`n Ode aan Lallie en een van die bloggosfeer se “Gentle Giants WhiteKnight.“

Dis moeilik, waar begin mens…….???  Seker maar by die begin, maar dan sal ek elke

liewe blog op WordPress se blogspasie moet gebruik.  Ek gaan dit kort en kragtig hou.

Lallie, wat kan ek se?  Ek en jy was boesemvrinne, amper soos Dawid en Jonatan.  Ons kon lekker kuier , het vir jare saam vakansie gaan hou,  naweke saam gaan kamp.  Ons het die see, riviere, mere en damme leeg gevang.  Ons het saam gedop en gebraai.  Ons ondersteun dieselfde rugbyspan.  Ons het geheime gedeel.Ons het saam tot bekering gekom.  (Wel ja…. ek het later dit opgegee , as maar net nog `n stadium van my lewe).  Ons kon saam gekskeer met mense.  Jy was daar vir my en ek was daar vir jou.  Hoe ookal die een het die ander aangevul.  Toe jy “sterwend“ was met nierstene en gemaak het asof dit seer was het ek jou amper geglo toe ek met jou in die oggendure, ongevalle toe jaag.  Ok maar lekker kleinserig.😆

Ons stry tot vandag toe oor wie het al die meeste hengelekskursies gewen en wie het die grootste en meeste vis al gevang.  Gelukkig weet jy van beter. Ons het telkemale saam gaan jag, jy met die boog en ek met die videokamera.Ek het jou Kwes Roberts genoem omdat jy soveel keer ampermis geskiet het.  Ek hoop jou rating het die afgelope jare wat ons nie bymekaar kom nie verbeter.  Willie-Mes se hy dink so.

Ag daars so baie positiewe dinge wat ek kan noem dat dit eintlik die negatiewe sal oorskadu met megawatts.  Wat gebeur het , het gebeur, weereens nog `n chapter van die lewe.  Dinge sal nooit weer dieselfde wees nie, ek weet hulle se nooit is `n lang tyd.  Maar so sal dit ongelukkig wees. Ok, ok ………….shit …..uh… ja jy het die meeste hengelekskursies gewen met 51% teenoor 49%.Maar eks ten minste mooier.🙂

Gewoonlik groet ek met hastilla vista die spaans vir totsiens.

Maar jou groet ek vandag met ADIOS AMIGO! (vaarwel vriend)

Soos hulle se die een se dood is die ander se brood.

Ek en Whiteknight het mekaar raakgelees op SSSB en menigmaal as ek roekeloos en warmkop geraak het, was hy die een wat my geroskam en vermaan het.  Maar ja ek het nie my bek vir hom of niemand gehou nie.Hy het my destyds maar verdra en was maar lankmoedig met my.Vandag steeds, hy gee nie tou op nie.

Ons het intussen ontmoet en `n paar maal saam gebraai.Hy weet van my siening oor kerk, Christene, kinders van die Here ag en sommer meeste dinge.En veral omdat ek teruggeval het en basies biddeloos en goddeloos geraak het, en omdat ek `n Faraohart ontwikkel het.  Hy is nie skynheilig nie, hy het deursettingsvermoe en ontferm hom oor my hiernamaalslot.  Sterkte met die een Witridder.

Whiteknight jy is voorwaar `n juweel van `n mens en ek sal later `n dop op jou drink (dis nou te laat).As die GENTLE GIANT VAN DIE SUID AFRIKAANSE BLOGWERELD.So ken almal jou.

For he`s a velly good fellowww and s..how sh..shay all offff ushh!Shit ek praat skaars van dop dan shlleeep my tong al.

Hastilla Vista Amigo.

37 Responses

  1. Dit klink of julle lekker tye gehad het Brein. Dis sad dat alles nou so uitgewerk het maar darem klink dit of julle die strydbyle begrawe het.

    WhiteKnight – Jy’s ‘n ware gentleman.😉

  2. More almal, ek was so bietjie besig en het geen comments gelos vir ‘n week of wat nie, net gelees…en het ek gelees!!!

    WhiteKnight, ek het al baie van jou comments gelees en so in die stilligheid baie keer my mo*r sleg vir jou gestrip, maar nadat die moermeter gesak het en ek weer gelees het, maak jou nou nogal baie sin. Jy klink na ‘n bakgat ou !

    Brein, ek het al net so baie my kop geskud oor sekere comments van jou…..maar dis die lekker van blog. As ek sekere mense se comments nie laaik nie – dan skip ek dit net, en ek is seker ander mense doen dit ook. Dis jammer dat jou persoonlike sake hier oop gekrap is en dit deur familie – maar soos die ou spreekwoord sê : jy kan jou vriende kies maar nie jou familie nie.

    Brein hier is ‘n sê dingetjie van Roy L. Smith (wie ever hy ookal is) vir jou – “We miss the really great joys of life scrambling for bargain-counter happiness”. Vat die comments van wie dit kom, lig jou ken en f*k die res!!

  3. Brein, ek haal my hoed af vir jou. Hier is ‘n ongelukkige situasie en jy praat net oor die positiewe. Mooi man, jy is ‘n voorbeeld vir my want ek sou net die negatiewe goed opgehaal het.

    Lallie, ek weet nie wat tussen jou en Brein gebeur het nie en stel ook nie belang nie, maar ek dink dat jy soveel armer is deurdat jy sy vriendskap verloor het,

    Ridder, jy is al van toeka se tyd af aan my gunsteling.

  4. Lallie
    Ek het comment by “As die skoen pas…”post gelees en ek wil vir jou sê- welgedaan.😉
    Kom kuier saam met ons, jy hoef mos nie op enige post te comment as jy nie wil nie.

    Bons
    daai’s ‘n mooi sê dingetjie.

    Linda
    Hallooo! Dankie vir my mail, het reeds reply en baie dankie. Een van die dae is ek ook dalk ‘n Kaapenaar…….hiehaa. 🙂

  5. Live’s a bitch ,mense bou maande ,jare ja selfs dekades aan vriendskappe en verhoudings.Maar in een onbesonne simpel oomblik kan n mens alles verwoes of deur jou gat trek,hoekom moet dit so wees?Is dit maar deel van se mens se chromosome of sondige natuur ek weet nie,maar ek het tot die besef gekom dat werklike vriende{soos brein) baie dun gesaai is en hoekom dit eers besef as dit te laat is.Nou klink ek na JannieJammerGat en JA ek is want ek is moerrig ek het n vriend verloor.

  6. Ek het ook al so ‘n vriendin verloor deur my eie stupedgeit, ek blameer myself nou al vir jare, en sal seker vir nog jare vorentoe.

  7. Nee Lallie

    Jy’t hom nie verloor nie. Eks it so half en ‘n half in dieselfde posisie met ‘n ander vriend van my. Hom ook jare laas gesien want daar het iets baie onsmaaklik gebeur wat my lelik gegrief het. Ek is iemand wat moeilik vergeet, maar vergeef maklik…en nou sit ek met die hardkoppigheid binne my wat maak dat ek net nie die foon kan optel en ‘n braai reel met die ou nie.

    Ek wil graag my eie raad volg. Ek se jou wat…ek maak so as jy so doen. Bel Brein, organize ‘n braai…laat weet my of julle so doen en ek bel my pel…dan compare ons notas volgende week!

  8. Ja , dit is mos so, op die oomblik wat jy kwaad is voel alles so reg, dan heelwat later as mens weer oor alles sit en dink dan voel dit stupid en onnodig, maar onthou net, wanneer jy besluite neem en dinge sê uit woede , dit was hoe jy toe gevoel en gedink het daaroor, mens hoef nie omverskoning te vra oor jou gevoelens destyds nie, want daardie oomblik is so ver in die verlede, mens kan net omverskoning vra dat dit so lank gevat het om te besef dat die goeie eienskappe van die ander persoon baie swaarder weeg as die slegtes. dit geld natuurlik ook van beide kante.

  9. Sjoe dankie almal.

    Bons dankie ek sal so maak.

    Koekie ja ons het stunning tye saam gehad.

    Maar dankie aan Lallie.Net die tyd sal leer.

    Van die os op die jas, ek “werk” vandag in Hatfield, ek het so pas die lekkerste chicken burgers gegeet by Uncle Faouizi `n Lebanese plek, maar ongelooflik lekker.Ek het gou by `n internet kafee ingeslip om die posting te plaas.Maar ek kry ongelooflik swaar hier, fokkietoggie hier is stunning girls ek loop omtrent in alles vas.Ek bel my vrou en vra of dit reg is as ek een girl saambring vir “aandete” en sy se sowaar NEEEE!

    Kyk ek het jare laas soveel wit meisies, vroue laas in die ou Suid Afrika op Durban se beach gesien. Hulle loop hier in shorts, boobtjoops en ai bewonder ek al daardie kurwes, die coil loop eintlik uit my bek.

    Ouens ek like niks van die bloubulle nie,maar die girls hier maak op vir dit.

  10. Jy meen seker die “sharks”😆

  11. bwhahahahahahhahahahaha ek sou jou laat gaan het vir een aand Brein, maar jy sou die kans moes vat of dit ‘n hy offe sy is en die gevolge moes dra, welke kant ookal.

  12. Brein wat maak jy nou😳

    Baie dankie vir dit, maar pasop nou-nou dink die mense ons like mekaar.😉🙄
    Onhou wat jy se van ek gaan nie opgee nie.😎

    Daai girl vir aand ete, jy het dit verkeerd gestel, jou vrou dink nou sy moet ekstra kos maak.😆

    Pagoda32
    Hatfield is in Pretoria, BLOU BUL kraal.:mrgreen:
    Dis waar die Universiteit van Pretoria se studente uithang.😛

    Mooi bly almal.

  13. Nee man…die ou praat dan van Durbanse nooiens…nou ek heel “gediskombobulate”

  14. Ja nee Pagoda, ek is ook nou gekonfokulate, hy sit in Hatfeild en eet ‘n chicken burger, maar praat van die girls op Durban se strant ,of lees ons nou so verkeerd vandag? Ek dink hy het so bietjie teveel teen goed vasgeloop vandag die dat hy so confused is.

  15. Ai julle twee. Brein sê hy het LAAS so baie wit meisies/vroue gesien op Durban se strand. Verstaan julle?..hehehe. Hy’s in Pta. 😉

  16. O my Hat(field)!!

  17. Nee man hy se die girls van Hatfield laat hom dink aan girls in Durban oppie beach

  18. Pagoda, hulle loop in shorts en boobtjoops rond, wanneer laas het jy so iets in die Kaap gesien?

  19. By UCT doen hulle dit in 12grade…dis te pragtig!

  20. lmga😆

  21. Een armpie trek dwars oor die lyf om die “nipples op aandag” te verskans en die ander word geknyp tussen die bene om die draft uit te hou.

  22. Lallie moenie te gou probeer braai of so iets nie. Gee tyd. Soos Brein sê met tyd kom raad.
    Brein wat ek geleer het is dat daar seisoene is vir alles, ook met vriende party moet mens laat gaan want hul was daar vir ‘n seisoen of ses maar dan kry jy vriende vir ‘n leeftyd soos jy en Knight en ek glo hom hy sal by jou staan tot jy weer op jou kniee gaan sak en sê: sorry Jesus ek was so lank weg ek bly U kind altyd.

  23. Lallie

    Dit is nie te laat nie. Sover ek weet het nie jy of Brein al die ondermaanse verlaat nie. Maak reg ou maat.

    Nice dat jy weer op Die Werf kom kraai het.

    Brein, jy het die klomp se koppe darem nou lekker deurmekaar.

  24. Haai blog mater lees mooi Brein se die laaste keer wat hy sulke mooi meisies gesien het was op Durban se strand en vandag sien hy ook sulke mooi meisies hier in Hatfield.

  25. Hier sit ek met trane in my oë en lees en die volgende oomblik lag ek weer, gelukkig is hier niemand om my te sien nie, kyk julle maak my dag.

  26. Prok , ja jy gee goeie raad en ek hoop ek kan jou gou laat weet.
    Whiteknight jy verdien alle krediet.

  27. Brein, Jy was seker ‘n hele paar jare terug op Durban se strand?? Dit is nou nag daar, jy hou ver verby . Mens gaan of Noordkus of Suidkus maar nie Durban nie. Die mooi meisies van Durban se strand is seker nou maar op ander plekke te sien.

  28. 🙂

  29. Thanx Pagoda ,het klaar met hom gereel vir n lunch sodat ek hom met n spare rib kan klap.lol.Ongelukkig is n braai buite die kwessie daar is te veel klein {Wyfie}jakkelsies wat die wingerd vernietig .Maar asb .kontak jou pel en sort dit uit,dit sal great wees as my en brein se schramble julle by mekaar kan uit bring.
    PS .Jys toe nie so drol afterall nie!!!

  30. 😆

  31. Lallie – so bek moet “jam” kry 😉

    Ek’s baie bly vir julle part.

    (Koekie fluister vir Lallie – “Ja, eintlik is Pagoda maar ‘n ou softie…hiehie”)

  32. Ai Lallie
    Ek’s bly dinge lyk of dit gaan uitwerk. Ek hou julle op hoogte van sake met my “dilemma”

    O ja, ek’t nooit gedink ek is rerig ‘n drol nie, alhoewel my vrou partykeer so dink! 😛

  33. Gulp !!!

  34. Ida ja daai meisies is nou in Hatfield te sien ha ha ha!!!!!

  35. Lallie

    Ek het sommer baie respek vir jou gekry. Sorteer julle dinge lekker uit en julle sal sien dat die wyfie-jakkalse sal hulleself uitsorteer.

    Sterkte vir jou en Brein en mag julle vriendskap net van krag tot krag gaan.

  36. Dankie Linda

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: