Gefaal as vrou – deur Anoniem

***Hierdie diep, roerende post word gedoen op aanvraag van Anoniem – dit het so week gelede in my inbox opgedaag, maar weens “elemente” wat rondgesluip het hier eerder besluit om dit te plaas sodra dinge genoegsaam kalmeer het.  Anoniem het gevra dat ek haar naam weerhou.  Dis ‘n ware verhaal en ek voel geeer om gevra te wees om dit hier te plaas.***

Weer het ek gefaal as vrou. Ek sit en dink so baie dinge en elke keer kom dit terug na my toe dat ek gefaal het om as volwaardige vrou vir die man wat ek my lewe sou gee en in alle opsigte gegee het.

Ek het hom op ‘n “pedestal” gesit en hom bemin. In my oë kon en sou hy niks verkeerd kon doen nie. Ek het hom gefaal as vrou in so baie opsigte. Die teleurstelling is diep in my hart en seerder kan ek nie voel nie.

Ek kon hom nie ‘n kind gee nie, ek het myself en hom gefaal.

My liefde was nie sterk genoeg dat dit hom sou weerhou om aandag by ander vroue te soek nie.

My lewe het inmekaar getuimel met die eerste besef dat ek nie die enigste vrou in sy lewe is nie. Ek het gegryp na strooihalms en mis getas; getas na niks. Ek het weereens gefaal.

Daar was ‘n breek en met die terugkom slag het ek gedink ek weet nou beter…hoe om die situasie te beheer en dinge te aanvaar. Weereens het ek gefaal as vrou, want beheer kon ek beslis nie, aanvaar is nog moeiliker.

Na ‘n tyd begin mens dink jy kan dinge aanvaar, maar weereens het ek gefaal as vrou, want aanvaar kan ek nie. Baklei, skoon en vuil het niks gehelp nie. Verwyte help niks. Vingerwysing help nog minder. Aanvaarding? Weereens faal ek as vrou.

‘n Ander plek sou dalk die antwoord gee, maar selfs daar het ek gefaal. Seer soek ek na antwoorde en ek kry niks, weer het ek gefaal.

Hoe aanvaar ek dat hy eerder aandag soek by ander vroue en dat ek gefaal het in myself en as vrouwees vir die man wat ek my lewe sou gee.

Hoe kan mens vrouwees as jy so faal? Die teleurstelling is diep en mens groei seker met elke slag wat toegedien word, maar hoe staan mens op as jy faal vir die man wat jy so liefhet dat dit net te seer is.

49 Responses

  1. Mevrou Anoniem, hou op om jouself te kasty en kry berading. Jou man het jou gefaal, nie jy vir hom nie. Daars niks so selfvernietigend as om by so ‘n man te bly nie.

  2. Die woord ‘faal’ word 12 keer gebruik – het jy al die term ‘ to create your own destiny’ gehoor, Anoniem? Ek is jammer vir jou, maar eerder jammer oor jy so ‘n lae selfbeeld het, want hoe op aarde kan jy glo dat jy alleen verantwoordelik is vir alles wat in hierdie verhouding verkeerd gegaan het? Hy is ‘n jakkals, man, laat hom met waardigheid gaan en soek vir jou iemand wat jou met respek en liefde sal hanteer. Hy is jou nie werd nie.

  3. Anoniem, ‘n wors het twee punte. Alles kan nie net jou skuld wees nie. Jy is besig om jouself te vernietig en die lewe is hopeloos te kort daarvoor om so ongelukkig te wees. Die lewe bestaan uit keuses uit en hoe hard dit ook al is – jy is waar jy wil wees.

  4. No comment

  5. Jy het gefaal, want soos ek na hierdie stukkie hierbo kyk, het jy seker heeldag gesit en kla oor alles.
    Jy het gefaal want jy het seker heeldag al die vrouens se kla stories oor hulle mans in die tydskrifte gelees.
    Jy gaan verder faal as jy nou al die vrouens se gekerm en raad hier lees, ek is seker hulle ken nie vir jou of jou omstandighede nie. Slegs jou “kant” van die storie wat jy hier vertel.

    Hou op faal, hou op na ander vrouens se jammergat stories in tydskrifte ens. luister. Hou op nou jou vriendinne se kermstories en raad luister. Hulle het hulle eie lewens en moet dit self uitsort.

    Jy is getroud met die ou. Jy ken hom mos al jare. Elke persoon in die lewe verskil. Hou op tydkrifte ens lees. Jy bly mos saam met hom. Jy behoort lankal te geweet het wat maak hom uniek en waarvan hy hou en nie hou nie. MENSE VERSKIL..

    En solank as wat jy na ander mense se kla stories oor hoe kak mans is luister, solank gaan jy nog verder kla.
    Hou op kla dan sal jy ophou faal.

  6. Ricky…kon jy jou punt maak sonder om ‘n vinger in ‘n wond te druk?

  7. Nope ek kon ook mooi woordjies skryf en moed in praat, soos tydskrifte ens. maar ongelukkig dink ek ons gaan volgende jaar dan weer soortgelyke briefie kry.
    Ek het nie bostaande spesifiek aan Anoniem geskryf nie, ek ken mos nie die setup nie, net een kant van die storie wat ek hier gelees het. Dit is sommer in die algemeen wat ek al opgelet het.

  8. Ricky…ek hoor jou.
    Ek voel net dat mens kritiek kan gee sonder om rou wonde oop te krap.

  9. Linda, hoe pas jy die wors hierin?

    Nee Ricky, dit klink vir my asof anoniem net gefaal het toe sy die dag met hierdie (sorry eks nuut hier. mag ek die woord drol gebruik?) getrou het.

  10. Ek wil vir jou raad gee wat miskien nie so maklik is om te volg nie – pak jou tassies en waai. Daar is niks wat jou in hierdie huwelik hou nie. Jy doen jouself net meer en meer skade aan, want hy voel obviously ‘n veer vir jou. Gaan LEWE! Daar is nog goeie mans, en ek wed jou daar is iemand wat jou weer soos ‘n vrou sal laat voel. Om ‘n kind te baar, is nie wat jou as vrou definieer nie. Sterkte, dit gaan nie maklik wees nie, maar eendag sal hierdie seer ook ‘n rofie hê.

  11. Gatvol, ‘n saak het twee kante – al die skuld kan nie net
    op een party gepak word nie. In die post neem Anoniem al die skuld net op haarself en ‘n verhouding bestaan uit twee mense.

  12. Anoniem

    Elke mens is vir sy eie dade verantwoordelik, Jy vir joune en jou man vir syne.

    Neem wat jy kan oor verantwoording doen in ag en maak besluite volgens dit. Jy en jy alleen moet daarmee saam leef. Doen wat vir jou die beste is onder die omstandighede en nie noodwendig die maklikste nie.

    Niemand kan vir jou leef nie en ook namens jou besluite maak nie, Onthou niemand kan jou minderwaardig laat voel as jy dit nie toelaat nie.

    Tel jou kop op en gaan aan, jy het die reg daar toe en kan en mag dit doen.

    Groete

  13. Nee pagoda ek het geen wonde oopgekrap nie. Ek het mos nie hierdie stukkie op ‘n openbare blog gesit nie. As jy iets wil plaas moet jy mos die positiewe en negatiewe vat. Anders moet julle asb. bo aan skryf, dit is boost vir Anoniem dag en almal moet skynheilig wees en haar kant vat en saam huil en kerm.

    Hierdie klink nogal baie na seker ander afrikaanse blogs waar daar nou al vir maande gekla word hoe kak hulle mans is, maar almal ondersteun net, en niks gebeur nie, dit is net elke dag ‘n nuwe kerm storie. Fok as dit so kak is waai. Maar nee ek dink hierdie tipe vrouens soek net aandag sodat almal hulle moet jammer kry, ek wed julle oor 5 jaar sal sommige van hulle nog steeds by daai drol(volgens hulle nou) sit en nogsteeds elke dag kla.

    My punt bly. Hoe weet ons hulle mans is drolle. Ons lees mos maar net wat hulle ons hier vertel. Wie se dat die vrouens nie elke dag by die huis sit en niks doen nie. As hulle mans, moeg van die werk af kom dan moan hulle. Wie se hulle mans het nie net na ‘n paar jaar se gekla en kerm en in suur gesigte vaskyk, besluit fok dit ek het dit nie nodig nie en die eerste ou vroutjie wat hom bietjie aandag gegee het, hul vrouens meer verkul nie. Nee wat soos ek se, ons sien net een kant van die storie, Miskien is hulle mans drolle, hoe sal ons weet, miskien is dit hulle wat faal, hoe sal ons weet.

  14. Ricky…ek weet presies wat jy bedoel. My probleem is die bewoording van jou comment. Lees dit weer en sê vir my dat jy PRESIES dieselfde vir ‘n vrou baie na aan jou sou vertel het as sy voor jou gestaan het en jou dieselfde storie vertel het.

  15. RickyLouw

    Jy hoef nie noodwendig mense heuning om die mond te smeer en met alles wat hulle se en doen saam stem nie.

    Maar om ten alle tye die truksvy bos te wees waarin almal moet val om deur jou dorings gekasty te word is ook nie nodig nie.

    Groete

  16. Truksvy bos? dorings? kakmaker? Stirrer/ Ek is baie goed al genoem. En ek persoonlik stem nie met een saam nie.

    Ek loop definitief nie rond en kyk waar kan ek moeilikheod soek nie. Ek lees goed en as ek so af en toe ‘n opinie het dan sal ek dit lig. Ek probeer net gewoonlik stel dat ‘n saak meestal 2 kante het.

    Die probleem is, as ek saam met die “groep” stem dan is ek ok, maar as ek soms die anderkant vat, dan is ek truksvy bos of stirrer ens. As ek mos wil stir dan sal ek mos op elke liewe post orals gaan teen die stroom. Maar ongelukkig as jy hier op die blog wereld nie saam met die Boksombende stem nie, en nie val vir groepsdruk nie, dan is jy die truksvy.

    Ten minste kan hierdie truksvy darem vir ‘n paar tannies hier so af en toe ‘n steek gee, want ek dink sommige van hulle word maar min gesteek.😀

  17. Dis mos nou waaragtig nie wat ons gese het nie Ricky. Of probeer jy aspris om nie rede in te sien nie?
    Ek verwelkom 5000 opinies oor elke liewe onderwerp, maar wanneer mens te doen kry met iemand se seer word TAKT hoog op prys gestel.

    Disagree as jy moet, dis jou reg, maar mense sal nie naastenby so diep in jou wil inklim as jy comments los as jy net ‘n bietjie meer takt gebruik het nie.

  18. Hmmmm gaan lees weer wat ek bo gese het. MENSE VERSKIL.
    Ja ek weet ek is nie taktvol nie. So what, hoe boring sou die lewe gewees het as almal dieselfde was. Ek is mos nie volmaak nie. Ek het baie foute en hoe ek dinge se is een van dit. En dit is ook hoekom sekere mense my nooit sal laaik nie, nie as rickylouw nie ook nie in die regte lewe nie.
    Net soos ons die laaste week gesien is jy is ook nie die skerpste potlood in die pakkie nie. Dit maak mos nie jou sleg nie. Daar is nog steeds slakkies wat dink jy is moerse skerp.

    Mense verskil, en dit maak die lewe lekker. Sodra jy egter iets wil voorgee wat jy nie is nie, dan vang mense jou uit, en verloor alle respek vir jou. So hou op worry hoe ek goed se, die mense weet mos ek is kommin en het agter in die ry gestaan toe takt uitgedeel is. Hulle vat dit van wie dit kom.

  19. kiepie sit en grou in haar neus…
    rol bolletjies…
    pak dit in ‘n rytjie op die tafel…
    en deel dit mildelik uit aan almal wat verbystap…

    MENS SE VROUWEES HANG NIE AF VAN HOEVEEL MANS JOU BEGEER NIE!!!!

    Waarom moet vrouens hulself altyd afsloof om ‘n man te hou? Waarom moet vrouens altyd hulself mooi maak vir mans? Waarom is daar altyd issues met toilet seats, vrouens wat kla, mans wat rondloop? Ag nee werklik sulke kak moet end kry! As mense mekaaar nie kan respekteer en waardeer nie, moet dan nie verdomp saam bly nie! Maar die man bly daar want hy kry kos, die vrou bly daar want ek dink sy geniet die geselskap???

    Ag ek weet ook nie mooi nie maar ek het nog altyd vir myeslf gesê die standaard Afrikaner lewetjie sal ek nooit hê nie en ek het daarby gehou! Jy het nie baie geld nodig om die lewe te geniet en gelukkig te wees nie hoor! Dus doen ek bogerol om geen niemand te impress nie en ek LEWE net! Dis een groot adventure! En jou vrouwees hang nie af van hoe begeerlik jy vir mans is nie, dit gaan oor hoeveel lewenslus en positiewe energie jy uitstraal! Is jy ‘n ligstraaltjie tussen die bedroefde gemoedere in SA of is jy die donker in die donker hoekie? En dit geld vir mans ook! Ek worry nie hoe dik en lank jou penis is nie! Voel jy goed oor jouself soos jy is en is jy lus vir die lewe?

    Tel op jou kop en smile vir ‘n slag…dis nogal lekker en aansteeklik!

    Bravo 2 oor en uit!
    007 dink bogenoemde is maar haar beskeie mening…maar dis steeds lekker om in jou neus te grou en so mededeelsaam te wees!😉

  20. Miskien sal dit dan meer balans skep as ons Mnr Anoniem se kant van die storie hoor. Is daar so ‘n moontlikheid? asb.

  21. Hel ja, hier is nou reaksies en reaksies, 007Meisie jy is reg mens se lewe gaan mos maar aan. Ricky wat sal ek sê Ja en Nee, mans kry soms gou die skuld dan is die arme onskuldige vroutjie net so skuldig op ‘n ander manier, soms hoor mens net die een kant en dan is die storie anders van die anderkant.

    Vir die dame wil ek graag sê, los die man, dit is mos teen die tyd duidelik dat hy nooit sal ophou nie, en wees dankbaar dat jy nie kinders by hom het nie, dit maak dit soveel makliker, as jy nog met ‘n paar kindertjies gesit het was dit 100% moeiliker om weer ‘n heenkome te vind en sorg vir jou kinders, so eintlik is dit vir jou makliker as vir duisende ander vroue wat op hul eie beentjies moet staan en nog ‘n gesin onderhou na hulle die meneer in hul lewe onder sy jis geskop het. Glo my die lewe gaan aan, en oor ‘n paar maande vorentoe sal jy besef dat jy die regte ding gedoen het as jy dan terugkyk na jou lewe saam met die aap sal dit vir jou voel soos ‘n “sad” boek wat jy gelees het en toegemaak het, en nooit weer wil lees nie!

  22. 007Meisie, waneer kom daardie show “mal genoeg nou eendag op die kassie? Ag en dankie vir die bolletjies stontjies wat jy so vrylik uitdeel, hier is enetjie vir jou ook, hy is so bietjie groen maar dit maak dit mos meer enviromental friendly! Haha!

  23. En nog ‘n ding die dame gaan haar in ‘n depressie in sit en bejammer as sy nie nou besef dat sy ‘n beter lewe sonder die man kan hê nie, daar is iemand anders wat wag om jou te ontmoet en dit is dalkies net die regte lewensmaat vir jou, hierdie een was duidelik die verkeerde keuse.

  24. Ek ken so persoon. Die persoon wat ek ken en ek ken haar man ook goed, is altyd in ‘n goeie luim, gladnie depressief nie. So elke ander persoon kry sy ook haar af dae. Hulle is albei goeie mense. Ek weet hulle is baie lief vir mekaar, maar hy het ‘n probleem met ander vrouens. Ek weet as sy met hom praat oor dit, dan het hy baie verskonings en maak asof dit geen groot issue is nie, hy lieg oor sekere goed, nie net vir haar nie maar vir ander ook, maar my punt is sover ek kan agterkom is daar geen ander probleem nie, net sy behoefte om ander vrouens ook in tou te hou. Dalk moet ons so iets positiefs benader, soos die atlete in die spele. Jammer my beskeie opinie dus net

  25. Ek sê altyd. Geen mens kan en MAG ‘n mening uitspreek oor iemand as hy/sy nie al self in ‘n soortgelyke situasie was nie.

    007, lekker om van jou te hoor🙂

  26. A WOMAN SHOULD HAVE …

    enough money within her control to move out
    and rent a place of her own,
    even if she never wants to or needs to…

    A WOMAN SHOULD HAVE ….

    something perfect to wear if the employer,
    or date of her dreams wants to see her in an hour…

    A WOMAN SHOULD HAVE ..

    a youth she’s content to leave behind….

    A WOMAN SHOULD HAVE …

    a past juicy enough that she’s looking forward to
    retelling it in her old age….

    A WOMAN SHOULD HAVE …..

    a set of screwdrivers, a cordless drill, and a black lace bra…

    A WOMAN SHOULD HAVE …

    one friend who always makes her laugh… and one who lets her cry…

    A WOMAN SHOULD HAVE ….

    a good piece of furniture not previously owned by anyone else in her family…

    A WOMAN SHOULD HAVE …

    eight matching plates, wine glasses with stems,
    and a recipe for a meal,
    that will make her guests feel honored…

    A WOMAN SHOULD HAVE …

    a feeling of control over her destiny…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    how to fall in love without losing herself..

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    how to quit a job,
    break up with a lover,
    and confront a friend without;
    ruining the friendship…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    when to try harder… and WHEN TO WALK AWAY…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    that she can’t change the length of her calves,
    the width of her hips, or the nature of her parents..

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    that her childhood may not have been perfect…but it’s over…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    what she would and wouldn’t do for love or more…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…
    how to live alone… even if she doesn’t like it…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW.. .

    whom she can trust,
    whom she can’t,
    and why she shouldn’t take it personally…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    where to go…
    be it to her best friend’s kitchen table..
    or a charming Inn in the woods…
    when her soul needs soothing…

    EVERY WOMAN SHOULD KNOW…

    What she can and can’t accomplish in a day…
    a month…and a year…

  27. Middelvinger briljant hoor briljant. Ek vermoed om dit toe te pas is net die so maklik in die werklike lewe nie

  28. Pauline, jy’s mos ‘n kick-ass vrou! Ek is seker jy sal dit reg kry!

  29. Middelvinger, uitstekend gedoen!!

  30. Baie nice Middelvinger, gaan dit vir my dogters print en gee🙂

  31. Hallo Phibbie kry jul warm in Nelspruit?

    Annoniem ongelukkig brei jy te min uit oor die dinge waaroor jy gefaal het.Maar ek dink JY moet die verskil maak, JY moet jouself regruk en in die spieel gaan kyk en se Fokkit Annoniem jy is georgeous, jy is flippen sexy en jy gaan jou omstandighede stormloop en terug wen wat die duiwel van jou gesteel het.

    Onthou net JY kan die verskil maak.Ek hoop dat jy sal deur alles kom en laat weet julle is gelukkig.Sterkte!

  32. Anoniem,,, ek glo geluk begin by jouself. Kyk diep en kyk vorentoe.

  33. More almal. Ag nee wat Brein mens kan hierdie hitte nog hanteer, is darem nie nat en sticky nie. Middelvinger: Dankie vir die kompliment, maar ek weet nie wat jy dink ek moet doen nie, want eks perfectly happy waar ek is en waar ek is in my lewe. Soos ek dit sien verander ‘n mens nie aan iets suksesvol nie of hoe?

  34. Hi Anoniem.

    Ek voel jammer vir jou situasie. Ek hou van Haasdas se raad.😉

    Sterkte vorentoe.

  35. Pagoda die Werf lyk cool !!!🙂

  36. Ek stem Koeksister. Ek dink ons blog gaan nog witwarm word! Nice Gertjie🙂

  37. Pagoda, die werf lyk sommer na ‘n lekker kuierplek. Dankie man!!

  38. Thanks ouens😳
    Ek het maar min te doen tussen 10:00 en 12:00 saans

  39. Jy kan altyd slaap, dis wat ek doen🙂

  40. No no! Red Square – “SLEEP WHEN YOU’RE DEAD!”

  41. 😆

  42. Hallo daar Haasdas!! Bly om jou hier op die Werf raak te loop so tussen al die hoenders en kuikens ens. so ‘n hasie is mos altyd welkom op die plaas.

    Pagoda, ek is ook een van die laatnag uile slaap baie laat eers, altyd besig, laat aande is mos lekker tyd vir lees op al die blogs en koerante ens.

  43. Ditsem Ida, ditsem. Stilte is koning…laitie slaap, vrou lê pootuit met ‘n opp boek en snork…en ek rook my studeerkamer deurmekaar en “blog” tot laat

  44. Hallo Ida
    Ek soek so bietjie inligting asb. Wil net eers gou seker maak. Is jy van die Wes Kaap of is dit nou Linda?

    Ek wonder of een van julle my kan mail asb?

    Pagoda
    kan jy dalk my mail addy vir een van hulle stuur of andersom. Het info nodig, en ek dink hulle sal my dalk kan help. Wil nie my e-mail addy hier opsit nie. Asb.

  45. Koekie, Linda is defnitief van die Weskus

  46. Ok…Linda, mail my seblief sodat ek jou mail addy kan kry en sodat ek Koekie s’n vir jou kan aanstuur.

    Koekie, stuur my ‘n mail met die toestemming wat jy my gee om jou mail addy vir haar te gee.

    Bobs your uncle…of oom hoerie

  47. Thanx Annie.

    Het gemail Pagoda, thanx.

  48. Hi Koekie, nee ek is hier van Amanzimtoti Natal, het nou eers jou boodakap gelees, maar dit lyk my Linda is die een van die kaap se kant. Ek is mos die nag uil snuffel nou eers rond hier op die Werf en ander plekke in die kuberruimte.

  49. Is reg so Ida – thanx.🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: