SA vs Kanada

My suster is nou terug na 3 weke in Kanada. Werk gesoek, en gekry ens. Sy vertel ons hoe wonderlik,fantasties alles daar is. Onder andere sê sy die kinders vloek glad nie, in die twee weke wat sy daar was, het sy nie 1 vloekwoord gehoor nie. Maar tog, die kinders daar is blykbaar baie lief vir hulle “piercings en tattoo’s. Wat blykbaar vir haar gangbaar is, solank hulle net nie vloek nie.🙄

Saterdagaand gaan ek en my jongste Checkers toe, en ons koop ‘n lekker lang franse brood, maar die sakkie maak nie mooi toe nie, ‘n klein stukkie steek uit, sy dra die brood en sê vir die persoon by die till, moenie hieraan vat nie, vat daarso, en wragtig hy gryp die brood aan die oopkant. Sy rem terug aan die brood en hy hou wat hy het. Nou is die lang brood soos ‘n visstok met ‘n boog tussen hulle twee, en sy sê: “Wat de DONDER dink jy doen jy?”!!!.

My punt: ek verkies eerder ons Suid-Afrikaanse tieners bo hulle Kanadese eweknieë om so nou en dan ‘n goeie Afrikaanse vloekwoord te laat glip, voordat hulle wenkbroue lyk so gordynreëlings en dit lyk asof hulle met ‘n nat pap koerant geslaat is. 😆

28 Responses

  1. Hehehe Koesister, ek stem saam.🙂

    Ek weet darem nie of ek daarvan sal hou as my seun met ‘n neus/oog/tong ring rondloop nie. My man sal beslis die horriepiep kry. So ek verkies ook eerder ‘n vloekwoordjie bo dit.

  2. Hulle sou natuurlik in Kanada in Afrikaans ook kon vloek😉

  3. Ons kinders is NATUURLIK die beste!

  4. Suid-Afrikaanse kinders is tops!!

  5. Hehe, jy’s reg Emil.🙂

    Ek dink ons Suid-Afrikaanse kinders is die sout van die aarde, hulle word tough groot, want dis soos Brein sê: Afrika is nie vir sissies nie.

  6. ek dink die operative frase in die skrywe is

    “terug na 3 weke in Kanada. Werk gesoek, en gekry ens”

    Watse werk gaan sy doen?

  7. Jip ,hierdie tattoos en goeters gee my koue rillings,gee my eerder n stout kind,slaat sy gat aan die brand en alles is weer Shanana vir n ruk.

  8. 😆 Neil. Ja, in Suid Afrika kry mens nie werk in 3 weke nie!!

  9. Koeksister, ek stem 100% saam met jou. Wou nogal daaroor post die week – dis nou tattoo’s en piercings. Hulle kan maar sê ek is konserwatief, maar dis nie vir my nie. My stiefkind met al 2 tats op sy arm, en asof dit nie genoeg is nie het hy nou ‘n tattoo op sy kuit gekry. Dis gross vir my. ‘n Tattoo mag baie cool en hip lyk, maar hoe gemaak as jy ouer word? Ek kan my maar nie vereenselwig met ‘n mooi meisie in ‘n aandrokkie met ‘n tattoo op die skouer nie. Ek is eerder uncool met ‘n skoon, unblemished lyf. En die tongringe en stront! Sies man, dis onhigiënies!

  10. Neil, sy’s ‘n teatersuster, dit gaan blykbaar nog ‘n jaar neem voor alles deur is, sy moet eers daar geregistreer word?

  11. Jy’s reg Annie, dit lyk dalk nou cool en oor ‘n paar jaar? Kyk hoe simpel lyk Angeline Jolie met haar aandrokke en die tattoo’s. Heng, en sy is so ‘n mooi vrou ! 😯

    Ek het eenkeer gehoor van iemand wat Adidas op sy tottie getatoeer het, en op sy gryse ouderdom toe staan daar net aids. Eish

  12. Hehe. Of die meisie wat ‘n swaeltjie op haar boob laat tattoo het, en toe sy oud is toe is dit ‘n ooievaar

  13. 😆

  14. Of ‘n volstruis!

  15. laaaaaaaang nek! LOL

  16. 😆 Julle is vrek snaaks…

  17. Wil net noem dat ek nie op iemand se tone wil trap oor ‘n tattoo nie. Het maar net gesê hoe ek voel. Skies as ek iemand se hartjie seergemaak het.

  18. Ken van wag vir daai gebeur Koeksister…ons sit self al byna ‘n jaar en wag, en nog het dit geen einde niet!

  19. Wel, my skoonsuster en haar man het twee jaar gewag. Nou is hulle Kanedese.

  20. Magtag, maar dis darem lank se wag😯

    Hoop maar vir die beste vir jou Neil.🙂

  21. Ek moet net gou hier n eier lê. Ek weet nou nie presies waar in Kanada sy was nie maar hier by ons vloek hierdie kanadese kinders n hond uit n bos uit.
    Die F@ck you woord en D@ckhead en F@ck ensomeer!! Ja en piercing en tattoos is groot hier.
    My seun se maats het almal sulke vreeslike ringe deur die lippe en oë.
    Was nogal bekommerd dat dit sou aansteek maar het gelukkig nie!

  22. Ek sal natuurlik ons Suid Afrikaanse , Afrikaanse boere kinders verkies wat nie ontaard het in demone nie.

    Van wat ek al op DSTV gesien het op crime and investigation channel, lyk die gemiddelde kind in Kanada maar bra sleg en swets erg.

  23. ek wil ‘n tattoo hê…’n mooie…kunstig en netjies…

  24. As jy mooi is Cebella en `n vrou , dan gee ek jou een net waar jy hom wil he.:lol:

  25. Ek is in Kanada en glo my die kinders hier is erg te groot vir hulle skoenne. My man is Kanadees en hy sê altyd dat as ons kinders het sal hulle Suid Afrikaans groot gemaak word. Gee my enige dag van die week ‘n SA kind.

  26. met ‘n naam soos “cebella” kan ek jul verseker sy is mooi en vroulik!🙂

    cebella maar ontwerp vir jou een en laat dit doen, so maklik soos dit!

    Kinders is vermoedelik oraloor maar potensieel werfetter of nice….dit hang seker maar af in watter sosio – ekonomies deel jy bly. mens moet nie ‘n geoie selfbeeld verwar met “te groot vir hul skoene” nie…

  27. Alta, my suster gaan obviously net die mooiste prentjie vir my skilder i.v.m. Kanada.

  28. Neil: kom koekeloer by my of stuur ‘n idee ;o) I’m open to suggestions

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: