeg met niemand se kalwers nie, ek gee Leon tog erkenning doen ek nie.Maar werwing is wat ek doen en JA dit werp vrugte af.

  12. So terloops jy kan nie waatlemoene met appels vergelyk nie.
    Waatlemoene (sokker) , appels (rugby en krieket).

  13. Ek voer aan – dit is dan dus my opinie – sou rugby net so groot soos sokker gewees het, dat hierdie debat hier moontlik nie eers sou plaasgevind het nie.

    Jou opinie, Brein, word gerespekteer. Dit beteken mos nie almal moet met jou saamstem nie. Ek, vir een, sien uit daarna om die tweede grootste sport-byeenkoms in die wêreld hier te aanskou. Basta met politiese beredenering – it’s only a game😉

    Kom ons fokus eerder op “werklike” issues, soos Zapiro😆

  14. Gatvol en Emil, – uiteindelik word hierdie verskriklike afbrekende negatiwiteit wat nou die nuutste hobby op BP is bietjie aangespreek. Ek is ook gatvol om gedurig daarmee gekonfronteer te word want ek glo as ons van enigiets in hierdie land ‘n sukses wil maak, sal ons moet leer om positiewe energie uit te straal. In elkgeval, dink hulle dit is net blankes wat met misdaad, verkragtings en moord te doene kry? Nee dit is Suid-Afrikaners van alle rasse. Staan eerder saam as ‘n nasie om hierdie misdrywe te help hokslaan as wat enigiets wat positief vir die land kan wees, smalend as ‘klaar ‘n flop’ afgemaak word.

  15. Jy is reg Emil en soos jy ook al weet , ek like maar van stir en om dinge om te dolwe, dit maak hierdie bloggery die moeite werd en JA ek respekteer jou en jou siennings, so ook andere sin.

    Skapie jy praat so waar, maar die postings is maar een va my dele wat ek doen om die misdaad in die land aan te spreek. Maar eks nie `n doemprofeet nie. Hou die spasie op die werf dop vir more se posting.

  16. More se posting? Ek kry al ‘n gekriewel in my rug😉

  17. Die Brein..ek gaan nie ‘n lang relaas hier skryf nie want jy maak ‘n reuse aanname sonder dat jy die feite ken. Jy dink ek was nog nie deur geweldsmisdaad of dood geteister nie. Die Brein, hoeveel voel jy oor MY PA se dood..niks want jy het hom nie geken nie EN meer nog, omdat hy nie ‘n bekende was nie was sy dood nie op die nuus vir drie maande nie…weet jy hoe voel dit as jou ouer dood is en die wêreld voel niks maar spandeer duisende miljoene aan tv-tyd (uit my belasting geld) om die dood van ‘n sg. celebrity soos Prinses Di dag na dag na dag na dag uit te saai…dieselfde week wat my pa dood is ? Kyk na jou eie balk meneer/mevrou…miskien sal jy voel om omverskoning te vra…

  18. Leon! Sjoe!

  19. Leon, mynsinsiens, skuld jy niemand en niks ‘n verduideliking nie.

    Ek skat Brein het nie behoorlik sy korteks deurdag voor die posting nie.

  20. Leon

    Loer op BP vir ‘n comment wat ek jou daar gelaat het vanaand. “I feel you”

  21. Leon niks teen jou gemik nie, ook niks fout met jou sienning nie.Ek wou net `n ander punt tuisbring. Maar wou net die leemtes in albei sienings uitwys.

    Dis waar ek het ook `n boomstomp of twee in myse oge.Ek het nie gese ek is sonder foute nie.Maar sterkte vir jou en lekker dag.

  22. Om Leon uit konteks aan te haal is so goed as om enkele Bybelversies uit konteks te lees. Sien asseblief hierdie inskrywing van Leon in die geheel van die gesprek wat daar gevoer is en nie as ‘n losstaande stelling nie!

  23. Doen so Moses.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: