Maak oop jou ore!

Vandag wil ek iets ophaal waaraan ek ‘n broertjie dood het. Dis wanneer jy iets vir iemand sê of vra en 1 dag later het hulle dit bloot vergeet. Is dit omdat sommige mense verstrooid is, of dit net vergeet omdat dit nie in hulle oë belangrik is nie?

Kyk, ek sê nie ek vergeet nie soms goete nie – dis tog net menslik, maar ek probeer uit my pad uit gaan om dinge te onthou wat vir ander saak maak. Maak selfs lysies, terwyl sommige mense net hulle skouers optrek as hulle vergeet het en dink jy maak ‘n bohaai oor niks. Voorbeeld: Ons kinders dra elk by vir my pa se grafsteen en daarom vra my sussie ons om almal na die proef te kyk en kommentaar te lewer as ons nie daarvan hou nie. Ek sê onmiddelik hulle moet die “vader” na “pappie” verander, want ons het hom pappie genoem. Ja, ja, stem almal saam. Die grafsteen word opgesit en ek vat my ma soontoe. Toe ek uit die kar uitklim stoot die woede in my op soos ek aan niemand kan beskryf nie. Daar staan so waar as wragtig “vader”. Bel haar – ooooooooo gits, sy het skoooooooon daarvan vergeet. My liewe fok. Het ek dit geweet het ek dit self hanteer. Nou kan dit nie verander word nie en dit sal my altyd irriteer as ek graf toe gaan. Sy dink ek maak ‘n berg van ‘n molshoop. Miskien, miskien nie. Miskien is ek hipersensitief oor nietighede. Ek weet nie.

Dis nog ‘n rede hoekom ek sukkel om enigiets te delegeer, want ek voel ek doen dit eerder self en weet dis gedoen, en goed gedoen. Hoe voel julle daaroor?

12 Responses

  1. Stem saam dit is gewoontlik die klein dingetjies wat my gat krap soos ‘n ambei. As hulle nie eers die klein goedtjies kan baasraak nie dan wonder hoe hulle die groot projekte wil aanpak. Nee wat niks skuldig voel Vererg jou en laat hulle sommer weet jou moer is suur.

  2. Nee Annie, ek dink nie jy is hipersensitief nie.
    Ek sou presies soos jy gevoel het. En almal het dan beaam dat “pappie” eerder op die steen moet staan. Verstaan ook nie hoe kon iemand so belangrike “detail” vergeet nie.

  3. So iets sal my heel dwars in die krop steek. Nee, ha-ah, erger as dit…veel erger as dit!

  4. Aag nee wat ek is weer die teenoorgestelde,detail is vir my net n ergenis.Die lewe bestaan uit baie meer as klein detail(ek sê nie n opskrif op n graf is klein detail nie).Maar as ek moet kies tussen n rusie en detail ,wel ek hou van vrede.

  5. Annie, ek stem heeltemal saam met jou – doen die dinge self en dan weet jy ten minste dat dit reg gedoen is en so is daar geen stres nie.

  6. Wel Annie ek stem saam dit sou my ook moerig gemaak het.Ek dink dis belangrike detail.

    Maar ek vergeet ook redelik, ek is deesdae oorlaai met werk en baie ander persoonlike en geestelike dinge.

  7. Annie, stem saam girl.

    Veral oor die storie van jou pappie. As almal saam gestem het, moes dit reg gedoen gewees het. Vergeet? Se gat!
    Darie Sussie moet net onthou, net soos die lewe `n proses is, is die dood `n deel daarvan. Daardie grafsteen kon nou `n soveel mooier plek vir jou en jou mammie gewees het om na terug te gaan. Al is dit nie jou pappie nie…dis sy laaste rusplek. Al wat jy nou kan doen is om een moerse mooi boek vir jou ma en jou te maak, met die mooiste pics in en omdat jy so mooi kan skryf, skryf stories en insidente oor jou pappie daarin. Snaakse stories wat jul kan laat lag, sad goed, sagte herrineringe…watookal julle onthou. Gee selfs `n spasie vir iemand wat dit wil deel.

    Jou sussie? Sy hetnou iets gedoen wat `n hartseersaak net vererger het. Shame on her!

  8. Annie, ek is maar net so, doen liewer iets self dan weet ek dit is gedoen en reggedoen, ek vind ook dat mense glad nie luister nie, hulle gee voor dat hulle luister en saampraat oor iets maar as hulle daar omdraai weet hulle nie ‘n woord wat die ander persoon gesê het nie, ek sal weer luister na wat iemand sê en ook onthou waaroor die persoon met my gepraat het, jare later as ek daardie persoon weer raakloop sal ek onthou hy/sy het vir my dit vertel wat met hom of haar gebeur het, dit is vir my belangrik om te luister wat iemand sê.

  9. Thanx Sigeuner. Baie goeie idee. Ja Ida, dis ‘n baie mooi eienskap om mense se name en detail oor hulle te onthou.

  10. Sigeuner – dis ‘n baie goeie idee.
    Ek’s sommer lus en doen dit vir my kinders ook. Hulle het juis nie hulle Oupa en Ouma geken nie. Thanx suster.😉

  11. Daar is maar net een Sigeuner!!

  12. Dankbaar!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: