Zapiro se cartoon!

Ek het nou net my oë gesit op die sketsie van Zapiro.

Ek is ‘n stoere anti-Zuma blanke, en ek moet erken dat die cartoontjie selfs vir my so bietjie laat terugsit het in verbasing! Dis vrek skerp, maar neem dit, soos wat die ANC tans beweer, die Zuma sage heeltemal uit konteks vas?  Is dit geplaas as deel van ‘n agenda?  Indien wel, kan iemand dalk my die “agenda” wys sodat ek my stem daarby kan voeg?

Persoonlik glo ek die spyker is nie net op die kop gewetter nie, hy is sommer dwarsdeur die plank gemoer.

Vir die wat hom nog nie gesien het nie, hier’s hy:

Met dank aan Zapiro!

21 Responses

  1. Nou ja, kan jou waarborg Zapiro is weer in die hof hieroor.

  2. Pagoda32

    Hoe lui die spreek woord?
    ‘n Foto / prent / spotprent is gelyk aan ‘n duisend woorde.

    Geen kommentaar verder.

    Groete

  3. Hulle kan hom net mooi niks makie, Emil. Vryheid van spraak. Tensy iemand erens die fynskrif kan uithaal wat ons grondwet kan uitkryt as een geskep met behulp van kommunistiese riglyne…

  4. WhiteKnight ek het n feeling ek en jy het n gemeenskaplike vriend of is dit nou vyand,gee my n clue wie jy is.Ek mag jou miskien ken en van hulp wees.

  5. Lallie
    Ek dink ek weet van wie jy praat…en hulle is nie vyande nie hoor! Inteendeel, hulle…so ver ek kon sien…geniet dit om die stront uit mekaar te irriteer net om more weer diepe denke uit te ruil

  6. O ja, Lallie!
    Jy kan maar op een naam blog hoor! Ek het gesien daar was ‘n oepsie vroeer!? 😉

  7. Lallie ja ek weet wie jy is.

    Zapiro is soos gewoonlik briljant, hy oortref selfs oorlede Len Lindeque.

  8. Dis ‘n skerp cartoon, maar eerlik, as ek moet kies tussen Zuma en Mbeki, wen Zuma loshande. Mbeki het niks goeds vir die land beteken nie.😉

  9. Ek weet darem nie, Pagoda. Vryheid van spraak tel nie as jy hierdie kabouters aanvat nie. Zapiro het hom ‘n bokspringende perd hier opgesaal … ons het nog nie die einde hiervan gehoor nie.

    Vaagweg, so vaagweg herhinner ek my aan karikature van Mohammed iewers in Denemarke …

  10. Die ironie, Emil, is dat as hy iets aangedoen gaan word deur sy sê te sê deur middel van ‘n skets, hy indirek sy punt gaan bewys!

  11. More mense

    Soos ons verwag het. Die sketsie se mes het alweer senuwees raak gesny en daar borrel nou alweer ‘n swetterjoel goggas oral uit wat wil ‘n lawaai opskop oor hulle “comrade” so sleg gemaak word.

    Groete

    PS. Lallie, ekke het nog nooit hulp nodig gehad van mense om my “battles” te “fight” nie. Dis hoekom ek die Ridder is met ‘n brein. 😆

  12. Dis so in die kol! En die waarheid maak hulle seer

  13. Ek stem Annie, die waarheid maak seer.

    Ek dink Zapiro is in groot moeilikheid. Dalk oor ‘ n week of twee sien ons sy verskoning in die koerant.

  14. Skerp Zapiro, skerp maar ek dink dat jy nou die skerp kant van die messie gaan kry.

  15. Hoekom sal mens so die bliksem in raak as daar geen waarheid in steek (sorrie) nie? Ek wonder hoe het Bra Jacob gevoel toe hy hierdie een sien?
    Pleks hy net stilbly en die ding laat oorwaai, nou wil elke Jan Rap en sy nuuskierige sussie die prentjie sien.

  16. Zapiro is my “hero”. HEHEHE. Niemand was nog ooit so “spot on” soos hy met daardie cartoon nie!

  17. Ek hoop net Zuma en sy “comrades” kan sien watter klomp clowns hulle wragtie is.😈

  18. Ek dink die cartoon is niks mee fout nie, dit stel die verkragting van ons land se regstelsel voor wat mnr. Zuma en sy aanhangers nou wil doen deur sy saak terug te trek en hom kwyt skeld van vervolging.

  19. Pagoda, het jy die Times se cartoon gesien? Jy kan op my blog loer.

  20. Ek het gaan loer! LOL!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: