Nederig en gedwing tot dankbaarheid

Van Phibbie – Uit die hart! Thanks bok!

Vir die laaste 3 dae sit ek die Olympiese Spele en kyk.

Met bewondering en met respek kyk ek hoe die atlete wat soveel gebreke het, dit als oorbrug, in die openbaar verskyn en hulself geheel en al totaal gee vir hul land.

Daar is sommiges met geen arms nie, hulle bereik die hoogste pieke en aanvaar hulle goue medalje met trots en stort selfs ‘n traan met die seremonie. Daar is die twee mans wat brons en goue medaljes gekry het vir hulle land. Hulle is so trots, maar weens hul cerebral palsy kan hulle omtrent nie die blomme vashou nie. Die goue medalje wenner probeer die medalje tussen sy tande sit vir die fotograwe en na die derde poging slaag hy daarin. Hy staan met ‘n glimlag en ek sit met trane.

Hoeveel het ons as mense met geen fisiese gebrek of toestand nie om voor dankbaar te wees nie? Ek is gedwing tot nederigheid en met elke medalje seremonie loop die trane.

My hoed gaan af vir elke atleet en ek dwing myself om te kyk na die positiewe dinge in ons lewens en hoeveel ons eintlik het om voor dankbaar te wees.

15 Responses

  1. Phibbie, net vanoggend toe praat ons oor dieselfde ding hier in die kantoor en almal kom waar weereens net tot die besef hoe ondankbaar ons is terwyl ons alles het.

    Ek salute daardie atlete!!

  2. Phibbie
    Pragtig gestel!

  3. Ek salueer hulle saam met jou, Phibbs🙂

  4. Ek ook! Dit wys ons net, waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg!

  5. Ek stem mense, al daai deelnemers verdien medaljes. Ons is so vinnig om oor klein bietjies kak te kla, die mense was al onder dei mis toegewees en hulle het bo dit uitgestyg. So ‘n ongelooflike voorbeeld aan die mensdom. Ons moet begin dankie sê vir ons voorregte, en nie kla oor dit wat ons nie het nie!

  6. Ek salueer hulle met trots. Hulle wat teen alle verwagtinge in vasbyt en presteer en oorwin.

  7. Is so Phibbie. Ons kla kan maklik kerm met die Woolworths brood onder die arm. Pleks ons ons seëninge tel

  8. En ek dog ek is die enigste een wat so sit voor die TV met ogies voltraantjies en ‘n neusie vol snot en so af en toe dan snik ek sommer so tussen deur. Daardie atlete is mos nou die werklike helde en heldinne, my bewondering vir hulle is groot.

    Ek dink mos nou, die dame wat so gefaal het op die vorige inskrywing moet bietjie die olimpiese spele kyk, dit kan haar motifeer en ‘n ander uitkyk op die lewe gee waar die woord “faal” nie bestaan nie.

  9. Phibbie ek voel skuldig ek het nog nie ` n stukkie van die moedige mense se pogings gesien nie. Maar ek hoor Oscar Pistorius het goud gekry.Jy moet weer jou regmatige plek by ons kom inneem.

    Lekker aand.

  10. mooi stuk Phibbie. tussen die wonderlike Spele waar daar net wenners is, is dit wonderlik om net te kyk en saam met hulle te juig!
    kyk enige een van jul Big Brother 3? ok, sal seker my nou kruisig, maar ek love dit as die spul so aanjaag! Hul is prettig die hele spul – okay behalwe sorry Suzy Lucille.

  11. Hi Phibbs, pragtige stukkie.🙂

    Ida – Ek kon nie glo toe ek die een atleet sien sonder arms, wat rugslag gedoen het nie. Hy het net sy bene gebruik en nog gewen ook, toe’s ek ook sommer in trane.

    Jy’s reg Phibbs, ons het soveel om voor dankbaar te wees.

  12. Dankie julle. Eks mos nou hier Brein of hoe????? Pagoda is ek hier????

  13. Ja Phibbie, ons lees jou dan hard en duidelik is jy hier!! Hahaha Brein sit op jou bril.

  14. Moet ek jou weer ad Phibbs? Mail my jou details email wat jy op WP gebruik en dan maak on so!

  15. Ag Pagoda. Jy kan my add, maar is makliker mettie sel as ek die goed vir jou stuur. hehehehehehehe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: